# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2016/3b43c025-a750-4504-8ce0-7377a1bf8e60
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2016/3b43c025-a750-4504-8ce0-7377a1bf8e60)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                            *AFRFA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
     2                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.       Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.       Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A:        Roman            (35)
         AFDELING B:        Drama            (35)
         AFDELING C:        Kortverhale      (35)   Beantwoord vrae op albei kortverhale.
         AFDELING D:        Gedigte          (35)   Beantwoord vrae op albei gedigte.

4.       Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
         letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

5.       Beantwoord TWEE vrae: EEN VRAAG uit elkeen van die TWEE afdelings wat
         julle behandel het. LET WEL: Indien jy AFDELING C (Kortverhale) of
         AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy BEIDE vrae uit hierdie afdelings
         beantwoord.

6.       Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.       Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om
 deur die hele vraestel te lees.

 AFDELING A: ROMAN                                                      PUNTE      BLADSY
                                                                                   NR.
 VRAAG 1:         Kringe in ŉ bos                Kontekstuele vraag        35          4
                                          OF
 VRAAG 2:         Die ongelooflike avonture  Kontekstuele vraag
                                                                           35
                  van Hanna Hoekom                                                      7
                                          OF
 VRAAG 3:         Meeulanders                Kontekstuele vraag            35          10

 AFDELING B: DRAMA
 VRAAG 4:   Poppie – die drama                                             35          13
                                            OF
 VRAAG 5          Paljas                                                   35          16

 AFDELING C: KORTVERHAAL (Beantwoord albei kortverhale.)
 VRAAG 6    Agter ŉ baard – Hennie
                                                         18                            19
            Auckamp
                                   EN
            Die pakkie – Leonard Koza                    17                            21

 AFDELING D: GEDIGTE                      (Beantwoord albei gedigte.)
 VRAAG 7    Wie’s hy?                                                      18          23
                                            EN
                  Kabouterliefde                                           17          24

 KONTROLELYS
 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

      AFDELING             VRAAGNOMMERS               VRAE              DUI AAN
                                                   BEANTWOORD             (√)
 A:    Roman                        1–3                 1
                                                       OF
 B:    Drama                        4–5                 1
                                                       OF
 C:    Kortverhale                   6                  1
                                                       OF
 D:    Gedigte                       7                  1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2016)

 AFDELING A: ROMAN

 KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

 VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1         Hy het die eerste winter van die nuwe stormloop deur die tente
 2         sien kruip en die vroue en die kinders jammer gekry. Maar
 3         ook nie almal nie...
 4         Dit was ŉ kwaai winter. Hulle had die goed skaars droog, dan
 5         reën dit al weer! Teen ŉ oopgekapte helling onderkant die
 6         tentdorp het die hopies grond in die begraafplaas meer
 7         geword; die katstertgras en kystervarings het stadig nader
 8         gekruip en die eerstes begin toegroei.
 9          Maar die koue en die reën het die stroom nie gestuit nie. Net
 10         die haglike “pad” het sommige laat omdraai – om uit te vind
 11        dat daar nie ŉ ander manier was om daar te kom nie, sodat
 12        hulle die tweede keer maar moes deurdruk tot bo. Eindelik
 13        is daar ŉ passasiersdiens tussen Knysna en Walker & Berg se
 14         winkel sewe myl onderkant die tentdorp ingestel: vyf sjielings
 15         per kop plus twintig pond bagasie. Die laaste sewe myl was
 16        tien keer erger as die twintig van die dorp af en moes te voet
 17        afgelê word. As die rit per bokwa van die dorp hulle nie
 18        ontnugter geskud het nie, het die tog tot bo dit gedoen. Daarby
 19        moes die waens soggens vroeg van die dorp af vertrek sodat
 20        die passasiers nog daglig oorhet vir die laaste sewe myl. Om
 21        jou in die donker in ŉ olifant vas te loop, was nie iets om mee
 22        te speel nie.

 1.1    “Hy het die eerste winter van die nuwe stormloop deur die tente sien
        kruip ...”

        Wat het aanleiding tot die “nuwe stormloop” gegee?                                   (1)

 1.2    Wat suggereer die “hopies grond”?                                                    (1)

 1.3    1.3.1   Watter negatiewe karaktertrek van die mens verklap die volgende
                sin?

                “Maar die koue en die reën het die stroom nie gestuit nie.”                  (1)

        1.3.2   Gee TWEE bewyse uit die uittreksel om bogenoemde stelling te
                bewys.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   5

1.4    Waarom word die woord “pad” tussen aanhalingstekens geskryf?                      (1)

1.5    Wat was Saul se opinie op hierdie stadium oor die moontlikheid van rifgoud
       in die Bos?                                                                       (1)

1.6    Watter magteloosheid het Saul opnuut beetgepak?                                   (1)

1.7    Watter ontwikkeling is vir Meulbos in die vooruitsig gestel? Gee TWEE
       voorbeelde.                                                                       (2)

1.8    Hoe kon Saul voordeel hieruit trek?                                               (1)

1.9    Sou jy ook soos Saul “nee” gesê het vir hierdie geleentheid om geld te
       maak? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                (1)

1.10   Hoe het Kate bygedra dat Saul met die uitlanders kon kommunikeer?                 (1)

1.11   “... maar ook nie almal nie ...”

       1.11.1    Hoekom het Saul nie almal jammer gekry nie? Gee DRIE redes vir
                 jou antwoord.                                                           (3)

       1.11.2    Sou jy Saul kwalik neem vir hierdie subtiele wraak? Hoekom sê jy
                 so?                                                                     (1)

1.12   Alhoewel Saul vir Kate na sewe jaar weer sien, was hulle nie juis baie warm
       teenoor mekaar nie. Wat was die rede hiervoor?                                    (1)

1.13   Hoekom was dit nou vir Saul moontlik om met die dorpsmense te meng
       sonder om weggejaag te word?                                                      (1)

1.14   Watter nare ondervinding het hy as seun beleef in sy nuuskierigheid na
       kennis?                                                                           (1)

1.15   1.15.1    Wat was Saul se uiteindelike doel in sy soeke na rykdom?                (1)

       1.15.2    Het hy daarin geslaag? Motiveer jou antwoord.                           (1)

1.16   Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.16.1–1.16.3) neer.

       skemer; geld; gevoel; kruideniersware; Engels; Kitchen Dutch; duisternis;
       donker; goodfor; koppigheid

       Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd 1.16.1 ... is nie. Oom kan die
       1.16.2 ... vir MacDonald vra en die goed kry. Dieselfde magtelose 1.16.3 ...
       as die dag toe hy die byl teen die kalander moes lig, het in hom opgestaan.       (3)

1.17   Hoe stem Saul se lewe met diѐ van Charles Dickens ooreen?                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2016)

1.18   1.18.1   Hoe sou die regeringsproklamasie Saul help in sy stryd om die Bos
                te beskerm?                                                             (1)

       1.18.2   Noem EEN onmiddellike reaksie van die delwers teenoor hierdie
                Proklamasie.                                                            (1)

       1.18.3   Hoe stem hierdie handeling ooreen met ŉ soortgelyke voorval
                voorheen in Saul se lewe deur sy eie mense?                             (1)

       1.18.4   Kan ŉ mens die Bosmense kwalik neem vir hierdie houding teenoor
                Saul? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                      (1)

1.19   Kies die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
       net die vraagnommer (1.19.1–1.19.4) en die letter (A–E) neer, bv.1.19.5 F.

                      KOLOM A                                KOLOM B
       1.19.1   “Hulle sê dis Oupoot wat dit        A   Joram
                gedoen het”

       1.19.2   “Gelyk! Wys hom, manne! Wys         B   Oom Anneries
                hom!”

       1.19.3   “Lat dit nou regtig jy is, Saul?”   C   Maska

       1.19.4   “Mog dit vandag Oupoot              D   Sanna
                wees, ...”

                                                    E   Saul                            (4)
                                                                                       [35]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der
 Vyver

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1       En ek moet toegee, Margot het nie die grimering oordoen nie. Eintlik kan jy
 2       amper nie sien ek het grimering aan nie. En tog het my vel wonderbaarlik
 3       verbeter. Selfs die karbonkel op my ken is omtrent onsigbaar. My wange
 4       het gesonde blos gekry, my oë het groter geword, my lippe voller. Jy sou
 5       sweer ŉ goeie fee het ŉ toorstaffie oor my geswaai.
 6       “nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek,” beveel Margot, “en dan wag jy in
 7       die kamer tot ons jou roep vir ete. En dan maak jy ŉ dramatiese versky-
 8       ning.”
 9       En sy gooi haar arms oop en lig haar ken om te wys hoe ek veronderstel
 10      is om te verskyn.
 11      “Ag nee, ek dink nie dit sal nodig wees nie,” protesteer ek.
 12      “Trust me”, sê sy. “Ek is ’n aktrise. Ek wéét van dramatiese verskynings.”
 13      “Maar ek is nie ŉ aktrise nie. Ek sal soos ’n gek voel.”
 14      “Gavin sal mal wees daaroor”, sê Sharon. “Doen dit vir hom, toe?”
 15      Met die gevolg dat ek die volgende twee uur in my kamer deurbring. So
 16      senuweeagtig soos ŉ aktrise wat wag dat die gordyn lig. En toe Margot my
 17      roep, begewe my moed my heeltemal en ek loop sleepvoet en kop onder-
 18      stebo by die kamer uit.
 19      “Lig jou ken, poplap!” beveel Margot soos ŉ sirkusbaas wat ŉ hond deur ŉ
 20      hoepel laat spring. “Wys ons wat jy het!”

 2.1 2.1.1      Watter ongewone dinge gebeur met Hanna op hierdie dag? Gee
                DRIE feite.                                                               (3)

       2.1.2    Waarom gebeur hierdie dinge juis op dié dag met haar?                     (1)

 2.2 2.2.1      Wat lei ŉ mens dus af oor hoe Hanna oor haarself gevoel het?              (1)

       2.2.2    Het sy genoeg rede gehad om so oor haarself te voel? Gee TWEE
                bewyse sover dit haar voorkoms betref.                                    (2)

       2.2.3    Sou jy dieselfde oor jouself gevoel het indien jy Hanna was? Gee ŉ
                rede vir jou antwoord.                                                    (1)

 2.3 Gavin verras vir Hanna op hierdie dag.

       2.3.1    Het hy toevallig daar opgedaag? Motiveer jou antwoord deur TWEE
                feite te gee.                                                             (2)

       2.3.2    Hoekom voel Hanna skaam oor haar pa se voorkoms? Gee TWEE
                feite.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2016)

2.4   Kies die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net
      die vraagnommer (2.4.1–2.4.4) en die letter (A–E) neer, bv. 2.4.2 B.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
      2.4.1    “Waar kom hierdie engel vandaan?”        A      Margot

      2.4.2    “Ons gaan jou stunning laat lyk.”        B      Yann

      2.4.3    “Moet dit net nie oordoen nie.”          C      Hanna

      2.4.4    “Cashmere”, “Wow”                        D      Sharon

                                                        E      Gavin
                                                                                (4 x 1)    (4)

2.5   “Nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek.”

      2.5.1    Van wie kom hierdie swart trui?                                             (1)

      2.5.2    Watter geskenk het die persoon in VRAAG 2.5.1 by ŉ vorige
               geleentheid aan haar gegee?                                                 (1)

      2.5.3    Dink jy dit is regverdig dat Hanna verwag het dat sy ŉ pa in die huis
               moes hê? Gee EEN rede vir jou antwoord.                                     (1)

2.6   Hanna se indrukke omtrent Margot het op hierdie dag begin verander.

      2.6.1    Watter deurslaggewende bydrae van Margot het Hanna se siening
               omtrent haar finaal laat verander?                                          (1)

      2.6.2    Hoe sien Margot haarself in haar rol as ouer?                               (1)

      2.6.3    Waarom bly Yann skepties oor sy ma se verandering?                          (1)

      2.6.4    Hoe bewys Yann tog dat hy hard probeer om hul verhouding te
               herstel?                                                                    (1)

2.7   “Ek weet van dramatiese verskyning.”
      Bewys hierdie stelling deur te verwys na Margot se aankoms op die berg.
      Gee TWEE feite.                                                                      (2)

2.8   “Trust me,” sê sy. “Ek is ŉ aktrise.” (reël 12)

      2.8.1    Bewys dat bogenoemde stelling waar is.                                      (1)

      2.8.2    Waarom was Margo so desperaat om binne drie dae van die berg af
               weg te wees?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    9

        2.8.3    Hoe kry sy dit reg om tog betyds van die berg af weg te kom?             (1)

        2.8.4    Wat is dit omtrent aktrises wat Hanna se eerste indrukke van Margot
                 regverdig?                                                               (1)

 2.9    2.9.1    Waarom was Tibo so geïnteresseerd dat Margot Tirot-kaarte kon
                 lees?                                                                    (1)

        2.9.2    Sou jy dieselfde as Tibo opgetree het, en waarom?                        (1)

 2.10   Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (2.10.1–2.10.3) neer.

                      Yann; Margot; bewegings; bokspronge; Sharon; Gavin

        2.10.1 ... spring gretig op en druk ŉ ander CD in die masjien. Toe gryp
        Gavin vir 2.10.2 ... Selfs Tibo en Amos dans met spastiese 2.10.3 ... .           (3)

 2.11   Hoekom kan ons sê dat Mana se idee van haar wittebrood geslaagd was?              (1)
                                                                                         [35]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 MEEULANDERS – Esta Steyn
 Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        MEEULAND, SATERDAG, 23 SEPTEMBER 1978

1       My eerste twee brode het nie reg uitgekom nie. Jannerik sê die stoof was
2       te koud. Ek het dit vir die meeue gekrummel en gekyk hoe hulle in swerms
3       op my afpyl. Ek was weer by die malgaswyfie met die twee kuikens en het
4       lank vir hulle gesit en kyk. Sy weet nie haar een kind is ŉ duikertjie nie.
5       Maar die klein malgassie lyk vir my swak. Die mannetjie het kos gebring
6       en die duikertjie het hom dik geëet. Ek wil die wyfie teken. Sy is nie so
7       aggressief soos die ander malgasse nie.

8       Ousanna Siener het die tyding saam met ŉ kind strandlangs gestuur tot by
9       Matthys Langhans se seegrasspan. Matthys het die boodskap vir Hansie
10      gegee en Hansie het Meeuland toe geroep en met Elsabet gepraat. Dit
11      was slegte nuus vir Jannerik: sy dogter, Kinnie, is aan maaggriep oorlede.
12      Hy moes wal toe.
13      Toe hy die volgende dag die katrol draai sodat die jettietrap kan sak, is sy
14      gesig stroef. Hy dra sy enigste pak klere, reeds dun geskuur om die
15      elmboë, en ŉ jas oor die arm. “Jy kan nie langer as vier dae kry nie,
16      Jannerik,” sê Jacob en help hom om die Sterretjie, wat opgehys is, te sak.
17      “Jou verlof is reeds opgebruik. Twilight moet
18      Vrydag ingaan dokter toe, dan kan jy saam terugkom. Vieruur.”
19      “Is reg, kaptein.”
                                                                             Bl. 51 en 52

 3.1     3.1.1       Haal ŉ sin uit die uittreksel aan wat daarop dui dat Ryna en
                     Jannerik ŉ goeie verhouding gehad het.                                    (1)

         3.1.2       Dieselfde kan ongelukkig nie van Ryna en Jacob op hierdie
                     stadium gesê word nie. Motiveer deur DRIE feite te gee.                   (3)

 3.2     3.2.1       Waarna verwys die skuinsgedrukte gedeelte van die uittreksel?             (1)

         3.2.2       Watter soort verteller word by die skuinsgedrukte gedeelte gebruik?       (1)

 3.3     “Sy weet nie haar een kind is ’n duikertjie nie.”

         3.3.1       Van wie word die “sy” later simbolies in die verhaal?                     (1)

         3.3.2       Na watter groot geheim verwys bogenoemde woorde?                          (1)

         3.3.3       Was dit reg dat die inligting in (VRAAG 3.3.2) van Janka weerhou
                     was? Motiveer jou antwoord.                                               (1)

 3.4     Watter onwaarheid kom in die uittreksel voor? Haal VYF agtereenvolgende
         woorde aan.                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    11

 3.5     Watter ander soortgelyke slegte nuus moes Jannerik ook vroeër in sy
         persoonlike lewe ervaar?                                                           (1)

 3.6     “... Hansie het Meeuland toe geroep ...”

         Wat word met “geroep” bedoel?                                                      (1)

 3.7     Dink jy Jacob se stelling aan Jannerik in reël 17 dat sy verlof op is en binne
         vier dae terug moet wees, is ongevoelig? Motiveer jou antwoord.                    (1)

 3.8     Hoe probeer Ryna Jannerik se pyn versag net voor hy wal toe vertrek?               (1)

 3.9     3.9.1        Wat moet Jannerik saambring wanneer hy terugkeer Meeuland
                      toe?                                                                  (1)

         3.9.2        By watter tragedie sou bogenoemde belangrike item by
                      (VRAAG 3.9.1) ŉ groot rol gespeel het?                                (1)

 3.10    Die geboorte van die twee babas speel ŉ sentrale rol.

         3.10.1 Wat is die EEN groot verskil by hulle geboortes in terme van hulle
                oorlewing?                                                                  (2)

         3.10.2 Watter kriminele daad is by die verwekking van die een baba
                gepleeg?                                                                    (1)

         3.10.3 Hoe het die skuldige party seker gemaak dat sy daad ŉ geheim
                bly?                                                                        (1)

         3.10.4 Hoe gebruik Skalla hierdie situasie tot sy eie voordeel?                    (2)

 3.11    Gee EEN bewys (wat verband hou met Jannerik) dat Ousanna werklik ŉ
         siener was.                                                                        (1)

 3.12    3.12.1 Watter mediese probleem het Twilight gehad dat sy die dokter
                moes gaan besoek?                                                           (1)

         3.12.2 Watter slegte nuus het die dokter egter vir Twilight gehad?                 (1)

 3.13    Hoe bewys Attie sy handvaardighede teenoor Janka in hierdie roman?                 (1)

 3.14    Alhoewel Fred, as die vrouejagter en oneerlik voorgestel word, toon hy tog
         karakterontwikkeling later in die verhaal. Bewys dit deur TWEE feite te gee.       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2          (EC/SEPTEMBER 2016)

 3.15    Kies die persoon uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die vraagnommer (3.15.1–3.15.4) en die letter (A–E) neer, bv.
         3.15.2 B.

                            KOLOM A                             KOLOM B
         3.15.1      Besit sy/haar eie fabriek          A     Magdelene White

         3.15.2      Werk op Meeuland as ŉ assistent B        Sheila

         3.15.3      Speel die klavier by die           C     Reggie
                     skoolkonsert

         3.15.4      Beland in ŉ rystoel na ŉ ongeluk   D     Janka

                                                        E     Attie
                                                                               (4 x 1)    (4)

 3.16    Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf slegs die vraagnommer (3.16.1–3.16.3) en die antwoord neer.

              Jacob; kalm; Fred; Sterretjie; die Meeuw; benoud; Attie: die dokter

         Dis agtuur toe 3.16.1 ... vir Elsabet by die kamer indra. Sy stem klink
         3.16.2 ... “Gaan roep my ma op die CB! Laat weet 3.16.3 ... moet kom.”            (3)
                                                                                          [35]

                                                             TOTAAL AFDELING A:           35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         13

 AFDELING B: DIE DRAMA

 POPPIE-DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1     Jakkie kom binne, gooi sy goed neer, sit en begin eet. Mama beweeg
 2     weg.

 3     POPPIE: Hoekom is jy so ŉ groot worrie vir Mama?
 4     JAKKIE: Ons doen nie slegte goed nie, Sisi.
 5     POPPIE: Die busse is flenters en die skole brand en die
 6             kinders is dronk op straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê,
 7             Jakkie? Phendula!

 8     Jakkie stap weg.
 9     MAMA: (begin weer huil). En hulle sê hy’s ŉ leader.
 10    MOSIE: My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat die kinders
 11            die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en skree
 12            donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs uittap
 13            nie. Maar my sustertjie, ek kan nie dit help nie, daar’s iets in my hart
 14           wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want hierdie manier is nie
 15           die Here se manier nie. En dan kom dit weer in my hart: At last.
 16    POPPIE: Nὸὺ baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar-
 17              gekry het nie?
 18    JAKKIE: (staan by die kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en jou
 19             kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.

 20    MAMA: (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam gemarch met die
 21          kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek, want hulle sê hy’s al
 22          groot, wat soek hy tussen die skoolkinders, hy’s ŉ leader. Hy’t gesê vir
 23          hulle: Ek het maar in die stad geloop en toe kom die kinders, toe march
 24          ek saam. Maar hulle het hom nie geglo nie.
 25    POPPIE: Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?
 26    MOSIE: Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi.

                                                                                Bl. 55 en 56

 4.1 Hoe sou jy sê, wat is die motoriese moment volgens die uittreksel wat tot die
     res van die gebeure gelei het? Gee TWEE feite.                                            (2)

 4.2 Watter nie-gewelddadige optrede (volgens die uittreksel) openbaar die kinders
     wat glad nie by kinders se gedrag pas nie?                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2016)

 4.3    POPPIE: “Hoekom is jy so ŉ groot worrie vir Mama?” (reël 3)

        4.3.1   Gee TWEE bewyse wat hierdie woorde van Poppie aan Jakkie
                regverdig.                                                                 (2)

        4.3.2   Sou jy ook soos Jakkie betrokke geraak het? Gee ŉ rede vir jou
                antwoord.                                                                  (1)

 4.4    POPPIE. “... en die kinders is dronk op straat ...” (reël 6)

        Wat is ironies omtrent hierdie dronk toestand van die kinders indien hulle
        latere optredes in ag geneem word?                                                 (2)

 4.5    “Jakkie stap weg.” (reël 8)

        Wat lei jy af uit hierdie handeling van Jakkie?                                    (1)

 4.6    4.6.1   Watter klag sou waarskynlik teen Jakkie gelê word toe hulle hom
                hier vang?                                                                 (1)

        4.6.2   As gevolg van watter ander klag het die polisie hom ook later
                gesoek?                                                                    (1)

        4.6.3   Hoekom was dit vir die Suid-Afrikaanse Polisie onmoontlik om hom
                op ŉ latere stadium in hegtenis te neem?                                   (1)

 4.7    MOSIE: “My sustertjie …” (reëls 10–14)

        Watter emosie is in Mosie se woorde opgesluit?                                     (1)

 4.8    4.8.1   Wat word met die woorde “ At last” bedoel, in terme van die situasie
                waarin Mosie homself bevind?                                               (1)

        4.8.2   In watter emosionele tweestryd bevind Mosie homself op hierdie
                stadium?                                                                   (2)

 4.9    Na watter swaarkry in Poppie se lewe verwys sy in reël 16? Gee DRIE
        voorbeelde uit Poppie se lewe.                                                     (3)

 4.10   Watter DRIE opeenvolgende woorde uit die uittreksel wys daarop dat hierdie
        protes ook ter wille van Poppie se nageslag is?                                    (1)

 4.11   Wie, volgens die uittreksel, verteenwoordig die onregverdige regering teen
        wie Jakkie-hulle in opstand kom?                                                   (1)

 4.12   Watter tragiese gevolge het een van die protesaksies direk vir Poppie se
        familie gehad?                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     15

 4.13    Kies die persoon uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die vraagnommer (4.13.1–4.13.4) en die letter (A–E) neer, bv.
         4.13.5 F.

                            KOLOM A                              KOLOM B
         4.13.1       “Jy wou met die Kaffer gaan trou”   A    Mama

         4.13.2       “Cause why, we waiting to die”      B    Mosie

         4.13.3       “As ek net my regte kan kry soos    C    pasbeampte
                      iemand anders.”

         4.13.4       “Ons wil jou Ciskei toe stuur, na   D    Hoedjie
                      jou skoonmense toe”

                                                          E    Jakkie
                                                                                  (4 x 1)    (4)

 4.14    4.14.1 Poppie het altyd haar kinders se opvoeding as ŉ prioriteit gestel.
                Gee TWEE bewyse in hierdie verband.                                          (2)

         4.14.2 Poppie voel ongelukkig dat sy sukkel om ŉ pas te kry, maar haar
                broers nie. Wat is dan die verskil?                                          (2)

 4.15    By wie het Poppie haar kinders in die Oos-Kaap agtergelaat toe sy terug
         Kaap toe is?                                                                        (1)

 4.16    Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf slegs die vraagnommer (4.16.1–4.16.3) en die antwoord neer.

                       vrouens; die polisie; die grootmense; bid; ouers; rou

         God het ons 4.16.1 ... se gebede verhoor. Die kinders het nie meer respek
         vir 4.16.2 ... nie, die kinders sê dis nou ŉ tyd van 4.16.3 ...                     (3)

 4.17    Watter lewensles kan ma’s van Poppie leer uit hierdie drama?                         (1)
                                                                                             [35]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.     Dan, skielik, en sonder twyfel, en sommer hier naby, brul ŉ leeu.
2.    daar is ŉ pouse, en dan ŉ katel wat kraak. Katrien se silhoeët word sigbaar
3.    waar sy vinnig voor die oop venster orent sit in haar bed.
4.    Die leeu brul weer. En Hendrik se katel kraak.

5.    KATRIEN: Hendrik ? Hoor jy dit?
6.    HENDRIK: Dit klink kompleet nes ŉ leeu!

7.    ŉ Vuurhoutjie kras en Hendrik steek ŉ kers op. Die leeu brul weer.

8.    HENDRIK: (kyk verbyster op na Katrien toe): Dis God weet ŉ leeu!

9.    Dis vroegdag. Die stasie en werf is net-net lig. Hendrik, in sy nagklere en
10.   spoorwegstewels, haelgeweer in die hande, kom onseker aangestap. Katrien
11.    in haar nagkabaai, reg agter hom. Klein Willem drie tree agter haar. Emma
12.   tien tree agter Willem. Hulle kom tot ŉ punt – dan steek Hendrik vas en die
13.    ander drie dam agter hom op. Daarna kom hulle tree vir tree nader. Maar soos
14.    slaapwandelaars. Soos mense wat ŉ ruimtetuig sien land en nou op die
15.    ding afstap.
16.   Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ŉ trein. Die trein staan op die
17.   syspoor. ’n Goederetrein. Vol dierehokke. Hokke met olifante, perde en leeus!
18.   Hendrik, Katrien en die twee kinders loop in ŉ dwaal van trok tot trok en
19.   verkyk hulle aan die gedoente. Daar is geen lokomotief nie.
20.   Eers ná die derde trok kry Hendrik ŉ paar woorde oor sy lippe. Hy praat die
21.   eerste sin sag, half met homself.

22. HENDRIK: Hulle sê my niks ... (Die tweede sin is effens harder, ŉ bietjie
23. vieserig, ŉ trok later.) Niemand het my niks gelaat weet nie ... (Die derde
24. sin nóg ŉ trok later, by die leeus, is driftig en vir wie ook al bedoel wat
25. binne hoorafstand is) ŉ Hele trein vol wilde ongediertes op mỳ stasie, en
26. ek weet verdomp niks!
                                                                            Bl.15 en 16

5.1    Watter atmosfeer word deur reël 1 geskep?                                          (1)

5.2    5.2.1   Watter letterkundige term (TWEE woorde) beskryf hierdie oomblik in
               die drama wat voor Hendrik afspeel?                                        (1)

       5.2.2   Waarom sê jy so?                                                           (1)

       5.2.3   Watter deurslaggewende rol het hierdie gebeurtenis in Hendrik en sy
               gesin se lewe gespeel?                                                     (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      17

5.3     Is dit die eerste keer dat Emma daardie oggend opstaan? Motiveer jou
        antwoord.                                                                          (1)

5.4     Waarom sou jy sê het die gesin genoeg rede gehad om op te staan? Gee
        TWEE redes.                                                                        (2)

5.5     Te midde van hierdie gebeurtenis staan Emma nie juis baie naby haar
        familie nie. Wat sê dit van die verhoudings in die gesin?                          (1)

5.6     “... maar soos slaapwandelaars ...” (reëls 13 en 14)

        5.6.1    Gee TWEE moontlike redes waarom die gesin soos
                 slaapwandelaars optree.                                                   (2)

        5.6.2    Watter beeldspraak word hier gebruik?                                     (1)

5.7     5.7.1    Waarom dink jy het Hendrik genoeg rede gehad om omgekrap te
                 voel?                                                                     (2)

        5.7.2    Wat was die trein se eintlike rede vir sy aankoms by Toorwater?           (1)

5.8     Emma en haar Pa het vroeg daardie oggend ŉ gesprek oor verhoudings met
        mans gehad.

        5.8.1    Wat was Hendrik se opinie oor Emma se probleem? Gee DRIE
                 feite.                                                                    (3)

        5.8.2    Wat was Emma se onmiddellike reaksie op haar pa se kommentaar?            (1)

5.9     5.9.1    Wat was die dokter se verklaring vir Willem se spraakprobleem?
                 GEE TWEE feite.                                                           (2)

        5.9.2    Watter gevolge het Willem se spraakprobleem vir hom by die skool
                 gehad?                                                                    (1)

        5.9.3    Hoe verskil Hendrik en Manuel se benadering tot Willem se
                 probleem?                                                                 (2)

5.10    Ma en dogter het ook nie juis ŉ goeie verhouding gehad nie. Sou jy Katrien
        blameer, vir dit waaroor Emma haar konfronteer en waarom sê jy so?                 (1)

5.11    Hoe het die verhouding tussen Hendrik en Katrien, Emma se verhouding met
        mans geaffekteer?                                                                  (2)

5.12    Nollie was nie juis beïndruk met Hendrik se inmenging in sy verhouding met
        Emma nie. Wat is ironies hieromtrent?                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2016)

 5.13   Kies die persoon uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die vraagnommer (5.13.1–5.13.4) en die letter (A–E) neer, bv.
        5.13.6 F.

                            KOLOM A                              KOLOM B
        5.13.1       “Wie het die wêreld vir jou gemaak, A    Katrien
                     Emma?”

        5.13.2       “Lyk my dis ŉ kwaal van die         B    Emma
                     McDonalds.”
                                                         C    Sakkie
        5.13.3       “Dis nie ek wat geskiet het nie.”

        5.13.4       “Weet julle van iemand wat in die   D    Nollie
                     skuur bly?”

                                                         E    Hendrik
                                                                                  (4 x 1)    (4)

 5.14   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
        Skryf slegs die vraagnommer (5.14.1–5.14.3) en die antwoord neer.

                      skuur; die nar; huis; Hendrik; Willem; die polisieman

        5.14.1 ... staan en kyk na die McDonalds-werf. Hy sien Nollie in die rigting
        van die 5.14.2 ... hardloop. Katrien staan by die wasgoeddraad en roep na
        5.14.3 … .                                                                           (3)
                                                                                            [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        19

 AFDELING C: KORTVERHAAL

 VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

 BEANTWOORD ALBEI KORTVERHALE

 AGTER ’N BAARD – HENNIE AUCKAMP

 Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS A

  1.    Tuis onttrek Deon hom aan Marina en Bennie. “Ek sal niks waardeer voor
  2.    ek my nie gereinig het nie, soos die Bybel sê. “Marina hoor hoe hy hom insluit
  3.    in die badkamer, maar voel nie geaffronteerd nie: Deon se badkameruur
  4.     is altyd sy eie. In elk geval het sy dinge om na om te sien: die ete; vars
  5.     blomme vir die tafel; Bennie se ete.
  6.    Iets bly haar kwel: die baard. Dis asof sy nie heeltemal tot Deon kan deur-
  7.    dring nie. Nuanses van kwesbaarheid en teerheid bly verskole agter sy
  8.    baard; deel van sy nuwe ervarings ook.
  9.    En sy het ŉ reg op sy belewenisse, want hoe anders kan sy hom troos?
  10.   Sy briewe was so weinigseggend. Daar was die “liewes”, van aanhef tot
  11.   slot, of die onverwagte poësie van: “Jou lyf is my sekuriteit”, maar van
  12.   oorlog het hy niks gerep nie. Instruksies, neem sy aan: “Moenie paniek
  13.   saai nie.” ŉ Paar van sy onskuldige briewe is selfs gesensureer.
  14.   Bennie begin vaak word; knies oor sy bord kos: “Wanneer kom Pappa?”
  15.   Sy is self haastig, want sy hoop dat die “reiniging” volkome gaan wees: ŉ
  16.   Deon sonder baard. Nooit, vandat sy hom ken, het hy ooit ŉ baard of
  17.   snor probeer kweek nie. Hy is nie die tipe nie; kwetsbaar, gevoelig, maar
  18.   óóp – dis sy styl.
                                                                                    Bl. 3

 6.1    “Deon se badkameruur is altyd sy eie.”

        Gee TWEE redes waarom jy sou sê dat Deon sy badkameruur hierdie keer
        meer sal geniet.                                                                     (2)

 6.2    “Ek sal niks waardeer voor ek my nie gereinig het nie ...” (reël 1)

        6.2.1    Noem DRIE dinge wat hy daardie aand regtig gaan waardeer.                   (3)

        6.2.2    Deon se “reiniging” was glad nie volkome nie, al het hy sy baard
                 afgeskeer. Waarom nie?                                                      (1)

 6.3    Waarvoor wag Bennie vir Deon om te doen?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2016)

 6.4 6.4.1     Op watter belewenisse van Deon voel Marina het sy die reg?                  (1)

      6.4.2    Waarom wou Deon glad nie sy belewenisse met haar deel nie?                  (1)

      6.4.3    Waarom vertel hy uiteindelik sy belewenisse aan haar?                       (1)

 6.5 6.5.1     Watter taktiek het Marina probeer om Deon oor te haal om sy
               belewenisse aan haar te vertel?                                             (1)

      6.5.2    Was dit die regte besluit om haar te vertel? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.                                                                   (1)

 6.6 Kies die ooreenstemmende reaksie in KOLOM B wat volg ná die aanhaling in
     KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer (6.6.1–6.6.4) en die letter
     (A–E) neer, bv. 6.6.7 G.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
      6.6.1    “Ek het gewerk aan dié baard.”          A      Jaloesie

      6.6.2    “... streel oor die blonde hare ...”    B      Afsondering

      6.6.3    “Hou nou op, Marina!”                   C      Verwyt

      6.6.4    Deon fluister by haar oor.              D      Ontwykend

                                                       E      Liefde
                                                                                 (4 x 1)   (4)

 6.7 Wat wil hierdie kortverhaal aan die leser oordra?                                     (2)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        21

 DIE PAKKIE – LEONARD KOZA

 Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

1.     Almal weet dat mev. Filander nie ŉ man of ŉ groot seun het nie. Sy is ŉ
2.     Rooms-Katoliek en maak vinnig die teken van die kruis en ruk dan die deur
3.     oop, enkele sekondes na die klop.
4.     “Dja Grootmeneer, wat is djou ding?” vra sy.
5.     Pang Doodmaak voel baie ongemaklik, aangesien hy verwag het dat die deur
6.     beantwoord sou word deur ŉ bang en bewerige persoon. Hy stel net belang
7.     om die pakkie te kry en hier loop hy hom nou vas in ŉ vrou wat nie ŉ bang
8.     haar op haar kop het nie, of so dink hy.
9.     In die tussentyd gebruik Esther die geleentheid om die pakkie deur haar
10.    kamervenster te slinger.
11.    Mev Filander kyk Pang Doodmaak stip in die oë en vra: “Djy lyk baie bekend,
12.    is djy nie Moena se klong nie?”
13.    Verbaas vra Pang Doodmaak: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?”
14.    Mevrou Filander kyk hom op en af. “Djou ma het net soe ŉ light complexion
15.     en blou oë soes djy, maa’ sy is ŉ baie goeie mens. Sy sal skrik as sy hoo’
16.     djy’s soe forceful by my huis.”
17.    Ewe skaam vra Pang Doodmaak weer: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?”
18.    “Ek het djou opgepas toe Moena blomme by die Grand Parade ve’koep het.
19.     Djou pa se naam was Boeta Allie vannie Constitutionstraat. Djy kyk ve’niet
20.    vi’ my soe skief aan, o’s kô a’mal uit die Ses uit. Djy was somme’ nog baie
21.    klein toe djou pa afstêwe.”

                                                                                    Bl. 139

 6.8 6.8.1      Watter kriminele aktiwiteit in ons samelewing word hier belig?                (1)

       6.8.2    Die karakters praat Kaaps en selfs bendetaal. Noem DRIE aspekte
                omtrent die karakters wat ons onmiddellik kan aflei.                          (3)

       6.8.3    Beskryf die innerlike tweestryd in Sally Filander toe sy die deur
                oopmaak.                                                                      (2)

       6.8.4    “... djou dom Jakkals”

                Beskryf die ironie in hierdie aanhaling.                                      (2)

 6.9 6.9.1      Watter bewys in dié kortverhaal bevestig dat die inhoud van die
                pakkie nie goed is vir jou gesondheid is nie?                                 (1)

       6.9.2    Gee TWEE bewyse dat die inhoud van die pakkie wel groot materiële
                voordele inhou.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2016)

6.10    Wat beteken dit “as ŉ mens ŉ sterk front opsit” soos mev. Filander hier
        probeer doen?                                                                       (1)

6.11    Hoekom kan Pang Doodmaak nie bekostig dat hy aan ŉ kriminele daad
        skuldig bevind word nie?                                                            (1)

6.12    Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
        Skryf slegs die vraagnommer (6.12.1– 6.12.3) en die antwoord neer.

            Motor; tande; huis; Slang; Pang Doodmaak; Mev. Filander; naels

        “6.12.1 ... kyk haar boos aan. O’s kan nooit o’sse valuebles hie’ los nie!” Hy
        byt op sy 6.12.2 ... terwyl hy na die 6.12.3 ... kyk.                               (3)

6.13    Dink jy Esther was reg deur nie die pakkie aan haar ma te gee nie? Gee ’n
        rede vir jou antwoord.                                                              (1)

                                                              TOTAAL AFDELING C:            35

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           23

 AFDELING D: GEDIGTE

 VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

 Beantwoord BEIDE gedigte.

 Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS A

 Wie’s hy? – Adam Small

 1.     Die poet,
 2.     wie’s hy?
 3.     Djulle het so baie bek oorie poet,
 4.     ma wie’s hy?
 5.     Is hy rêrag soes djulle dink
 6.     die ou moerie pen ennie ink
 7.     wat in sy study sit en poems dink?

 8.     Nai,
 9.     djulle's mistaken,
 10.    nie hy nie
 11.    ma djúlle is die poets,
 12.    djúlle wat innie straat loep
 13.    ennie gladde bek verkoep
 14.    ma die dinge sien
 15.    en soema net daa God tien hulle roep!

                                                                     [Uit: Sê sjibbolet, 1963]

7.1    Verduidelik die verskil tussen die stemming van die gedig en die toon van
       eintlike boodskap wat die digter wil oordra.                                              (2)

7.2    7.2.1    Wie is die “djulle” in strofe 1 met wie die spreker praat?                       (1)

       7.2.2    Waarom is dit gepas dat hierdie spreker Kaaps praat?                             (1)

7.3    7.3.1    Strofe 1 bestaan uit vrae. Is dit heeltemal korrek om dit as retoriese
                vrae te beskou? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                     (1)

       7.3.2    Waarom vra die spreker dan al hierdie vrae? Gee TWEE redes.                      (2)

7.4    7.4.1    Wat is volgens strofe 1 die sogenaamde “korrekte” siening oor wie die
                ware digters is?                                                                 (3)

       7.4.2    Watter TWEE opeenvolgende woorde in strofe 2 gee te kenne dat die
                siening in strofe 1 nie korrek is nie?                                           (1)

7.5    Waarom word die titel van die gedig soveel keer herhaal?                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2016)

 7.6    Kies die woord/term uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die vraagnommer (7.6.1–7.6.4) en die letter (A–E) neer, bv. 7.6.8 F.

                              KOLOM A                             KOLOM B
        7.6.1        “in sy study sit”                    A   herhaling

        7.6.2        “Nai”                                B   vrou

        7.6.3        “Wie’s hy?”                          C   bewondering

        7.6.4        “net daa God tien hulle roep”        D   alliterasie

                                                          E   teenstelling
                                                                                    (4 x 1)   (4)

 7.7    Watter vermoë het die man in die straat wat die sogenaamde tradisionele digter
        volgens die gedig nie noodwendig het nie wanneer hulle gedigte skryf?                 (1)

                                                     EN

 Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

 Kabouterliefde – Ingrid Jonker
 (Vir Simone)

  1.     Die kabouter met die rooi-rooi pet
  2.     die kabouter met die geel hemp aan
  3.     het sy hart gistraand vir my gegee
  4.     en sy hemp is vir die maan

  5.     Die hoepelronde blou-blou lug
  6.     het kadoemps op die grond geval
  7.     hy’t dit blink–blou in sy hand gerol
  8.     toe speel ons daarmee bal

  9.     Die sterre met hul wit ligte
  10.    het geknipoog toe ons lag
  11.    hul’t rondom ons in ŉ kring getrek
  12.    soos ŉ laer in die nag

  13.    Die aandblom het sy trom-trompet
  14.    geblaas in die warrelwindkring
  15.    die kalkoentjies met hul rooi mondjies
  16.    het die sprinkaan-wals gesing

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        25

17.     Die maan met sy geel lyfie
18.     het gaan plat lê op sy rug
19.     hy’t gaan slaap by die gousblomme
20.     met sy boepens in die lug

21.     Die kabouter met die rooi-rooi hart
22.     het dit self vir my gesê
23.     hy’t die aardbol oor sy kop gegooi
24.     o dis hier waar die liefde lê

                                                                     [Uit: Rook en oker, 1963]

7.8     Wat noem ons die vierreëlige versreëls in hierdie gedig?                                 (1)

7.9     Watter stylfiguur word gebruik by “gistraand” in strofe 1?                               (1)

7.10    Watter woord in strofe 1 bevestig die sprokiesagtige aard van hierdie gedig?             (1)

7.11    Haal TWEE klanknabootsende woorde uit die gedig aan.                                     (2)

7.12    Watter natuurelement veroorsaak dat die kalkoentjies die springkaanwals
        sing?                                                                                    (1)

7.13    Onmoontlike beelde soos die blou lug wat op die grond val en die kabouter
        wat met die aardbol speel, kom in die gedig voor. Waarom pas dit egter by
        hierdie gedig?                                                                           (2)

7.14    Op watter emosie van die kind sinspeel die deurlopende enjambemente in
        hierdie gedig?                                                                           (1)

7.15    Watter sintuig van die kind word die meeste in hierdie gedig ingespan?                   (1)

7.16    7.16.1        In strofe 1 gee die kabouter sy “rooi-rooi pet” aan die spreker, maar
                      in die laaste strofe gee hy sy “rooi-rooi hart”. Wat noem ons hierdie
                      stylfiguur?                                                                (1)

        7.16.2        Wat sê die kabouter dan nou uiteindelik daardeur aan die spreker?          (1)

7.17    Watter intensiewe vorm versterk die ronde vorm van die lug?                              (1)

7.18    Watter vorm neem die maan aan as hy met sy “boepens in die lug” gaan
        slaap volgens die gedig?                                                                 (1)

7.19    Watter voorbeeld van rym is “trom-trompet” in reël 13?                                   (1)

7.20    Waarom dink jy slaag hierdie gedig as ŉ volwasse liefdesverhaal?                         (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:             35
                                                                      GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preperatory-2016-possible-answers/8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
