# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary 2015, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015/051e189c-cd5c-4fc9-a875-9f909f5fda84
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015/051e189c-cd5c-4fc9-a875-9f909f5fda84)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2015 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                       (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks     (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks     (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Dit word
          aanbeveel dat jy ŉ streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            3                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf ŉ opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Ek het verkeerd gekies.                                                                       [50]

1.2       Dit inspireer my ...                                                                          [50]

1.3       ŉ Geheim in Ouma se dagboek                                                                   [50]

1.4       Dit is my reg!                                                                                [50]

1.5       Is Lewensoriëntering as skoolvak nodig?                                                       [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf ŉ OPSTEL daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:         Daar moet ŉ duidelike verband tussen die opstel en die prent
                           wat jy gekies het, wees.

          1.6.1

                                       [Uit: www.footnotessincethewilderness.wordpress.com]             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS

          1.6.2

                                                   [Uit: www.yoganonymous.com]               [50]

          1.6.3

                                             [Uit: Sawubona, Desember 2013]                  [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1        FORMELE BRIEF

           Jy het swak diens by ŉ winkel ontvang.

           Skryf ŉ formele brief aan die bestuurder(es) waarin jy daaroor kla.                      [30]

2.2        HULDEBLYK

           Iemand wat ŉ belangrike rol in jou lewe gespeel het, is oorlede.

           Skryf ŉ huldeblyk oor hom/haar wat jy by die begrafnisdiens gaan lewer.                  [30]

2.3        INFORMELE VERSLAG

           Jy en ŉ paar lede van ŉ jeugklub het op Versoeningsdag, 16 Desember, iets
           positiefs vir die kinderhuis se kinders gedoen.

           Skryf ŉ informele verslag waarin jy die res van die klublede hieroor inlig.              [30]

2.4        FORMELE TOESPRAAK

           Jou dorp het ŉ projek om die rivier skoon te maak. Jy wil graag die leerders
           van jou vorige skool aanmoedig om met die projek te help.

           Skryf die formele toespraak wat jy tydens die skoolbyeenkoms gaan lewer,
           neer.                                                                                    [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        ADVERTENSIE

           Julle skool bied ŉ braaidag aan om fondse in te samel. Julle wil graag die
           mense van julle dorp uitnooi om daaraan deel te neem.

           Skryf ŉ advertensie om die braaidag te adverteer.                                      [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jou troeteldier het verdwyn, maar het later teruggekom.

           Maak dagboekinskrywings vir TWEE dae soos volg:

           •      Jou gevoelens die dag toe jou troeteldier verdwyn het
           •      Jou gevoelens toe jou troeteldier teruggekom het                                [20]

3.3        RIGTINGAANWYSINGS

           Jy het ŉ nuwe maat wat nog nooit voorheen by jou huis was nie. Jou maat wil
           by jou kom kuier.

           Gebruik die pyltjies op die padkaart (bladsy 7) om vir hom/haar duidelike
           rigtingaanwysings vanaf die skool in Suidstraat tot by jou huis te gee. Noem
           ŉ paar straataanduidings en bakens wat jou maat langs die pad sal sien.                [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               20
                                                                     GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    7      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS

          PADKAART (VRAAG 3.3)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2015-memo/fd80c4c4-fdd4-46b3-810f-b38df6c4444a) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
