# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2013, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2013/39207466-2b04-43af-bf25-7a812535b4cb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2013/39207466-2b04-43af-bf25-7a812535b4cb)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                        FEBRUARIE/MAART 2013

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          2                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:        Opstel                                         (50)
          AFDELING B:        Langer transaksionele teks                     (30)
          AFDELING C:        Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                             transaksionele tekste                          (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
          beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:          80 minute
          AFDELING B:          40 minute
          AFDELING C:          30 minute

8.        Nommer elke teks soos dit in die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

10.       Dui die getal woorde aan die einde van jou skryfstuk aan.

          LET WEL:        Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                          word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           3                              DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.
1

                     PASOP VIR MXit!
1.1

                                            [Uit: http://www.google.com]

          Jy het gedink jou ouers en onderwysers weet niks van MXit toe hulle jou teen
          die gevare van MXit gewaarsku het nie. Dis eers nadat jy as gevolg van MXit
          in die moeilikheid beland het, dat jy hulle glo. Vertel wat jy uit hierdie ervaring
          geleer het.

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                    [50]

1.2
                     Toe staan ek daar met ŉ
                           rooi gesig ...
          Jy was in ŉ winkel en het ŉ T-hemp aangepas. Jy het die T-hemp oor jou arm
          gegooi. Jy het vergeet van die T-hemp oor jou arm, by die winkel uitgestap en
          die alarm het afgegaan. Wat daarna gebeur het, het jou baie skaam laat voel.

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            4                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

1.3

                                       [Uit: http://www.google.com]

          Daar was goeie tye in jou lewe wat jy altyd sal onthou.

          Skryf ŉ opstel waarin jy terugdink aan hierdie tye in jou lewe en sê waarom jy
          dié tye nooit sal vergeet nie.                                                         [50]

1.4

                                           [Uit: http://www.google.com]

          Suid-Afrikaners het verskillende idees oor wat gesonde eetgewoontes is.

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        5                               DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                           NSS

1.5
                                       VALENTYNSDAG

                                           [Uit: http://www.google.com]

          Op Valentynsdag koop party mense graag geskenke vir geliefdes. Ander
          mense dink weer dit is net geldmors om geskenke te koop.

          Skryf ŉ opstel waarin jy dié twee verskillende menings bespreek.                        [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
          skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet direk by die prent aanpas.

          1.6.1

                                             [Uit: http://www.google.com]                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                                   DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

          1.6.2

                                       Skooltoer
                                         2012

                                                     [Uit: http://www.google.com]                        [50]

          1.6.3

                                                   [Uit: http://www.google.com]                          [50]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                    50

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          7                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

2.1       BRIEF VAN GELUKWENSING

                                           [Uit: http://www.google.com]

          Jou maat het in 2012 baie goeie uitslae in die matriekeksamen behaal en het
          universiteit toe gegaan om verder te studeer.

          Skryf ŉ brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens met sy/haar goeie
          prestasie. Sê hoe trots jy op hom/haar is en wens hom/haar ook voorspoed
          met die studies toe.                                                                     [30]

2.2       TOESPRAAK

                                           [Uit: http://www.google.com]

          Jy is deel van julle skool se natuurklub wat die ander leerders wil inlig oor die
          belangrikheid van bome in Suid-Afrika.

          Skryf ŉ toespraak waarin jy die leerders motiveer om deel te neem aan die
          Nasionale Boomplantdag en verduidelik hoekom dit so belangrik is om bome
          aan te plant.                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          8                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

2.3       ONDERHOUD

                                        [Uit: http://www.google.com]

          Jy is een van die joernaliste van julle skool se koerant. Jy moet ŉ onderhoud
          met die skool se beste sportster voer en in die skoolkoerant vertel van dié
          sportster se prestasies, hoe hy/sy dit regkry om so goed te doen en wat
          sy/haar toekomsplanne is.

          Skryf die onderhoud tussen jou en die sportster in dialoogvorm neer.                    [30]

2.4       VERSLAG

                                            [Uit: http://www.google.com]

          Julle moes vir Lewensoriëntering ŉ verslag opstel oor ŉ dag toe jy saam met
          ŉ volwassene na sy/haar werk toe moes gaan om meer oor die werksituasie
          uit te vind.

          Skryf ŉ verslag en gee volledige inligting oor die werksplek, die tipe werk, wat
          alles van die werkers verwag word en watter waarde hierdie dag vir jou gehad
          het.                                                                                    [30]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:             30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        9                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                           NSS

AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
            TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

3.1       ADVERTENSIE

                                                  [Uit: Clipart]

          Julle skool gaan ŉ entrepreneursweek aanbied en wil graag die jongmense
          van julle dorp aan hierdie program laat deelneem. Die tema vir die
          entrepreneursweek is: 2013 – Dink nuut. Jy is een van die leerders wat met
          die beplanning help.

          Skryf ŉ advertensie vir die jongmense om die entrepreneursweek te
          adverteer. Sê waar die entrepreneursweek gaan plaasvind, wanneer dit gaan
          plaasvind, die doel van hierdie week en wat die jongmense uit hierdie week
          kan leer. Nooi hulle uit om deel van hierdie entrepreneursweek te wees.                [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWING

                                         [Uit: http://www.google.com]

          Dis die aand voor jy jou aanvullende eksamen begin skryf. Jy weet dit is dalk
          jou laaste geleentheid om matriek te slaag of om jou punte in sekere vakke te
          verbeter. Jy is opgewonde, maar ook baie bang.

          Skryf in jou dagboek oor hoe jy voel oor die dag en die geleenthede wat vir
          jou voorlê.                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         10                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                            NSS

3.3       INSTRUKSIES

          Jy was verlede jaar een van die leiers van jou skool. Die hoof het jou onlangs
          gevra om jou skool te besoek en aan die nuwe skoolleiers instruksies te gee
          oor hoe om die skool ŉ veilige plek vir alle leerders te maak.

          Skryf SEWE instruksies neer wat jy vir die skoolleiers sal gee.                        [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                20
                                                                   GROOTTOTAAL:                  100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013-memo/def28fd3-4ef5-4ad1-bec7-aa5d00c18f3f) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
