# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2014, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2014 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          1                       DBE/November 2011
                                             NSS

                                      NASIONALE
                                  SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 FEBRUARIE/MAART 2014

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                            Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         2                              DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:        Opstel                                         (50)
          AFDELING B:        Langer transaksionele teks                     (30)
          AFDELING C:        Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                             transaksionele tekste                          (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
          beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A: 80 minute
          AFDELING B: 40 minute
          AFDELING C: 30 minute

8.        Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

10.       LET WEL:        Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                          word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        3                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

                       ’N VRIEND WAT JY ALTYD SAL ONTHOU
1

1.1

                                               [Uit: www.google.com]

          Jy het gedurende jou skoolloopbaan baie vriende gemaak. Daar is egter een
          vriend wat jy altyd sal onthou.

          Skryf ŉ opstel oor daardie vriend.                                                    [50]

1.2                          ’N DAG SAAM MET ’N STRAATKIND

                                               [Uit: www.google.com]

          Jy het ŉ dag saam met ŉ straatkind deurgebring.

          Dink byvoorbeeld aan:

          •    Wat julle gedoen het
          •    Hoe mense julle behandel het
          •    Die lesse wat jy geleer het

          Skryf ŉ opstel daaroor.                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        4                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                           NSS

1.3

                                                              NUWE
                                OU                            BEGIN
                               LEWE
                                                                 ?
          Jy het besluit om jou verkeerde lewe te los. Dis tyd vir ŉ nuwe begin.

          Skryf ŉ opstel daaroor.                                                               [50]

1.4

                                          REPUBLIC OF
                                        SOUTH AFRICA

                                           REPUBLIQUE
                                       D'AFRIQUE DU SUD

                                          PASPOORT
                                               [Uit: www.google.com]

          Wat sal jy alles doen as jy jou paspoort het?
          Dink aan:

          •     Waarom ŉ paspoort vir jou so belangrik is
          •     Die plekke waaroor jy nog altyd gedroom het
          •     Die loopbaangeleenthede as jy ŉ paspoort het

          Skryf ŉ opstel daaroor.                                                               [50]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3       5                             DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                          NSS

1.5

                                                          [Uit: www.google.com]

          Jou ouma is een van daardie mense wat sukkel om met ŉ selfoon te werk.

          Skryf ŉ opstel daaroor.                                                                [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
          skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet direk by die KERN van die prent aansluit.

          1.6.1

                                                             [Uit:www.google.com]               [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3      6                               DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                         NSS

          1.6.2

                                                  [Uit: www.google.com]                         [50]

          1.6.3

                                       [Uit: www.google.com]                                    [50]

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              7                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                                 NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

2.1       FORMELE BRIEF

          Jy het die volgende advertensie in die koerant gelees en wil graag aansoek
          doen vir hierdie werk.

                                          KELNER OF KELNERIN

                                       Dié pos is vanaf 01/04/2014 by
                                       Silwer Wolk Spur beskikbaar.
                                       Vereistes:
                                       • Harde werker
                                       • Goeie kommunikasievermoëns
                                       • Lief vir mense
                                       • Eie vervoer
                                       Pos jou aansoekbrief aan:

                                       Die Bestuurder
                                       Silwer Wolk Spur
                                       Posbus 498
                                       Durban
                                       4000

          Skryf ŉ formele brief en doen aansoek vir hierdie pos.                                     [30]

2.2       DIALOOG

          Daar is een of meer van jou familielede oor wie niemand praat nie. Jy het
          besluit om jou oupa oor hierdie persoon/persone uit te vra.

          Skryf die dialoog tussen jou en jou oupa neer.                                             [30]

2.3       KOERANTBERIG

          ŉ Motor is voor ŉ winkel op julle dorp gesteel.

          Skryf ŉ koerantberig oor wat daar gebeur het.                                              [30]

2.4       TOESPRAAK

          Jy is die kaptein van ŉ sportspan. Jy moet jou span voor ŉ belangrike
          wedstryd motiveer.

          Skryf jou toespraak.                                                                       [30]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:           30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3       8                            DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                          NSS

AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
            TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 3

•      Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•      Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
       neer.

3.1       DAGBOEKINSKRYWING

          Jou eerste dag by ŉ nuwe werk is verby.

          Skryf jou gedagtes oor daardie dag in jou dagboek neer.                               [20]

3.2       UITNODIGING

                                                [Uit: www.google.com]

          Jou suster gaan trou.

          Skryf die inhoud van die uitnodigingskaartjie vir die troue neer.                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3       9                         DBE/Feb.–Mrt. 2014
                                          NSS

3.3       POSKAART

          Jy en jou ouers is met vakansie. Daar het iets wonderliks met jou tydens
          hierdie vakansie gebeur. Jy kan nie wag om vir jou beste maat daarvan te
          vertel nie.

          Gebruik hierdie formaat om die nuus wat jy aan jou maat wil stuur, neer te
          skryf.

                                                                             Seël

                                                                __________
                                                                __________
                                                                __________
                                                                ______

                                                                                          [20]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
