# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017/72eb59a3-6173-4c92-a030-90f00f74c4a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017/72eb59a3-6173-4c92-a030-90f00f74c4a8)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy ŉ streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf ŉ opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1        Só ŉ kans kom net een keer.                                                          [50]

1.2        Die foto’s van my hoërskooljare                                                      [50]

1.3        Is ek reg vir 2017?                                                                  [50]

1.4        Wen is nie alles nie.                                                                [50]

1.5        Ons moet meer liefhê.                                                                [50]

1.6        Kies EEN van die volgende prente en skryf ŉ opstel daaroor. Skryf die
           vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

           LET WEL:      Daar moet ŉ duidelike verband wees tussen die opstel en die
                         prent wat jy gekies het.

           1.6.1

                                                             [Uit: www.taalmonument.co.za]      [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS

        1.6.2

                                             [Uit: www.googleimages.com]                        [50]

        1.6.3

                                                                   [Uit: www.wegry.co.za]       [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1        INFORMELE BRIEF

           Jou maat het op ŉ meisie/seun verlief geraak, maar is te skaam om haar/hom
           te vertel.

           Skryf ŉ INFORMELE BRIEF aan dié maat waarin jy hom/haar raad gee oor
           hoe om sy/haar gevoelens aan die meisie/seun oor te dra.                              [30]

2.2        HULDEBLYK

           Jou klasmaat is skielik oorlede. Almal was lief vir hom/haar. Jy is gevra om
           namens die klas ŉ huldeblyk te lewer.

           Skryf die HULDEBLYK wat jy by die begrafnis gaan lewer.                               [30]

2.3        RESENSIE

           Jy het ŉ baie goeie Afrikaanse boek gelees en voel ander tieners moet dit ook
           lees.

           Skryf ŉ RESENSIE oor dié moet-lees-boek.                                              [30]

2.4        DIALOOG

           Dit is die eerste keer wat jy die geleentheid kry om met vakansie te gaan.
           Jy nooi jou vriend/vriendin om saam te gaan. Julle beplan en bespreek die
           vakansie.

           Skryf die DIALOOG tussen jou en jou vriend/vriendin neer.                             [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        PLAKKAAT

           Baie van jou vriende dink daar is geen toekoms in Suid-Afrika nie en hulle wil
           eerder oorsee gaan werk. Jy is trots Suid-Afrikaans. Jy besluit om die
           graad 12-leerders te oortuig om in Suid-Afrika te bly en hier ŉ verskil te maak.

           Maak ŉ PLAKKAAT en gee die redes waarom jongmense in Suid-Afrika moet
           bly.                                                                                  [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Daar is ŉ konsert in julle dorp/stad. Jy gaan die geleentheid kry om jou
           gunstelingsanger/-sangeres te ontmoet.

           Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae hieroor soos volg:

           •   EEN inskrywing oor die dag voordat jy die konsert bywoon
           •   EEN inskrywing oor die aand na die konsert                                        [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Jou jonger boetie wil graag vir die familie ŉ vleisbraai hou, maar weet nie hoe
           om ŉ vuur te maak nie.

           Verduidelik stap vir stap hoe hy die vuur moet maak totdat die vuur gereed is
           vir die vleisbraai.                                                                   [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                      GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2018/d5792d63-2c3e-4beb-8266-56724e7a6ef4) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
