# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept-2015/20b98b1f-f2f9-4d54-bdd1-b24ad6da42d2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept-2015/20b98b1f-f2f9-4d54-bdd1-b24ad6da42d2)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sept-2015/56963d94-f246-4ad0-863f-51877724f702) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2015

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                               *AFRFA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.     Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.     Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

       AFDELING A:      Roman         (35)
       AFDELING B:      Drama         (35)
       AFDELING C:      Kortverhale   (35)      Beantwoord AL TWEE kortverhale
                                                indien jy hierdie afdeling behandel het.
       AFDELING D:      Gedigte       (35)      Beantwoord AL TWEE gedigte indien
                                                jy hierdie afdeling behandel het.

4.     Kies die TWEE afdelings wat jy behandel het en dui die vraagnommers aan.

5.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.     Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

9.     Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees
       en nie in ŉ ander taal nie.

10.    Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om met jou keuses en die getal vrae te
       help.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om
 deur die hele vraestel te lees.

 AFDELING A: ROMAN
 VRAAG 1:    Kringe in ŉ Bos                             Kontekstuele vraag      35
                                                 OF
 VRAAG 2:             Die ongelooflike avonture van      Kontekstuele vraag
                                                                                 35
                      Hanna Hoekom
                                                 OF
 VRAAG 3:             Meeulanders                        Kontekstuele vraag      35

 AFDELING B: DRAMA
 VRAAG 4:    Poppie – die drama                          Kontekstuele vraag      35

 VRAAG 5:             Paljas                             Kontekstuele vraag      35
                                                OF
 AFDELING C: KORTVERHAAL                              Beantwoord albei kortverhale
 VRAAG 6.1:  Benedicta                                  Kontekstuele vraag       19
                                               EN
 VRAAG 6.2:           Astra Castra                       Kontekstuele vraag      16

 AFDELING D: GEDIGTE BEANTWOORD                       albei gedigte
 VRAAG 7.1:  Stad in die mis                                                     18
                                                      EN
 VRAAG 7.2:           Things that go bump in the night Kontekstuele vraag        17

 AFDELING                VRAAGNOMMERS                   VRAE BEANTWOORD        MERK
  A    Roman                    1–3                             1
                                               OF
  B       Drama                      4–5                          1
                                               OF
  C    Kortverhale                     6                          1
                                               OF
  D      Gedigte                       7                          1

 LET WEL:       Maak seker dat jy vrae uit TWEE verskillende afdelings beantwoord
                het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING A: ROMAN

 KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

 VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    1     Net oor MacDonald wou die bitterheid nie aldag bly lê nie.
    2     Aanvaar jou neerlaag, het hy homself die een oomblik kon
    3     paai, net om die volgende weer met al die ou magteloosheid te
    4     worstel.
    5     Kate.
    6     As die seer oor Kate net wou minder word!
    7     “Jy moet ŉ bietjie uitkom, Saul,” het die twee ou Muller-
    8     susters hom probeer oorreed. “Veral oor naweke. Die blaasor-
    9     kes speel môreaand op die plein; vat vir Martjie saam en dan
    10    gaan luister julle ook.”
    11    Martjie was die ou dames se broerskind; ŉ mooi rooiwang-
    12    meisie met ŉ ronde lyfie. Hoe kon hy vir hulle sê: Wag net ŉ
    13    rukkie, gee my langer kans ... Ek sal later konserte toe gaan,
    14    na die blaasorkes gaan luister, weer gaan dans. ŉ Martjie soek
    15    om die wonde te help genees. Later!
    16    Oor een ding het hy nie meer getwyfel nie; hout is in sy
    17    bloed. Elke stoel, tafeltjie of wat hy ook al klaarkry en neersit,
    18    het ŉ ongekende genot in sy lyf laat kom. Soos die maande
    19    verbygegaan het, het ou Abraham hom selfs met die stinkhout
    20    begin vertrou, en toe sy eerste riempiesmat-leunstoel met die
    21    boogpote die dag staan, het die ou die tante geroep om te kom
    22    kyk.

                                                                       Bl. 272

 1.1     Wie is Kate se pa?                                                                   (1)

 1.2     In Swellendam het Saul ŉ verhouding met Martjie aangeknoop.

         1.2.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?

         1.2.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.2.1.                                        (1)

 1.3     Wat was die verhouding tussen Kate en Saul?                                          (1)

 1.4     Waar en wanneer het Kate en Saul mekaar goed leer ken?                               (2)

 1.5     Waarom wou die seer oor Kate nie minder word nie?                                    (1)

 1.6     Verduidelik wat die vernaamste rede was waarom Saul en Kate se
         verhouding nie kon staande bly nie.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   5

 1.7    Dink jy dat MacDonald se optrede teenoor Kate en Saul regverdig was?
        Motiveer jou antwoord.                                                            (1)

 1.8    Waarmee het MacDonald vir Saul gedreig as hy weer met Kate in
        aanraking sou kom?                                                                (1)

 1.9    Wat het Saul oor homself uitgevind in die tyd wat hy by oom Abraham
        gewerk het?                                                                       (1)

 1.10   Saul dra ŉ jarelange bitterheid teenoor MacDonald in hom rond. Noem
        DRIE redes waarom Saul so verbitterd is.                                          (3)

 1.11   Dink jy Saul se bitterheid teenoor MacDonald is aanvaarbaar? Motiveer
        jou antwoord.                                                                     (1)

 1.12   Kies uit KOLOM B die korrekte antwoord om by die sin of frase in
        KOLOM A te pas. Skryf net die vraagnommer (1.12.1–1.12.4) en die
        letter (A–F) neer.

                            KOLOM A                            KOLOM B
        1.12.1        Houtkoper in die Kaap            A    Beth

        1.12.2        Leer hom alles van               B    Anneries
                      meubelmakery

        1.12.3        Sê vir Saul dat Kate met James   C    Charles Gray
                      Stewart uitgaan

        1.12.4        Hy bied vir Saul sewe erwe in    D    Martjie
                      Meulbosdorp aan

                                                       E    MacDonald

                                                       F    Abraham                       (4)

 1.13   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
        Skryf slegs die vraagnommer (1.13.1–1.13.3) en die antwoord neer.

                         broers; see; konsert; derde; tweede; susters

        Hy het die twee ou Muller- (1.13.1 ...) hul sin gegee en Martjie ŉ paar keer
        saamgeneem kerk toe en een keer (1.13.2 ...) toe ook. Maar Martjie se
        oё was ná die eerste keer alte blink na sy sin en niks wou vir haar in hóm
        roer nie. Ná die (1.13.3 ...) keer dat hulle saam uit was, het hy dit reguit
        vir Martjie gesê ...                                                              (3)

 1.14   In hom was ŉ onwrikbare klarigheid waaroor hy nie meer beheer gehad
        het nie: hy gaan terug Knysna toe.

        Verduidelik hoe hierdie gedagte verband hou met die tema van die roman.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.15   Saul kry soveel teenkanting dat hy besluit om Knysna (die Bos) nou finaal
        te verlaat.

        Wat sou jy gedoen het as jy in dieselfde situasie as Saul was?                    (2)

 1.16   Saul verlaat die Pictor en gaan terug na die Bos. Gee TWEE redes wat
        aanleiding daartoe gegee het.                                                     (2)

 1.17   Dink jy Maska het woord gehou om te keer dat Freek Terblans vir Oupoot
        skiet? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                               (2)

 1.18   Waarom dink jy het Oupoot vir Saul tot in Meulbos gelok?                          (1)

 1.19   “As Oupoot my dierbroer was, is jy my hartbroer.”

        Wat sê hierdie aanhaling vir ons van die verhouding tussen Saul en Maska?         (2)

 1.20   Watter soort verteller tref ons in hierdie verhaal aan?                           (1)

 1.21   Verduidelik hoe die titel, Kringe in ŉ Bos, met die hoofgedagte/tema van die
        verhaal verband hou.                                                              (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der
 Vywer

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        “Ek het gewéét dit gaan gebeur. Ek is die enigste een in hierdie
 2        gesin wat ooit ... ”
 3        “Ek weet,” knip sy my kort. “Jy’s die enigste een wat ooit betyds
 4        klaar is vir enigiets, dis dié dat ek jou vra om te help. Die res skar-
 5        rel soos afkophoenders rond. Amos soek sy boeke en Tibo kry nie
 6        ŉ enkele sokkie wat by enige ander sokkie pas nie en Yann …”
 7        “Ons is op pad na die gramadoelas,” mompel ek. “Wie dink
 8        Tibo gaan omgee as hy onpaar sokkies dra?”
 9        Maar ek ken klaar die antwoord.
 10       “Jy ken vir Tibo.”
 11        Ek ken vir Tibo. Sy kamer lyk miskien soos ŉ hoenderhok,
 12       maar hy’s nogal ŉ netjiese kuiken as dit by klere kom. Die vere
 13       maak die voёl, glo hy. Hy sal nie eens vir een van sy Action Men
 14       ŉ onpaar sokkies aantrek nie.
 15       “En Yann is briesend oor sy Marilyn Manson-CD verdwyn het,”
 16       gaan Mana aan. “Hy dink dis sy pa wat dit weggesteek het. Nie
 17       dat ek sy pa sou kwalik neem nie. As ons drie weke lank na
 18       Marilyn Manson moet luister …” En nou het Pampoen en Patat ook nog
 19       verdwyn. Moet die geskarrel in die huis wees wat hulle laat vlug
 20       het.”
 21       Slim honde, dink ek. Dis wat ék ook moes gedoen het.
 22       “Seker bang hulle word in die agterplaas toegesluit,” sug Mana.
 23       “Niemand het vir hulle verduidelik hulle gaan saam nie.”
 24       “Miskien is dít juis waarvoor hulle bang is. Miskien is hulle ook
 25       nie lus vir hierdie wittebrood nie.”
                                                                               Bl. 34

 2.1    Wie is hier in reël 3 aan die woord?                                              (1)

 2.2    Met wie praat die persoon?                                                        (1)

 2.3    Waarvoor is hulle besig om gereed te maak?                                        (1)

 2.4    Wie is Yann se pa?                                                                (1)

 2.5    Kies die regte woord tussen hakies.
        Die gesin gaan vakansie hou op (Botterberg/Blouberg/Bitterberg).                  (1)

 2.6    Die kinders sien baie uit na die vakansie op die berg.

        2.6.1     Sê of bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR is.

        2.6.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.6.1 met ŉ aanhaling uit die
                  leesstuk.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2       (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.7    Kies die korrekte antwoord.

        In hierdie verhaal kom daar ŉ (eerstepersoonsverteller/derde
        persoonsverteller/alomteenwoordige verteller) voor.                              (1)

 2.8    Wie is die verteller in hierdie verhaal?                                         (1)

 2.9    “Die laaste halfuur was ŉ ander soort nagmerrie.”
        Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
        die antwoord neer. Nagmerrie in die uittreksel beteken (ŉ nare
        ondervinding/ŉ nare droom).                                                      (1)

 2.10   Verduidelik in jou eie woorde waarom Hanna nie normale ouers gehad het
        nie.                                                                             (2)

 2.11   Dink jy dit is aanvaarbaar dat Hanna kwaad is omdat Tibo en Amos haar
        gedig gelees het? Motiveer jou antwoord.                                         (1)

 2.12   Kies die KORREKTE antwoord uit KOLOM B wat by die sin of frase in
        KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (2.12.1–2.12.4) en die letter
        (A–E) neer.

                           KOLOM A                             KOLOM B
        2.12.1     Sy was voorheen ŉ verpleegster       A     Sharon

        2.12.2     Sy gaan ŉ baba kry                   B     Hanna

        2.12.3     Sy het perfekte tande                C     Margot

        2.12.4     Sy het lang swart hare               D     Mana

                                                        E     Fabienne                   (4)

 2.13   Vergelyk Tibo en Amos se siening oor Margot.                                     (2)

 2.14   Dink jy Mana se houding teenoor Margot is regverdig of aanvaarbaar omdat
        sy nie haar haardroёr kan gebruik nie? Motiveer jou antwoord.                    (1)

 2.15   Verduidelik waarom jy dink Tibo van Margot hou.                                  (1)

 2.16   Op watter TWEE maniere het Sharon se voorkoms van Hanna s’n verskil?             (2)

 2.17   Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
        vraagnommer (2.17) en die letter (A–D) neer.

        Elke jaar met haar verjaarsdag kry Hanna ŉ … van Mana, maar hierdie jaar
        gee Mana vir haar lekker ruikgoed.

        A        grimeerstel
        B        boek
        C        ring
        D        trui                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     9

 2.18   Waarom was Hanna so verras deur Yann se geskenk?                                (1)

 2.19   Verduidelik waarom Hanna so verras was dat sy hierdie jaar so baie
        geskenke gekry het.                                                             (1)

 2.20   Wat dink jy was die rede waarom Margot ŉ naelknipper wou leen?                  (1)

 2.21   Wat openbaar Margot se karakter aan ons deurdat sy haar naels afsny?            (1)

 2.22   Verduidelik waarom Hanna uit die kamer gevlug het, toe Mana so tydens
        die baba se geboorte geskree het.                                               (1)

 2.23   Wat was die rede waarom Sharon nie omgegee het dat sy nie saam met
        haar ouers met die helikopter kon huis toe gaan nie?                            (1)

 2.24   Waarom was Tibo so verskriklik teleurgesteld dat sy Tarotkaarte toe nooit
        gelees is nie?                                                                  (1)

 2.25   Het jy simpatie met Tibo omdat sy Tarotkaarte nie gelees is nie? Motiveer
        jou antwoord.                                                                   (2)

 2.26   Hoekom dink jy glo Yann nie sy ma as sy sê dat sy vir ŉ naweek Kaap toe
        kom nie?                                                                        (1)

 2.27   Verduidelik in jou eie woorde watter les Hanna tydens die vakansie op die
        berg oor haarself geleer het.                                                   (2)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 MEEULANDERS – Esta Steyn

 Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel ge-
 2      staan. Sy was besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie
 3      toe te pas. Sy’t orent gekom. Ag nee! Ag … Here, nee!
 4      Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob
 5      gekyk waar hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oё het van
 6      die ergste vertel. “Jacob …”
 7      Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die
 8      koppie afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen
 9      die mondjie gedruk en sy kop geskud.
 10     En toe het Kinnie se kind ŉ skree-geluidjie in die bruin sak gegee.
 11     Daar was meteens ŉ heilige stilte tussen die drie mense in die kom-
 12     buis op Meeuland.
 13     Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die
 14     een het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of
 15     papier. En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik
 16     sou vir Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek
        het,
 17     het Jacob ŉ kissie gemaak. Ons het Elsabet se babatjie gaan begrawe met
        sonsopkoms.
 18     Die storm het stil geword. Daar was swartrugmeeue teen die
        oggendhemel.
 19     Ek het van ŉ afstand af staan en kyk hoe Jannerik die gat spit by die oor-
 20     hangende rots ver van die huis af. En toe Jacob die kissie neerlê. En
        biddend in die hemel opkyk.
                                                                     Bl. 70 & 71

 3.1   Verduidelik volledig hoekom Jacob nie die wal kon kontak om te kom help toe
       Elsabet daardie nag kraam nie. (Gee 3 feite)                                      (3)

 3.2   Watter twee babatjies was in die kombuis?                                         (2)

 3.3   Wat dink jy was Jannerik se verhouding/verwantskap met die babatjie in die
       bruin sak?                                                                        (1)

 3.4   Hoe dink jy watter groot besluit het die drie mense in die kombuis geneem?        (2)

 3.5   Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken om kontrak te teken sonder pen
       of papier.                                                                        (2)

 3.6   Waarom dink jy sou Ryna se lewe vir ewig aan die mense van Meeuland
       verbind wees?                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 11
 3.7     Wat noem Jacob en Elsabet hulle dogtertjie?                                      (1)

 3.8     Ousanna maak voorspellings oor karakters in die roman. Pas die name van
         die karakters in KOLOM B by die voorspellings in KOLOM A. Skryf net die
         vraagnommer (3.8.1–3.8.4) en die letter (A–E) neer.

                             KOLOM A                              KOLOM B
         3.8.1        ŉ Pyl het haar deurboor. Ek sê     A    Ryna
                      jou ŉ pyl wat nog baie mense
                      gaan seermaak.

         3.8.2        “Kinnie … die kind …”              B    Jacob

         3.8.3        Sy siel sal nie rus nie, want hy   C    Janka
                      het bloed op sy hande.

         3.8.4        “Jy moet vir hom wag, my kind.     D    Fred
                      Daar is ŉ swart rivier. Dit
                      kronkel deur julle lewens. Julle
                      moet eers daardeur kom”.

                                                         E    Sheila                      (4)

 3.9     Ryna moes alleen sukkel om haar huisie bewoonbaar te maak.

         3.9.1        Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?

         3.9.2        Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.9.1.                               (1)

 3.10    Gee DRIE redes waarom Ryna probeer het om haar lewe op Meeuland oor
         te maak.                                                                         (3)

 3.11    Elsabet besluit om die eiland te verlaat en van Jacob te skei. Was Elsabet
         se handeling regverdig of aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord.                    (2)

 3.12    Simpatiseer jy met Elsabet? Wat sou jy doen indien jy in dieselfde situasie
         was?                                                                             (2)

 3.13    Voltooi die volgende paragraaf. Vul net die ontbrekende woorde in. Kies
         die antwoorde uit die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer (3.13.1–
         3.13.3) en die antwoord neer.

                        Emily; Tamara; Donovan; Bernard; Janka; Elsabet                   (3)

         Janka klim voetjie vir voetjie teen die trap op agter 3.13.1 … aan. Meteens
         spring 3.13.2 … agter die trapreling uit met ŉ aaklige monstermombakkies
         op sy gesig. 3.13.3 … begin angstig huil.

 3.14    Albei Fred Blankenberg se vroue (Sheila en Elsabet) is op onnatuurlike
         wyses dood. Wat dink jy was die gemeenskaplike rede vir hul vroegtydige
         dood?                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2         (EC/SEPTEMBER 2015)

 3.15   Verduidelik waarom die mense van Meeuland Kersfees wou vier met ŉ
        Kersboom, presente en Kersvader.                                               (1)

 3.16   Verduidelik waarom Janka geskiet is.                                           (2)

 3.17   Waarom dink jy kan Ryna vir Jacob bystaan in sy hartseer nadat Janka
        geskiet is? Motiveer jou antwoord.                                             (2)

 3.18   Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.18) en die
        letter (A–D) neer.

        Watter sintuig word in reëls 1, 2, 3, 13 en 14 gebruik?

        A    hoor
        B    voel
        C    smaak
        D    sig
        E    reuk                                                                      (1)
                                                                                      [35]

                                                            TOTAAL AFDELING A:         35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       13

 AFDELING B: DRAMA

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

 1      MOSIE. Poppie is met die trein na Herschel om die meisie
 2      kinders na Stone se ouers op die land te neem, en toe is sy
 3      verder na Mdantsane om die huis te verhuur en te reёl dat
 4      Bonsile by die huismense inwoon. En daar was nog iets waar-
 5      oor sy met hom moes praat.
 6      POPPIE. Bonsile, jy moet die kind na my laat bring wat gebore
 7      is toe ons in die Kaap was vir die begrafnis. Dis bloed van my
 8      bloed en ek het die kind nog nie gesien nie. (Hulle bring ŉ
 9      bondeltjie. Sy neem dit in haar arms en kyk lank daarna.) Die
 10     onderhoud van die kind sal ek ook op my skouers moet
 11     neem, maar hieroor kla ek nie. Oor die kind is ek bly. (Poppie
 12     begin geld uit haar handsak haal.)
 13     MOSIE. Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma
 14     van die kind gegee en toe Kaap toe vertrek.
 15     MAMA. Sy is siek. Sy het baie swaar gehad. Die dinge was te veel
 16     vir haar. Sy lê net en sien niemand raak nie.
 17     MOSIE. Ons sisi is siek. Ek dink sy voel nou eers ons swaertjie
 18     se dood.
 19     MAMA. Die dinge is te veel vir haar.
 20     JAKKIE. Poppie het ŉ week gelê, en toe het sy opgestaan.
 21     POPPIE. Ek moet gaan werk. Die kinders het kos en geld nodig.
 22     PLANK. Sy het werk gekry by Mrs. Swanepoel. Die vrou wat
 23     haar soontoe geneem het, het twaalf jaar by Mrs. Swanepoel
 24     gewerk en sy moes haar bene vir spatare laat sny. Sy’t gesê:
 25     Kom saam en hou my werk vir die maand wat ek in die hos-
 26     pitaal is.
 27     MRS. SWANEPOEL. Ek sal jou dertig rand in die maand be-
 28     taal, Rachel.
 29     POPPIE. Dan sal ek maar tot Vrydag toe vir die miesies kan
 30     uithelp, want ek kan nie vir dertig rand in die maand werk nie
 31     ... ek het vyf kinders en dit kos geld om hulle te onderhou.
                                                                         Bl. 50 en 51

 4.1    Waar het Poppie se skoonouers gewoon?                                               (1)

 4.2    Waar wou Poppie hê moes Bonsile sy skoolloopbaan voltooi?                           (1)

 4.3    Watter kind moet Bonsile vir Poppie bring?                                          (1)

 4.4    Poppie weier om vir die jong ma geld te gee en stuur haar weg.

        4.4.1    Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?

        4.4.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1 met ŉ aanhaling uit die
                 uittreksel.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2         (EC/SEPTEMBER 2015)

 4.5    Noem DRIE redes waarom jy dink dat Poppie siek geword het.                        (3)

 4.6    Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi.                                 (1)

        Poppie is die (antagonis/protagonis) in die drama.

 4.7    Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
        (4.7.1–4.7.2) en die antwoord neer.                                               (2)

        Poppie besluit dat 4.7.1 (Fezile/Vukile) by Mosie en Rhoda moes kom bly
        en dat 4.7.2 (Kindjie/Katie) die skool moes los om na hom te kyk.

 4.8    Pas die naam in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die
        vraagnommer (4.8.1–4.8.4) en die letter (A–E) neer.

                            KOLOM A                            KOLOM B
        4.8.1        Het skool gelos om soms na         A    Kindjie
                     Poppie se kinders te kyk

        4.8.2        Is met ŉ tafeldoek toegegooi       B    Plank

        4.8.3        Kinders slaan hom by die           C    Katie
                     hoenderhok

        4.8.4        Hy is ŉ groot bekommernis vir sy   D    Constance
                     ma

                                                        E    Jakkie                       (4)

 4.9    Waarom dink jy voel Poppie soos ŉ ma vir haar broer, Jakkie?                      (2)

 4.10   Wat openbaar Poppie se karakter vir ons oor al die reёlings wat sy vir haar
        kinders tref?                                                                     (1)

 4.11   Dink jy Poppie het reg opgetree om nie haar kinders by haar in die Kaap te
        laat bly nie? Motiveer jou antwoord.                                              (2)

 4.12   Waarom dink jy het Poppie Vukile laat Kaap toe kom? Gee ŉ rede vir jou
        antwoord.                                                                         (2)

 4.13   Noem TWEE dinge wat die kinders met die grootmense, wat hulle
        voorgekeer het, gedoen het as hulle na drank geruik het.                          (2)

 4.14   Verduidelik waar Plank twee keer geslaan is, en deur wie hy geslaan is.           (2)

 4.15   Die polisie het vir Bonsile en Nomvula gevang om hulle uit te vra oor
        Jakkie. Was die polisie se optrede na jou mening aanvaarbaar? Motiveer
        jou antwoord.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     15

 4.16   Waarom was die kinders so teen die migrants gekant?                               (2)

 4.17   Waarom dink jy die polisie die migrants tydens die 1976-onluste
        ondersteun?                                                                       (2)

 4.18   Gee TWEE redes waarom Poppie gevoel het dat dit nie werklik gehelp het
        om haar kinders van die moeilikheid in die Kaap weg te hou nie.                   (2)

 4.19   Poppie sê aan die einde van die drama: “En as my kinders in die ding
        gesleep moes word, dan is dit waartoe hulle gebore is. En wie kan uit hulle
        pad neem dit waarvoor hulle gebore is?”

        Verduidelik wat Poppie hiermee bedoel het.                                       (2)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 PALJAS – Chris Barnard

 Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      HENDRIK (kom nou ook by; tot Bertie, wat nog doodstil lê):
 2      Klein vuilis. Hy neuk al van gister af. (Hy gee ŉ tree nader.)
 3      As julle my nie keer nie, bliksem ek hom ok.
 4      Niemand keer hom nie – en wanneer hy omkyk, sien
        hy Nollie en Emma stap al dóér. Hy sit hulle agterna.
 5      Katrien, Nollie en Emma op die huis se voorstoep. Die
 6      grammofoon staan op die stoepmuurtjie en speel.
 7      Katrien is besig om Nollie se nerf-af kneukels met dettol
 8      te was. Emma hou die skottel met lou water vas.
 9      Klein Willem sit wydsbeen op die ander end van die
 10     stoepmuurtjie met sy rug na hulle toe. Hy is besig met
 11     iets.
 12     HENDRIK: Donderdag ofte not – vandag vat ons ŉ knertsie.
 13     Wat sê jy, Nollie? (Hy lag.) As jy nou wou gesien het hoe lyk
 14     ŉ ou wat gefoeter is, dan moes jy daardie sirkusapie gesien
 15     het netnou.
 16     KATRIEN: Wag, hier by jou oog is dit ook stukkend.
 17     NOLLIE: Nee wat, dis niks, tannie. (Hy keer.)
 18     HENDRIK: Dis net woep-wap, toe lê hy en skop soos ŉ
 19     afkophoender.
 20     KATRIEN: Hou stil. Dit bloei.
 21     Hendrik skink die bottel se doppie vol en gooi in sy
 22     glas; dieselfde in Nollie se glas.
                                                                         Bl. 26 en 27

 5.1    Wie is Bertie?                                                                     (1)

 5.2    Waarom is Nollie se kneukels nerf-af?                                              (1)

 5.3    Benoem die stylfiguur in “dis net woep-wap” (reël 18).                             (1)

 5.4    Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
        (5.4) en die antwoord neer.

        Die sirkustrein was op pad na (Toorwater/Uniondale/Oudtshoorn).                    (1)

 5.5    Emma wil nie haar ma help met Nollie se seerplekke nie.

        5.5.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?
        5.5.2   Motiveer jou antwoord deur EEN reël uit die leesstuk aan te haal.          (1)

 5.6    Wat is Hendrik se grootste vrees oor Emma?                                         (1)

 5.7    Wat dink jy is die probleem wat Nollie met Hendrik het?                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    17

 5.8    Kies die KORREKTE antwoord om te sê wat die sin beteken. Skryf slegs
        die vraagnommer (5.8) en die letter (A–D) neer.

        Hy neuk al van gister af.

        A      Hy het vrede gesoek.
        B      Hy het moeilikheid gesoek.
        C      Hy het simpatie gesoek.
        D      Hy het liefde gesoek.                                                       (1)

 5.9    Verduidelik waarom dit Hendrik so ontstel het toe hy die sirkustrein op sy
        stasie sien?                                                                       (2)

 5.10   Waarom dink jy was Hendrik so bekommerd oor die voorval tussen Bertie
        en Emma?                                                                           (1)

 5.11   Stem jy saam dat Nollie graag by Hendrik kuier om na plate te luister?
        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                       (1)

 5.12   Wie is Manuel?                                                                     (1)

 5.13   Met wie het Manuel vriende gemaak?                                                 (1)

 5.14   Waar het Willem en Manuel se vriendskap begin?                                     (1)

 5.15   Vergelyk Hendrik en Manuel se optrede teenoor Willem.                              (2)

 5.16   Waarom was Willem so hartseer toe die sirkustrein weg is?                          (1)

 5.17   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
        Skryf net die vraagnommer (5.17.1–5.17.3) en die antwoord neer.

                      koringland; lusernland; blou; wit; sweetpak; narrepak

        Langs die pas gestroopte 5.17.1 ... sien Willem ŉ 5.17.2 ... balletjie bokant
        die koringbaal uitwip. Dan verskyn verskeie kleure balletjies en dan
        verskyn die nar in sy 5.17.3 ...                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2015)

 5.18   Pas die reaksies in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die
        vraagnommer (5.8.1–5.8.4) en die letter (A–E) neer.

                        KOLOM A                               KOLOM B
        5.18.1       Manuel besoek die kerk.       A   Manuel hardloop uit die kerk,
                                                       want dominee het gesê Jan
                                                       Mol moet hom vang.

        5.18.2       Manuel word geskiet.          B   Manuel en Willem bring tyd in
                                                       die veld deur.

        5.18.3       Jan Mol herken vir Manuel.    C   Willem wil weet of dit sonde is
                                                       om jou gesig te verf.

        5.18.4       Die motor trek ruk-ruk daar   D   Die dorpenaars gaan soek vir
                     weg.                              Manuel by die McDonalds.

                                                   E   Hendrik vlieg tussen die spul in
                                                       om die belhamel te vind.

                                                   F   Jan Mol en ŉ paar knape gooi
                                                       klippe daarna.                        (4)

 5.19   Wanneer het die dominee se besoek plaasgevind?                                       (1)

 5.20   Wat dink jy is die dominee se plig waarvan hy die hele tyd melding maak?             (1)

 5.21   Watter emosie ervaar Hendrik na hy vir die dominee sê dat hy hom nie
        kans gee om iets te sê nie?                                                          (1)

 5.22   Watter karaktereienskap dink jy beskryf die dominee die beste?                       (1)

 5.23   Stem jy saam met Jan Mol dat hulle maar vir Manuel kan skiet, net omdat
        die predikant aan hulle kant is?                                                     (1)

 5.24   Vertel in EEN sin wat die gevolg was van Manuel se kennismaking en
        verblyf by die McDonaldgesin.                                                        (1)

 5.25   Wat dink jy sou die rede wees waarom Jan Mol vir Manuel geskiet het?                 (1)

 5.26   Manuel besluit om terug na die sirkus te gaan.

        Noem TWEE dinge wat jy sou doen as jy in Manuel se situasie was.                     (2)

 5.27   Om watter rede dink jy gee Manuel sy konsertina vir Willem?                          (1)
                                                                                            [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             35

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       19

 AFDELING C: KORTVERHAAL

 VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

 VRAAG 6.1

 BENEDICTA – Margaret Bakkes

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      By Ultra City buite Middelburg vra ek dat ons stilhou. Ek klim stram uit die
 2      bakkie, kyk ge-disoriёnteerd rond om die toilet te soek. Die plek is verlate,
 3      sonder ŉ mens of motor. Uit ŉ glashok beduie ŉ swart vrou vir my die
 4       rigting.
 5      Dis terwyl ek staan en hande was dat die verskrikking en die vrees en die
 6      verlatenheid op my toeslaan. Die trane wat ek heelpad probeer terughou
 7       om my oudste kind se onthalwe (hy hanteer rou emosie moeilik, veral by
 8       sy ma), spat uit my oё en ek huil soos een wat baie seer het en weet dat
 9       hy alleen huil.
 10     Sodat ek nie die persoon sien wat om die hoek verskyn en ontsteld na my
 11     kyk nie. Die swart vrou van die glashok slaan haar arm om my.
 12     “What is wrong? Why are you crying so terribly?”
 13     Ek probeer myself bymekaarvat. “Don’t worry, I’ll be all right.”
 14     “You must tell me.”
 15     “I have had bad news. My son has been attacked by a crocodile. He is in
 16     hospital in Nelspruit.
 17     I am on my way to him.”
 18     Deur trane wat opnuut spat, sien ek die afgryse en die ongeloof. Onthou
 19     dat ŉ krokodil vir ŉ swart mens ŉ gruwel is.
 20     “Oh my God, how terrible. Here have a smoke.” Sy pluk ŉ verfrommelde
 21     pakkie sigarette uit haar sak.
                                                                                 Bl. 27

 6.1    6.1.1 Waarom vra die spreker om by die Ultra City stil te hou?                       (1)

        6.1.2 Die spreker wou by die Ultra City stilhou omdat sy ŉ nood gehad
              het. Is hierdie stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.                (2)

        6.1.3 Wat is die vrou in die glashok se naam?                                        (1)

        6.1.4 Waarom het die vrou in die glashok moeite gedoen om die verteller
              te vertroos en op watter manier doen sy dit?                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2015)

        6.1.5        Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net
                     die vraagnommer (6.1.5) en die letter (A–D) neer.

                     Die verhaal word aangebied deur ŉ … verteller.

                     A    eerstepersoon
                     B    interne
                     C    alomteenwoordige
                     D    derdepersoon                                                         (1)

        6.1.6        Kies uit KOLOM B die korrekte naam wat by die beskrywing in
                     KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (6.1.6.1–6.1.6.4)
                     en die letter (A–E) neer.

                                  KOLOM A                           KOLOM B
                     6.1.6.1   Die spreker se oudste        A      Phillios
                               seun

                     6.1.6.2   Die spreker se skoonseun     B      Thabo

                     6.1.6.3   Die spreker se beseerde      C      Hannes
                               seun

                     6.1.6.4   Die skut                     D      Christiaan

                                                            E      Francois                    (4)

        6.1.7        Verduidelik wat Benedicta gedoen of gesê het wat bygedra het
                     om die spreker se vrees te laat verminder.                                (2)

        6.1.8        Is die titel binne die konteks van die verhaal gepas? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                 (2)

        6.1.9        Noem TWEE moontlik redes waarom jy dink die spreker se
                     dogter by die huis bly en nie saam met hulle ry nie.                      (2)

        6.1.10       Dink jy Benedicta se optrede is ŉ voorbeeld vir almal van ons?
                     Motiveer jou antwoord.                                                    (1)
                                                                                              [18]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        21

 VRAAG 6.2

 ASTRA CASTRA – Dot Serfontein

 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1      “Toe nou,” sê Eben Bester, “hulle wil begin.” Hy kyk na Ettie, sien die skrik in
 2      haar oё. Sy is te jonk. Vir enigiets, dink hy vererg. Sy koue, blou oё vat haar
 3      verwarde denke vas: kom nou! Dan verander sy stemtoon. Hy boots die
 4      skoolhoof na: “Onthou, my dogter, astra castra, numen lumen, reik na die
 5      kroon. Haal diep asem en moenie rondvroetel by die wegspring-
 6      blokke nie.” Sy lag. Die dodelike klem in haar maag is los en sy is gereed.
 7      “Op julle plekke!” sê die groot man met die swart snor. En Ettie sak saam
 8      met vyf ander in die wegspringblokke neer. Sy skarrel ŉ oomblik met haar
 9      spykerskoene rond na vastigheid. Sy voel, eerder as wat sy sien, die
 10     waarskuwende afkeuring in Bester se gesig waar hy teen die tralies leun, en
 11     sy verstyf gehoorsaam in haar spore. Langs haar aan die ander kant sak die
 12     drie vingers van die Suid-Afrikaanse senior naelloopkampioen, Hanna
 13     Dewalt, met geoefende sekerheid neer. Die afsitter lig sy pistool. “Gereed!”
 14     Drie sekondes waarin die groot pawiljoen met sy honderde toeskouers
 15     dodelik stil word, waarin die wit strepe soos weerligstrale weerskante
 16     van die naellopers uitskiet en hul hele gewig met elke greintjie wilskrag in
 17     hul vingerpunte vorentoe gegooi is. Die skoot knal! Die ses naellopers in die
 18     honderd meter ope ruk orent uit die blokke en die geskreeu van die
 19     toeskouers breek soos water uit sluise.
                                                                                   Bl. 194

 6.2    6.2.1    Aan watter item neem die atlete deel?                                       (1)

        6.2.2    Wie is die Suid-Afrikaanse senior naelloopkampioen?                         (1)

        6.2.3    Kies die KORREKTE antwoorde tussen hakies om die sin te voltooi.
                 Skryf net die vraagnommers (6.2.3.1–6.2.3.3) en die antwoorde
                 neer.

                 Eben Bester is Ettie se (6.2.3.1) (netbalafrigter/atletiekafrigter). Hy
                 plaas baie (6.2.3.2) (krag/druk) op haar om te (6.2.3.3)
                 (verloor/presteer.)                                                         (3)

        6.2.4    Haal ŉ frase aan uit die leesstuk (reël 1–5) wat ŉ bewys is dat
                 meneer Bester soms ŉ onpersoonlike voorkoms kan hê.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2015)

        6.2.5        Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer
                     (6.2.5) en die letter (A–D) neer.

                     Sê watter EEN van die volgende beskrywings die beste by Ettie se
                     gevoel teenoor Eben Bester pas.

                     A    bang
                     B    verlief
                     C    haat
                     D    bewondering                                                            (1)

        6.2.6        Gee TWEE redes waarom Ettie nie die seunskoshuisdans bywoon
                     nie.                                                                        (2)

        6.2.7        Verduidelik watter reёlings Eben Bester vir Ettie tref terwyl sy vir
                     die groot kampioenskap voorberei.                                           (2)

        6.2.8        Dink jy meneer Bester tree regverdig teenoor Ettie op, deur haar
                     onder soveel druk te plaas?                                                 (1)

        6.2.9        Wat dink jy was die rede waarom Eben Bester so graag wou hê dat
                     Ettie moet presteer?                                                        (1)

        6.2.10       Ettie huil omdat die blaas op haar voet baie seer is. Dink jy daar
                     kon dalk ŉ ander rede vir haar trane gewees het? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                   (2)

        6.2.11       Nadat Ettie teen Hanna verloor het, het sy tog positief gevoel.

                     Is bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                   (1)

        6.2.12       Stem jy saam met die siening dat ouers en onderwysers druk op
                     deelnemers plaas om te presteer? Motiveer jou antwoord.                     (1)
                                                                                                [17]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             35

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           23

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord BEIDE van die volgende gedigte.

 VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

 VRAAG 7.1

 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 Stad in die mis – D.J. Opperman

 1      Met gespanne spier
 2      loop ek deur die mis
 3      want om my sluip ŉ dier
 4      onder die wit duisternis;
 5      ek hoor hom knor in oop mote
 6      waggel sy pilare-pote
 7      en sy kantelende rug metaal;
 8      op hoeke van die strate blink
 9      sy oё bloedbelope,
 10     en met sy hap sluit staal op staal.

                                                                    [Uit: Heilige beeste, 1945]

 7.1    7.1.1         Haal EEN WOORD aan wat vir ons sê dat die persoon
                      senuweeagtig of bang is.                                                       (1)

        7.1.2         Waarom voel die spreker so in VRAAG 7.1.1?                                     (1)

        7.1.3         Identifiseer die beeldspraak wat in reël 6 gebruik word.                       (1)

        7.1.4         Kies uit KOLOM B die antwoorde wat by die beskrywing in
                      KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (7.1.4.1–7.1.4.4) en
                      die letter (A–D) neer.

                                KOLOM A                          KOLOM B
                      7.1.4.1   knor                   A    oop gebiede tussen geboue

                      7.1.4.2   wit duisternis         B    dakke

                      7.1.4.3   oop mote               C    oë bloedbelope

                      7.1.4.4   rug metaal             D    besoedeling

                                                       E    geluide van die stad                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2015)

        7.1.5        Hoe sal jy die stemming van die gedig beskryf?                              (1)

        7.1.6        Wat impliseer die “wit duisternis” waarna in reël 4 verwys word?            (1)

        7.1.7        Wat dink jy is die verband tussen die “wit duisternis” (versreёl 4)
                     en die titel van die gedig?                                                 (1)

        7.1.8        Die woorde wit en duisternis pas nie bymekaar nie. Wat noem
                     ons die stylfiguur wanneer twee teenstrydige woorde langs
                     mekaar gebruik word?                                                        (1)

        7.1.9        Wat beteken dit as iets vir ŉ mens duister is?                              (1)

        7.1.10       Verduidelik waarom die dier moeilik beweeg het.                             (1)

        7.1.11       Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs
                     die vraagnommer (7.1.11) en die letter (A–D) neer.

                     Die spreker in die gedig is …

                     A    ŉ verbyganger.
                     B    iemand wat in die stad woon.
                     C    ŉ motoris.
                     D    ŉ vakansieganger.                                                      (1)

        7.1.12       Beskryf in jou eie woorde wat die spreker letterlik met “pilare-
                     pote” (versreël 6) bedoel.                                                  (1)

        7.1.13       Watter gevoel kry jy wanneer jy die woorde “sy oё bloedbelope”
                     (reël 9) lees?                                                              (1)

        7.1.14       Wat dink jy is die tema van die gedig?                                      (1)

        7.1.15       Hoe kan die spreker seker maak dat hy veilig in die stad sal
                     wees?                                                                       (1)
                                                                                                [18]

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        25

 VRAAG 7.2

 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 Things that go bump in the night – Rosa Keet

 1      jy los my alleen
 2      in ŉ huis vol geluide
 3      en hoe minder ek probeer luister
 4      hoe harder klink die klank
 5      van ŉ onbekende voetstap
 6      op die donker trap
 7      bang vaak verdwaal ek laat
 8      in die gange op soek
 9      na slaap
 10     wat om elke naghoek verdwyn
 11     ek skrik
 12     vir die naaldekokerstraatlig
 13     deur die skaars bewegende blare
 14     jou jas aan die kapstok
 15     is ŉ man sonder bene
 16     ek is bang
 17     vir die stofsuierslang
 18     op die vloer van die spens
 19     en tot jy terugkom
 20     sleep ek my vlees
 21     soos ŉ kis agter my aan

                                                                        [Uit: Hysteria, 1974]

 7.2    7.2.1         Verduidelik waarom die spreker in die gedig vir die “jy” kwaad is.          (1)

        7.2.2         Haal TWEE opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat die
                      klanke vir die spreker harder word.                                         (1)

        7.2.3         In reëls 3 en 4 vind ons ŉ duidelike kontras wanneer die persoon
                      luister. Haal die TWEE woorde aan wat in kontras is.                        (2)

        7.2.4         Watter woord in reël 7 het min of meer dieselfde betekenis as
                      benoud?                                                                     (1)

        7.2.5         Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
                      net die vraagnommer (7.2.5) en die letter (A–D) neer.

                      Die herhaling van die lang aa-klank in “vaak verdwaal”
                      (versreël 7) word … genoem.

                      A     personifikasie
                      B     metafoor
                      C     alliterasie
                      D     assonansie                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2015)

        7.2.6        “Voetstap” rym met “trap”. Wat is die funksie van die rym in reëls
                     5 en 6?                                                                     (1)

        7.2.7        Waarom is die enjambement in reëls 8 en 9 suksesvol?                        (1)

        7.2.8        Identifiseer die beeldspraak in versreël 17.                                (1)

        7.2.9        Die spreker se vrees in die laaste twee reëls kan vergelyk word
                     met …                                                                       (1)

        7.2.10       In die laaste twee versreëls kom daar ŉ vergelyking voor. Wat
                     bedoel die spreker hiermee?                                                 (2)

        7.2.11       Waarna verwys die Engelse titel van die gedig?                              (2)

        7.2.12       Wat is so ironies wanneer die spreker probeer om minder geluide
                     te hoor?                                                                    (2)

        7.2.13       Dink jy “Things that go bump in the night” is ŉ goeie gedig?
                     Motiveer jou antwoord.                                                      (1)
                                                                                                [17]

                                                                TOTAAL AFDELING D:               35
                                                                    GROOTTOTAAL:                 70

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com

### Page 31

Downloaded from hlayiso.com

### Page 32

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
