# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary 2014, 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — QP · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                            FEBRUARIE/MAART 2014

                                 MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                        NSS – Memorandum
ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.

          Bylaag A:             Vraag 1        Opstel
          Bylaag B:             Vraag 2.1      Formele brief
                                Vraag 2.2      Dialoog
                                Vraag 2.3      Koerantberig
                                Vraag 2.4      Toespraak
          Bylaag C:             Vraag 3.1      Dagboekinskrywing
                                Vraag 3.2      Uitnodiging
                                Vraag 3.3      Poskaart

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
          nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
          inhoud aangeslaan word.

4.        Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste kode.

6.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek.

8.        Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.

                             Amper korrek     Te kort/te lank      Heeltemal te kort/te lank
     AFDELING
Afd. A: Opstel                    240–49         230–239                Minder as 230
250–300 woorde                   301–310         311–320                Meer as 320
Afd. B: Langer
transaksionele teks              113–119         106–112                Minder as 106
120–150 woorde                   151–157         158–164                Meer as 164
Afd. C: Korter
transaksionele teks               75–79           69–74                  Minder as 69
80–100 woorde                    101–105         106–111                 Meer as 111

9.        Vraag 1.6:
          •     Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              3                              DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                          NSS – Memorandum
           •       Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud
                   spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
           •       Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend,
                   beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as
                   prikkels.

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.

     VERDUIDELIKING                       SIMBOOL                      BESKRYWING
Woordorde                                    (...)           Hakies/pyltjie
Spelfout                                        =            Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                      /            Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                               T (in die kantlyn)    Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                              ^            Weglaatteken
Taalfoute                                    _____           Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                               //           Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp                     [            Begin van ŉ nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie-                     X             Trek ŉ X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies          (bo die woord)       Regmerkie bokant goeie
                                                             taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling                              hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar              ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel               Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                      O            Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.         Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.         Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
           volgens:

           Afdeling A:       INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
                             REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).

           Afdeling B:       INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
                             STYL en REDIGERING (10 punte).

           Afdeling C:   INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
                         STYL en REDIGERING (7 punte).
3.         Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode
           tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ŉ gegewe punt van 16 –19 uit
           50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
           net EEN punt neer.
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           4                       DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

4.        Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.        Skryf die punte soos volg neer:

       AFDELING A           Kode         Punt         AFDELING       Kode                Punt
           I/B               5           19½           B en C
          T/S/R              2             4            I/B/F          5                  12
            S                5             5            T/S/R          6                   7
                                         28½                                              19
      TOTAAL:                             29         TOTAAL:                              19

6.        Halwe punte word per afdeling afgerond.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum
LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED

AFDELING A: OPSTELTIPES

Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp
gelei.

VERHALENDE OPSTEL

•   Dis ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede).
•   Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.
•   Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
•   Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
•   Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ŉ manier
    gebruik dat die leser graag verder wil lees.
•   Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daarop-
    volgende afloop van gebeure behoort voor te kom.
•   Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   ŉ Buitengewone slot rond dit finaal af.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

BESKRYWENDE OPSTEL

•   Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
    wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
    beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
•   ŉ Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos
    sig, klank, smaak, reuk en sensasie.
•   ŉ Goeie woordeskat is nodig vir ŉ raak beskrywing.
•   Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie belewing
    en sinvolheid geniet aandag.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

BESPIEGELENDE OPSTEL

•   Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid/ŉ herinnering en gee sy/haar
    emosionele reaksies en gevoelens weer.
•   Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid.
•   ŉ Bespiegelende opstel sal subjektief wees.
•   Gevoelens en emosies speel ŉ baie belangrike rol.
•   ŉ Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                        DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum
•   Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die
    gevoelens van die skrywer weer te gee.
•   Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg en persoonlike
    betrokkenheid te toon.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
    opgeweeg en ŉ slotsom word gevorm (logies en sistematies).
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

•   Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
    standpunt te motiveer.
•   Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
•   Dit is ŉ subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om
    sy/haar gesigspunt te deel.
•   NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die
    begin af stelling ingeneem word vir of teen ŉ argument NIE.
•   Die skrywer gee ŉ subjektiewe mening oor die onderwerp.
•   ŉ Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer.
•   Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die
    teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ŉ eie mening te
    gee.
•   ŉ Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
•   Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
•   Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
•   Die slot moet ŉ sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se
    gesigspunt bevestig.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

BEREDENERENDE OPSTEL

•   Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ŉ
    argument te gee.
•   Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en gee
    dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied.
•   Die skrywer mag ŉ spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel, maar
    die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
•   Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ŉ
    onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer.
•   Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
•   Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
•   Die toon is nie emosioneel nie.
•   Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
•   Die skrywer mag aan die einde ŉ aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit
    mag slegs in die slot wees.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   ŉ Gevolgtrekking kan in die slot gegee word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum
      gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

VISUELE PRIKKELS

•     Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die agtergrond kan in ag geneem
      word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern van die prent
      moet oorweeg word by assessering.

ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG

•     Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike inkleding van
      die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
      maar nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
      opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
      ag geneem.
                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

2.1        FORMELE BRIEF

FOKUS:

Die leerder doen skriftelik aansoek om ŉ betrekking.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 120-150.
•     Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
•     Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, naamlik Meneer, Geagte
      Heer/Meneer/meneer Botha; Geagte Dame/Mevrou/mevrou Theys. Me./Mnr.
      moet saam met ŉ van gebruik word, bv. Geagte me. Smith/mnr. Smit.
•     Die inhoud moet formeel en hoflik wees en getuig van professionaliteit.
•     Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die briefskrywer
      en die ontvanger van die brief.
•     Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

FORMAAT:

Die formaat van die brief moet korrek wees:

Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
    (Toegewing: Omdat sekere handboeke wel ŉ reël tussen die adres en datum
    ooplaat, moet ons hier ŉ toegewing maak en nie die kandidate penaliseer nie.)
• Die datum word voluit geskryf bv. 18 Maart 2014.
• Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.
• Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. (Sien bl. 10)
• ŉ Reёl word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat.

Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: Meneer, Geagte Meneer/Mevrou/Dame.
• Afgekorte aanspreekvorme (mnr./mev./me. ens.) moet saam met ŉ van gebruik word.
• Geen leestekens word na Die uwe gebruik nie. (Die uwe opsioneel)
• Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Die
    briefskrywer kan voorletters en van onder die handtekening uitskryf.

Die paragrawe:
• ŉ Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.
• Die slotparagraaf moet die brief se inhoud saaklik en hoflik saamvat.

STYL:

•   Die styl is formeel.
•   Die briefskrywer is oop en eerlik oor sy/haar kwalifkasies.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           9                         DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

         VOORBEELD
                                                                     Posbus 198
                                                                     Brentpark
                                                                     9499
                                                                     18 Maart 2014
         XXX
         Die Bestuurder
         Silwer Wolk Spur
         Posbus 498
         Durban
         4000
         XXX
         Geagte Meneer/Mevrou (Afkortings moet saam met ŉ van gebruik word.)
         XXX
         AANSOEK OM BETREKKING AS KELNER/KELNERIN
         XXX
         Inleidingsparagraaf. Gee die rede vir die brief. Die kandidaat mag ook die
         bron waarin die advertensie verskyn het, noem. Hiermee doen ek graag
         aansoek om die betrekking as kelner/in wat op 17 Maart 2014 in Beeld
         verskyn het.
         XXX
         Paragraaf 2: Brei uit op die rede vir die brief en skryf hoekom aansoek
         gedoen word vir die pos van kelner/in. Verwys na die vereistes waaraan jy
         voldoen, volgens die advertensie.
         XXX
         Paragraaf 3: Probeer die ontvanger oortuig dat jy die regte persoon vir die
         pos van kelner/in is. Vertel van jou bevoegdhede en hoe jy die werk sal
         benader. Vertel meer van jou persoonlikheid wat jou die ideale kandidaat vir
         hierdie betrekking maak.
         XXX
         Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam. Spreek waardering uit vir
         aandag wat geskenk sal word aan die aansoek.
         XXX
         Die uwe (opsioneel, geen punktuasie nie)
         M. Radebe of Mark Radebe

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           10                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                        NSS – Memorandum

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

          Kerkstraat 1                  Posbus 88           Huis 342          Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad          Pleknaam            Pleknaam          Pleknaam
          Pleknaam                      Kode                Kode              Kode
          Kode

          Rusthof                      Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
          Pleknaam                     Westdene
          Kode                         Kode
          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ samestelling
          van TWEE soortname is. Arcadia straat is ŉ samestelling tussen ŉ
          eienaam en ŉ soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
          Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.

          Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
          aanvaar nie.
          MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
          bespreek word na gelang van die geografiese ligging.

2.2        DIALOOG

FOKUS:

•     Die leerder wil meer uitvind oor die familielid/-lede oor wie niemand praat nie.
•     Die leerder vra die oupa oor hierdie persoon/persone uit.
•     Die oupa beantwoord vrae oor die persoon/persone.

VEREISTES:

•      Getal woorde: 120-150.
•      ŉ Dialoog is ŉ gesprek/kommunikasie tussen die leerder en sy/haar oupa.
•      Die taalgebruik, styl en register is informeel en sluit aan by die leerder se navraag
       oor die familielid/-lede.
•      Gebruik leestekens om emosie aan te dui.
•      Gebeurtenisse en staaltjies maak die dialoog interessant.
•      Die leser moet ŉ geheelbeeld van die saak waaroor gesprek handel, kry.
•      Taalgebruik moet aansluit by die doel van die dialoog.
•      Die geskrewe dialoog kan op ŉ vraag-antwoord-metode gedoen word.
•      Die kommunikasieproses moet gemaklik en natuurlik wees.

FORMAAT:

•      Die dialoog word treffend ingelei en die leser se aandag word vasgevang.
•      Die inleidende sin is baie belangrik. Die spreker se navrae oor die familielid/-lede
       word dadelik ingelei.
•      Die sprekers (Ek/Naam en Oupa) se name staan teen die kantlyn.
•      Daar is ŉ dubbelpunt na die naam.
•      Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
•      ŉ Reёl word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3               11                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS – Memorandum

•    Ekstra inligting of beskrywing word tussen hakies geskryf.
•    ŉ Treffende slot rond die dialoog af.

STYL:

•   Die styl is informeel dog respekvol.
•   Die styl berus op vraag en antwoord.
•   Die vrae is direk en saaklik.

         VOORBEELD

                 Gert:             Oupa, hoekom praat niemand oor oom Willie nie?

                 Oupa:             Jong, dis ŉ lang storie, maar as jy tyd het, sal ek jou vertel.

                 Gert:                 Vertel, Oupa. Ek is nou baie nuuskierig. Ma wil niks oor
                                       hom sê nie.

                 Oupa:             My kind, jou oom Willie was in die tronk!

                 Gert (geskok): In die tronk, Oupa? Hoe op aarde het ŉ Brand in die tronk
                                beland? Oupa is dan ŉ dominee!

                 Oupa:             Almal maak mos maar foute. Maar kom ek vertel jou hoe
                                   dit gebeur het.

                 Gert:                 Oupa, ek is die ene ore.

                 Oupa:             Jou oom Willie het met diamante gesmokkel. Ons het
                                   nooit geweet waar hy aan al sy rykdom gekom het nie,
                                   want hy was maar ŉ gewone bankklerk.

                 Gert:             En toe, Oupa?

                 Oupa:             Wel, toe ons ons oë uitvee, het die polisie daar op die
                                   plaas aangekom om hom in hegtenis te neem. Dit was ŉ
                                   groot skande en ons wou nie hê die gemeente moes
                                   daarvan weet nie. Ons het die fout gemaak om vir almal
                                   te vertel dat oom Willie oorsee gegaan het.

                 Gert:             Het niemand ooit daarvan uitgevind nie, Oupa?

                 Oupa:             Nee, my kind. Toe hy uit die tronk ontslaan is op grond
                                   van goeie gedrag, het hy nooit weer met ons kontak
                                   gemaak nie. Niemand weet wat van hom geword het nie.

                 Gert:             Ai, Oupa. Ek hoop ek stel Oupa nooit so teleur nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                        NSS – Memorandum

2.3        KOERANTBERIG

FOKUS:

Die leerder skryf ŉ berig vir die plaaslike koerant oor diefstal van ŉ motor voor ŉ winkel
op die dorp.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 120-150.
•     Dis ŉ berig oor motordiefstal wat in ŉ koerant gepubliseer word.
•     Die berig sal lesers inlig oor wat daar gebeur het.
•     Die onderwerp moet in die titel saamgevat word.
•     ŉ Subtitel of kort beskrywing kan ook gegee word.
•     Die omgekeerde piramide-metode word vir die lyf van die berig gebruik.
•     Die meeste feite word kortliks in die eerste paragraaf weergegee: Wie, wat, waar,
      wanneer, waarom en hoe.
•     Wie? Wat? Wanneer? Waarom? Hoe? vrae word in die volgende
      paragrawe uitgebrei.
•     Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee.
•     Deeglike kennis oor die onderwerp is belangrik.
•     Taal en styl is formeel.
•     Die slot kan ŉ samevatting van die berig wees.

FORMAAT:

•     Die koerantberig kan in paragrawe of kolomme aangebied word.
•     Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
•     Die belangrikste sake moet eerste gestel word.
•     Aanhalings kan gebruik word.

STYL:

•     Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. (Die teikengroep is die
      inwoners van die dorp.)
•     Hierdie berig is formeel en informatief van aard.
•     Die berig moet oortuigend en geloofwaardig wees.
•     Nugter en saaklike feite word weergegee.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          13                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

           VOORBEELD

                      MOTOR REG VOOR WINKEL GESTEEL
           Inleidingsparagraaf

           (Verduidelik watter insident reg voor die winkel op die dorp plaasgevind het.)
           Inwoners van Dundee is ontsteld nadat ŉ motor gister helderoordag voor SPAR
           op die dorp gesteel is.

           Paragraaf 2

           (Beantwoord die wie-, wat-, wanneer-, waar-, hoe- en hoekom-vrae.
           Die skrywer was ŉ ooggetuie en verskaf inligting oor die gebeure.)
           Mnr. Frans Erasmus, skoolhoof van die plaaslike laerskool, se motor is gesteel
           terwyl hy in die winkel was. “Ek het net vinnig by Spar stilgehou om brood en
           melk te koop. Ek was nie langer as 20 minute binne nie. Toe ek uitkom, was my
           motor weg,” het Erasmus geskok gesê.

           Paragraaf 3 en verder

           (Die res van inligting in dalende orde van belangrikheid.)
           Dit lyk asof motordiewe luukse Duitse motors teiken. Mnr. Frans Erasmus se
           motor was die derde wat in die afgelope maand voor die Spar gesteel is. Daar is
           min inligting oor hierdie diefstal beskikbaar, want daar was geen
           sekuriteitskameras tydens die diefstal nie. Daar was ook geen motorwagte op
           daardie oomblik voor die winkel nie.

           Slotparagraaf

           (Die slot kan ŉ samevatting van die koerantberig wees.)
           Die polisie het enkele leidrade by die publiek gekry en hoop om binnekort ŉ
           deurbraak te maak.

2.4        TOESPRAAK

FOKUS:

•     Die leerder is ŉ kaptein van ŉ sportspan.
•     As kaptein motiveer hy/sy die span voor ŉ belangrike wedstryd.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 120-150.
•     Die aanspreekvorm aan die begin van die toespraak moet informeel wees en die
      teikengroep betrek.
•     Die inligting moet duidelik, volledig en motiverend oorgedra word.
•     Die motivering moet duidelik aan die span gekommunikeer word.
•     Die inleiding moet so interessant wees dat dit dadelik die gehoor se aandag
       sal trek.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          14                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum
•   Daar moet ŉ duidelike spanningslyn of ŉ stygende lyn van belangrikheid wees.
•   Maak gebruik van informele taalgebruik, maar nie sleng nie.
•   Interessante voorbeelde en aanhalings maak die toespraak interessant.
•   Die slot moet die gehoor prikkel en oortuig.

FORMAAT:
•    Een of meer paragrawe is toelaatbaar.
•    Aanhef
      Korrekte aanspreekvorm en teikengroep moet genoem word.
•    Inleiding
      Die doel van die onderwerp word ingelei en die gehoor se aandag word getrek.
•    Liggaam
      Die toespraak sluit verskillende hoofpunte in wat die leerders motiveer om hulle
      bes in die wedstryd te lewer.
•    Slot
     ŉ Treffende slot met ŉ finale poging om te oortuig.
     Die slot moet die onderwerp saamvat en kort en bondig wees.

STYL:

•   Hierdie toespraak is informeel en persoonlik van aard.
•   Die spreker moet oortuigend en geloofwaardig voorkom.
•   Die motivering moet duidelik blyk uit wat die spreker sê.

         VOORBEELD

          Beste spanmaats (Die spreker spreek die teikengroep aan.)

          Inleiding:    (Die inleidende sin is interessant, boeiend. Dadelik
                       gerig op die onderwerp van bespreking.)
          Om te wen, is nie alles nie, maar om as ŉ span saam ons bes te lewer, is
          die belangrikste. Geen span pak ŉ wedstryd aan sonder om te wil wen nie.

          Liggaam:       (Begin met onderwerp: motivering om hulle bes te lewer
                         tydens die wedstryd.
                         Gee feite oor hoekom dit so belangrik is om ŉ goeie wedstryd
                         te speel. Die sinne moet informatief en oortuigend wees.
                         Hou die spreektaal gemaklik en informeel.)
          Ons het baie hard geoefen. Hierdie wedstryd is vir ons uiters belangrik.
          Ons skool het nog nooit die finale rondte bereik nie; dus is dit reeds ŉ groot
          prestasie vir ons. Ons ondersteuners maak op ons staat om met hierdie
          wedstryd geskiedenis te maak. Hoe trots sal almal nie op ons wees nie.
          Ons borge, Coca-Cola, het belowe om nog geld te belê vir oefening, ŉ
          voltydse afrigter en toerusting as ons hierdie wedstryd wen.

          Slot:     (ŉ Verduideliking word aan spanlede gegee oor hoekom dit so
                     belangrik is om hulle bes in hierdie wedstryd te lewer. Dit
                     vorm die slot.)
          Kom, spanmaats. Ons is reg vir die uitdaging! Vandag draf ons uit om te
          wen! Kom wat wil!

ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            15                        DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                         NSS – Memorandum
Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
                                                              TOTAAL AFDELING B:                 30

AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 3

3.1     DAGBOEKINSKRYWING

FOKUS:

Die leerder skryf sy/haar gedagtes oor die eerste dag by die nuwe werk, neer.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 80-100.
•     Die dagboekinskrywing word in die eerste persoon geskryf.
•     Mense word by die naam genoem.
•     Gebruik gepaste tye.
•     Sinne word kort en kragtig geformuleer.
•     Sinne ondersteun die kerngedagte van die opdrag, naamlik die skrywer se gedagtes
      oor die nuwe dinge wat hy/sy by die werk ervaar het.

FORMAAT:

•     Die kandidaat hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
•     Die dagboekinskrywing moet ŉ dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.
•     Die datum kan aan die linkerkant, regterkant of in die middel geskryf word.
•     Die uiteensetting is in paragraafvorm of meer as een paragraaf.
•     Gebruik leestekens en hoofletters funksioneel.

STYL:

•     Die styl is persoonlik van aard.
•     Emosiebelaai.
•     Oortuigend.

           VOORBEELD

                                                                          15 Maart 2014

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          16                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum
                                                                  (Links, middel of regs)

          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          (Verwoord gedagtes/gevoelens oor die eerste dag by die nuwe werk.)
          Van vroeg vanoggend af, was ek baie benoud. Ek het nie geweet wat om te
          verwag nie. Wat ŉ wonderlike ervaring! Die bestuurder van die maatskappy het
          my kom verwelkom en ek het sommer dadelik tuis gevoel. My werksplek is
          aangenaam, die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek moet eerlik wees,
          my kop draai ŉ bietjie van alles wat ek vandag geleer het. Nou moet ek nog net
          vriende maak en dan is my lewe volmaak. Liewe Dagboek, ek kan eintlik nie
          wag om weer môre werk toe te gaan nie!

          (Kan in een of meer paragrawe aangebied word.)

3.2       UITNODIGING

FOKUS:

Die leerder nooi vriende of familie formeel na ŉ troue uit d.m.v. ŉ troukaartjie.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 80-100.
•     Die doel is om gaste uit te nooi na ŉ troue (Wat?).
•     Die volgende inligting moet in die uitnodiging verskyn:
         - Wie stuur die uitnodiging?
         - Wie word na die troue genooi?
         - Wanneer gaan (dag, datum en tyd) die troue plaasvind?
         - Waar gaan die troue gehou word?
         - Teen wanneer datum moet die gaste op die uitnodiging reageer?
         - Hoe word daar op die uitnodiging geantwoord?
         - Kontakbesonderhede?
•     Ekstra inligting wat verskaf kan word:
           kleredrag
           akkommodasie
           geskikte geskenke
           padaanwysings
•     Die inhoud is kort en die taal formeel.
•     Die toon en register moet pas by die formele aard van ŉ uitnodigingskaartjie.
•     Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.

FORMAAT:

• Dit neem die vorm van ŉ uitnodigingskaartjie aan.
• Volledige inligting moet verskaf word.
• Sierskrif is opsioneel.
STYL:

•     Toepaslike taalgebruik.
•     Puntsgewys.
•     Volsinne is die uitsondering.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          17                          DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

        VOORBEELD

                                       UITNODIGING

            U word hartlik uitgenooi na die huwelik/troue/bruilof van ....
                           (Naam van bruid en bruidegom)

           DATUM: 10 Julie 2014

           TYD: 16:00

           PLEK: Kerkdiens: Metodiste Kerk, Klerksdorp
           ONTHAAL: Oudorp Gholfklub, Klerksdorp

           KLEREDRAG: Formeel

           Geskenke in die vorm van geld is altyd welkom.

           Kinders onder die ouderdom van twaalf word ongelukkig nie uitgenooi
           nie.

           RSVP: Voor 05 Julie 2014

           Dis die troue van die jaar. Kom en geniet die geleentheid saam met
           ..... en .....

           Daar is spesiaal voorsiening gemaak vir gaste wat wil oorslaap.

           Kontak Themba (0838182430) vir verdere besonderhede of
           padaanwysings.

3.3       POSKAART

FOKUS:

•     Die leerder stuur die poskaart aan ŉ maat.
•     Die leerder vertel van iets wonderliks wat tydens die vakansie met sy/haar gebeur het.

VEREISTES:

•     Getal woorde: 80-100.
•     ŉ Poskaart is ŉ kort kommunikasiewyse om ŉ boodskap oor te dra.
•     Net hooftrekke en gebeure word genoem.
•     Die tye sal wissel na gelang van die onderwerp.
•     Beskrywende woorde word gebruik.
•     Funksionele leestekengebruik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          18                           DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                       NSS – Memorandum

FORMAAT:

•      Die formaat van die poskaart moet korrek wees.
•      Gebruik die formaat soos aangedui in die vraestel. (Halwe A4)
•      Die naam en adres van ontvanger verskyn aan die regterkant van die poskaart.
•      Aanhef, om aan te dui aan wie die poskaart geskryf word, kom aan die linkerkant.
•      Die datum moet gegee word.
•      Die boodskap aan die beste maat word aan die linkerkant geskryf.
•      Dit is nie nodig om die poskaart in paragrawe aan te bied nie.
•      Die leerder hoef nie reëls oop te laat nie.
       Die sinne is kort en bondig bv. Ons geniet die vakansie. Baie om te sien en te
       doen. Alhoewel dit nie ŉ volsin is nie, is dit aanvaarbaar.
•      Indien die leerder na ŉ vakansieplek wil verwys, kan “plek” na die blyplek of
       die omgewing verwys.

STYL:

•     Kort sinne word gebruik.
•     Informele trant.
•     Informatief van aard.

           VOORBEELD

                                                  15 Maart 2014
    Beste Natasha                                                             POSSEËL
    XXX
    Vyfster hotel! Jacuzzi! Wat ŉ belewenis! Ons word soos
    BBP’s behandel. Die beste nuus ooit: Ek het vir Justin
    Bieber IN LEWENDE LYWE gesien! Natasha, dit voel                Natasha van Wyk
    soos ŉ droom! Hy het by ŉ tafeltjie gesit en roomys eet –       Francis Baardstraat 7
    weggesteek agter ŉ yslike sonbril. Ek het hom                   Pretoria
    onmiddellik herken! Hy was baie vriendelik toe ek hom vir       1000
    sy handtekening gevra het. Hy het sy arm om my nek
    gesit vir ŉ foto. Kan jy dit glo! Die meisies gaan groen
    wees as hulle hierdie foto op Facebook sien. Sien jou
    Maandag by die skool.
    Groete tuis.
    Zintle

ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
TRANSAKSIONELE TEKSTE

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                      GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
  Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3                                               19                                                                                  DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                                               NSS – Memorandum

AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
                     Baie goed - Puik                  Goed                  Bo-gemid.                   Gemiddeld                  Ondergemid.          Swak, maar slaag         Te swak om te slaag
     50                 KODE 7                     KODE 6                   KODE 5                      KODE 4                        KODE 3                 KODE 2                   KODE 1
   PUNTE              Uitmuntend                 Verdienstelik             Beduidend                   Voldoende                       Matig                 Basies                 Ontoereikend
                       80-100%                     70-79%                   60-69%                      50-59%                        40-49%                 30-39%                    0-29%
                           26-32                   22½-25½                   19½-22                        16-19                      13-15½                 10-12½                       0-9½
                  -Inhoud toon uit-          -Inhoud toon goeie        -Inhoud toon bo-          -Inhoud toon ’n              -Inhoud toon              -Inhoud dikwels           -Inhoud nie ter sake
 INHOUD EN         stekende inter-            interpretasie van        gemiddelde                 voldoende                    ondergemiddelde           onverstaanbaar.           nie. Geen
                   pretasie van onder-        onderwerp.                interpretasie van         interpretasie van            interpretasie.            Gebrek aan                samehang nie.
BEPLANNING         werp.                     -Idees interessant en      onderwerp.                onderwerp.                   Leemtes in same-          samehang.                -Idees herhaal.
                  -Idees uitdagend en         verbeeldingryk.          -Idees interessant en     -Idees gewoon en              hang.                    -Idees is min en          -Beplanning en/of
                   volwasse.                 -Beplanning en/of          oortuigend.               diepte ontbreek.            -Idees meestal             dikwels herhalend.        eerste poging
 32 PUNTE         -Beplanning en/of           eerste poging lei tot    -Beplanning en/of         -Beplanning en/of             relevant, herhalend.     -Beplanning en/of          ontbreek heeltemal.
                   eerste poging lei tot      goedsaamgestelde,         eerste poging lei tot     eerste poging lei tot       -Beplanning en/of          eerste poging lei tot     Swak opstel/
                   ŉ feitlik foutlose,        gepaste opstel.           ŉ goeie, gepaste          ŉ bevredigende               eerste poging lei tot     opstel wat nie goed       aanbieding.
                   gepaste opstel.                                      opstel.                   opstel/ aanbieding.          ondergemiddelde,          aangebied is nie.
                                                                                                                               dog redelik
                                                                                                                               verstaanbare opstel.
                           10-12                     8½-9½                     7½-8                          6-7                        5-5½                      4                       0-3½
                  -Toon kritiese             -Toon kritiese            -Daar is bewyse van       -ŉ Aanduiding van            -Beperkte kritiese        -Geen kritiese            -Geen kritiese
TAAL, STYL         taalbewustheid.            taalbewustheid.           kritiese taalbewust-      kritiese taalbewust heid.    taalbewustheid.           taalbewustheid.           taalbewustheid.
                  -Effektiewe gebruik        -Korrekte gebruik van      heid.                    -Taal baie eenvoudig         -Taal gewoon en           -Gebrekkige taal en       -Ernstige gebrek aan
    EN             van taal en                taal en punktuasie.      -Taal en punktuasie:       en punktuasie                punktuasie dikwels        punktuasie.               taal en punktuasie.
REDIGERING         punktuasie. Maak           Kan figuurlike taal       meestal korrek.           voldoende.                   foutiewelik gebruik.     -Woordkeuse               -Woordkeuse
                   van figuurlike taal        gebruik in korrekte      -Woordkeuse is            -Woordkeuse                  -Woordkeuse                beperk.                   ontoepaslik.
                   gebruik.                   konteks.                  gepas vir opstel.         voldoende.                   basies.                  -Styl, toon en            -Styl, toon en register
 12 PUNTE         -Woordkeuse hoogs          -ŉ Variasie in            -Styl, toon en register   -Styl, toon en register      -Styl, toon en register   register                   is baie gebrekkig.
                   toepaslik/                 woordekeuse en            is meestal toepaslik      oor die algemeen in          toon gebrek aan           gebrekkig.               -Opstel is besaai met
                   uitmuntend.                word korrek gebruik.      vir die onderwerp.        ooreenstemming met           samehang.                -Opstel is besaai          foute en verwarrend
                  -Styl, toon en register    -Styl, toon en register   -Opstel oor die            vereistes vir die           -Opstel het steeds        met                        ten spyte van proef-
                   is hoogs gepas.            is toepaslik vir die      algemeen foutloos         onderwerp.                   baie foute na             foute ten spyte van       lees en redigering.
                  -Opstel feitlik foutloos    onderwerp.                na proeflees en          -Opstel het steeds            proeflees en              proeflees en
                   na proeflees en           -Opstel meestal            redigering.               foute na proeflees en        redigering.               redigering.
                   redigering.                foutloos na proeflees                               redigering.
                                              en redigering.
                             5-6                        4½                        4                           3                           2½                      2                       0-1½
                  -Ontwikkeling van          -Ontwikkeling van         -Ontwikkeling van         -Onderwerp bevat             -Daar is bewyse van       -Dwaal soms van die       -Afgedwaal van die
STRUKTUUR          onderwerp                  onderwerp is              onderwerp                 sommige idees,               ontwikkeling van          onderwerp af.             onderwerp.
                   samehangend met            samehangend met           samehangend en            noodsaaklike details         sommige noodsaak-         Algemene gedagte-        -Sinskonstruksie en
                   verbeeldingryke            verbeeldingryke           logiese ontwikkeling      egter ingesluit.             like idees.               gang moeilik om te        paragrafering:
  6 PUNTE          details.                   details.                  van details.             -Sinskonstruksie en          -Sinskonstruksie en        volg.                     deurmekaar en
                  -Sinne en paragrawe        -Sinne en                 -ŉ Verskeidenheid          paragrafering mag            paragrafering foutief,   -Sinskonstruksie en        ondeurdag.
                   samehangend                paragrafering:            tipes sinne en            foute bevat, maar            maar idees is             paragrafering baie       -Lengte is heeltemal
                   saamgestel.                samehangend, goed         paragrawe skakel          opstel maak nog sin.         verstaanbaar.             elementêr                 te kort/te lank.
                  -Lengte is in ooreen-       gekonstrueer/             logies.                  -Lengte is amper             -Lengte is te kort/        saamgestel.
                   stemming met               saamgestel.              -Lengte is korrek.         korrek.                      te lank.                 -Lengte is te kort/
                  vereistes.                 -Lengte is korrek.                                                                                          te lank.
  Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
