# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary 2015, 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                             FEBRUARIE/MAART 2015

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

       Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           2                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke soos volg:

          BYLAAG A:             VRAAG 1        OPSTEL
          BYLAAG B:             VRAAG 2.1      FORMELE BRIEF
                                VRAAG 2.2      HULDEBLYK
                                VRAAG 2.3      INFORMELE VERSLAG
                                VRAAG 2.4      FORMELE TOESPRAAK
          BYLAAG C:             VRAAG 3.1      ADVERTENSIE
                                VRAAG 3.2      DAGBOEKINSKRYWINGS
                                VRAAG 3.3      AANWYSINGS

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
          nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
          aangeslaan word.

4.        Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste kode.

6.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
          gepenaliseer nie.

8.        VRAAG 1.6:
          • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
            steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
            of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3            3                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS – Memorandum

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:

VERDUIDELIKING                     SIMBOOL                   BESKRYWING
Woordorde                          ( )                       Hakies en pyltjie
Spelfout                           =                         Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                         /                         Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                           T (in die kantlyn)        Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                 ^                         Weglaatteken
Taalfoute                          _____                     Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                  //                        Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp        [                         Begin van ŉ nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale en *nie-     X                         Trek ŉ X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
*Standaardafrikaans bly die
norm. Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
Aanvaar terminologieterme
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies       (bo die woord)          Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                             idees of uitdrukkings.
Herhaling                          hh (in die kantlyn)       Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar          ∫ (in die kantlyn)        Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel           Vr (in die kantlyn)       Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                O                  Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.        Assesseer die leerder           se   skryfstukke   na   aanleiding    van       die   vyf
          KATEGORIEË volgens:

          AFDELING A:         INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                              REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

          AFDELING B:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).

          AFDELING C:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3             4                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS – Memorandum

3.        Evalueer eers hoe UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE die
          leerder se skryfstuk is, byvoorbeeld uit die punt 24-30 uit 30 vir INHOUD en
          BEPLANNING moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk
          verdien. Skryf net EEN punt neer.

4.        Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.        Skryf die punte soos volg neer:

      AFDELING A          Kode               Punt        AFDELING B   Kode               Punt
      I/B                 Knap+              22          I/B/F        Gemiddeld          10
      T/S/R               Uitsonderlik–      13          T/S/R        Elementêr          5
      S                   Knap               4           TOTAAL:                         15
      TOTAAL:                                39

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           5                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

LET WEL:Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.

AFDELING A: OPSTEL

1.1        Ek het verkeerd gekies.

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/
      bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar
      nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle
      bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
      geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van daardie
         keuse wat hy/sy gemaak het, wat agterna geblyk het die verkeerde keuse te
         wees. Die leerder kan in sy/haar vertelling die klem laat val op die verkeerde
         keuse en dan net noem dat hy/sy verkeerd gekies het. Die leerder kan ook ewe
         veel aandag aan die regte en die verkeerde keuse gee. Die leerder kan ook
         konsentreer op die gevolge van die verkeerde keuse wat dan uiteindelik
         uitgeloop het op die besef dat die verkeerde keuse gemaak is.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse sy/haar
         verkeerde keuse, maar kan ook konsentreer op ŉ beskrywing van die emosies
         en gevolge van die verkeerde keuse.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die korrektheid van
         sy/haar keuse. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie waarin sy/haar keuse
         hom/haar laat beland het en wonder of hy/sy nie maar ŉ ander keuse moes
         gemaak het nie. Die leerder kan ook bespiegel hoe anders dinge kon wees
         indien hy/sy die ander keuse gemaak is. Dis belangrik dat die uiteinde van die
         bespiegeling by die onderwerp aanpas, naamlik dat die leerder besef hy/sy
         moes ŉ ander keuse gemaak het.
       Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of hy/sy reg gekies het. Die
         een keuse se gevolge word teen die ander keuse s’n opgeweeg. Die leerder
         moet dan egter uitkom by die onderwerp van hierdie opstel, naamlik: “Ek het
         verkeerd gekies”.
       Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
         onderwerp van die opstel as standpunt, naamlik: “Ek het verkeerd gekies”. Die
         leerder gee nou redes vir hierdie standpunt.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

1.2        Dit inspireer my ...

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/
      bespiegelend.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar
      nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle
      bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
      geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         ding(e)/ŉ mens(e)/ervaring(s)/gebeurtenis(se) wat hom/haar inspireer. In hierdie
         opstel moet die leerder dit wat hom/haar inspireer beskryf, m.a.w. hoe?/ waar?/
         wanneer/wie? ens.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse wat
         hom/haar inspireer.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor dit wat hom/haar
         inspireer. Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.3        ŉ Geheim in Ouma se dagboek

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/ verhalend/
      beskrywend.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar
      nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle
      bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
      geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor ŉ geheim wat in sy/haar
         ouma se dagboek verskyn of in die dagboek van iemand anders se ouma
         ontdek is. Die leerder sal dan die geheim oordink en oorweeg.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         geheim wat in sy/haar ouma se dagboek verskyn of in die dagboek van iemand
         anders se ouma ontdek is.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         geheim wat in sy/haar ouma se dagboek verskyn of in die dagboek van iemand
         anders se ouma ontdek is. Die beskrywing sal aansluit by die emosies of
         gevoelens gewek deur die geheim.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.4        Dit is my reg!

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
      argumenterend/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
      maar nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
      opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
      ag geneem.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           7                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder die reg noem en dan oorweeg/
         redeneer die leerder of dit wel sy/haar reg of dalk ŉ voorreg is.
       Argumenterende opstel: Hier moet die leerder die reg noem en dan redes
         aanvoer waarom dit sy/haar reg is.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         gebeurtenis waarin ŉ reg ter sprake was en hoe hy/sy besluit het daardie
         kwessie is ŉ reg.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         emosies en gevoelens, miskien by miskenning of in die stryd om die reg erken
         te kry.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die hele aangeleentheid
         van wat sy/haar reg, sy/haar voorreg of verpligting is. Die leerder sal die situasie
         wat hy/sy skep, deurdink en verskillende opsies oorweeg.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                         [50]
1.5        Is Lewensoriëntering as skoolvak nodig?
•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
      beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val, maar
      nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle
      bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
      geneem.
•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
         onderwerp as standpunt, naamlik Lewensoriëntering is as skoolvak nodig of nie.
       Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ŉ gebalanseerde opstel of
         Lewensoriëntering as skoolvak nodig of onnodig is. Die leerder mag uiteindelik ŉ
         standpunt inneem.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die leerder of
         Lewensoriëntering as skoolvak nodig of onnodig is.
       Verhalende opstel: In ŉ verhalende opstel vertel die leerder op ŉ interessante
         wyse waarom Lewensoriëntering as skoolvak nodig of onnodig is.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
         Lewensoriëntering as nodige of onnodige skoolvak.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                         [50]
1.6        VISUELE PRIKKELS
•      Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
       onthou dat, alhoewel hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid
       interpretasies, die opstel direk by die prikkel moet aansluit. Die leerder se
       perspektief moet by assessering oorweeg word.
•      Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike inkleding van
       die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
•      Die opstel wat geskryf word kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
       maar nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
       opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
       ag geneem.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           8                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

1.6.1     Prentjie: Roos

•   Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•   Letterlike interpretasie: Roos as blom
•   Figuurlike interpretasie: Roos as simbool van liefde, versoening, ens.
•   Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
    sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.6.2     Prentjie: Tralies

•   Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•   Letterlike interpretasie: Tronkstraf, misdaad, diefwering, ens.
•   Figuurlike interpretasie: Vasgevang voel, beperkings, beperkende reëls, vryheid,
    ens.
•   Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
    sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.6.3     Prentjie: Meisie met Afrika-kaart

•   Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•   Letterlike interpretasie: Meisie het die kaart uitgeknip/gevind, skoolprojek, ens.
•   Figuurlike interpretasie: Kind van Afrika, Afrika is in die hande van jongmense,
    trots Afrikaan, trots Suid-Afrikaans, Suid-Afrika is deel van ŉ groter prentjie/
    kontinent, ens.
•   Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
    sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1       FORMELE BRIEF                                                                            [30]

          FOKUS
          Die leerder skryf ŉ formele brief aan die bestuurder/es van ŉ winkel waarin
          hy/sy oor die swak diens wat hy/sy ontvang het, kla.

          VEREISTES
          •    Die sakebrief word aan die bestuurder/es van die winkel gerig.
          •    Die taal en styl van die formele brief is formeel en saaklik.
          •    Die inleidingsparagraaf stel die klagte oor swak diens duidelik.
          •    Die liggaam brei uit op die klagte en stel moontlike oplossings voor indien
               nodig.
          •    Die toon en register is respekvol, maar selfgeldend.

          FORMAAT
          Die formaat van die brief moet korrek wees:
          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer word regs boaan in blokvorm geskryf.
          • Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
          • Toegewing: ŉ Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
          • Die datum word voluit geskryf: 10 Maart 2015.
          • ŉ Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
          • Die bestuurder/es se naam en adres word links teen die kantlyn in
              blokvorm geskryf.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
          Die aanhef, afsluiting en slot
          • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
          • As die naam van die bestuurder/es bekend is, word hy/sy aangespreek
              as “Geagte mnr./mev. Du Randt”/“Geagte mevrou Smit/Mevrou”/
             “Geagte meneer Mbatha/Meneer”.
          • ŉ Reël wat die essensie/doel van die brief weergee, volg en word
              onderstreep. Indien die essensie van die brief in hoofletters geskryf
              word, word dit nie onderstreep nie.
          • “Die uwe” en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot.
          • Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word.
          • ŉ Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat
              nie.
          Die paragrawe
          • ŉ Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
          • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik en moet ŉ
              skakel tussen die briefskrywer en die bestuurder/es wees.
          • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
              kla teenoor die bestuurder/es oor die swak diens wat hy/sy ontvang het
              en stel moontlike oplossings voor indien nodig.
          • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk die hoop uitspreek dat
             moontlike oplossings in ag geneem sal word.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           10                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

          VOORBEELD
                                                                      Alwynstraat 14
                                                                      Pretoria
                                                                      0001
                                                                      15 Maart 2015
          XXX
          Die Bestuurderes
          Goeiediens Supermark
          Strubenstraat 108
          Pretoria
          0001
          XXX
          Geagte me. Buthelezi
          XXX
          KLAGTE OOR SWAK DIENS/Klagte oor swak diens
          XXX
          Ek wil kla oor die swak diens wat ek onlangs by Goeiediens Supermark
          ontvang het.
          XXX
          Ek ondersteun u winkel al jare lank en dit is die eerste keer dat ek uiters
          ontevrede met die diens is. Van die aartappels in die sak was vrot, en omdat
          dit in ŉ 10 kilogram-sak verpak is, was dit nie sigbaar toe ek dit gekoop het
          nie. Toe ek dit by die huis oopgemaak het, het ek ontdek dat ŉ hele paar van
          die aartappels sleg is. Ek het die sak aartappels die volgende dag na u
          supermark teruggeneem en dit onder die winkelassistent se aandag gebring.
          Hy wou dit nie vervang nie.
          XXX
          Ek stel voor dat die winkelassistent opgelei word in hoe om ŉ klant se klagtes
          te hanteer. Verder verwag ek dat ek my geld terugkry.
          XXX
          Ek hoop om so spoedig moontlik u antwoord te ontvang.
          XXX
          Die uwe
          Mapula Mokuena                                                  (146 woorde)
         Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
          Kerkstraat 1                  Posbus 88   Huis 342    Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad          Pleknaam    Pleknaam    Pleknaam
          Pleknaam                      Kode        Kode        Kode
          Kode
          Rusthof         Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
          Pleknaam        Westdene
          Kode            Kode
          LET WEL: Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ
          samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ŉ samestelling
          tussen ŉ eienaam en ŉ soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
          Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.
          (AWS, 2009 bl.121)
          Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square,
          word aanvaar nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           11                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

2.2       HULDEBLYK

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ huldeblyk oor iemand wat ŉ belangrike rol in sy/haar lewe
          gespeel het en wat hy by 'n begrafnisdiens gaan lewer.

          VEREISTES

          •   Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ŉ belangrike rol in die leerder
              se lewe gespeel het.
          •   Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
              van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of
              hoogtepunte van die persoon se lewe, staaltjies oor die persoon se
              persoonlike herinneringe, die rol wat die oorledene in die leerder se lewe
              gespeel het.
          •   Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die
              betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
          •   Die gehoor moet ŉ geheelbeeld van die persoon kry.
          •   Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die
              teenwoordige/toekomende tyd geskryf.
          •   Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
              persoon verwys word.
          •   Die toon is versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol
              van aard.
          •   Die taal, styl en register is formeel.
          •   Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

          FORMAAT

          •   Opskrif
              Die huldeblyk moet ŉ opskrif hê.
              Die huldeblyk mag ŉ sub-opskrif insluit.
          •   Inleidende paragraaf
              Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
              word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se
              lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
          •   Paragraaf 2 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
              en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende
              daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
              oor ŉ nuwe feit/gedagte.
          •   Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker ook vir die familie sterkte toewens.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

          VOORBEELD

          Ben Dlamini: Held van die gemeenskap

          Ben Dlamini was beter bekend as Held Dlamini. Hy het die titel verdien!

          Ons liewe oom Ben Dlamini was geliefd onder oud en jonk. Hy het ŉ groot rol
          in ons familie en gemeenskap gespeel. Danksy oom Ben is ŉ krieketspan vir
          minderbevoorregtes in die gemeenskap begin. Hy het ook ons eerste
          skoolbiblioteek gebou.

          Op ŉ persoonlike vlak het hy my, as weeskind, baie ondersteun. Toe my
          ouers oorlede is, was oom Ben my pa, my oom, my maat en my rolmodel. Hy
          was daar toe die tandmuis vir my tien rand gegee het en hy was die een wat
          my aangemoedig het wanneer ek moedeloos gevoel het.

          Oom Ben was eerbaar en betroubaar en het vir sy medemens omgegee. Sy
          grappies en poetse was skreeusnaaks, maar hy was ook streng!

          Ons word vertroos deur oom Ben se waardevolle lewenslesse wat sal
          voortleef.
                                                                (150 woorde)

2.3       INFORMELE VERSLAG                                                                        [30]

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ informele verslag om die res van die jeugklub in te lig oor
          iets positiefs wat hy/sy en ŉ paar lede op Versoeningsdag, 16 Desember, vir
          die kinderhuis se kinders gedoen het.

          VEREISTES

          •   Die inhoud van die informele verslag is opsommend en saaklik en neem
              die lede van die jeugklub in aanmerking.
          •   Die verslag verskaf inligting oor die vrae: wie?, wat?, waar? en wanneer?
          •   Die styl en register is kort, bondig en objektief.

          FORMAAT
          •   Daar is ŉ opskrif wat die doel van die verslag aandui.
          •   Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.
          •   Geen emosionele taal nie; die styl is saaklik.
          •   Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
          •   Die paragrawe moet ŉ logiese verduideliking wees van wat gebeur het.
          •   Die verslag is kort en bondig, maar moet soveel moontlike detail verskaf.
          •   Die inleidingsparagraaf stel die positiewe daad duidelik.
          •   Die liggaam brei uit op ekstra inligting oor die positiewe daad van die lede
              van die jeugklub.
          •   Tyd, datum, plek en moontlike gevolge van die positiewe daad kan as
              deel van die detail gegee word.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           13                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

          •   Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
          •   Die leerder gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.
          •   Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
          •   Die slotparagraaf mag ŉ gevolgtrekking insluit.
          •   Die verslag word onderteken.

          VOORBEELD

         Verslag oor Versoeningsdagprojek

         Op Donderdag, 16 Desember, het ek en drie lede van ons jeugklub (Jeanne
         Biesenbach, Luca Agostinelli en Sibo Mangaliso) vir kinders by die Mangopi
         Kinderhuis ŉ speletjiesdag gehou.

         Die kinders het om tienuur by die speelterrein bymekaargekom. Die groepe
         het aan die verskillende aktiwiteite, van driebeenresies tot eier-in-die-lepel-
         dra, op ŉ rotasiebasis gekompeteer. Die wenspan is aan die einde van die
         dag aangekondig.

          Groter kinders is as groepleiers gebruik. Daar was twintig groepe van ses
          kinders elk.

          Die waarde van die dag lê nie net in die samewerking/saamspeel-element
          nie, maar ook in die feit dat die groter kinders besef het hulle kan as leiers
          optree.

          Na die speletjies het elke kind ŉ boereworsrol en ŉ blikkie Coke, wat deur
          Pick en Pay geborg is, ontvang.

          Na die positiewe terugvoering van die kinders is besluit om dit ŉ jaarlikse
          instelling te maak.

          Mari Venter
                                                                          (140 woorde)

2.4       FORMELE TOESPRAAK                                                                      [30]

          FOKUS

          Die leerder lewer ŉ formele toespraak tydens die skoolbyeenkoms om
          leerders aan te moedig om met die skoonmaak van die rivier te help.

          VEREISTES

          •   Die toespraak word gelewer om die leerders aan te moedig om met die
              skoonmaak van die rivier te help.
          •   Die formele toespraak begin met die groet van die aanwesiges op ŉ
              gepaste wyse, byvoorbeeld: Goeiemôre leerders.
          •   Die inhoud van die formele toespraak se taalgebruik en styl is formeel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           14                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

          •   Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
          •   Die inhoud moet in ŉ stygende orde van belangrikheid aangebied word.
          •   Samehang is baie belangrik.
          •   Die toon en register is respekvol.

          FORMAAT
          • Opskrif
            Dit is ŉ bondige weergawe van die inhoud van die toespraak, bv. Die
            skoonmaak van die dorp se rivier.
          • Aanhef
            Die gehoor, nl. die leerders word gegroet, bv. Goeiemôre, leerders.
          • Inleidende paragraaf
            In die inleidingsparagraaf word die onderwerp ingelei en die leerders se
            aandag word getrek. Die openingsin is baie belangrik.
          • Paragraaf 2 en verder
            Die liggaam word in verskillende hoofpunte verdeel en dit word in
            verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek.
          • Slotparagraaf
            ŉ Treffende slot som die onderwerp op.

          VOORBEELD

          Skoonmaak van die Mulutirivier

          Goeiemôre leerders. Wie van julle swem in die Mulutirivier? Niemand nie?
          Hoekom nie? Kom ons doen iets daaromtrent.

          Die Mulutirivier is vir baie van ons die enigste bron van water. Daarom kan
          ons nie toelaat dat die rivier so vuil is nie. Ons sien gereeld dooie visse en
          voëls langs die rivier as gevolg van die besoedeling.

          Kom ons gebruik Erfenisdag vir ŉ groot rivierskoonmaak-operasie. Kom ons
          verdeel die rivier in stroke van byvoorbeeld ŉ halwe kilometer en elke klas
          neem verantwoordelikheid vir so ŉ strook. Dan kan ons ŉ groot deel van die
          rivier skoonmaak, want die water is Septembermaand nog nie so diep nie.
          Verder kan elke skoolkind pamflette uitdeel waarin ons vir die volwassenes
          hulp met die projek vra.

          Baie dankie vir julle aandag en ek sien uit na julle hulp om ons rivier op
          Erfenisdag skoon te maak.
                                                                       (142 woorde)

       ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

       Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
       onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
       belangstellingsvelde word in ag geneem.
                                                               TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           15                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

3.1       ADVERTENSIE

          FOKUS

          Die leerder ontwerp ŉ advertensie waarmee hy/sy die skool se braaidag
          adverteer en mense van die dorp uitnooi om deel te neem.

          VEREISTES

          •   Die advertensie moet die publiek oorreed om die braaidag by te woon.
          •   Die advertensie teiken die mense van die dorp.
          •   Die advertensie noem waar en wanneer die geleentheid gaan plaasvind,
              wat dit kos om deel te neem en die doel van die fondsinsameling.
          •   Die krag van ŉ advertensie lê in sy eenvoud.
          •   Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
          •   Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
               Die advertensie moet ŉ leser se aandag trek deur verskillende
                 lettertipes en lettergroottes te hê.
               Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
                 interessante inhoud en uitleg.
               Hierdie advertensie moet ŉ begeerte by die leser wek om die braaidag
                 by te woon deur die aantrekkingskrag van die verskillende aktiwiteite te
                 noem.
               As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan
                 deur deel te neem aan die braaidag.

          FORMAAT

          •   Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
               Wie is die teikengroep?
               Wat word aangebied?
               Wanneer vind die braaidag plaas?
               Waar vind die braaidag plaas?
               Waarvoor word fondse ingesamel?
               Hoeveel kos dit om die braaidag by te woon?
               Kontakbesonderhede

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3            16                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS – Memorandum

           VOORBEELD

                            DÍS WAAR DIE AKSIE IS!

                              ALMAL IS WELKOM!!!                                         Teikengroep

                           DIT IS 'N BRING-EN-BRAAI!
                                                                                         Wat?
                Vleispakkies en piekniekmandjies is ook beskikbaar.

                     KOM BRAAI SAAM MET ONS!                                             Waarvoor?
                ONS HET FONDSE DRINGEND NODIG VIR
                       ’N NUWE SKOOLSAAL.

              Besoek ons verskeidenheid stalletjies!
                             • Kos, klere, juwele, boeke en speelgoed te koop            Ekstra inligting
                             • Vermaak en speletjies vir die kleinspan
                             • Dans vir die tieners
                             • Boeremusiek vir die volwassenes

          KOM VROEG EN BESPREEK JOU PLEKKIE IN DIE SON!

          DATUM:                        SONDAG 6 APRIL 2015                              Wanneer?

          TYD:                          08:00 tot laat                                   Tyd

          PLEK:                         HOËRSKOOL MAASDORP                               Waar?

          TOEGANG:                      R100 elk                                         Koste

                                                                                         Kontak-
Skakel die sekretaris (041 262 1010) vir verdere besonderhede.                           besonderhede

                                                                                    (94 woorde)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           17                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          FOKUS

           Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een nadat sy/haar
           troeteldier verdwyn het en een toe die troeteldier teruggekom het.

          VEREISTES

          • Die dagboek is ŉ informele skryfstuk wat spreek van die leerder se angs
            oor die troeteldier wat verdwyn het en die leerder se gevoelens toe die
            troeteldier teruggekom het.
          • Gevoelens/ervarings wat beleef word, word beskryf.
          • Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
          • Plekke, familie, vriende en die troeteldier word op die naam genoem.
          • Die inhoud ondersteun die leerder se gevoelens oor die troeteldier wat
            verdwyn het en toe weer teruggekom het.

          FORMAAT

          • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
            word.
          • Die leerder moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
          • Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
          • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.

          VOORBEELD

          15 Februarie 2015 (of aan regterkant van die bladsy)
          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Kieterkat het nie vanoggend kom kos vra nie! Iets moes met hom gebeur het!
          Hy sal nie sommer wegbly nie. Ai, tog! My soektogte was tevergeefs. My hart
          is so seer.

          18 Februarie 2015 (of aan regterkant van die bladsy)
          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Wat ŉ verligting! Kieterkat is terug! Met ŉ hele werpsel kleintjies! Binne-in my
          klerekas! Hy was toe altyd ŉ “sy”.

          My ma wil die stuipe kry; sy sê die kleintjies moet waskamer toe verskuif
          word. Maar ai, hulle is so oulik! Ek wil hulle net nog ŉ klein bietjie naby my
          hou. Ek hoop ek slaap vanaand, want hulle maak die heeltyd sulke klein
          miaau-geluidjies.
                                                                             (96 woorde)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3           18                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

          FOKUS

              Die leerder skryf aanwysings neer oor hoe sy/haar maat, wat nog nooit
              voorheen by sy/haar huis was nie, vanaf die skool (beginpunt) tot by sy/haar
              huis kan kom. Die leerder noem ŉ paar bekende straataanduidings en
              bakens op pad na sy/haar huis toe.

          VEREISTES

          •     Dit is baie belangrik dat die leerder die rigtingaanwysings van die
                beginpunt na sy/haar huis beskryf.
          •     Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •     ŉ Paar straataanduidings en bakens langs die roete moet genoem word.
          •     Die inhoud is bondig en die taal informeel.
          •     Die leerder spreek die maat direk aan.
          •     Vermy slordige taal en slengwoorde.

          FORMAAT

          •     Aanwysings begin gewoonlik met werkwoorde.
          •     Die aanwysings kan in paragraafvorm, puntsgewys of met ander
                aanduiders soos koeëlpunte aangebied word.
          •     Bakens kan die volgende insluit: straatname, geboue, winkels, parke, ens.

          VOORBEELD

          RIGTINGAANWYSINGS (puntsgewys of in paragraafvorm)

          1.     Loop in Suidstraat waarin die skool is, af tot by die T-aansluiting.
          2.     Draai regs in Groenstraat en loop by Checkers Supermark verby.
          3.     Draai regs in Eikerylaan totdat jy Eikehof aan jou regterkant sien.
          4.     Draai dan regs. Aan jou linkerkant sal jy Madiba Hospitaal sien.
          5.     Loop in Oosstraat af totdat jy Smitpark sien, waar jy links draai.
          6.     As jy by die volgende T-aansluiting kom, draai links in Simonstraat.
          7.     Loop tot aan die einde van die straat waar my huis, die laaste een in die
                 straat, geleë is.
                                                                                  (88 woorde)

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
          belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3                                         19                                                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                                      NSS – Memorandum

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met
  die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
      Kriteria                            Uitsonderlik                 Knap                 Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                   16–18                  10–12                      4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;     -Respons                -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van              bevredigend             samehang in              irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         vaardigheid             -Idees redelik          respons                  -Idees deurmekaar
 Organisering van                    -Idees is intelligent,   -Idees heeltemal        samehangend en          -Idees onduidelik, nie   en nie op onderwerp
 idees vir beplanning;               volwasse en              relevant, interessant   oortuigend              oorspronklik nie         gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           en lewer bewys van      -Redelike organisasie   -Min bewys van           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  volwassenheid           en redelik              organisasie en           -Geen organisasie
                                     -Uitsonderlike           -Organisasie baie       samehangend,            samehang                 nie en is
 30 PUNTE                            organisasie en           goed en                 insluitend inleiding,                            onsamehangend
                                     samehang, insluitend     samehangend,            liggaam en
                                     inleiding, liggaam en    insluitend inleiding,   samevatting/slot
                                     samevatting/slot         liggaam en
                                                              samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                   13–15                   7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed;          -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        getuig van              bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     vaardigheid             verval soms in          -Idees begin los         ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   -Idees relevant,        onduidelikheid          staan en kan             onderwerp te wees

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    interessant             -Idees redelik          verwarrend wees          nie
                                     volwasse                 -Organisasie goed en    samehangend en          -Skaars ’n bewys van     -Heeltemal irrelevant
                                     -Knap organisasie en     samehangend,            oortuigend              organisasie en           en ontoepaslik
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,   -’n Mate van            samehang                 -Deurmekaar en geen
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en              organisasie en                                   fokus nie
                                     samevatting/slot         samevatting/slot        samehang, insluitend
                                                                                      inleiding, liggaam en
                                                                                      samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3                                             20                                                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                                          NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
       Kriteria                            Uitsonderlik                    Knap                 Gemiddeld               Elementêr             Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                 14–15                       11–12                     8–9                    5–6                     0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl      -Toon, styl, register    -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Taal onverstaanbaar
                                      en woordeskat hoogs        en woordeskat baie       en woordeskat gepas     en woordeskat nie       -Toon, register, styl
 Toon, register, styl en              gepas vir doel,            gepas vir doel,          vir doel, gehoor en     gepas vir doel,         en woordeskat
 woordeskat is geskik                 gehoor en konteks          gehoor en konteks        konteks                 gehoor en konteks nie   minder gepas vir

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief   -Gepaste taalgebruik    -Taalgebruik baie       doel, gehoor en
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende        om betekenis oor te     basies                  konteks
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word        dra                     -Toon en woordkeuse     -Woordeskat so
 Taalgebruik en                       -Toon retories             gebruik                  -Toon is gepas          skaars toepaslik        beperk dat dit
 konvensies,                          treffend en effektief      -Grammatika en           -Retoriese middele      -Baie beperkte          onmoontlik is om sin
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks       gebruik om betekenis    woordeskat              te maak
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                  te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                       13                          10                      7                       4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik             -Voldoende              -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      toepaslik en oor die     taalgebruik, maar       onvoldoende
                                      retories effektief         algemeen effektief       teenstrydighede word    -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en           opgemerk                sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                -Toon oor die           -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in         algemeen gepas en       beperk
                                      gedaan                     grammatika en            beperkte gebruik van
                                                                 spelling                 retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                          4                        3                      2                      0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese                 -Relevante detail       -Sommige punte          -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           ontwikkeling van         ontwikkel               geldig                  ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  details                  -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Samehangend             goed gekonstrueer       foutief                 foutief
                                      -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe      -Opstel maak nog        -Opstel maak nog sin    -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik               logies en toon           effens sin                                      nie
                                      gekonstrueer               variasie
 VERSPREIDING VAN
 PUNTE                                        43–50                     33–40                    23–30                   13–20                    0–10

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3                              21                                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                           NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
           Kriteria              Uitsonderlik             Knap                Gemiddeld              Elementêr           Onvoldoende
 INHOUD,                              15–18               11–14                  8–10                   5–7                    0–4
 BEPLANNING &               -Respons              -Respons baie goed    -Respons voldoende    -Basiese respons       -Respons toon geen
 FORMAAT                    uitsonderlik, bo      en demonstreer goeie en toon voldoende      toon geringe kennis    kennis van kenmerke
                            verwagting            kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die van die soort teks nie
 Respons en idees;          -Idees intelligent en van die soort teks    van die soort teks    soort teks             -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir volwasse              -Behou fokus – geen   -Nie heeltemal        -Aanduiding van        met groot afwyking
 beplanning;                -Grondige kennis van afwyking nie           gefokus nie – enkele  fokus, maar met        -Geen samehang in
 Doel, gehoor,              kenmerke van die      -Samehang in inhoud afwykings               afwykings              idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies        soort teks            en idees; baie goed   -Redelike samehang    -Inhoud en idees nie   -Baie min detail
 en konteks                 -Skryfwerk behou      uitgebrei met detail  in inhoud en idees    altyd samehangend      ondersteun die
                            fokus                 wat die onderwerp     -Sommige detail       nie                    onderwerp
 18 PUNTE                   -Samehang in inhoud ondersteun              ondersteun die        -Min detail            -Nodige reëls van
                            en idees              -Gepaste formaat met onderwerp              ondersteun die         formaat nie toegepas
                            -Idees behoorlik      onbeduidende foute    -Formaat oorwegend    onderwerp              nie
                            uitgebrei met detail                        gepas, maar met       -Nodige reëls van
                            wat die onderwerp                           enkele foute          formaat vaagweg
                            ondersteun                                                        toegepas
                            -Gepaste en akkurate                                              -Kritiese foute begaan
                            formaat
 TAAL, STYL &                         10–12                 8–9                   6–7                   4–5                    0–3
 REDIGERING                 -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl  -Toon, register, styl
                            en woordeskat hoogs en woordeskat baie      en woordeskat is      en woordeskat          en woordeskat stem
 Toon, register, styl,      geskik vir doel,      geskik vir doel,      geskik vir doel,      minder geskik vir      nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en      gehoor en konteks     gehoor en konteks     gehoor en konteks     doel, gehoor en        gehoor en konteks
 konteks;                   -Grammatika           -Grammatika oor die   -Enkele               konteks                nie
 Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed      algemeen korrek en    grammatikafoute       -Grammatika            -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                gekonstrueer          goed gekonstrueer     -Voldoende            onakkuraat met etlike verward
 Punktuasie en spelling     -Feitlik foutloos     -Baie goeie           woordeskat            foute                  -Woordeskat nie
                                                  woordeskat            -Foute belemmer nie   -Basiese woordeskat    geskik vir doel nie
 12 PUNTE                                         -Oorwegend foutloos   betekenis nie         -Betekenis belemmer -Betekenis ernstig
                                                                                                                     belemmer
 VERSPREIDING VAN                     25–30               19–23                 14–17                   9–12                   0–7
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                      Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sept-2015/56963d94-f246-4ad0-863f-51877724f702) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
