# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2018/d5792d63-2c3e-4beb-8266-56724e7a6ef4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2018/d5792d63-2c3e-4beb-8266-56724e7a6ef4)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:         Opstel                      (50)
          AFDELING B:         Lang transaksionele teks    (30)
          AFDELING C:         Kort transaksionele teks    (20)

2.        Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:         80 minute
          AFDELING B:         40 minute
          AFDELING C:         30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit in die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Nóú weet ek dat ek verlede jaar harder moes studeer het.                              [50]

1.2       Die huisie langs die rivier                                                           [50]

1.3       As my kamermure kon praat                                                             [50]

1.4       Moet naskoolse opleiding gratis wees?                                                 [50]

1.5       Respekteer mekaar se privaatheid.                                                     [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                               [Bron: www hoezit.com]           [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS

          1.6.2

                                             [Bron: www.savingwater.com]       [50]

          1.6.3

                                                    [Bron: google clipart]     [50]

                                             TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1        INFORMELE BRIEF

           Een van jou beste maats het baie goed in die matriekeindeksamen geslaag.
           Jy is baie opgewonde daaroor.

           Skryf 'n BRIEF VAN GELUKWENSING aan jou maat.                                         [30]

2.2        HULDEBLYK

           Julle skoolhoof is oorlede. Jy was baie lief vir hom/haar. Jy moet 'n huldeblyk
           by sy/haar begrafnis lewer.

           Skryf die HULDEBLYK wat jy by die skoolhoof se begrafnis sal lewer.                   [30]

2.3        INFORMELE VERSLAG

           Jy was 'n passasier in 'n bus wat in 'n ongeluk was. Die polisie het jou gevra
           om 'n verslag oor die ongeluk te skryf.

           Skryf 'n INFORMELE VERSLAG oor die busongeluk.                                        [30]

2.4        DIALOOG

           Jou maat wil ná hierdie eksamen gaan werk soek eerder as om verder te
           studeer. Jy probeer hom/haar oortuig dat dit beter is om liewer verder te
           studeer.

           Skryf julle gesprek in DIALOOGVORM neer.                                              [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        ADVERTENSIE

           Die aanvullende eksamen begin een van die dae en party leerders voel dat
           hulle ekstra hulp in Afrikaans nodig het. Jy weet hoe om hierdie leerders te
           help en sal vir hulle ekstra klasse aanbied.

           Ontwerp 'n ADVERTENSIE waarin jy jou klasse adverteer.                               [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het jou ma se selfoon sonder haar toestemming geleen en die selfoon het
           weggeraak. Jy moet die hele situasie aan jou ma verduidelik en jy weet nie
           wat om te verwag nie.

           Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae soos volg:

              Net nadat jy die selfoon verloor het
              Net nadat jy jou ma vertel het                                                   [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Julle bure is genooi na 'n partytjie waar kinders nie toegelaat word nie. Hulle
           vra jou om hulle vyfjarige seuntjie op te pas terwyl hulle vir die naweek weg
           sal wees.

           Skryf SEWE INSTRUKSIES neer wat die seuntjie se ma vir jou gee oor wat jy
           moet doen om seker te maak dat hy veilig en versorg is.                              [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                     GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
