# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2012, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2012/7aef4859-5c06-46f7-886b-3f24705a3b6d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2012/7aef4859-5c06-46f7-886b-3f24705a3b6d)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              FEBRUARIE/MAART 2012

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: Opstel                                           (50)
         AFDELING B: Langer transaksionele teks                       (30)
         AFDELING C: Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                     transaksionele tekste                            (20)

2.       Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.       Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.       Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.       Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ŉ
         kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning
         VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.       Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die beplanning
         nadat jy die finale produk geskryf het.

7.       Beplan jou tyd só:

         AFDELING A: 80 minute
         AFDELING B: 40 minute
         AFDELING C: 30 minute

8.       Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is.

9.       Skryf die titel/opskrif van elke teks bo-aan jou skryfstuk neer.

10.      LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         3                               DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde oor dié onderwerp.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.
1

1.1

                                                           [Uit: Image Library]

          Jou ouers het jou gewaarsku om nie daardie dag by verkeerde vriende te
          kuier nie, maar jy wou nie luister nie. Toe gebeur daar iets waaroor jy nou
          baie jammer is.

          Skryf ŉ opstel waarin jy vertel wat daardie dag saam met verkeerde vriende
          gebeur het en waarom jy nou so jammer is.                                                    [50]

1.2        Behoort vroue en mans dieselfde soort
                      werk te doen?
          Daar is werk wat net vir mans bedoel is en werk wat net vir vroue bedoel is.

          Skryf ŉ opstel waarin jy oor hierdie stelling argumenteer en sê of jy
          saamstem of nie.                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          4                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

1.3
               EK HET DIT NIE GEDOEN NIE!

                                                     [Uit: Google Images]

          Jy is vals beskuldig dat jy jou onderwyser se motorsleutel gesteel het. Later is
          die motorsleutel in die onderwyser se motor gevind.

          Skryf ŉ opstel waarin jy beskryf hoe jy daardie dag gevoel het toe jy
          verkeerdelik beskuldig is.                                                               [50]

1.4

          Jy het nog altyd gewonder hoe dit sal wees om in jou eie blyplek te bly. Sal dit
          die regte besluit wees? Sal jy alleen kan regkom? Hoe sal jou ouers hieroor
          voel?

          Skryf ŉ opstel waarin jy wonder wat die regte ding is om te doen.                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         5                                 DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

1.5
                                 As Pa en Ma oud word

                                                        [Uit: Image Library]

          Dit is lekker om ouers te hê. Maar wat word van ouers as hulle oud word?
          Moet ouers by hulle kinders woon of moet hulle na ŉ plek gaan waar ander
          mense na hulle kyk?

          Skryf ŉ opstel waarin jy redeneer wat die beste vir ouers sal wees.                        [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
          skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet by die prent aanpas.

          1.6.1

                                                        [Uit: Art Explosion]                          [50]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    6                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                       NSS

          1.6.2

                                             [Uit: Vrouekeur, 18 Maart 2011]                  [50]

          1.6.3

                                                         [Uit: Google Images]                 [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         7                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde oor dié onderwerp.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

                                                [Uit: Google Images]

          Jou maat het verlede week sy/haar bestuurderslisensie gekry. Hy/Sy is baie
          opgewonde daaroor en beplan om saam met vriende per motor te gaan
          vakansie hou.

          Skryf ŉ brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens met die
          bestuurderslisensie, maar ook waarsku om versigtig te bestuur.                        [30]

2.2       DIALOOG

          Jy is verbaas om jou sportheld/in in ŉ winkelsentrum naby julle huis te sien.
          Jy gesels met hierdie persoon oor sy/haar loopbaan.

          Skryf die dialoog wat tussen julle plaasgevind het, neer.                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                8                                DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                   NSS

2.3       KOERANTBERIG

                        HOND RED KIND SE LEWE

                                        [Uit: Huisgenoot, 21 April 2011]

          Gebruik die koerantopskrif en skryf ŉ berig vir julle plaaslike koerant.                          [30]

2.4       TOESPRAAK

                                            18

                                       [Uit: www.free-clipart-pictures.net]

          Dit is jou beste maat se agtiende verjaarsdag. Sy ouers het vir hom ŉ partytjie
          gereël en jou gevra om ŉ toespraak te hou. In die toespraak moet jy jou maat
          gelukwens en ŉ paar interessante dinge uit sy lewe vertel.

          Skryf die informele toespraak neer.                                                               [30]
                                                                              TOTAAL AFDELING B:             30

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         9                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

AFDELING C: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 3

Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.

3.1       POSKAART

          Jy is ŉ finalis in die Suid-Afrika 2011-Danskompetisie. Vertel jou maat van jou
          voorbereidings voor die groot aand en hoe jy daaroor voel.

          Teken die poskaart in jou antwoordeboek oor en vertel van jou
          voorbereidings. Onthou om ŉ adres op die poskaart te skryf.

           POSKAART

                                                             ________________

                                                             ________________

                                                             ________________

                                                             ________________

                                                                                                 [20]

3.2       ADVERTENSIE
          Jy wil tydens die skoolvakansie ekstra sakgeld verdien. Jy besluit om kinders
          op te pas terwyl die ouers werk toe gaan.

          Stel ŉ advertensie op waarin jy dié diens adverteer. Noem waarom die
          ouers op jou kan staatmaak om hulle kinders op te pas, hoeveel jou dienste
          per dag kos, met watter aktiwiteite jy die kinders besig sal hou en ander
          relevante inligting.                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                10                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                   NSS

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

          Jou skool het vir Dozi, die sanger, uitgenooi om by julle te kom sing. Jy moet
          vir Dozi verduidelik hoe hy vanaf sy hotel in President Steynstraat moet ry om
          by die skool se parkering uit te kom.

          Gebruik die pyltjies en gee SEWE instruksies hoe hy moet ry. Noem straat-
          name en ten minste twee bakens soos geboue, ensovoorts, wat hom sal help
          om nie te verdwaal nie.

                                                         BERGSTRAAT

                                                                                               SKOOL
                                              ABSA
                                              BANK

                             BOOMSTRAAT
                                                           NELSTRAAT
                                           KERKSTRAAT                  HOTEL
      SUIDPARK

                                                                                 DORPSTRAAT
                                              KERK
                                                                                              PARKERING

                                                                       UITGANG

                                          PRESIDENT STEYNSTRAAT

                                                                          TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                              GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012-memo/7e6dde94-0bbf-4c25-9a47-06e2d5ee46b7) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
