# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016, 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              FEBRUARIE/MAART 2016

                                    MEMORANDUM

PUNTE: 100

        Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke soos volg:

          Bylaag A:             Vraag 1       OPSTEL
          Bylaag B:             Vraag 2.1     INFORMELE BRIEF
                                Vraag 2.2     HULDEBLYK
                                Vraag 2.3     RESENSIE
                                Vraag 2.4     ONDERHOUD
          Bylaag C:             Vraag 3.1     PLAKKAAT
                                Vraag 3.2     DAGBOEKINSKRYWINGS
                                Vraag 3.3     INSTRUKSIES

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
          nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
          aangeslaan word.

4.        Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste kode.

6.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
          gepenaliseer nie.

8.        Vraag 1.6:
          • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
             steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
             of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              3                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:

       VERDUIDELIKING                       SIMBOOL                        BESKRYWING
Woordorde                                      (       )         Hakies en pyltjie
Spelfout                                          =              Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                        /              Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                                 T (in die kantlyn)      Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                                ^              Weglaatteken
Taalfoute                                      _____             Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                                 //             Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin                   [              Begin van ŉ nuwe sin
Woorde uit ander tale/nie-                        X              Trek ŉ X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terminologie waarvoor
Afrikaans nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies             (bo die woord)        Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                                 idees of uitdrukkings.
Herhaling                                hh (in die kantlyn)     Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar                ∫ (in die kantlyn)      Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel                 Vr (in die kantlyn)     Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                         O             Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.         Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.         Assesseer die leerder          se       skryfstukke   na   aanleiding    van       die   vyf
           KATEGORIEË volgens:

           Afdeling A:       INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                             REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

           Afdeling B:       INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL,
                             STYL en REDIGERING (12 punte).

           Afdeling C:       INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
                             STYL en REDIGERING (8 punte).

3.         Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens INHOUD EN BEPLANNING
           byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Besluit
           dan of die INHOUD EN BEPLANNING aan die beskrywing van die hoë vlak of
           die lae vlak voldoen. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf
           net EEN punt neer.
           Let Wel: Volg dieselfde werkwyse vir TAAL, STYL EN REDIGERING. Let
           daarop dat, by die bepaling van die punt vir STRUKTUUR, daar nie ŉ hoë en
           ŉ lae vlak is nie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             4                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

4.        Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.        Vir Afdeling B en Afdeling C: Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens
          INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK,
          GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken
          moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN
          REDIGERING.

6.        Skryf die punte soos volg neer:

      AFDELING A              Kode          Punt       AFDELING          Kode           Punt
          I/B             Knap               23            B
         T/S/R            Uitsonderlik       13          I/B/F        Gemiddeld           9
           S              Knap               4           T/S/R        Elementêr           5
      TOTAAL:                                40       TOTAAL:                             14

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.

AFDELING A: OPSTEL

1.1       Dit was ŉ dom ding om te doen.

          •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/
               beskrywend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.
          •    Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
                Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse
                   van die dom ding wat hy/sy gedoen het.
                Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
                   die dom ding wat hy/sy gedoen het, maar kan ook konsentreer op ŉ
                   beskrywing van die emosies en gevolge van die dom ding wat hy/sy
                   gedoen het.
                Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die dom ding
                   wat hy/sy gedoen het. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie
                   waarin hy/sy beland het en wonder of hy/sy nie maar iets anders
                   moes gedoen het nie. Die leerder kan ook bespiegel hoe anders
                   dinge kon wees indien hy/sy nie dié dom ding gedoen het nie.
                Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of hy/sy ŉ dom ding
                   gedoen het. Die gevolge van die dom ding wat hy/sy gedoen het
                   word teen iets anders opgeweeg.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

                Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin ŉ
                   standpunt in, naamlik: “Dit was ŉ dom ding om te doen.” Die leerder
                   gee dan redes vir hierdie standpunt. Die leerder kan ook met die
                   onderwerp verskil en sy standpunt motiveer.
          •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
               en volgens sy/haar interpretasie.                                                  [50]
1.2       Perfekte kinders
          •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/
               verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.
          •    Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
                Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
                   wat dit behels om perfekte kinders te wees/wat grootmense/ander
                   mense van kinders verwag.
                Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse
                   van ŉ insident wat tot die gevolgtrekking lei dat kinders perfek is.
                Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor perfekte
                   kinders. Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/
                   deurdink.
                Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of kinders perfek
                   is/kan wees of nie. Die leerder motiveer beide kante van die
                   onderwerp en kan tot ŉ gevolgtrekking kom.
                Argumenterende opstel: Hier argumenteer die leerder reg van die
                   begin af dat kinders perfek is of dalk dat die idee van perfek-wees nie
                   moontlik is nie. Die leerder gee dan redes vir sy/haar standpunt.
          •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt              [50]
               en volgens sy/haar interpretasie.
1.3       Respekteer die lewe.
          •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/
               verhalend/beskrywend.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.
          •    Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
                Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die waarde
                   van die lewe/hoekom ŉ mens die lewe moet respekteer. Die leerder
                   sal die lewe oordink en oorweeg.
                Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse
                   van ŉ insident wat hom/haar leer dat die lewe gerespekteer moet
                   word.
                Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
                   die lewe wat gerespekteer moet word.
                Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
                   ŉ standpunt in, naamlik dat die lewe gerespekteer moet word en
                   motiveer die standpunt.
          •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
               en volgens sy/haar interpretasie.                                                  [50]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

1.4       Dissiplineer sport ŉ mens? Ja of nee?

          •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
               beredeneerd/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.
          •    Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes
                Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
                   ŉ standpunt in, naamlik dat sport ŉ mens dissiplineer of nie en
                   motiveer die standpunt met redes daarvoor.
                Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ŉ gebalanseerde
                   opstel of sport ŉ mens dissiplineer of nie.
                Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse
                   van ŉ gebeurtenis waarin sport ŉ mens dissiplineer het of nie.
                Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
                   hoe sport ŉ mens dissiplineer of nie.
                Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die gedagte
                   dat sport ŉ mens dissiplineer of nie. Die leerder sal die gedagte
                   deurdink en moontlik ander opsies oorweeg.
          •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
               en volgens sy/haar interpretasie.                                               [50]

1.5       Ons kan die oorlog teen dwelms wen.

          •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
               argumenterend/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.
          •    Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
                Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ŉ gebalanseerde
                   opstel of ons die oorlog teen dwelms kan wen of nie. Die leerder mag
                   uiteindelik ŉ standpunt inneem.
                Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af
                   ŉ standpunt in, naamlik: Ons kan (kan nie) die oorlog teen dwelms
                   wen (nie) en motiveer die standpunt.
                Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die leerder
                   of ons die oorlog teen dwelms kan wen (of nie) en of daar enige
                   wenners in hierdie oorlog is, ens.
                Verhalende opstel: In ŉ verhalende opstel vertel die leerder van ŉ
                   interessante insident/-e wat bewys waarom/hoe ons die oorlog teen
                   dwelms kan wen (of nie).
                Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
                   hoe die oorlog teen dwelms gewen kan word (of nie).
          •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt
               en volgens sy/haar interpretasie.                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

1.6       VISUELE PRIKKELS

          •    Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener
               moet onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid
               interpretasies. Die leerder se perspektief moet by assessering oorweeg
               word.
          •    Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike
               inkleding van die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
          •    ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
               Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
               geneem.

          1.6.1       Prentjie: Handevat

                      •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
                      •    Letterlike interpretasie: Handevat byvoorbeeld as deel van ŉ
                           aktiwiteit of spel.
                      •    Figuurlike interpretasie: Handevat byvoorbeeld as ŉ simbool
                           van liefde, versoening, ondersteuning, ens.
                      •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
                           oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.                              [50]

          1.6.2       Prentjie: Motorwrak/Ou motor

                      •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
                      •    Letterlike interpretasie: Die motor het onklaar geraak/geroeste
                           motor/ou motor, ens.
                      •    Figuurlike interpretasie: ŉ Situasie waarin daar geen uitweg is
                           nie (motor kan nie weer aan die gang gekry word nie),
                           lewenswrakke, ens.
                      •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
                           oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.                              [50]

          1.6.3       Prentjie: Kitaar en musiek

                      •    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
                      •    Letterlike interpretasie: Kitaarspel/musiek/musiekgroepe, ens.
                      •    Figuurlike interpretasie: Die lewe is soos musiek/iets waarvan
                           jy baie hou, kan soos musiek in jou ore wees/harmonie, ens.
                      •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se
                           oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.                              [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

2.1       INFORMELE BRIEF

          FOKUS

          Die leerder se maat is gespanne oor sy/haar eerste werksdag. Die leerder
          skryf ŉ informele brief aan sy/haar maat om hom/haar raad te gee.

          KENMERKE

          •   Die brief is vriendskaplik. Die inhoud is persoonlik, openhartig, simpatiek
              en vriendelik van aard. Die taalgebruik en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die leerder spreek die maat direk aan.
          •   Die brief moet die maat raad gee.
          •   Die toon, styl en woordkeuse moet by die vriendskap tussen die leerder en
              die maat pas, aanmoedigend en informeel wees.
          •   Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees:

          Leestekens:
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

          Die adres en datum:
          • Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
          • Daar behoort nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
              word nie.
              Toegewing: ŉ Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
          • Die datum word voluit geskryf: 26 Februarie 2016.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.

          Die aanhef, afsluiting en slot:
          • Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
              geskryf.
          • Groete/Liefdegroete kry ŉ punt aan die einde.
          • Daar word nie ŉ reël tussen Jou maat en die naam oopgelaat nie.
          • Die omskrywing Jou maat voor die briefskrywer se naam is opsioneel.

          Die paragrawe:
          •   ŉ Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
          • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
              die briefskrywer gehoor het dat die maat bang vir die eerste werksdag is.
          • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
              help sy/haar maat met raad.
          • Die slotparagraaf moet die brief saamvat.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3               9                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS – Memorandum

Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

          Kerkstraat 1              Posbus 88          Huis 342         Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad      Pleknaam           Pleknaam         Pleknaam
          Pleknaam                  Kode               Kode             Kode
          Kode

          Rusthof                   Sewende laan 10 OF Sewende Laan 10
          Pleknaam                  Westdene
          Kode                      Kode

          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ samestelling van TWEE
          soortname is. Arcadia straat is ŉ samestelling tussen ŉ eienaan en ŉ soortnaam en daarom
          kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
          Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121)

          Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie.

          VOORBEELD

                                                                          Posbus 100
                                                                          Glencoe
                                                                          2930
                                                                          26 Februarie 2016
          XXX
          Liewe Marie
          XXX
          Dis wonderlik dat jy die pos as bibliotekaresse gekry het! Om senuweeagtig te
          wees, is normaal. Ek weet dis jou eerste werk, maar hou op om jou naels te
          byt. Gelukkig is daar hulp om van daardie senuwees ontslae te raak. Ek hoop
          dat my raad jou sal help.
          XXX
          Maak seker dat jy betyds by die werk opdaag sodat jy ŉ kans kry om asem te
          skep en rustig te raak.
          XXX
          My ma sê altyd die eerste indruk tel die meeste; jy moet dus seker maak dat
          jou voorkoms jou kollegas en die publiek beïndruk. Wees altyd hoflik en kyk
          die mense reguit in die oë. Glimlag vriendelik vir almal.
          XXX
          Ek glo in jou. Wees net jouself en moenie iemand probeer wees wat jy nie is
          nie. Jy is goed net soos jy is.
          XXX
          Alles van die beste met jou werk.
          XXX
          Beste wense.
          XXX
          Jou maat
          Tshepo
          (142 woorde)                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          10                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

2.2       HULDEBLYK

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ huldeblyk oor sy/haar maat se ma wat onlangs oorlede is.

          KENMERKE

          •   Die huldeblyk handel oor die maat se ma.
          •   Die volgende besonderhede oor die maat se ma kan gegee word: naam,
              ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, herinneringe of
              hoogtepunte uit haar lewe, staaltjies oor die maat se ma, die rol wat die
              maat se ma in mense se lewe gespeel het.
          •   Die doel van die huldeblyk is om die maat se ma se lewe te vereer en om
              die betekenisvolle bydrae wat sy gelewer het, uit te lig.
          •   Die lesers moet ŉ geheelbeeld van die maat se ma kry.
          •   Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die maat se
              ma verwys word.
          •   Die toon is versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol
              van aard.
          •   Die toon, styl en woordkeuse is versagtend, liefdevol, vertroostend,
              bemoedigend en moet by die inhoud pas.
          •   Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

          FORMAAT

          •   Opskrif
              Die huldeblyk moet ŉ opskrif hê.
              Die huldeblyk mag ŉ subopskrif insluit.
          •   Inleidende paragraaf
              Die huldeblyk word ingelei met ŉ inleidende sin wat die lesers se aandag
              vasvang. Die inleiding moet oor die waardering van die maat se ma se
              lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
          •   Paragraaf 2 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende herinnerings en hoogtepunte in wat
              persoonlike gebeure en staaltjies oor die maat se ma bevat. Dit word in
              verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel
              (verkieslik) oor ŉ nuwe feit/gedagte.
          •   Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker ook vir die res van die gesin sterkte toewens.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          11                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

          VOORBEELD

                            Maria Lourens: Moeder Hen, Mamma Maria

          Geagte Familie en Vriende

          Mamma Maria se huis en hart was altyd oop vir enigiemand. By haar het ons
          veilig gevoel as die lewe druk, want sy sou jou in haar arms toevou en vir jou
          vertel hoekom jy belangrik en spesiaal was.

          Mamma Maria het vir ons geleer om eers aan ’n oplossing te dink voordat ons
          die probleem vir haar noem. Sy het ons geleer dat liefde en respek nie met
          geld gekoop kan word nie.

          Na wie toe het jy gehardloop as jou skoolbroek geskeur het? Wie kon help om
          ’n brug vir Tegnologie te bou? Wie het stem dik gemaak as jy verbrou het?
          Mamma Maria.

          Familie en Vriende, ons sal hierdie dierbare vrou altyd onthou. Oom Manie,
          Theresa en Benjamin, ons sal julle ondersteun soos Mamma Maria dit vir ons
          gedoen het. Rus in vrede, Moeder Hen!

                                                                          (148 woorde)          [30]

2.3       RESENSIE

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ resensie oor ŉ Afrikaans boek wat hy/sy aanbeveel.

          KENMERKE

          •   Hierdie resensie is ŉ verslag waarin ŉ boek beoordeel word.
          •   Die resensie moet die leser oortuig om die boek te lees.
          •   In hierdie resensie word die volgende aspekte aangeraak:
               Die boek se sterk punte en kenmerke ten opsigte van inhoud,
                    karakters en taal.
               Aanbevelings
          •   Die resensie word gewoonlik in die derde persoon geskryf om ŉ mate van
              objektiwiteit te handhaaf.
          •   Die ontknoping van die boek word egter nie gegee nie.
          •   Kultuurverskille moet in ag geneem word.
          •   Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik.
          •   Woorde wat op waardering en evaluering dui, moet gebruik word,
              byvoorbeeld: uitstaande, opwindend, dramaties, uiters vervelig/
              interessant, ens.
          •   Styl, toon en woordkeuse moet by die lesers van ŉ jeugtydskrif asook by
              die resensent se mening oor die boek pas en geloofwaardig wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          12                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

          FORMAAT

          •    Titel
                Die titel gee ŉ aanduiding van die resensent se standpunt ten opsigte
                   van die boek.
                Die resensent se naam volg na die titel.
          •    Paragraaf 1
                Die titel van die boek, skrywer en karakters word gegee.
          •    Paragraaf 2 en verder
                ŉ Algemene indruk oor die boek word gegee.
                Meer besonderhede oor die boek, bv. oor die inhoud, karakters,
                   spanning, ens. word verskaf.
          •    Slotparagraaf
                Die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/aanbeveling volg.

          VOORBEELD

         Die Silwer Borsspeld deur Henri Mathee
         ŉ Prikkelende liefdesverhaal
         XXX
         Resensent: Ricardo Mntungwa
         XXX
         Die Silwer Borsspeld is ŉ liefdesverhaal wat ook die ander belangrike
         elemente van ŉ interessante verhaal het, soos spanning, komedie,
         geloofwaardige karakters en ŉ uiters verrassende slot. Dit is Henri Mathee se
         tweede boek. Dié verhaal word aanbeveel vir almal, veral vir dié wat nog in
         die positiewe waarde van liefde glo. Dit word sterker aanbeveel vir dié wat
         bitter oor die liefde geword het, want hierdie verhaal belowe om
         gevoelens te verander.
         XXX
         Die verhaal speel in die hart van ŉ plakkerskamp af. Die hoofkarakter,
         Themba, ŉ jong man met ŉ verskriklike geheim, Mama Thembu, die
         aantreklike huishulp van die Smit-gesin en Jos, die skurk wat die hele gebied
         met sy aaklige aksies beheer, is oortuigend.
         XXX
         Die spanning bou op tot die klimaks waarin Themba sy geheim moet verklap.
         XXX
         Is liefde genoeg om pyn te verlig? Die slot verras.

                                                                         (149 woorde)         [30]

2.4       ONDERHOUD

          FOKUS

          Die leerder voer ŉ onderhoud met iemand in sy/haar gemeenskap wat ŉ kind
          se lewe gered het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           13                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

          KENMERKE

          •      Die onderhoud behoort in vraag-en-antwoordmetode geskryf te word.
          •      Die doel van die onderhoud is om inligting in te win oor wat gebeur het.
          •      Die slot vat die kern van die onderhoud saam.
          •      Die leser se belangstelling moet geprikkel word.
          •      Duidelike en kort vrae is nodig.
          •      Relevante antwoorde moet verskaf word.
          •      Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees.
          •      Die woordkeuse moet by die onderwerp en die teikengroep van die
                 koerant pas.
          •      Die toon en woordkeuse word ook bepaal deur die persoon met wie die
                 onderhoud gevoer word.
          •      Die kommunikasieproses is gemaklik en natuurlik.

          FORMAAT

          •    As die onderhoud in vraag-en-antwoordmetode aangebied word, word die
               vrae en antwoorde onder mekaar neergeskryf.
          •    ŉ Reël word na elke vraag-en-antwoordstel oopgelaat.
          •    Na die woorde VRAAG en ANTWOORD is ŉ dubbelpunt.
          •    Geen aanhalingstekens word gebruik nie.

          VOORBEELD

                          Onderhoud met mnr. Sisonke, held van Laingsburg

              Vraag:             Dit was ŉ groot heldedaad wat u Woensdag verrig het.
                                 Sal u asseblief vertel wat gebeur het?
              Antwoord:          Wel, ek weet nie of dit ŉ groot heldedaad was nie. Ek
                                 het vroeg my huis verlaat en bushalte toe gestap. Op
                                 pad het ek ŉ kind hoor skree. Instinktief het ek in daardie
                                 rigting gehardloop en toe sien ek ŉ huis wat aan die
                                 brand was. By die venster was ŉ jong kind wat gegil het.
                                 Sonder om te dink, het ek die huis binnegestorm en
                                 daarin geslaag om by die kind te kom. Ek het haar
                                 buitentoe gedra.
              XXX
              Vraag:             Het u enige beserings opgedoen?
              Antwoord:          Ag, dit was net ŉ paar ligte brandwonde. Ek is dankbaar
                                 dat ek die kind kon help. Haar ma se vreugde is
                                 belangriker as die wonde.
              XXX
              Vraag:             Hoe voel u oor die burgemeester se toekenning vir u
                                 heldedaad?
              Antwoord           Dit is vir my ŉ groot eer, maar ek sou dit ook sonder ’n
                                 toekenning gedoen het.
                                                                            (157 woorde)            [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          14                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.

                                                           TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

3.1       PLAKKAAT                                                                              [20]

          FOKUS

          Die leerder ontwerp ŉ plakkaat waarin mense in kennis gestel word van ŉ
          konsert wat by die skool sal plaasvind.

          KENMERKE

          •   Hierdie plakkaat adverteer ŉ konsert.
          •   Die plakkaat teiken enigiemand wat in drama en vermaak belangstel.
          •   Die plakkaat moet die nodige inligting verskaf. Die vrae wanneer?, wat?,
              waar?, hoeveel kos dit? en vir wie? moet beantwoord kan word.
          •   Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
               Die plakkaat moet ŉ leser se aandag trek deur verskillende lettertipes
                  en lettergroottes te hê.
               Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
                  interessante inhoud en uitleg.
               Hierdie plakkaat moet ŉ begeerte by die leser wek om die konsert by
                  te woon deur middel van inligting soos die akteurs wat daar sal optree,
                  die verversings wat te koop kan word, ens.
               As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan deur
                  die konsert by te woon.
          •   Toon, styl en woordkeuse moet die gemeenskap oorreed om die konsert
              by te woon.

          FORMAAT

          •   Die volgende inligting moet op die plakkaat verskyn:
               Wie is die teikengroep?
               Wat word aangebied? (verkieslik in groot druk)
               Wanneer (dag, datum en tyd) word die konsert gehou?
               Waar word die konsert gehou?
               Wie tree op?
               Wat behels die konsert?
               Hoeveel kos die kaartjies?
               Hoe kan die teikengroep daarby baat?
               Kontakbesonderhede

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            16                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

          VOORBEELD

                                                                                      Wat?

               VIR ALMAL WAT VAN VERMAAK HOU
                                                                                      Teikengroep

                Kom geniet ŉ vertoning saam met
                        bekende akteurs!
Die vier finaliste in Komiese Karakters talentkompetisie is hier
                                                                                      Deur wie?
                in Ladysmith om julle te vermaak!
                                                                                      Baat
                                   Daisy Dee
                                   Gyan Govender
                                   Pindi Paula

DATUM:               02 Maart 2016                                                    Wanneer?
TYD:                 19.00 tot middernag                                              Tyd
PLEK:                Hoërskool Ladysmith                                              Waar?

KOSTE:               Net R100 per persoon
                                                                                      Koste

                    ŉ Gratis geskenk vir die eerste tien mense wat kaartjies koop!
                    Die prys sluit verversings in.
                    Aandete saam met die akteurs vir VIER gelukkige
                     kaartjiehouers.
                            Kaartjies by die skool beskikbaar.

      Skakel Shawn (0827151371) vir verdere besonderhede.                             Kontak-
                                                                                      besonderhede
                                                                      (94 woorde)

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          FOKUS

          Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een VOOR die matriekuitslae
          in die koerant verskyn het en een NADAT die matriekuitslae bekendgestel is.

          KENMERKE

          • Die dagboek is ŉ informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
            gevoelens/gedagtes voor die uitslae wat in die koerant verskyn het en die
            leerder se gevoelens/gedagtes nadat die uitslae bekendgestel is.
          • Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf.
          • Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
          • Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
          • Die inhoud ondersteun die leerder se gevoelens/gedagtes oor die
            matriekuitslae.
          • Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           17                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

          FORMAAT

          • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
            word.
          • Die leerder moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
          • Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
          • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.

          Let wel:
          • Getal woorde:
                   o In die dagboekinskrywing word slegs die getal woorde in die inhoud getel.
                   o Die getal woorde vir albei inskrywings moet 80-100 woorde wees.
          • Assessering:
                   o Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus as ŉ
                     geheel geassesseer word.
                   o Indien een van die inskrywings ontbreek, word die leerder by die kategorie
                     inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die leerder kan ŉ maksimum van
                     7/12 punte behaal.

          VOORBEELD

          5 Januarie (2016) (of aan regterkant van die bladsy)
          OF
          Woensdag
          OF
          Woensdag, 5 Januarie (2016)

          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          My angs is onbeskryflik! Kan nie die spanning verduur nie! Wonder of Tina en
          Terry ook so voel of is dit net ek wat abnormaal is ...

          6 Januarie 2016 (of aan regterkant van die bladsy)

          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Wat ŉ verligting! Ek het darem Wiskunde geslaag, al was dit met ŉ E-simbool.
          Al het sy nie so gesê nie, kon ek die teleurstelling in Ma se oë sien. Wel, die
          uitslae was niks indrukwekkends nie, maar ek kon dit nie help nie. Net jy,
          liewe Dagboekie, weet van die pyn en hartseer wat ek tydens die eksamentyd
          moes deurgaan ...

          Wel, ek gaan oor die Aanvullende Eksamen uitvind. Ek verdien nog ŉ kans.

                                                                                 (99 woorde)         [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          18                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

3.3       INSTRUKSIES

          FOKUS

          Die leerder gee sewe instruksies hoe om ŉ spel te speel. Dis gerig aan
          iemand wat nie die reëls van die spel ken nie. Dit sluit bord- of sportverwante
          speletjies in.

          KENMERKE

          •   Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •   Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om ŉ speletjie te speel.
          •   Toon, styl en woordekeuse moet vriendelik, eenvoudig en duidelik wees.

          FORMAAT

          •   Die uiteensetting mag soos volg aangebied word:
                  Puntsgewys
                  Reëls tussen-in oopgelaat
                  Ander aanduiders soos koeëlpunte
                  Paragraafvorm
          •   Die skryfstuk mag ŉ opskrif hê, bv. Hoe om sokker/UNO te speel.
          •   Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met
              werkwoorde begin.

          VOORBEELD

          INSTRUKSIES

          Hoe om UNO te speel.
          1. Skommel die pak UNO kaarte deeglik.
          2. Deel aan elke speler elf UNO kaarte uit met die gesigte na onder sodat
             niemand kan sien watter kaarte die speler ontvang nie.
          3. Elke speler tel sy kaarte op en rangskik dit volgens kleur en nommers.
          4. Die boonste kaart van die ekstra pak kaarte word omgedraai.
          5. Die jongste speler speel eerste.
          6. Die nommer of kleur kaart wat bo lê, bepaal watter kaart (die kleur of die
             nommer) deur spelers uitgegooi moet word.
          7. Die speler wat al sy kaarte uitgegooi het, is die wenner.

                                                                              (89 woorde)         [20]

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
          belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                       Downloaded from hlayiso.com             19                                                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                        NSS – Memorandum

LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
  punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]

      Kriteria                               Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD &                                       28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                            -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                       uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                    en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees                -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                            Hoë vlak
 vir beplanning;                       volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                  stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                     nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                       -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                              organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                       samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                       inleiding, liggaam en    liggaam en
                                       samevatting/slot         samevatting/slot
                                                25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                       -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                       maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                       treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                       van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                            Lae vlak
                                       -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                       volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                       -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                       samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                       inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                       samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                         inleiding, liggaam en
                                                                                         samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                20                                                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                          NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)

       Kriteria                             Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer
 VERSPREIDING VAN PUNTE                       43–50                      33–40                      23–30                      13–20                       0–10

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2018/d5792d63-2c3e-4beb-8266-56724e7a6ef4) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preperatory-2016-possible-answers/8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
