# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 37 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 37

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 37 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2020

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 37 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1.   MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
         INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
         die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae
         aandagtig deur en kies die vrae wat jy wil beantwoord.

    2.   Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

    3.   Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A: Roman                      (35)
         AFDELING B: Drama                      (35)
         AFDELING C: Kortverhale                (35)
         Beantwoord die vrae oor albei kortverhale.
         AFDELING D: Gedigte                    (35)
         Beantwoord die vrae oor albei gedigte.

    4.   Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
         letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

    5.   Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
         julle behandel het.

         AFDELING A: ROMAN
         Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

         AFDELING B: DRAMA
         Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

         AFDELING C: KORTVERHALE
         Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

         AFDELING D: GEDIGTE
         Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

         Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

    6.   Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

    7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    8.   Laat ’n reël oop na elke antwoord.

    9.   Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

    10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     3

  INHOUDSOPGAWE

  Kies TWEE afdelings.

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag.

                                                                                BLADSY
                                                                     PUNTE
                           VRAAGNOMMER                                            NR.
  VRAAG 1:        Kringe in ’n Bos              Kontekstuele vraag    35           5
                                        OF
  VRAAG 2:        Die Ongelooflike Avonture
                                                Kontekstuele vraag    35             8
                  van Hanna Hoekom
                                        OF
  VRAAG 3:        Meeulanders                   Kontekstuele vraag    35            11
                                        OF
  VRAAG 4:        Lien se Lankstaanskoene       Kontekstuele vraag    35            14

  AFDELING B: DRAMA

  Beantwoord slegs EEN vraag.

  VRAAG 5:        Poppie – Die Drama            Kontekstuele vraag    35            18
                                          OF
  VRAAG 6:        Paljas                        Kontekstuele vraag    35            22
                                         OF
  VRAAG 7:        Fiela se kind – Die Drama     Kontekstuele vraag    35            26

  AFDELING C: KORTVERHALE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI kortverhale.

  VRAAG 8.1:      “Vegvlieënier Vivian”         Kontekstuele vraag    18            30
                                   EN
                  “Die ballade van Robbie de    Kontekstuele vraag
  VRAAG 8.2:                                                          17            32
                  Wee”

  AFDELING D: GEDIGTE

  Beantwoord die vrae oor ALBEI gedigte.

  VRAAG 9.1       “Palimpses”                   Kontekstuele vraag    18            34
                                     EN
  VRAAG 9.2       “Die nuwe kind”               Kontekstuele vraag    17            36

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

    KONTROLELYS

    Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

    LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                   DUI
    AFDELING                VRAAGNOMMERS           VRAE BEANTWOORD
                                                                                  AAN (√)
    A       Roman                  1–4                        1
                                           OF
    B       Drama                  5–7                        1
                                           OF
    C     Kortverhale               8                  1 (2 kortverhale)
                                           OF
    D       Gedigte                 9                   1 (2 gedigte)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          5

  AFDELING A: ROMAN

  Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

  VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS A

  En Jozef het Freek Terblans laat weet om Oupoot te kom skiet. Freek, ŉ
  man wat menige olifant met een stuk lood inmekaar laat kniel het. Wat die
  tande uitgekap het en tussen die hout op sy wa versteek het om dit vir ŉ
  flenter van ŉ prys op die dorp te loop verkwansel. ŉ Man wat nie aan ŉ hart-
  of breinskoot glo nie, maar wat van die sykant af skiet om die massiewe rug        5
  teen die blaaie te vergruis.
  Dit was toe dat hy gesweer het dat Freek Terblans Oupoot nie sou skiet nie.
  Terblans se byle sou nie daardie tande uit hul kasse kap nie. Nee. Saul
  Barnard sou Oupoot skiet. Hy was dit aan Oupoot verskuldig om hom die
  vernedering te spaar om voor Terblans se geweer te kniel.                         10
  Hy had nie ŉ keuse nie. Dié allerlaaste taak moes hy op homself neem.
  Hulle het Oupoot gehaat soos hulle hóm haat, en pleit om genade sou nie
  help nie.

  1.1 1.1.1      Waarom het die Bosmense nooit die woord “olifant” gebruik nie?             (1)

        1.1.2    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
                 Bogenoemde antwoord by (1.1.1) bewys dat die Bosmense baie
                 (bygelowig/slim) was.                                                      (1)

  1.2 “En Jozef het Freek Terblans laat weet om Oupoot te kom skiet.” (Reël 1)

        1.2.1    Waarom wou Jozef vir Oupoot laat doodmaak?                                 (1)

        1.2.2    Hoe het Saul uitgevind dat Jozef vir Oupoot wou laat skiet?                (1)

  1.3 Oupoot het altyd saam met ’n trop beweeg.

        Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                               (1)

  1.4 Oupoot se dood was tog voordelig vir Saul en Jozef se verhouding. Waarom
      sou jy so sê?                                                                         (1)

  1.5 Waarom kan ’n mens aanvaar dat Freek Terblans nie na Saul sou geluister
      het indien Saul hom sou vra om Oupoot te spaar nie? Gee TWEE feite.                   (2)

  1.6 Waarom het Saul besluit om Oupoot se tande te begrawe?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.7    Skryf die VIER gebeure in Saul se lewe in die korrekte VOLGORDE neer:

        A       Saul sien vir MacDonald vir die eerste keer.
        B       Saul word ’n delwer in die Bos.
        C       Saul verlaat die Bos vir die eerste keer.
        D       Kate se besoeke aan Saul op Sondae word gestaak.                         (4)

 1.8    Die volgende gebeure het ’n rol in Saul se lewe gespeel. Kies die gebeure uit
        KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in KOLOM A te
        pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1–1.8.4) neer.

                        KOLOM A                                KOLOM B
        1.8.1    Saul wil die Bos finaal verlaat.   A   Saul hoor Arend is dood.

        1.8.2    Saul gooi MacDonald met ’n         B   Oupoot is doodgeskiet.
                 kluit.

        1.8.3    Saul gaan werk vir MacDonald.      C Saul verlaat die Bos vir die
                                                      eerste keer.

        1.8.4    Joram sterwe.                      D ’n Boom val op Joram.

                                                    E   Saul word weggejaag.
                                                                               (4 x 1)   (4)

                                            EN

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS B

 “Miskien verbeel ek my Maska, maar elke keer as dinge met my gebeur, is
 Oupoot iewers in my pad. Die eerste keer was toe Ma weg is. Tussenin elke
 keer as ek in die moeilikheid was. Vroeër vanaand het ek hom op pad
 Meulbos toe gekry. Die wind was teen my, hy het my gesien en net daar
 gestaan.”                                                                         5
 Maska het hom aangestaar asof dit die eerste keer is dat hy hom sien.
 “Dan is dit so,” het hy verslae gesê.
  “Wat?”
  “Lat hy jou dophou. Lat jy sy broer is. Lat jy die grootman van die Bos se
 broer is. Ek sal môre met Jozef praat omlat hulle jou so beoordeel omlat          10
 jy tussen vreemdes loop staan het en jou eie verraai het.”
 “Ek het niemand verraai nie, Maska!”
 “Oupoot sou nie ŉ verraaier vir sy mens-broer gevat het nie. Dan sou hy
 jou lankal getrap het, baas Saul.”

 1.9     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Die gesprek tussen Saul en Maska in bogenoemde uittreksel eindig
         (gespanne/ontspanne).                                                           (1)

 1.10    Die rede waarom Saul vir Oupoot agtervolg het, is ironies. Waarom is
         hierdie stelling waar?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      7

  1.11 1.11.1 Watter insident het daartoe gelei dat Saul, as jong seun, die Bos
              verlaat het?                                                            (1)

         1.11.2 Noem TWEE ander insidente wat vroeër plaasgevind het wat
                daartoe gelei het dat Saul tóé alreeds die grootmense in die Bos
                bevraagteken het.                                                     (2)

         1.11.3 Dink jy dis reg dat Saul sy pa se bevele bevraagteken het tydens
                die afkap van die kalander? Motiveer jou antwoord.                    (1)

  1.12 Wat, dink jy, wou Saul veral aan sy pa bewys het nadat hy die Bos op ’n
       jong ouderdom verlaat het?                                                     (1)

  1.13 “ ... is Oupoot iewers in my pad.” (Reël 2)

         Oupoot was deurentyd naby Saul, maar hy het nooit probeer om hom af te
         skud of aan te val nie. Wat sou die redes hiervoor wees? Gee DRIE feite.     (3)

  1.14 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (1.14) neer.

         Toe die Bosmense gevang is omdat hulle olifanttande verkoop, het hulle
         Saul ’n ... genoem.

         A     weggejaagde
         B     opstandeling
         C     spioen
         D     verraaier                                                              (1)

  1.15 Oupoot word “grootman van die Bos” (reël 9) genoem. Waarom is hierdie
       stelling waar?                                                                 (1)

  1.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Volgens Maska was Saul Oupoot se (geliefkoosde jagter/mens-broer).           (1)

  1.17 Hoe het Saul geweet dat Oupoot om sy skerm was die keer toe Saul baie
       siek was?                                                                      (1)

  1.18 Waarom sou jy sê dat Oupoot die regte persoon gekies het om sy
       “vertroueling” te wees? Verwys na Saul se karakter.                            (1)

  1.19 “ ... baas Saul.” (Reël 14)

         Waarom voel jy dis gepas dat Maska vir Saul as “baas” aanspreek?             (1)

  1.20 Hoe verskil Oupoot en Josef se optredes teenoor Saul van mekaar toe almal
       teen Saul gedraai het? Onthou om beide kante te noem.                          (2)
                                                                                     [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

    VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA
             HOEKOM – Marita van der Vyver

    Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    TEKS C

    Dis nie ’n vakansie nie,” kreun Yann vroegoggend terwyl hy ’n beker koffie
    langs die koolstoof afsluk. “Dis ’n strafkamp! Dis soos die army.”
    “Wat weet jy van die army?” grinnik Beyers. “Wees dankbaar jy woon in ’n
    land waar laaities soos jy nie meer diensplig hoef te doen nie. Toe ek jonk
    was ...”                                                                        5
    “Ek weet, ek weet,” brom Yann. “Toe jy jonk was, moes jy jou land gaan
    verdedig teen kommunisme en terroriste en allerhande ander -iste.”
    “Wel, ék is dankbaar my seun hoef nie ’n soldaat te word nie,” sê Mana en
    gee vir my ook ’n beker koffie aan.
    “Ek sou nie omgegee het nie,” sê Tibo met ’n uitgerekte gaap terwyl hy ’n      10
    anorak oor sy Batman-pajamapak toerits. “Ek hou van kamoefleerklere.”
    Mana gee hom ’n skewe kyk. Hy dink seker om ’n soldaat te wees is soos
    om met sy Action Men te speel. Ek wonder of ek hom moet waarsku dat ’n
    soldaat nie veronderstel is om ’n aandrok met blinkertjies te dra nie. Maar ek
    is nog te deur die slaap om skoor te soek.                                     15

    2.1 2.1.1    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                 Die atmosfeer soos aan die begin van hierdie uittreksel uitgedruk, is
                 (opgewek/neerdrukkend).                                                    (1)

         2.1.2   Gee DRIE feite wat tot bogenoemde atmosfeer bygedra het.                   (3)

    2.2 Hoekom, dink jy, beskou Yann die vakansie as ’n strafkamp? Gee TWEE
        feite.                                                                              (2)

    2.3 Wat is Tibo se ironiese siening van die army?                                       (1)

    2.4 “Wel, ék is dankbaar my seun hoef nie ’n soldaat te word nie”. (Reël 8)

         2.4.1   Waarom is bogenoemde woorde ’n feit in die Suid-Afrikaanse opset?          (1)

         2.4.2   Hoe het Mana en ander ma’s se sienings oor die tradisionele rolle van
                 seuns verskil? Onthou om ALBEI kante te noem.                              (2)

         2.4.3   Hoe het Mana haarself verder as ’n eksentrieke ma bewys? Gee
                 DRIE feite.                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          9

        2.4.4     Waarom sou jy saamstem dat Mana se gesin wel in ’n figuurlike
                  oorlog betrokke was?                                                    (1)

        2.4.5     Hoe het Mana besluit om hierdie “oorlog” te wen?                        (1)

        2.4.6     Waarom weet jy dit is waar dat die vakansiehuis ’n groot rol gespeel
                  het in Mana se oorlogstrategie? Gee TWEE feite.                         (2)

  2.5 Hanna is glad nie heeltemal onskuldig aan die wrywing in die gesin nie. Haal
      ŉ sin uit die uittreksel aan om dit te bewys                                        (1)

                                              EN

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS D

  Ek het gedog ’n gedig sou makliker as ’n speurverhaal wees. ’n Gedig het
  nie ’n spannende storielyn of ’n geloofwaardige ontknoping nodig nie. Net
  woorde.
  Nou weet ek van beter.
  Die bom bars oor middagete. Ek sit ewe niksvermoedende langs die                  5
  kombuistafel en kou aan ’n gebakte aartappel, dankbaar dat ek nie weer sop
  hoef te sluk nie, toe Amos iets agter sy hand vir Tibo fluister. Die volgende
  oomblik proes hulle saam van die lag. En iets aan die manier waarop hulle
  na my loer, laat my lont ruik.
  “Wat’s so snaaks?”                                                               10
  “Dis die aartappel in my mond,” gie-gie Amos.
  “Dis die hond op die grond,” giggel Tibo.
  “Dis al!” roep hulle saam uit en val amper vooroor in hulle borde soos hulle
  lag.
  My kop ruk regop. Ek vóél hoe my gesig wit word. Hoe die bloed uit my vel        15
  gesuig word deur ’n verskriklike woede.

  2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

        Hierdie uittreksel stel Hanna aan ons as ’n ... bekend.

        A       realis
        B       dromer
        C       analis
        D       optimis                                                                    (1)

  2.7 Wat het Hanna besluit sou die naam van haar verhaal wees?                            (1)

  2.8 Hoekom was dit vir Hanna, met haar skryftalent, voordelig dat Beyers tot die
      gesin toegetree het? Gee TWEE feite oor Beyers.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

  2.9    2.9.1     Noem die positiewe tekens in die gesinsverhoudings soos deur die
                   uittreksel uitgebeeld.                                                   (1)

         2.9.2     Waarom sou jy sê dat die uittreksel ook ’n terugslag vir Hanna se
                   selfvertroue in haar skryftalent uitbeeld?                               (1)

         2.9.3     Sou jy ook hier soos Hanna gevoel het? Motiveer jou antwoord.            (1)

         2.9.4     Hoe wou Hanna vir Tibo en Amos dwing om waardering vir haar
                   gedigte te hê?                                                           (1)

         2.9.5     Hoe gee Yann wel later erkenning aan Hanna se skryftalent?               (1)

  2.10 Die volgende gebeure hou verband met besluite wat Mana geneem het wat
       die hele gesin beïnvloed het. Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar
       in die korrekte VOLGORDE neer:

         A       Na Mana se troue met Beyers, trek hulle na ’n groter huis.
         B       Mana besluit op ’n wittebrood op Botterberg.
         C       Uit Mana se verhouding met Gavin word Hanna gebore.
         D       Mana besluit om ’n proefbuisbaba te kry.                                   (4)

  2.11 Die volgende gebeure het ’n rol in Hanna se lewe gespeel. Kies die gebeure
       uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in KOLOM
       A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
       (2.11.1–2.11.4) neer.

                            KOLOM A                                KOLOM B
         2.11.1      Hanna se siening van Margot het       A    Sharon se aankoms
                     heeltemal verander.                        op Botterberg

         2.11.2      Hanna neem die finale besluit oor     B    Die geboorte van
                     die titel van haar boek.                   Ditjie

         2.11.3      Hanna begin skaam voel.               C    Gavin se aankoms op
                                                                Botterberg

         2.11.4      Hanna begin jaloers voel.             D    Gavin vermaak die
                                                                gesin op Botterberg

                                                           E    Margot se aankoms
                                                                op Botterberg
                                                                               (4 x 1)      (4)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      11

  VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS E

  Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel gestaan. Sy
  was besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie toe te pas. Sy’t
  orent gekom. Ag nee! Ag ... Here, nee! Sy’t die kind opgetel en
  hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob gekyk waar hy by die deur
  vasgenael bly staan het en haar oë het van die ergste vertel. “Jacob ... ”      5
  Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die koppie
  afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen die mondjie
  gedruk en sy kop geskud.
  En toe het Kinnie se kind ŉ skree-geluidjie in die bruin sak gegee.
  Daar was meteens ŉ heilige stilte tussen die drie mense in die kombuis op      10
  Meeuland.
  Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die een
  het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of
  papier. En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie.

  3.1   Na wie se kind verwys reël 3?                                                    (1)

  3.2   Wat het met die kind gebeur wat Jacob só “wanhopig na die stil gesiggie“
        laat kyk het?                                                                    (1)

  3.3   Wat het Jacob, Jannerik en Ryna hierna met dié baba gemaak?                      (1)

  3.4   Verduidelik kortliks hoe Kinnie se kind op Meeuland beland het. Gee DRIE
        feite.                                                                           (3)

  3.5   “En die een het geweet wat die ander dink.” (Reël 12–13)

        3.5.1    Waaraan het hierdie drie karakters instinktief gedink?                  (1)

        3.5.2    Stem jy saam met die besluit wat hulle hier neem? Motiveer jou
                 antwoord.                                                               (1)

        3.5.3    Waarom het Ryna uiteindelik die ooreenkoms tussen hulle
                 verbreek?                                                               (1)

  3.6   Waarom word reëls 12–14 kursief gedruk?                                          (1)

  3.7   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

        Jannerik het gevoel dat Janka se CB-naam Pikkewyntjie moet wees
        omdat ...

        A       daar baie pikkewyne op Meeuland was toe Janka gebore is.
        B       Jannerik baie van pikkewyne gehou het.
        C       Janka lekker gelag het toe sy die eerste keer ’n pikkewyn gesien het
                wat sy vlerke flap.
        D       “pikkewyn” die eerste woord was wat sy kon sê.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

  3.8   Hoe voel jy oor die feit dat Elsabet ’n paar maande na Janka se geboorte vir
        amper twee weke sonder haar baba Salamanderbaai toe gegaan het?
        Motiveer jou antwoord.                                                            (1)

  3.9   Hoekom het Elsabet later permanent sonder Jacob op Salamanderbaai
        gaan woon? Gee TWEE feite.                                                        (2)

  3.10 Toe Fred met Elsabet wou trou, het hy aan haar gesê dat hy Janka soos sy
       eie kind sou grootmaak. Wat is ironies omtrent hierdie woorde van hom?             (1)

  3.11 Jannerik het al die goed wat in Kinnie se trommeltjie was, weggegooi. Bewys
       dat hierdie stelling ONWAAR is.                                                    (1)

  3.12 Waarom stem jy saam dat Ryna se besoek aan Meeuland die beste besluit
       vir haar was? Gee TWEE feite.                                                      (2)

                                             EN

  TEKS F

  Ryna bly op ŉ afstand staan en kyk hoedat dokter Thomas met Janka werk.
  Hy prik met ’n naald liggies op die linkerbeen, dan onder haar knie, maar sy
  lê en speel onverstoord met Pikkie-Dikkie.
  “Probeer vir ons jou toontjies roer.”
  Sy probeer. Dit help nie. “My voetjies slaap nog.”                               5
  Dokter Thomas bekyk vir Pikkie-Dikkie, neem dit speels by haar en laat hom
  haar voetjies pik, pik, pik. Sy geniet die spelery en lag. Maar haar voetjies
  bly roerloos lê.
  “Jy moet vir my sê wanneer jou voetjies wakker word, hoor?”
                                         ***
  Hulle loop deur die lang gang en hulle kom by Janka se kamer. ŉ                 10
  Opgewonde juffrou Blom staan in die deur en beduie vir hulle om saggies
  te kom loer. Hulle kyk oor die juffrou se skouer. En daar, in haar bedjie, lê
  Janka met Pikkie-Dikkie onder by haar voetjies, buite bereik. Hulle sien
  hoedat sy met intense inspanning probeer om vir Pikkie-Dikkie met haar
  voetjies nader te skraap. Hulle hoor haar praat: “Kom, Pikkie-Dikkie, ons       15
  gaan tee en koekies kry.

  3.13 Om watter rede was Janka Oukersaand op die jettie?                                 (1)

  3.14 Waarom het dit wat met Janka op die jettie gebeur het, jou redelik ontstel?        (1)

  3.15 “Hulle sien hoedat sy met intense inspanning probeer om vir Pikkie-Dikkie
       met haar voetjies nader te skraap.” (Reël 13–15)

        Wat sê hierdie woorde van Janka se karakter?                                      (1)

  3.16 Toe Janka die hospitaal verlaat het, kon sy weer reg loop. Bewys dat hierdie
       stelling ONWAAR is.                                                                (1)

  3.17 Wie is die “hulle” in reël 12? Noem die TWEE karakters se name.                    (2)

  3.18 Waarom wou Ryna nie hê die Blanckenbergs moes uitvind van die gebeure
       rondom die geboorte van Janka nie?                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       13

  3.19 Hoe het Jacob en Skalla verskil in terme van die manier hoe hulle hul geld
       verdien het? Onthou om ALBEI kante te noem.                                        (2)

  3.20 Die volgende gebeure hou verband met Ryna.

         Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
         neer:

         A      Ryna beland in ’n kliniek na die dood van haar gesin.
         B      Janka word gebore.
         C      Jacob is verras toe hy uitvind dis ’n vrou wat vir navorsing Meeuland
                toe kom.
         D      Skalla word doodgeskiet.                                                  (4)

  3.21 Die volgende gebeure het ’n rol in Ryna se lewe gespeel. Kies die gebeure
       uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in KOLOM
       A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.21.1–3.21.4)
       neer.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
         3.21.1 Ryna bevind haar in die              A   Ryna sien vir Daniël wat
                Silkwood-kliniek.                        nes haar seun lyk.

         3.21.2 Ryna bevind haar in die Karl         B   Die dood van Ronnie en sy
                Bremer hospitaal.                        seun.

         3.21.3 Ryna raak lighoofdig.                C Ryna moet navorsing oor
                                                       seevoëls gaan doen.

         3.21.4 Ryna bevind haar op Meeuland.        D Skalla word doodgeskiet.

                                                     E   Janka word raakgeskiet.
                                                                            (4 x 1)       (4)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

  VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS G

  Lien haal haar voorskoot stadig af en hang dit aan ’n haak sonder om haar oë
  van tant Malie af te haal. Sy dink aan die lysie met kruideniersware wat in haar
  sak is. Sy dink aan die brug in Praag en die sonstrale op die Džuban-meer wat
  sy op die Internet gesien het. Sy en die tannie kyk mekaar nog vas in die oë.
  “Ek kom nie weer terug nie,” sê sy uiteindelik sag. “Ek sal Tannie se geld bring    5
  wanneer ek dit het.”
  Terwyl sy huis toe loop, onthou sy dat sy nog vir Braam ’n botteltjie Marmite vir
  sy skooltoebroodjies wou gekoop het.

  Haar ma se deur is toegetrek toe sy by die huis kom. Dit beteken sy lê en slaap
  en sy moet geel van die werk af gekom het. Hoe dit werk, kon Lien               10
  nog nie uitgewerk kry nie. Haar ma moet iewers ná werk vir ’n ruk stop, maar
  waar? Sy sal tog nie by die werk ...
  Sy skraap moed bymekaar om tannie Bets se pot terug te vat. Sy voel die
  slegste oor tannie Bets wat vir haar die werk by die Garden of Evil gekry het.

  4.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        “en hang dit aan ’n haak sonder om haar oë van tant Malie af te haal.”
        (Reël 1–2)

        4.1.1 Die atmosfeer tussen tant Malie en Lien soos hierbo beskryf, is
              (gespanne/ontspanne).                                                        (1)

        4.1.2 Wat was die direkte oorsaak van bogenoemde atmosfeer?                        (1)

        4.1.3 Hoe verskil Lien en Agnes se reaksies van mekaar oor tant Malie se
              strafmaatreël? Onthou om ALBEI kante te noem.                                (2)

        4.1.4 Stem jy saam met Lien se besluit om die werk te los nadat tant Malie
              haar gedreig het? Motiveer jou antwoord.                                     (1)

  4.2   “Ek sal Tannie se geld bring wanneer ek dit het.” (Reël 5–6)

        4.2.1 Watter omstandighede het Lien gedwing om hierdie werk by tant Malie
              te aanvaar? Gee DRIE feite.                                                  (3)

        4.2.2 Gee TWEE bewyse dat Lien haarself wel in ’n posisie geplaas het om
              haar belofte aan tant Malie na te kom.                                       (2)

        4.2.3   Hoe het ’n idee vir ’n ekstra inkomste eendag by die skool by Lien
                posgevat? Gee TWEE feite.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       15

  4.3   Waarom sou jy sê dat tannie Bets ’n goeie voorbeeld is van hoe ’n mens vir
        jou naaste moet omgee? Gee TWEE feite.                                           (2)

  4.4   “Sy dink aan die brug in Praag en ... ” (Reël 3)

        4.4.1    Hoe sluit bogenoemde reël by Lien se toekomsdrome aan?                  (1)

        4.4.2    Noem EEN slim ding wat Lien in die tussentyd gedoen het om hierdie
                 toekomsdrome waar te maak.                                              (1)

        4.4.3    Waarom, dink jy, het sy glad nie belanggestel in haar pa se
                 beroepskeuse vir haar nie?                                              (1)

        4.4.4    Hoe het die rol van Weird Maria tot haar uiteindelike keuse van
                 naskoolse studies bygedra?                                              (1)

                                             EN

  Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS H

  “Hoekom speel Ma nooit meer nie?” Haar ma sê niks nie. Slukkie. As haar
  ma dan nie meer wil speel nie, big deal, dan sal sy wat Lien is, speel. Sy
  storm eetkamer toe en pluk die klavier se deksel oop. Die klavierstoeltjie
  maak ’n skreeugeluid terwyl sy dit hardhandig agtertoe skuif. Sy kan nog
  die “Blou Donau” so effens onthou, haar claim to fame uit haar laerskooldae    5
  toe haar ma nog gehoop het sy of Braam gaan in haar musiekvoetspore
  volg. Sy sukkel om die note te onthou, maar speel so hard as wat sy kan,
  tráp die pedaal. Die wysie dreun vals-vals deur die huis. Sy hoop oom Van
  Aswegen verstik langsaan in sy Castle daar waar hy voor die televisie sit
  en rugby kyk. Sy klap die klavier weer toe en sit ’n rukkie doodstil op die   10
  stoeltjie. Sy hoor haar ma se slaapkamerdeur word op knip getrek. Sy stap
  lusteloos na haar kamer en haal haar Wiskunde-boek uit haar tas. Sy kyk
  na die plastiekomslag wat al beter dae geken het. Hoeveel moedelose
  mense het al oor die jare dié book of horrors in hulle hande vasgehou,
  wonder sy. Sy het regtig nie krag vir ’n klomp meetkundestellings nie. Sy     15
  gooi die boek onder die bed in en sy weet sy gaan haar Maandagmôre
  dood soek daarna.

  4.5   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Die woord “slukkie” (reël 1) simboliseer Christien Jooste se
        (drankprobleem/skuldgevoel).                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

  4.6    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (4.6) neer.

         Volgens die uittreksel was Lien sommer omgekrap toe sy hulle woonstel
         binnestap. Volgens jou voel Lien so, want sy sien ...

             A    haar ma is besig om rustig te drink.
             B    haar ma het weer nie gekook nie.
             C    haar broer is besig om video’s te kyk.
             D    haar broer is nog nie by die huis nie.                                 (1)

  4.7    “Hoekom speel Ma nooit meer nie?” (Reël 1)

         4.7.1 Hoekom het Lien hierdie voorstel aan haar ma gemaak? Gee TWEE
               feite.                                                                    (2)

         4.7.2 Christien se klaviertalent het tog gelukkige oomblikke in Lien se lewe
               gebring. Bewys hierdie stelling deur TWEE gevalle te noem.                (2)

  4.8    “... haar claim to fame uit haar laerskooldae ...” (Reël 5)

         Waarom is hierdie woorde vir die grootste deel van Lien se lewe in hierdie
         roman ironies?                                                                  (1)

  4.9    “Sy gooi die boek onder die bed in ...” (Reël 15–16)

         4.9.1 Watter houding by Lien word hier gedemonstreer?                           (1)

         4.9.2 Waarom sou hierdie houding van Lien teenoor haar skoolwerk jou
               bekommerd maak?                                                           (1)

  4.10 Skryf die vier gebeure in Lien se lewe onder mekaar in die korrekte
       VOLGORDE neer.

         A       Lien se ma verskyn dronk by die skoolhek.
         B       Lien se pa beland in die tronk.
         C       Kuifie herken vir Lien toe haar pruik eendag afwaai.
         D       Kuifie kom kyk hoe dit met Lien-hulle gaan.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      17

 4.11    Die volgende gebeure het ’n rol in Lien se lewe gespeel. Kies die gebeure
         uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure in
         KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
         (4.11.1–4.11.4) neer.

                             KOLOM A                             KOLOM B
         4.11.1       Christien Jooste beland in die   A   Lien besef dat sy na Tibbey
                      kliniek.                             sal moet omsien.

         4.11.2       Hein bou vir Tibbey ’n           B   Lien verkry die rol van
                      karretjie.                           Weird Maria.

         4.11.3       Christien Jooste vergryp haar    C   Christien Jooste steel by
                      aan alkohol.                         die winkel.

         4.11.4       Lien verloor haar werk by        D   Lien se pa beland in die
                      Donovan.                             tronk.

                                                       E   Sue-Ellen keer weer terug
                                                           werk toe.
                                                                                (4 x 1)    (4)
                                                                                          [35]

                                                              TOTAAL AFDELING A:           35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING B: DRAMA

 Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

 VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS I

 HOEDJIE:     Die skoonmense was tevrede met Poppie ... en Stone was
              tevrede.
 STONE:       (Kniel langs Poppie, neem haar hande.) Poppie ... as jy eendag
              kinders kry, dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos
              jou ouma jou grootgemaak het ...                                        5
 PLANK:       En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie, maar
              Bhuti-ka-ntombi, uit respek ... dit het beteken bhuti van haar
              man se broer se dogtertjie.
 MAMA:        En ek het vir hom gesê: Mkhwenyana ... wat beteken
              skoonseun ... en Plank en Hoedjie en Mosie het gesê swaer.             10
 STONE:       Ons het hom nooit op sy naam gesê nie.
              (Vertel aan Poppie.) Ek het ’n erf gekry van die munisipaliteit en
              gaan saam met bhuti vir ons ’n eenkamerhuis van sinkplaat en
              planke bou. Ek gaan ’n tuintjie voor die huis maak waar ons
              pampoen en wortels en mielies kan plant. Aan die einde van die         15
              jaar as ek vakansie kry, sal ons plan maak om Herschel toe te
              gaan, waar my pa en ma woon.
              (Streel haar arm.)

 5.1      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          5.1.1      Die atmosfeer soos deur die uittreksel uitgebeeld, is
                     (gespanne/ontspanne)                                                  (1)

          5.1.2      Gee DRIE feite wat tot bogenoemde atmosfeer bygedra het.              (3)

 5.2      STONE. “dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos jou ouma jou
          grootgemaak het.” (Reël 4–5)

          Hoe het ouma Hannie vir Poppie grootgemaak? Gee TWEE feite.                      (2)

 5.3      PLANK. “En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie, maar Bhuti-
          ka-ntombi, uit respek ... ” (Reël 6–7)

          5.3.1      Waarom is die woorde “uit respek” (reël 7) ironies met betrekking
                     tot Poppie se houding teenoor haar ma se tweede man?                  (1)

          5.3.2      Waarom was ma Lena nooit hartseer toe sy haar eerste man in
                     die oorlog verloor het nie?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       19

 5.4      STONE. “as ek vakansie kry, sal ons plan maak om Herschel toe te gaan”
          (Reël 16–17).

          Hoe verskil hierdie woorde met dit wat later met Poppie gebeur het?
          Onthou om BEIDE kante te noem.                                                     (2)

 5.5      Hoe het Poppie se troue met Stone ’n negatiewe uitwerking op Poppie se
          gesin gehad?                                                                       (1)

 5.6      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Hoedjie en Stone vertolk hier die rolle van (hoofkarakters/vertellers) in die
          uittreksel.                                                                        (1)

 5.7      Poppie se lewe is gekenmerk deur deurlopende onstabiliteit nog voordat
          sy met Stone getroud was.

          5.7.1       Bewys hierdie stelling deur na Poppie se kinderjare te verwys.         (1)

          5.7.2       Waarom is Mosie egter toegelaat om in Lambertsbaai aan te bly?
                      Gee TWEE feite.                                                        (2)

          5.7.3       Hoe is Poppie-hulle fisies gedwing om Kaap toe te trek? Gee
                      TWEE feite.                                                            (2)

 5.8      Waarom stem jy saam met Stone dat hy nie saam met sy gesin getrek het
          nie?                                                                               (1)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS J

 POPPIE:     Kyk! Die weer draai, die tafeldoek lê oor die berg! Ai, dit was ’n
             goeie tyd vir ons! Daai tyd was die permitstorie nie so moeilik nie.
             Maar toe kom die nuwe wet wat sê die paspapiere moet weg en
             die vrouens moet pasboekies dra. (Verward.) Die boekies was
             nog nie die grootste ding nie – almal het hulle tog gekry! Die             5
             grootste ding was die extension! Nѐ, Mama?
 MAMA:       Ehwe.
 POPPIE:     Dis die toelaat dat jy hier kan bly of kan werk. (Sy gaan sit op
             vloer langs Stone en Mosie.)
 MAMA:       Ja, as jy nie die reg het om hier te bly nie, al het jy die boekie,        10
             dan help dit jou niks. (Sy gaan sit op blik. Hulle sit nou in ’n halwe
             kring.) En as jy na ’n nuwe werk gaan en die witmense teken jou
             af, dan’s dit weer office toe om die pas te gaan change. Ehwe.

 5.9     5.9.1       Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
                     slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.9.1) neer.

                     Wat is die dokumente genoem wat die pasboekies voorafgegaan
                     het?

                     A    Permitte
                     B    ID-boekies
                     C    Toestemmingsboekies
                     D    Stempelboekies                                                     (1)

         5.9.2       Poppie was baie verlig oor die permitte wat hulle slegs vir drie
                     maande gekry het.

                     Waarom voel jy dit was verstaanbaar dat Poppie so positief oor
                     hierdie klein vergunning gevoel het? Gee TWEE feite.                    (2)

 5.10    MAMA. “... en die witmense teken jou af.” (Reël 12–13)

         Bewys hoe die witmense vir Poppie vir kort rukkies gehelp het om aan te
         bly. Gee TWEE feite.                                                                (2)

 5.11    Voel jy dis reg dat Mama vir Poppie veroordeel het omdat sy met Stone
         getrou het? Motiveer jou antwoord.                                                  (1)

 5.12    Hoe het Bonsile nog verder tot Poppie se probleme bygedra? Gee TWEE
         feite.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      21

 5.13     Hoe wys Poppie dat, ten spyte van alles, haar kinders se toekoms vir
          haar altyd ’n prioriteit bly?                                                    (1)

 5.14     Skryf die gebeure in Poppie se lewe onder mekaar in die korrekte
          VOLGORDE neer.

          A     Stone bou ’n tweeslaapkamerhuis in Jakkalsvlei.
          B     Poppie verhuis na Nyanga.
          C     Mbatane bou ’n sinkhuis in Elsies.
          D     Poppie trek na Mdantsane.                                                  (4)

 5.15     Die volgende gebeure het ’n rol in Poppie se lewe gespeel. Kies die
          gebeure uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die gebeure
          in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
          (5.15.1–5.15.4) neer.

                          KOLOM A                             KOLOM B
          5.15.1      Poppie word ’n weduwee.      A   Poppie word ’n huis en ŉ
                                                       skool belowe.

          5.15.2      Jakkie vlug Basoetoeland     B   ’n Polisieman word
                      toe.                             doodgeskiet.

          5.15.3      Vukile word doodgeskiet.     C   Stone gaan by die
                                                       melkfabriek werk.

          5.15.4      Poppie trek Mdantsane toe.   D   Die “riot squad” skiet tussen
                                                       die mense in.

                                                   E   ’n Klip word deur die
                                                       kombuisvenster gegooi.
                                                                             (4 x 1)       (4)
                                                                                          [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS K

 HENDRIK:      Of is die mense daardie kant nou beter of slimmer of ryker of
               wat? (Hy dink ’n bietjie.) Klink my hulle is gelukkiger.
 NOLLIE:       Sal ek hierdie een opsit?
 HENDRIK:      Ja, speel, jong, speel. Willem, hoor by Ma wat van ’n bietjie
               koffie. (Die kind staan op en gaan in die huis in.) En loop haal    5
               vir Emma. Sê ek soek haar hier.

               Nollie is besig om die plaat op te sit, maar hy kyk besorgd op
               as hy hoor Emma word laat haal.

 NOLLIE:       Oom, ek wou nog sê ek is jammer oor Emma, Oom.
 HENDRIK:      Wat van Emma?                                                      10
 NOLLIE:       Nee, ek dag sy’t dalk kom sê. Sy ... sy’t geval.
 HENDRIK:      Nee, sy’t my nie ’n woord gesê nie.

               Emma staan in haar kamer langs die venster, teenaan die
               vensterkosyn, sodat niemand haar kan sien nie, maar sodat
               sy alles kan hoor wat op die stoep aangaan.                        15

 6.1      Waar is die “daardie kant” waarna daar in reël 1 verwys word?                    (1)

 6.2      “... is die mense daardie kant nou beter of slimmer of ryker ...” (Reël 1)

          6.2.1      Met watter streek in Suid-Afrika vergelyk Hendrik hierdie mense
                     waarna hy verwys?                                                     (1)

          6.2.2      Gee TWEE bewyse dat die McDonalds armer as die mense aan
                     daardie kant is.                                                      (2)

 6.3      NOLLIE: “Sal ek hierdie een opsit?” (Reël 3)

          6.3.1      Verduidelik die verskil tussen die atmosfeer wat Hendrik met die
                     plate probeer skep en dié wat grootliks by die McDonalds geheers
                     het. Onthou om ALBEI kante te noem.                                   (2)

          6.3.2      Hoe sou jy die hoofprobleem in die McDonald-gesin beskryf?            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           23

 6.4    Verduidelik die effek wat hierdie probleem op die volgende gesinslede
        gehad het:

        6.4.1    Willem                                                                      (1)

        6.4.2    Emma                                                                        (1)

        6.4.3    Katrien                                                                     (1)

 6.5    6.5.1    Hoe vererger die ruimte die McDonalds se probleem nog verder?
                 Gee TWEE feite.                                                             (2)

        6.5.2    Stem jy saam dat ’n mens se omgewing ’n rol kan speel by jou
                 gemoedstoestand? Motiveer jou antwoord.                                     (1)

 6.6    HENDRIK. “Klink my hulle is gelukkiger.” (Reël 2)

        Waarop sinspeel Hendrik hier oor sy eie gesin?                                       (1)

 6.7    Watter raad sou jy aan Hendrik voorstel sodat elk van die volgende
        gesinslede meer gelukkig kan wees:

        6.7.1    Katrien                                                                     (1)

        6.7.2    Emma                                                                        (1)

 6.8    HENDRIK. “Sê ek soek haar hier.” (Reël 6)

        Verduidelik die ironie wat in hierdie opdrag aan Willem opgesluit is.                (1)

 6.9    “... maar hy kyk besorgd op as hy hoor Emma word laat haal.”
        (Reël 7–8)

        Waarom het Nollie so besorgd opgekyk BEHALWE omdat Emma geval
        het?                                                                                 (1)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2020)

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 TEKS L

 DOMINEE: Omdat ons in sonde ontvang en gebore is, is ons horende doof
          en siende blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar
          ons sien nie. Die verlossende genade is tot ons beskikking,
          maar ons maak nie daarvan gebruik nie. Ons kyk dit mis. Ons
          stel nie daarin belang nie. Maar, liewe gemeente, ek sê             5
          vanmôre vir u – God is ’n toornige god. Hy laat nie met hom
          spot nie. Dié van ons wat hardkoppig sy genade en sy belofte
          van verlossing bly verwerp, vir ons bly daar nog net die vuur
          en die swael van sy toorn oor. Vir dié van ons wat kyk en nie
          sien nie, bly daar nog net – (Die nar kom by die voordeur in.       10
          Hy probeer so saggies en onsigbaar moontlik al teen die muur
          langs insluip. Hy gaan sit in die heel agterste bank.) Vir dié van
          ons wat sy verlossende genade nie wil – vir dié van ons –(Maar
          die dominee het nou heeltemal sy draad verloor. Hy staan vir
          die nar en kyk. Die nar sit uitdrukkingloos en plegtig             15
          voor hom en uitstaar. Een gemeentelid kyk om; twee ander
          kyk om; nog ses of sewe kyk. Die dominee kyk na die
          ouderlingbank.)

 6.10     DOMINEE. “Omdat ons in sonde ontvang en gebore is, ...” (Reël 1).

          Noem EEN emosie wat die dominee met hierdie woorde wou wek.                  (1)

 6.11     Op watter sonde sinspeel die dominee heel waarskynlik?                       (1)

 6.12     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

          Die atmosfeer tydens Dominee se besoek aan die McDonalds kan as
          (gespanne/ontspanne) beskryf word.                                           (1)

 6.13     6.13.1 Gee EEN rede waarom jy met Hendrik en Katrien sou saamstem
                 oor hulle optrede teenoor Dominee.                                    (1)

          6.13.2 Watter positiewe element let ’n mens egter hier op in die
                 verhouding tussen Hendrik en Katrien?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                            25

 6.14     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (6.14) neer.

          Die rede waarom Dominee vergeet het wat hy wou sê, is omdat ...

          A     hy die nar agter by die kerk sien inkom het.
          B     hy ’n skoot hoor afgaan het.
          C     hy die McDonalds by die kerk sien inkom het.
          D     hy Willem by die kerk sien inkom het.                                            (1)

 6.15     6.15.1      Watter traumatiese gebeurtenis volg nadat die persoon in
                      sirkusklere by die kerk uitgejaag word?                                    (1)

          6.15.2      Waarom is hierdie persoon uit die kerk gejaag?                             (1)

          6.15.3      Watter effek het hierdie gebeurtenis egter op die verhouding
                      tussen Hendrik en Willem gehad?                                            (1)

 6.16     Skryf die gebeure in Katrien se lewe onder mekaar in die korrekte
          VOLGORDE neer.

          A        Katrien sit voor die spieël, besig om haar te grimeer.
          B        Katrien verdedig vir Hendrik teenoor Frans.
          C        Katrien staan by die wasgoeddraad en kyk hoe die trein wegraak.
          D        Katrien verseker vir Hendrik dat hy al een is wat sy ooit liefgehad
                   het.                                                                          (4)

 6.17     Die volgende gebeure het ’n rol in die McDonalds se lewens gespeel. Kies
          die gebeure uit KOLOM B wat VOORAF plaasgevind het om by die
          gebeure in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
          vraagnommers (6.17.1–6.17.4) neer.

                             KOLOM A                             KOLOM B
          6.17.1      Hendrik is as stasiemeester erg    A   Hendrik maak ’n
                      ontstel.                               opmerking oor Nollie.

          6.17.2      Emma vlug die veld in.             B   Die polisie jaag vir
                                                             Manuel.

          6.17.3      Frans verklaar sy liefde teenoor   C   Die aankoms van die
                      Katrien.                               sirkustrein.

          6.17.4      Willem begin weer praat.           D   Katrien is snikkend
                                                             omdat Hendrik haar
                                                             ontstel het.

                                                         E   Hendrik-hulle stap die
                                                             skuur vir die eerste keer
                                                             binne.
                                                                                 (4 x 1)        (4)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2020/bf136b62-bc43-43ce-acfb-1cf8daa9e249) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020-memo/89a7509b-2f93-4fbc-b439-e6a5eb70b0fc) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sept-2015/56963d94-f246-4ad0-863f-51877724f702) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
