# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                             *AFRFA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (SEPTEMBER 2014)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.     Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.     Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

       AFDELING A:       Roman             (35)

       AFDELING B:       Drama             (35)

       AFDELING C:       Kortverhale       (35)   Beantwoord vrae op albei kortverhale.

       AFDELING D:       Gedigte           (35)   Beantwoord vrae op albei gedigte.

4.     Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
       letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

5.     Beantwoord TWEE vrae: EEN VRAAG uit elkeen van die TWEE afdelings wat
       julle behandel het. LET WEL: Indien jy AFDELING C (Kortverhale) of
       AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy BEIDE vrae uit hierdie afdelings
       beantwoord.

6.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

8.     Laat ŉ reёl oop na elke antwoord.

9.     Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om
 deur die hele vraestel te lees.

 AFDELING A: ROMAN
 VRAAG 1:    Kringe in ŉ bos                           Kontekstuele vraag       35
                                                OF
 VRAAG 2:            Die ongelooflike avonture van     Kontekstuele vraag
                                                                                35
                     Hanna Hoekom
                                                OF
 VRAAG 3:            Meeulanders                       Kontekstuele vraag       35

 AFDELING B: DRAMA
 VRAAG 4:    Poppie – die drama                                                 35

 VRAAG: 5            Paljas                                                     35

 AFDELING C: Kortverhaal            Beantwoord albei kortverhale
 VRAAG: 6.1  Kid Khumalo                                                        19
                                              EN
 VRAAG: 6.2          Rooi kombersie                                             16

 AFDELING D: Gedigte            Beantwoord           Albei Gedigte
 VRAAG: 7.1  Brief                                                              18

 VRAAG: 7.2          Thumela                                                    17

 AFDELING               VRAAGNOMMERS                 VRAE BEANTWOORD          MERK
  A    Roman                  1–3                            1
                                            OF
  B       Drama                    4–5                         1
                                            OF
  C    Kortverhale                    6                        1
                                            OF
  D      Gedigte                      7                        1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING A: ROMAN

 KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

 VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         “Geester, ons was besuide Vlierdraai aan upright kap, ŉ ou
 2         boom. Jou pa het nog self uitgekyk waar ons hom sou laat
           val,
 3         maar toe hy moet val, toe ruk hy hom soos ŉ kwaai koei om,
 4         kop eerste en daar was nie wegkom vir jou pa nie, Saul. Hy
           was
 5         klaar af toe ons sy kop oophad.”
 6         Saul het omgedraai en water toe geloop. Hy was naar. Dat dit
 7         Joram Barnard se einde moes wees! Here, dat dit hóm moes
 8         oorkom.
 9         Tussen hom en sy pa was ŉ hek wat nooit wou oop nie.
 10        Hulle moes met die hek tussen hulle leef omdat die een nie na
 11        die ander se kant wou oorklim nie. Ten einde het hy omge-
 12        draai en weggestap; diep in sy hart het hy egter geglo dat hy
 13        eendag sou teruggaan en vir Joram Barnard gaan wys waar-
 14        voor hy omgedraai het. Soms, wanneer sy gedagtes geloop
           het
 15        waar hulle wil, het hy hom voor sy pa sien staan, nie ŉ verlore
 16        seun wat berouvol teruggekom het nie, maar een wat kom sê:
 17        Hier is ek, Pa, kyk na my! Kan Pa nou sien waarom ek moes
 18        wegdraai? Alle houtkappers is nie wild en vuil nie en hulle
 19        kinders ook nie. Ek het dit bewys! Ek móés dit bewys, Pa.

                                                                    Bl. 194

 1.1    Wie is die persoon wat hier met Saul praat?                                      (1)

 1.2    Waarom, dink jy, het hierdie persoon vir Saul gaan opsoek?                       (1)

 1.3    Wat, dink jy, word bedoel met die woorde “Joram Barnard het een boom te
        veel gekap”.                                                                     (1)

 1.4    Alle houtkappers is wild en vuil en so ook hulle kinders.
        Wie is die persoon wat hierdie gewraakte woorde gesê het?                        (1)

 1.5    Wat, dink jy, was die rede waarom Saul moes bewys dat die stelling in
        VRAAG 1.4 nie waar is nie?                                                       (1)

 1.6    Verduidelik watter emosie hierdie gewraakte woorde by Saul veroorsaak
        het.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   5

 1.7    Stem jy saam met Saul om te bewys dat alle houtkappers en hul kinders nie
        wild en vuil is nie? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

 1.8    Indien jy in Saul se situasie was, sou jy soos hy opgetree het? Motiveer jou
        antwoord.                                                                            (2)

 1.9    Saul se pa het hom weggejaag en niks vir hom omgegee nie.

        1.9.1       Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                    (1)

        1.9.2       Motiveer jou VRAAG op VRAAG 1.9.1.                                       (1)

 1.10   Voltooi die volgende paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
        gebruik.

        Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.10.1–1.10.3) neer.

             Jozef;        pa;   Anneries;   Jozef se kind;   ma;   Maska;   Arend

        Saul het Oupoot die eerste keer gesien toe sy (1.10.1) … dood is en na sy
        (1.10.2) … se begrafnis het hy hom weer raakgeloop. Saul het net daar
        omgedraai en die ding met Oupoot met (1.10.3) … gaan bespreek wat gesê
        het dat Oupoot vir Saul as sy mensbroer gevat het.

 1.11   Saul se pa verkoop ook nou ivoor. Wat sou jy gedoen het as jy in Joram se
        situasie was? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)

 1.12   “Dit was die eerste keer dat ou Maska vir hom ‘baas’ gesê het.”
        Gee ŉ rede waarom jy dink dat ou Maska Saul so aangespreek het.                      (1)

 1.13   Voltooi die stelling met die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die
        vraagnommer en die letter (A–D) neer.

        Maska wou hê dat Saul met sy broer … vrede moet maak voordat hy met
        die skip weggaan.

        A          Izak
        B          Arend
        C          Jozef
        D          Esau                                                                      (1)

 1.14   Kies die EEN wat nie pas nie.

        Saul verskil van sy mense oor verskeie sake wat ons uit die verhaal aflei.

        A          Die uitroei van die bos
        B          Sy liefde vir Kate
        C          Die bloubokkie se gal
        D          Die gebruik van goodfors                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (SEPTEMBER 2014)

 1.15   Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
        die woord neer.

        Kate se pa sê hulle vang die olifante en trek hul tande uit.

        Saul voel (verontwaardig/minderwaardig) toe Kate dit vir hom vertel.                (1)

 1.16   Wat dink jy sou die rede wees waarom Kate se pa vir haar vertel het dat
        hulle die olifante vang en hul tande uittrek?                                       (1)

 1.17   Waarom dink jy neem Saul die skets van Oupoot saam met hom op die
        Pictor?                                                                             (2)

 1.18   Watter skokkende nuus het Maska vir Saul vertel toe Saul Knysna met die
        Pictor wou verlaat? Noem die DRIE dinge wat Saul weer aan land laat
        gaan het.                                                                           (3)

 1.19   Waarom dink jy het die bosmense altyd van die grootvoete en dikbene
        gepraat, maar nooit die woord olifant gebruik nie?                                  (1)

 1.20   Kies die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
        die vraagnommer (1.20.1–1.20.4) en die letter (A–E) neer.

                          KOLOM A                              KOLOM B
        1.20.1       Die persoon kap al jare in Saul   A   Maska
                     se pa se span

        1.20.2       Hy het die delwers se goud        B   Esau
                     gekoop

        1.20.3       Saul se vriend by die delwerye    C   Anneries
                     in die bos

        1.20.4       Hy het Oupoot ŉ paar kanse        D   Crompton
                     gegee om weg te kom
                                                       E   Barkley                          (4)

 1.21   MacDonald was skelm en het nie vir Saul betaal nie. Gee TWEE redes
        waarom hy nie vir Saul betaal het nie.                                              (2)

 1.22   Waarom dink jy het Oupoot, toe Saul hom wou skiet, hom in sirkels laat
        loop?                                                                               (1)

 1.23   Dink jy dat Saul se kringloop aan die einde voltooi is? Motiveer jou
        antwoord.                                                                           (1)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der
 Vywer

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      Dis wreed, ek weet, ek skaam my. Maar dit het gewerk. My
 2      pen met die sebravelpatroon het wonderbaarlik langs die tande-
 3      borsels in die badkamer verskyn. Hierdie huis is ŉ oerwoud, sê
 4      Yann. En hy’s die koning van die oerwoud.
 5         Terug by Tibo se vraag: Ek sou natuurlik wou hê miljoene men-
        se moet my storie lees.
 6      Maar toe Tibo vanaand aan tafel vir Yann vertel dat ek my
 7      lewensverhaal begin skryf het, proes Yann in sy preiesop. Ons eet
 8      gereeld sop. Dis goedkoop en gesond, sê Mana, en mens kan dit
 9      van enigiets maak. Soms, veral teen die einde van die maand,
 10     proe haar sop of dit van dooie akkedisse gemaak is.
 11       “Wie wil nou ŉ veertienjarige skrywer se storie lees?” vra Yann
 12     en lag dat die sop spat.
 13        “Vyftienjarige,” lig ek hom in. “Oor ŉ paar dae is ek vyftien.”
 14        “Mens sou dit nooit raai nie,” sê hy met sy oё iewers onder my
 15     ken. Min of meer waar my borste sou gewees het as ek borste
 16     gehad het om van te praat. Yann is my sestienjarige stiefbroer. Hy
 17     glo dis sleg vir mens se gesondheid om nice te wees.
 18        “Daar was al tienderjarige skrywers wat beroemd geraak het,”
 19     stry ek terwyl my wange warm word. “Wat van Anne Frank of …
 20     of …”
 21     “Anne Frank het ŉ lewe gehad waarin iets gebéúr het. En sy
 22     moes doodgaan voor sy beroemd geword het.”

                                                                         Bl. 18 – 19

 2.1    Wie is besig om sy/haar lewensverhaal te skryf?                                     (1)

 2.2    Wie is Mana?                                                                        (1)

 2.3    Wat is die verhouding tussen Mana en Yann?                                          (1)

 2.4    Verduidelik waarom Mana nie wou hê dat Hanna draadjies vir haar tande
        moes kry nie.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (SEPTEMBER 2014)

 2.5    Kies die naam uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
        die vraagnommer (1.20.1–1.20.4) en die letter (A–E) neer.

                          KOLOM A                                KOLOM B
        2.5.1     Hy ondersteun Hanna in haar ideaal    A       Gavin
                  om te skryf

        2.5.2     Hierdie persoon vis ŉ kwas uit die    B       Yann
                  pampoensop

        2.5.3     Hierdie persoon kan ŉ begrafnis in ŉ C        Tibo
                  partytjie verander

        2.5.4     Wil graag hê Margot moet sy kaarte   D        Mana
                  lees

                                                        E       Beyers                    (4)

 2.6    Dink jy Yann se reaksie op die nuus dat sy ma gaan kom kuier regverdig is?
        Motiveer jou antwoord.                                                            (2)

 2.7    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die woord neer.

        Die hele gesin is ontstig deur die koms van Margot. Dit beteken hulle is
        (vererg/vrolik) oor haar koms.                                                    (1)

 2.8    Waarom dink jy het Amos by Margot in die motor geklim toe sy by die huis
        op die berg aangekom het?                                                         (2)

 2.9    Kies die antwoord wat NIE PAS NIE. Skryf slegs die vraagnommer en die
        letter (A–D) neer. Hanna het met haar verjaarsdag mooi geskenke gekry
        van ...

        A       Margot.
        B       Sharon.
        C       Fabienne.
        D       Mana.                                                                     (1)

 2.10   Dink jy die wittebrood wat Mana wou gehad het, het die gesin goed
        gedoen? Motiveer jou antwoord.

 2.11   Waarom, dink jy, sê Beyers dat Margot nie van die huis op die berg gaan
        hou nie?                                                                          (1)

 2.12   Wat is die skrywer se motivering om Margot ŉ “Koningin” te noem?                  (1)

 2.13   Dink jy Hanna was selfsugtig omdat sy graag soos Fabienne wou wees?
        Motiveer jou antwoord.                                                            (2)

 2.14   Hoekom dink jy was Sharon nie juis geskok oor die primitiewe geriewe op
        die berg nie?                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    9

 2.15   Met die geboorte van die baba het Margot geweier om haar naels af te sny.

        2.15.1       Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.

        2.15.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.15.1.                                (1)

 2.16   Beyers sê dat Margot met niks in die huis sal help nie.

        Verduidelik in DRIE sinne hoe Margot hom verkeerd bewys het.                       (3)

 2.17   Waarom dink jy wou Mana graag hê dat die baba se naam iets met water te
        doen hê?                                                                           (2)

 2.18   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

        Skryf net die vraagnommer (2.18.1–2.18.4) en die antwoord neer.

                        kalm; ongelukkige; senuweeagtige; sigaar;
               sigaret; bemoeisieke; moeilike omstandighede; noodgevalle

        Die insident met die geboorte van die baba was Margot baie (2.18.1 …).
        Gavin het opgetree soos ŉ (2.18.2 …) pa en heen en weer geloop, terwyl
        hy die een na die ander (2.18.3 …) rook. Hy sê vir Yann dat hy slegs in
        (2.18.4 …) rook.                                                                   (4)

 2.19   Kies die KORREKTE antwoord wat die beste by die stelling pas. Skryf net
        die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

        Die tema van die verhaal is:

        A          ŉ Mens moet altyd net aan jouself dink.
        B          ŉ Mens moet jou omstandighede aanvaar.
        C          ŉ Mens moet ander mense belangriker as jouself ag.
        D          ŉ Mens moet aanvaar dat die lewe soms wreed kan wees.                   (1)

 2.20   As jy Hanna was, sou jy ook aan die einde jou boek “Die ongelooflike
        avonture van Hanna Hoekom” genoem het? Motiveer jou antwoord.                     (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 MEEULANDERS – Esta Steyn

 Lees die onderstaande uittreksel deur en antwoord die vrae wat daarop volg.

 1         Skalla loop behoedsaam uit die kombuis en wys vir Billie om te bly
 2      waar hy is. Hy loop af in die gang en wanneer hy die voordeur oop-
 3      maak, is dit nie Tjop Tredoux nie. Dis die Langhansbroers wat soos
 4      dreigende onweer voor sy voordeur op die stoepie staan. Dis moei-
 5      likheid, weet hy.
 6         “A-ha, die Meeulanders,” klink hy vol bravade.
 7      Dis Attie wat eerste praat: “Wat sê jy vir jouself, Skalla? Jy laat ŉ ou
 8      man jou vuilwerk doen en dan sit jy skotvry op ŉ Saterdagoggend,
 9      nè? Maar jy maak ŉ fout …”
 10        Skalla se oё trek op dun skrefies. Attie kry hom aan die arm beet en
 11     trek hom by die huis uit tot op die stoep. Skalla skud sy arm los.
 12     “Wag, wag, kom ons kry dit straight, boys. Ek het nie ŉ clue waar-
 13     van julle praat nie.”
 14        Attie se arm skiet blitsvinnig uit en hy tref Skalla met ŉ voltreffer in
 15     die gesig. “Wel, dit sal jou ŉ idee gee.”
 16     Toe Skalla mik om terug te slaan, kry Jacob hom in ŉ stewige greep
 17     beet: “Jy lieg, Skalla! Jy weet presies waarvan ons praat.”
 18        “Julle ouman is mal, man!” skreeu Skalla.
 19     En toe kan Attie homself nie keer nie. Hy tref ŉ tweede keer en
 20     Skalla steier agteruit. Billie kom onverwags by en slaan vir Attie van
 21     agter af met ŉ kragtige hou teen die kop, sodat hy vorentoe struikel en
        hard teen die stoepmuurtjie neerval en bly lê.

                                                                           Bl. 131 –132

 3.1    Wie is Skalla?                                                                     (1)

 3.2    Wie is die Meeulanders?                                                            (1)

 3.3    Waarom, dink jy, is Billy en Skalla bang dat die besoeker dalk Tjop
        Tredoux kan wees?                                                                  (2)

 3.4    Waarom haat Jacob vir Skalla?                                                      (2)

 3.5    Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer en die letter (A–D) neer.

        “Skalla loop behoedsaam uit die kombuis en wys vir Billy om te bly waar
        hy is” beteken Skalla is …

        A     vererg.
        B     verbaas.
        C     haastig.
        D     versigtig.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    11

3.6     Waarom dink jy het die twee broers vir Skalla gaan besoek?                        (2)

3.7     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
        en die woord neer. Skalla se houding in reёl 6 kan met een woord
        beskryf word as (teregwysend/uittartend).                                         (1)

3.8     Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die uittreksel sê vir jou dat
        daar groot moeilikheid is toe Skalla die deur oopmaak?                            (1)

3.9     Wie het vir Jannerik gehelp om ŉ wildevy te plant?                                (1)

3.10    Waarom het Jannerik-hulle ŉ wildevy geplant?                                      (2)

3.11    Verduidelik in DRIE sinne waarom Ryna in die inrigting beland het.                (3)

3.12    Kies die naam van die karakter uit KOLOM B wat by die sin in KOLOM A
        pas. Skryf net die vraagnommer (3.12.1–3.12.4) en die letter (A–E) neer.

                             KOLOM A                           KOLOM B
        3.12.1       Het die Meeuland Express gemaak    A     Kinnie

        3.12.2       Voel verantwoordelik vir Janka     B     Hermanus

        3.12.3       Het doodgebloei na baba se         C     Ryna
                     geboorte

        3.12.4       Wil Ousanna se huis koop           D     Elzabeth

                                                        E     Attie                       (4)

3.13    Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
        die vraagnommer (3.13.1–3.13.4) en die antwoord neer.

                   Jacob; tjekboek; bankkaart; Ousanna se huis; Ryna;
                            Veronica; Skalla; seegraskonsessie

        (3.13.1 …) weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het. Hy het gehoor
        toe (3.13.2 …) met Sheila gepraat het. Hy wil nou hê dat Fred die
        (3.13.3 …) op sy naam oordra. Fred was benoud en het dadelik sy
        (3.13.4 …) uitgehaal.                                                             (4)

3.14    Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
        en die woord neer. Fred kan nie sy pa in die oё kyk nie, want hy voel
        (kwaad/skuldig).                                                                  (1)

3.15    Jacob het met ŉ klein kissie in sy arms gestaan en Jannerik het met ŉ
        bruin sak op die eiland aangekom. Wat was die verband tussen hierdie
        twee houers?                                                                      (2)

3.16    Waarom, dink jy, is almal hier vóór Kersfees in die hospitaal se portaal
        bymekaar?                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (SEPTEMBER 2014)

3.17    Ryna is die enigste persoon wat weet wie Janka se biologiese pa is. Dink
        jy sy moes dit daar in die hospitaal openbaar maak? Motiveer jou
        antwoord.                                                                     (1)

3.18    Wat is die rede waarom die volgende persone wraak op Skalla wil neem?

        3.18.1       Jacob                                                            (1)

        3.18.2       Fred                                                             (1)

3.19    Ant Hansie Langhans is Janka se biologiese ouma.

        3.19.1       Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.

        3.19.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.19.1.                           (1)

3.20    Waarom is dit ironies dat Jacob en Fred albei wraak wil neem op Skalla?       (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:        35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     13

 AFDELING B: DRAMA

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

       1    HOEDJIE. Die skoonmense was tevrede met Poppie . . . en
       2      Stone was tevrede.
       3    STONE. (kniel langs Poppie, neem haar hande). Poppie . . . as jy
       4      eendag kinders kry, dan moet jy jou meisiekinders groot-
       5      maak net soos jou ouma vir jou grootgemaak het…
       6    PLANK. En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie,
       7      maar Bhuti-ka-nombi, uit respek . . . dit het beteken bhuti
       8      van haar man se broer se dogtertjie.
       9    MAMA. En ek het vir hom gesê: Mkhwenyana . . . wat beteken
       10      skoonseun . . . en Plank en Hoedjie en Mosie het gesê swaer.
       11      Ons het hom nooit op sy naam gesê nie.
       12 STONE. (vertel aan Poppie). Ek het ŉ erf gekry van die munisi-
       13      paliteit en gaan saam met my bhuti vir ons ŉ eenkamerhuis
       14      van sinkplaat en planke bou. Ek gaan ŉ tuintjie voor die huis
       15      maak waar ons pampoen en wortels en mielies kan plant.
       16      Aan die einde van die jaar as ek vakansie kry, sal ons plan
       17      maak om Herschel toe te gaan, waar my pa en ma woon.
       18      (Streel haar arm.)
       Spelers bou trein met trommels. Mimiek: stadige geskommel in trein.

       19     POPPIE. So ŉ stadige trein het ek nog nooit gesien nie. Toe was
       20       daai wêreld nou vir my baie vreemd, want ek het nog nooit
       21       daardie soort wêreld gesien nie. Die vreemdste was die baie
       22       berge.
                                                                                 Bl. 23

 4.1        Het Poppie en haar familie na haar troue vir Stone op sy naam genoem?
            Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

 4.2        Verduidelik waarom Poppie en Stone na Herschel gereis het.                         (1)

 4.3        Waaruit kan ons aflei dat Stone met Poppie tevrede was?                            (1)

 4.4        Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
            die antwoord neer.

            ŉ Makoti is ŉ (jong bruid/ou vrou).                                                (1)

 4.5        Waarom, dink jy, het Poppie en Stone teruggegaan Kaap toe?                         (1)

 4.6        Verduidelik wat met Poppie se oudste kind gebeur het.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (SEPTEMBER 2014)

 4.7    Poppie het soos ŉ ma vir haar broer Jakkie gevoel. Watter redes sal jy
        aanvoer waarom sy so oor hom gevoel het?                                          (2)

 4.8    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die
        antwoord neer. Poppie het haar seun Bonsile genoem en dit beteken (iets
        het reggekom/iets om te gee).                                                     (1)

 4.9    Noem TWEE redes waarom jy dink dat Poppie ontevrede was omdat hulle
        uit Lambertsbaai moes weggaan.                                                    (2)

 4.10   Hoe het Stone dit reggekry om ŉ permit te kry?                                    (1)

 4.11   Verduidelik waarom Poppie se ma haar nie op haar huiskaart kon sit nie.           (1)

 4.12   Voltooi die paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
        die vraagnommer (4.12.1–4.12.3) en die antwoord neer.

                 Pengi; kinders; mama Lena; polisie; Jakkie; migrants

        Bhuti Plank word twee keer by die hoenderhok geslaan. Die eerste keer
        deur die (4.12.1 …) en die tweede keer is hy deur die (4.12.2 …) geslaan,
        terwyl (4.12.3 …) hom vasgehou het.                                               (3)

 4.13   Wie dink jy was die kind van Mama Lena wat vir haar ŉ groot bekommernis
        was?                                                                              (1)

 4.14   Kies die naam uit KOLOM B wat by die woorde/frases in KOLOM A pas.
        Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

                             KOLOM A                            KOLOM B
        4.14.1       Te siek om te veg                    A   Plank

        4.14.2       Hy is Veleli se pa                   B   Pengi

        4.14.3       Het in die hoenderhok weggekruip     C   Mosie

        4.14.4       Kinders lag vir hom as hy dronk is   D   Mbatane

                                                          E   Stone                       (4)

 4.15   Mnr. Strydom sê Poppie kwalifiseer nie om in die Kaap te bly nie. Watter
        rede voer hy aan waarom sy nie daar kan bly nie?                                  (1)

 4.16   Dink jy mnr. Strydom was regverdig teenoor Poppie? Motiveer jou
        antwoord.                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 15

 4.17   Watter rede gee mnr. Stevens vir Poppie dat dit beter vir haar is om na
        Oos-Londen te gaan?                                                                (1)

 4.18   Watter voorwaardes stel Poppie aan mnr. Stevens voordat sy Ciskei toe
        sal gaan? (Noem EEN voorwaarde.)                                                   (1)

 4.19   Wat sou jy gedoen of besluit het indien jy soos Poppie in ŉ vreemde dorp
        moes gaan bly? Antwoord Ja of Nee en motiveer jou antwoord.                        (1)

 4.20   Stone en Poppie is saam weg na hul nuwe tuiste in die Ciskei.

        4.20.1       Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                 (1)

        4.20.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.20.1.                                (1)

 4.21   Die treinreis was vir Poppie baie moeilik.

        4.21.1       Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                 (1)

        4.21.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.21.1.                                (1)

 4.22   Watter TWEE rampe het Poppie getref toe sy in Mdantsane gebly het?                 (2)

 4.23   Wie is Vukile se pa?                                                               (1)

 4.24   Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
        (A–D) neer.

        Poppie se kinders was deel van die onluste:

        A          Hulle was in die Ciskei.
        B          Hulle is gearresteer en is in die tronk.
        C          Hulle bly in Mama Lena se huis.
        D          Hulle bly by Poppie.                                                    (1)

 4.25   Dink jy Poppie het reg opgetree deur haar twee dogters na hul grootouers
        in die Ciskei te neem? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

 4.26   Wat is, volgens jou mening, die klimaks van hierdie drama?                        (1)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 PALJAS – Chris Barnard

 1     68. Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle
 2     sit op ŉ kol waar die son skyn. Die nar is in gewone klere.
 3     Hy is besig om Willem met sy hoender-konsert te probeer
 4     liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel.
 5         Die kind sit net strak en kyk.

 6 NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis Oukei.
 7 (Die kind kyk weg.) Wat is dit wat pla? (Die kind skud sy kop).
 8 Jy kan maar vir my vertel. Ek sal vir niemand sê nie. (Die
 9 kind sit net voor hom en kyk). Wil jy vir my skryf? (Hy hou ‘ŉ
 10 potlood na Willem toe) Tóé, skryf. (Daar begin nou trane oor
 11 Willem se wange loop, maar sy gesig bly uitdrukkingloos.)
 12 Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort
 13 vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane.
 14 Altyd. (Die nar voel in sy sakke rond en haal ŉgrimeerpotlood
 15 uit. Hy verf twee groot boё bokant Willem se oё.) Kom. Kom
 16 ons teken iets. (Hy soek in sy broeksak en haal ŉ ander kleur
 17 uit. Hy verf Willem se mond.) Kom ons teken die trane weg.
 18 Ons vee die ou Willem uit en ons teken ŉ nuwe Willem.
                                                                             Bl. 42

 5.1     Verduidelik wat aanleiding gegee het tot Willem se ontsteltenis.                 (1)

 5.2     By wie het Willem gaan troos soek?                                               (1)

 5.3     Dink jy die gesin het geweet dat Willem in die skuur was? Motiveer jou
         antwoord op VRAAG 5.2.                                                           (1)

 5.4     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer en die woord neer.

         Die nar probeer Willem met sy hoender-konsert liemaak beteken dat hy
         Willem probeer (flous/kwaad) maak.                                               (1)

 5.5     Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
         (A–D) neer.

         “Die lewe is te kort vir trane” is die woorde van …

         A     Emma.
         B     Hendrik.
         C     Manuel.
         D     Katrien.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    17

 5.6    Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is en motiveer jou
        antwoord.

        Hendrik het vir Willem op die stoep gekry.                                            (1)

 5.7    Waarom dink jy was Willem so ontsteld toe die honde in die skuur blaf?                (1)

 5.8    Die gesin is bekommerd oor Willem. Kies die EEN wat NIE PAS NIE.
        Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

        A          Hendrik ry om die polisie te verwittig dat Willem weg is.
        B          Nollie kuier by Emma op die stoep.
        C          Katrien loop langs die pad en roep.
        D          Emma soek in die veld.                                                     (1)

 5.9    Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
        Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

                                 kombuis; eetkamer; blompot;
                              koffiepot; teepot; niet; hemelruim

        Hendrik, Katrien en Emma sit in die (5.9.1 …). Hulle praat nie. Hulle sit en
        staar in die (5.9.2 …). Daar staan ŉ (5.9.3 …) tussen hulle.                          (3)

 5.10   Pas die naam in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die
        vraagnommer (5.10.1 – 5.10.4) en die letter (A–E) neer.

                             KOLOM A                                KOLOM B
        5.10.1       “Ek is klaar gesukkel”                A      Nollie

        5.10.2       “maar jy koop oorbelle”               B      Frans

        5.10.3       “Ek sal jou handdoek vir jou          C      Emma
                     aangee”

        5.10.4       “Die enigste nôie wat ek ooit wou     D      Katrien
                     hê is klaar getroud.”

                                                           E      Hendrik                     (4)

 5.11   Dink jy die stories wat oor Frans in die dorp versprei word is regverdig?
        Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

 5.12   Watter stories het die dorpsmense oor Willem versprei omdat hy nie kon
        praat nie?                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (SEPTEMBER 2014)

 5.13   Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
        (A–D) neer.

        Kies die EEN wat NIE PAS NIE.

        A     Daar mense in hierdie huis bly.
        B     Sy vir hom sal bid.
        C     Dat hulle partykeer hartseer is.
        D     Dat hy hulle baie goed ken.                                                  (1)

 5.14   Wat wil Willem hê moet sy ma vir hom maak?                                         (1)

 5.15   Verduidelik wat Willem se verskoning is met die kos wat hy so uit die huis
        uit dra?                                                                           (1)

 5.16   Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
        die woord neer. Die sirkustrein is op (Uniondale/Toorwater/Twyfelfontein)
        afgehaak.                                                                          (1)

 5.17   Wat dink jy was die rede waarom Willem weer begin praat het?                       (2)

 5.18   Wat was die eerste woord wat Willem na jare gesê het?                              (1)

 5.19   Dink jy die predikant het reg opgetree om vir Manuel uit die kerk te jaag?
        Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

 5.20   Verduidelik in TWEE sinne wat met Manuel gebeur het toe hy kerk toe
        gegaan het.                                                                        (2)

 5.21   Dink jy dat daar iets positief uit die vriendskap tussen Willem en Manuel
        gekom het? Motiveer jou antwoord met die fokus op Willem.                          (1)

 5.22   Wie het vir Manuel huistoe gedra nadat hy geskiet is?                              (1)

 5.23   Watter TWEE bewyse is daar dat die McDonalds Manuel as Willem se
        vriend aanvaar het?                                                                (2)

 5.24   Stem jy saam met die siening dat Manuel se paljas gewerk het vir die
        McDonald-gesin? Motiveer jou antwoord deur na elkeen van die
        gesinslede te verwys.                                                              (4)
                                                                                          [35]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    19

 AFDELING C: KORTVERHAAL

 VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

 VRAAG 6.1

 OP SOEK NA KID KHUMALO – Dolf van Niekerk

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         Sy gaan sit op die bank om haar been te laat rus. Sy noem dit die
        suikersiektebeen. Op ŉ
 2      dag het daar sommer net ŉ wond verskyn – dalk het sy haar been
        gestamp. Die wond
 3      wil nie genees nie, dit het eintlik al groter geword. Dit lyk ook nie of die
        dokters iets vir haar kan
 4      doen nie. Haar vriend Frans N’kosi hou aan sy moet ophou werk, maar hoe
        kan sy? Miskien tog
 5      eendag, as Kid haar wil vat. Want Frans het sy eie familie, hulle twee is
        eintlik niks van mekaar
 6      nie, al is hulle al agt jaar saam. Baie dae as haar been pyn en sy byna te
        siek is om te loop,
 7      verlang sy na ŉ plekkie waar sy sal kan rus. Soos by haar familie in
        Dennilton in die ou dae toe
 8      mense geweet het wanneer dit tyd is om vir mekaar te sorg sodat dié wat
        moeg is, kan rus.
 9          Sy hoor ŉ motor by die ingang. Dit kan Frans wees.
 10         Die Therons is die enigste wit mense in die omgewing wat nie
        veiligheidsheinings en goed
 11     opgerig het nie.
 12        “Dis geldmors,” sê Theron. “As hulle wil inkom, sal hulle inkom.”
 13     Hulle het net twee klein Maltese brakke, en dié blaf dag en nag. Nog ŉ
        ding wat sy
 14     nie van die Therons verstaan nie, is dat hulle die telefoon laat uithaal het.
        Hulle praat net met
 15     selfone. Maar dit beteken dat nie een van haar mense met haar in
        verbinding kan kom nie en
 16     sy ook nie met hulle nie. Haar familie sal al dood en begrawe wees voor
        sy daarvan sal hoor.
 17     Haar niggie Katrien bring so af en toe vir haar nuus, maar sy weet ook nie
        aldag wat aan die
 18     gang is nie.
 19        Frans staan in die deur.
                                                                               Bl. 225

 6.1    6.1.1 Verduidelik waarom dink Johanna dat sy nie eendag by haar seun,
              Thomas, kan gaan bly nie?                                                     (1)

        6.1.2 Johanna gaan eendag, as sy ophou werk, by Frans Nkosi gaan bly.

                   (a)   Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.

                   (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1.2(a).                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (SEPTEMBER 2014)

        6.1.3   Johanna het by haar seun in Soshanguve gaan kuier.

                (a)   Sê of bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR is.

                (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1.3(a).                            (1)

        6.1.4   Voltooi die volgende paragraaf. Kies die KORREKTE antwoorde
                uit die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer en die antwoord
                neer.

                               Thomas; Kid; vriende; broer;
                             Soshanguve-stasie; Denneboom-stasie

                Frans het Johanna besoek om haar die nuus te vertel dat ((a) …)
                is. Hy sê hy het sy vriend, Thabo, by ((b) …) gekry. Johanna sê
                hoopvol dat hy seker by sy ((c) …) is.                                    (3)

        6.1.5   Kies die naam uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
                Skryf net die vraagnommer (6.1.5(a)–(d)) en die letter (A–E) neer.

                              KOLOM A                          KOLOM B
                (a)   Hy het saam met Kid gewerk         A    Katrien

                (b)   Sy naam is Nicholas                B    Thomas

                (c)   Bring af en toe nuus vir Johanna C      Thabo

                (d)   Die persoon skakel die televisie   D    Kid
                      aan

                                                         E    Frans                       (4)

        6.1.6   Waarom dink jy wou Johanna nie na die beeld van die
                ongelukstoneel op die televisie kyk nie?                                  (1)

        6.1.7   Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
                vraagnommer en die letter (A–D) neer.

                Johanna se enigste kleinkind bly in …

                A     Soshanguve.
                B     Mamelodi.
                C     Dennilton.
                D     Kalafong.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     21

        6.1.8        As gevolg waarvan kon Johanna nie dadelik navraag oor Kid
                     doen nie?                                                                 (1)

        6.1.9        Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en
                     die antwoord neer.

                     Johanna het vir tien dae niks weer gehoor nie en dit voel vir haar
                     asof dit (hartseer/spanning/depressie) veroorsaak wat haar wil
                     onder kry.                                                                (1)

        6.1.10       Het jy simpatie met Johanna met haar soektog na Kid? Motiveer
                     jou antwoord.                                                             (1)

        6.1.11       Watter TWEE redes kan as bewyse dien dat Kid verantwoordelik
                     geword het?                                                               (2)

        6.1.12       Waarom kan die leser seker wees dat dit wel Kid se lyk is?                (1)

        6.1.13       “Ja, nou het jy jou eie huis,”

                     Waarom dink jy dat die stelling ŉ vals troos is?                         (1)
                                                                                             [19]

                                                      EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 6.2

 ROOI KOMBERSIE – Rachelle Greeff

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      Lila se ma het die kombers destyds vir haar in Port Elizabeth gekoop, die
        vakansie voor sy
 2      universiteit toe is in die Boland. Hulle het gewoon op ŉ dorp in die Groot-
        Karoo waar haar
 3      stiefpa, oom Kakie, ŉ klerewinkel gehad het. Hul huis was vas aan die
        winkel. Daardie vakan-
 4      sie in Port Elizabeth het hulle nóg universiteitsgoed gekoop, maar dis net
        die kombers wat sy
 5      onthou.
 6        Aan die einde van Lila se eerste jaar op universiteit is sy vir die
        somervakansie huis toe. Sy
 7      moes haar deel van die dubbelkoshuiskamer, waar die kombers heeljaar
        op haar bed gelê het,
 8      ontruim. Alles is in die bagasiebak van die Rambler Rogue (wat oom
        Kakie net ŉ maand tevore)
 9      op Springfontein in die Vrystaat gaan koop het) saam terug Karoo toe. Die
        kombers het langs
 10     haar op die agtersitplek gelê. In sy voue, versteek vir haar ma en oom
        Kakie, was die jaar se ver-
 11     rassings, die skrik, die nuwe, vreemde drome. Sy sou nog besluit wat sy
        met hulle sou deel.
 12       Een aand sit sy, haar ma en oom Kakie oudergewoonte om die
        kombuistafel en luister radio-
 13     nuus terwyl hulle vir die kos in die oond wag. Oom Kakie het vir elkeen ŉ
        whisky gegooi; vir
 14     hulle ŉ dubbel, vir haar ŉ enkel. Buite is die aarde steeds dor en hittig, al
        het die son al amper
 15     onder die spinnerakskaduweetjies van sewejaarsoutbosse en die
        kankerbossies ingeglip.

                                                                                 Bl. 105

 6.2    6.2.1   Noem DRIE dinge wat Lila doen waaruit jy kan aflei dat die rooi
                kombersie vir haar baie spesiaal en kosbaar is.                             (3)

        6.2.2   Waarom gooi oom Kakie vir hom en Lila se ma ŉ dubbelsopie
                whisky in, maar vir Lila slegs ŉ enkelsopie?                                (1)

        6.2.3   Wat sou jy sê is die skakel tussen hierdie twee gebeurtenisse wat vir
                Lila vertroosting gebring het?                                              (1)

        6.2.4   Watter TWEE dramatiese gebeurtenisse het in Lila se lewe
                plaasgevind?                                                                (2)

        6.2.5   Om watter rede hardloop Lila in die brandende huis?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          23

        6.2.6      Indien jy in dieselfde situasie as Lila was, sou jy ook in die
                   brandende huis gehardloop het? Motiveer jou antwoord.                           (1)

        6.2.7      Vergelyk die mense se optrede tydens die brand teen die optrede
                   van Lila en haar stiefpa, oom Kakie.                                            (3)

        6.2.8      Is die skrywer se argument geldig dat Lila en haar man beskryf
                   word as groenmense wat hard werk om die omgewing te bewaar?

                   Stem jy saam met bogenoemde stelling. Motiveer jou antwoord.                    (1)

        6.2.9      Bespreek die ironie ten opsigte van die inbreker se optrede toe hy
                   vir Lila die rooi kombersie gee.                                                (2)

        6.2.10 Watter rol speel die rooi kombersie in Lila se lewe?                               (1)
                                                                                                 [16]

                                                                TOTAAL AFDELING C:                 35

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord BEIDE van die volgende gedigte.

 VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

 VRAAG 7.1

 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 Brief – Fernal R. Abrahams

 1      Mammie, ek skryf ook vir Ma ŉ kaalvoet gedig
 2      sommer so, nes Antjie
 3      maar ek gebruik soms leestekens
 4      en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie
 5      want dit hoort vir my
 6      nes plastiekblomme en wit skoene
 7      nie by Ma nie.
 8      Ek het grootgeword, weet Ma –
 9      ek skrik soms vir myself
 10     want my skoolbaadjie pas nie meer nie
 11     my hare is lank
 12     ek wil ŉ oorring dra
 13     ek bid byna nooit nie
 14     en ek glo nie sommer net in God nie
 15     ek dink, praat, skryf selfs oor die dood
 16     – ek wonder of Ma van my verse sal hou –
 17     Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly –
 18     en ek het nie
 19          kon nie
 20     ‘skuus Mammie
 21     maar ek is nog Ma se kind
 22                          grootmenskind
 23                           anderster kind

                                                           [Uit: Tydskrif vir Letterkunde, 1989]

 7.1    7.1.1        Verduidelik wat verstaan jy onder “’n kaalvoet gedig”. (reёl 1)                 (1)

        7.1.2        Watter woord sê vir ons dat hy partykeer leestekens gebruik?                    (1)

        7.1.3        Wie is die persoon wat reeds so ŉ soortgelyke gedig geskryf het?                (1)

        7.1.4        Wat word met mekaar in strofe 1 vergelyk?                                       (2)

        7.1.5        Vir wie word hierdie gedig geskryf?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       25

        7.1.6        Die spreker in die gedig dra ŉ oorring.

                     (a)   Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.                                (1)

                     (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1.6(a).                             (1)

        7.1.7        Die spreker noem homself ŉ grootmenskind. Wat, dink jy, het hy
                     daarmee bedoel?                                                            (1)

        7.1.8        Dui die progressie wat ons in die tweede strofe kry aan.                   (3)

        7.1.9        Waarom, dink jy, sou hy vir sy ma verskoning vra?                          (2)

        7.1.10       Die spreker het fisies en geestelik gegroei, maar wat omtrent hom
                     het nie verander nie?                                                      (1)

        7.1.11       Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys
                     hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

                               Beskrywing;     herskrywing;    Ma;    Mamma

                     Hierdie gedig is intertekstueel omdat die digter ŉ ((a) …) van die
                     gedig ((b) …) van Antjie Krog geskryf het.                                 (2)

        7.1.12       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs
                     die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

                     Die tipografiese opbreek van die laaste reëls kan ŉ aanduiding
                     wees van die spreker se ... oor hoe sy ma dié brief gaan ontvang.

                     A     kinderlike verwagting
                     B     emosionele onsekerheid
                     C     selfvertroue
                     D     sekerheid                                                            (1)

        7.1.13       Die woord “maar” in versreёl 3 sê vir ons dat hierdie gedig tog …
                     Antjie Krog se gedig.

                     A     dieselfde is as
                     B     soortgelyk is aan
                     C     verskil van
                     D     anders is as                                                        (1)
                                                                                              [18]

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 7.2

 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 “Thumela – Elmé Barnard

 1      tot siens meneer
 2            het jy geskree
 3      en vir oulaas gemaak ernstig
 4      na ŉ kennisgewingbord
 5      met hordes sportaankondigings
 6      en lyste eksamenroosters
 7      wat jou nie meer kon raak
 8             gestaar
 9      jou boeksak toe
 10     met ŉ wilde tol
 11            die lug ingeskiet
 12     en ŉ geskiedenisboek gepos
 13     sodat die blaaie
 14            verward
 15     oor die verlate skoolvierkant saai
 16     terwyl jy laggend
 17     om ŉ hoek verdwyn
 18     gemaak geskok
 19     het meneer weggedraai
 20     maar ek het bly wonder
 21     of dit vir jou
 22           dan niks beteken
                                                                        [Uit: Poort, 1983]

 7.2    7.2.1        Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys
                     hieronder. Skryf net die vraagnommer ((a)– (c)) en die antwoord
                     neer.

                              dankbaarheid; gegroet; bedank; bevryding
                            die leerder gaan mis; die leerder nie gaan mis nie.

                     Hierdie gedig handel oor ŉ leerder wat sy skoollewe (a) … het. Hy
                     het ŉ gevoel van (b) ... beleef. Die onderwysers het al gewoond
                     geraak aan hierdie gedrag van leerders. Die wyse waarop die
                     meneer wegdraai, gee die boodskap dat hy (c) ...                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sept-2015/56963d94-f246-4ad0-863f-51877724f702) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
