# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2015, 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-june-july-2015-memo/ae24b50e-e499-4d05-8218-a888d1f767f4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-june-july-2015-memo/ae24b50e-e499-4d05-8218-a888d1f767f4)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                       2015

                                 MEMORANDUM

                                                                      PUNTE: 100

        Hierdie memorandum bestaan uit 24 bladsye wat drie rubrieke insluit.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                                   DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

ALGEMEEN

1.        Gebruik die assesseringsrubrieke soos volg:

          BYLAAG A:             VRAAG 1       OPSTEL
          BYLAAG B:             VRAAG 2.1     FORMELE BRIEF
                                VRAAG 2.2     HULDEBLYK
                                VRAAG 2.3     INFORMELE VERSLAG
                                VRAAG 2.4     DIALOOG
          BYLAAG C:             VRAAG 3.1     ADVERTENSIE
                                VRAAG 3.2     DAGBOEKINSKRYWINGS
                                VRAAG 3.3     INSTRUKSIES

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
          nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
          aangeslaan word.

          Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

4.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
5.        dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste kode.

          Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.

6.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
          gepenaliseer nie.

8.        Vraag 1.6

          •   Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          •   Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
              steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          •   Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
              of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             3                                          DBE/2015
                                          SSE – Memorandum

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:

     VERDUIDELIKING                       SIMBOOL                      BESKRYWING
Woordorde                          (      )                  Hakies en pyltjie
Spelfout                           =                         Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                         /                         Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                           T (in die kantlyn)        Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                 ^                         Weglaatteken
Taalfoute                          _____                     Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                  //                        Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp        [                         Begin van ŉ nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie-         X                         Trek ŉ X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy
word. Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies       (bo die woord)          Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                             idees of uitdrukkings.
Herhaling                          hh (in die kantlyn)       Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar          ∫ (in die kantlyn)        Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel           Vr (in die kantlyn)       Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                      O            Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.        Assesseer die leerder se skryfstukke               na   aanleiding    van       die   vyf
          HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:

          AFDELING A:         INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                              REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

          AFDELING B:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).

          AFDELING C:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              4                                  DBE/2015
                                           SSE – Memorandum

3.        •    Bepaal heel eerste in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
               byvoorbeeld KNAP.
          •    Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
               byvoorbeeld KNAP Hoë vlak.
          •    Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
               neer, byvoorbeeld uit die punt (22-24) besluit die nasiener op 22 uit 30 vir
               Inhoud en Beplanning.
          •    Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.

4.        Hou die persentasies by die vlakomskrywings in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.        Let daarop dat Afdeling B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlak nie.

6.        Skryf die punte soos volg neer:

      AFDELING A              Kode             Punt       AFDELING          Kode              Punt
          I/B             Knap +                22            B
         T/S/R            Uitsonderlik -        13          I/B/F        Gemiddeld            10
           S              Knap                  4           T/S/R        Elementêr            5
      TOTAAL:                                   39       TOTAAL:                              15

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.

AFDELING A: OPSTEL

1.1        Hy/Sy het my weer laat dink.

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/
      bespiegelend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         insident waar hy/sy deur iemand beïnvloed is om weer oor ŉ
         saak/persoon/gebeurtenis te dink. Die insident kan die skrywer dus
         beïnvloed/herinner om weer oor ŉ saak/persoon/gebeurtenis te dink.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse hoe die
         persoon hom/haar beïnvloed het om weer oor ŉ saak/persoon/gebeurtenis te
         dink.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die persoon wat
         hom/haar beïnvloed het. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie oor hoe die
         persoon hom/haar weer oor iets/ŉ persoon laat dink het/onthou het. Die leerder
         kan ook bespiegel hoe anders dinge kon wees indien hy/sy nie bereid was om
         weer te dink nie. Dis belangrik dat die uiteinde van die bespiegeling by die
         onderwerp aanpas, naamlik dat die leerder besef dat die persoon die leerder
         weer oor ŉ saak/persoon/gebeurtenis laat dink het.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

1.2        ŉ Dag om te onthou!

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beskrywend/verhalend/
      bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         ding(e)/mens(e)/ervaring(s)/gebeurtenis(se) wat hom/haar laat besef dat hy/sy
         die dag wil onthou, ens.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse wat dié dag
         gebeur het en waarom hy/sy die dag sal onthou.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder wat hom/haar die dag laat
         onthou.     Die leerder sal die gebeure van die dag wat hy/sy onthou,
         oorweeg/deurdink.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

1.3        ŉ Lewe sonder reëls …

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld bespiegelend/ verhalend/
      beskrywend/beredeneerd/argumenterend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor ŉ lewe sonder reëls.
         Die leerder sal die situasie wat hy/sy skep, oorweeg/deurdink.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         gebeurtenis/lewe sonder reëls.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse ŉ lewe
         sonder reëls. Die beskrywing sal aansluit by die emosies of gevoelens gewek
         deur ŉ lewe sonder reëls.
       Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder redeneer oor die impak van ŉ
         lewe met/sonder reëls en tot ŉ gevolgtrekking kom.
       Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af ŉ
         standpunt in, byvoorbeeld dat ŉ lewe sonder reëls moontlik/nie moontlik is nie
         en motiveer sy/haar standpunt.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

1.4        ŉ Matrieksertifikaat maak deure oop.

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd/
      argumenterend/verhalend/beskrywend/ bespiegelend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder in ŉ gebalanseerde opstel
         redeneer in watter opsig(te) ŉ matrieksertifikaat deure oopmaak of nie oopmaak
         nie. Die leerder moet die standpunt(e) motiveer en tot ŉ gevolgtrekking kom.
       Argumenterende opstel: Hier moet die leerder ŉ rede/redes aanvoer waarom
         ŉ matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         insident as bewys dat ŉ matrieksertifikaat deure oopmaak.
       Beskrywende opstel:          Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse
         hoe/waarom ŉ matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
       Bespiegelende opstel:            Hier bespiegel/wonder die leerder of ŉ
         matrieksertifikaat deure oopmaak of nie.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          7                                     DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

1.5        Is popsterre goeie rolmodelle?
•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
      beredeneerd/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
         standpunt in, naamlik popsterre is goeie/slegte rolmodelle en motiveer die
         standpunt.
       Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ŉ gebalanseerde opstel of
         popsterre goeie rolmodelle is of nie. Die leerder mag uiteindelik tot ŉ
         gevolgtrekking kom.
       Bespiegelende opstel:        Hier bespiegel/wonder die leerder of popsterre
         goeie/slegte rolmodelle is.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse waarom
         popsterre goeie/slegte rolmodelle is.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse popsterre
         as goeie/slegte rolmodelle.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.6        VISUELE PRIKKELS

•     Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
      onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid interpretasies. Die
      leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word.
•     Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike inkleding van
      die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.

1.6.1      Prentjie: Bouvallige huis

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•     Letterlike interpretasie: bouvallige huis, spookhuis, die huis waarin jy
      grootgeword het, ens.
•     Figuurlike interpretasie: Die huis kan ŉ mens se lewe simboliseer, “Elke huis het
      sy kruis”, jou lewe op ŉ onvaste fondament bou, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

1.6.2      Prentjie: Kruispaaie

•     Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•     Letterlike interpretasie: Die persoon verdwaal/ ŉ nuwe dag.
•     Figuurlike interpretasie: Kruispaaie as simbool van keuses wat gemaak moet
      word/son as simbool van hoop.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          8                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

1.6.3      Prentjie: Voetspore in die sand

•       Die leerder kan enige soort opstel aanbied.
•       Letterlike interpretasie: ŉ Mens wat op die strand loop, ens.
•       Figuurlike interpretasie: In iemand se voetspore volg, invloed op ander mense,
        eensaamheid, ens.
•       Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en
        volgens sy/haar interpretasie.                                                        [50]

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          9                                    DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

2.1       FORMELE BRIEF                                                                         [30]

          FOKUS

               Die leerder skryf ŉ formele brief aan die redakteur van die plaaslike
               koerant waarin hy/sy sy/haar opinie oor vuurwerke gee.

          KENMERKE

          •    Die formele brief word aan die redakteur van die plaaslike koerant gerig.
          •    Die taal en styl van die brief is formeel en saaklik.
          •    Die inleidingsparagraaf stel die leerder se mening/standpunt duidelik.
          •    Die liggaam brei uit op sy/haar mening en gee moontlike oplossings
               indien nodig.
          •    Die toon en woordkeuse is respekvol, maar selfgeldend.

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees.

          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
          Die adres en datum
          •    Die adres van die briefskrywer mag regs boaan in blokvorm geskryf
               word.
          •    Dit kan ook links onder na die briefskrywer se naam geskryf word. ŉ
               Reël word oopgelaat tussen die naam en die adres.
          •    Daar behoort nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
               word nie.
               Toegewing: ŉ Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
          •    Die datum word voluit geskryf: 15 Mei 2015.
          •    ŉ Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
          •    Die redakteur se adres word links teen die kantlyn in blokvorm geskryf.
          •    Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
          Die aanhef, afsluiting en slot
          •    Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
          •    Die redakteur word as “Geagte ...”/“Meneer”/“Mevrou” aangespreek.
          •    ŉ Opskrif wat die essensie/doel van die brief weergee, volg en word
               onderstreep. Indien die essensie van die brief in hoofletters geskryf
               word, word dit nie onderstreep nie.
          •    “Die uwe” en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot.
          •    Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word.
          •    Wanneer ŉ skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en dan
               die sender se regte naam en handtekening. ŉ Streep word dan onder
               die skuilnaam getrek.
          •    ŉ Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat
               nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          10                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          Die paragrawe
          • ŉ Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
          •    Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
          •    Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief.         Die
               briefskrywer gee sy/haar opinie oor vuurwerke.
          •    Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.

          VOORBEELD

                                                                      Noordstraat 14
                                                                      Durban
                                                                      4001
                                                                      15 Mei 2015
          XXX
          Die Redakteur
          Die Ster
          Wesstraat 112
          Durban
          4001
          XXX
          (Geagte) Meneer
          XXX
          MENING OOR VUURWERKE/Mening oor vuurwerke
          XXX
          Ek wil graag my opinie oor vuurwerke en die skade wat dit veroorsaak, lug.
          XXX
          Dit is ŉ mens se reg om Guy Fawkes, Diwali en ander feesvierings te vier. Dit
          is ook ŉ mens se reg om die rustigheid en stilte in jou huis te kan geniet.
          XXX
          Die geraas van die vuurwerke dring die stilte van ons kamermure binne. Die
          slapelose nagte help nie as jy die volgende dag moet werk en die kinders
          skool toe moet gaan nie.
          XXX
          Vuurwerke is gevaarlik, veral as kinders sonder toesig daarmee speel.
          Troeteldiere raak vreesbevange.
          XXX
          Ek stel voor dat daar ŉ oplossing gevind word wat almal tevrede sal stel. Die
          gebruik van vuurwerke kan byvoorbeeld tot ŉ sekere area en tyd beperk word
          in plaas van dwarsdeur die nag en oral toegelaat te word.
          XXX
          Die uwe
          Thandeka Mahlobo/T. Mahlobo

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          11                                     DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          As ŉ skuilnaam gebruik word, is die afsluiting van die brief soos volg:
          ŉ Diereliefhebber
          ______________________________________________________________
          Die uwe
          Thandeka Mahlobo/T. Mahlobo
          XXX
          OF
          Noordstraat 14
          Durban
          4001
          15 Mei 2015

                                                                            (148 woorde)

         Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

          Kerkstraat 1                 Posbus 88          Huis 342       Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad         Pleknaam           Pleknaam       Pleknaam
          Pleknaam                     Kode               Kode           Kode
          Kode

          Rusthof                       Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
          Pleknaam                      Westdene
          Kode                          Kode

          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ
          samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ŉ samestelling
          tussen ŉ eienaam en ŉ soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf
          word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat, Arcadia-straat,
          Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl. 121)

          Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
          aanvaar nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          12                                   DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

2.2       HULDEBLYK                                                                             [30]

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ huldeblyk oor ŉ oudonderwyseres.

          KENMERKE
          •   Die huldeblyk handel oor die oorledene wat ŉ belangrike rol in die leerder
              se lewe gespeel het.
          •   Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en
              van, ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of
              hoogtepunte van die persoon se lewe, staaltjies oor die oorledene, die rol
              wat die oorledene in die leerder se lewe gespeel het.
          •   Die doel van die huldeblyk is om die persoon se lewe te vereer en om die
              betekenisvolle bydrae wat sy gelewer het, uit te lig.
          •   Die gehoor moet ŉ geheelbeeld van die persoon kry.
          •   Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige/
              toekomende tyd geskryf.
          •   Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
              persoon verwys word.
          •   Die toon, styl en woordkeuse is formeel, versagtend, liefdevol,
              vertroostend, bemoedigend en taktvol van aard.
          •   Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

          FORMAAT

          •   Opskrif
              Die huldeblyk moet ŉ opskrif hê.
              Die huldeblyk mag ŉ subopskrif insluit.
          •   Inleidende paragraaf
              Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag
              word vasgevang. Die inleiding moet oor die verering van die persoon se
              lewe gaan. Die inleidende sin is baie belangrik.
          •   Paragraaf 2 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
              en staaltjies van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende
              daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
              oor ŉ nuwe feit/gedagte.
          •   Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker ook vir die familie/leerders/kollegas sterkte
              toewens.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          13                                   DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          VOORBEELD

          Sylvia Reddy: Die ‘Moeder Teresa’ van ons gemeenskap

          Ons het mevrou Sylvia Reddy ons Moeder Teresa genoem. Dié titel is ŉ
          weerspieëling van die mens wat sy was.

          Ons liewe Sylvia was ons mamma, onderwyseres en steunpilaar. Sy was tien
          jaar gelede my Afrikaans-onderwyseres in graad agt. Sy het ons vrees op
          daardie eerste dag op hoërskool met haar glimlag en moederliefde laat
          verdwyn.     Vir graad nege was ons gereed: verantwoordelik en vol
          selfvertroue. Haar waardevolle lesse het ons rigting in die lewe gegee.

          Haar rol in die gemeenskap was onskatbaar. Sy het die sopkombuis begin.
          Sy was geliefd onder oud en jonk.

          Mamma Sylvia, ons was geseënd om ŉ hardwerkende mens soos u in ons
          lewe te hê! Ons harte voel leeg, maar u teenwoordigheid sal orals ervaar
          word.

          Rus in vrede, Mamma Sylvia.
                                                                          (135 woorde)

2.3       INFORMELE VERSLAG                                                                     [30]

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ informele verslag oor die pretdag.

          KENMERKE

          •   Die inhoud van die informele verslag is opsommend en saaklik en neem
              die besonderhede van die pretdag in aanmerking.
          •   Die verslag verskaf inligting oor die vrae: wie?, wat?, waar? en wanneer?
          •   Die toon, styl en woordkeuse is saaklik en objektief.

          FORMAAT

          •   Daar is ŉ opskrif wat die doel van die verslag aandui.
          •   Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees.
          •   Geen emosionele taal nie; die styl is saaklik.
          •   Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
          •   Die paragrawe moet ŉ logiese verduideliking wees van wat gebeur het.
          •   Die verslag is kort en bondig, maar moet soveel moontlike detail verskaf.
          •   Die inleidingsparagraaf stel die positiewe aard van die gebeurtenis
               duidelik.
          •   Die liggaam brei uit op ekstra inligting oor die pretdag.
          •   Tyd, datum, plek en moontlike gevolge van die pretdag kan as
              deel van die detail gegee word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          14                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          •   Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
          •   Die leerder gebruik sover moontlik die bedrywende vorm.
          •   Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
          •   Die slotparagraaf mag ŉ gevolgtrekking insluit.
          •   Die verslag word onderteken.

          VOORBEELD

         Verslag oor pretdag vir personeel van Nasionale Bank

         Nasionale Bank het Donderdag, 15 Februarie 2015, ŉ pretdag vol aktiwiteite
         vir die personeel gereël. Dit was ŉ dag om te onthou.

         Die hele personeel het om agtuur by die konferensiesentrum bymekaargekom.
         Die bestuurder en spanleiers het die program saamgestel. As ysbreker moes
         elke lid hom-/haarself voorstel.

         Die volgende aktiwiteit was ŉ voorstelling van ŉ aktuele banksituasie. Dit kon
         snaaks of ernstig wees. Die doel was om sosiale vaardighede aan te leer.

         Tydens die aktiwiteite het die werkers mekaar geëvalueer. Daarna het die
         bestuurder die wenspan en wenprys, ŉ bootreis langs die Durbanse kus,
         aangekondig.

          Die waarde van die dag lê daarin dat almal saamgewerk het en dat elke lid
          ook introspeksie oor sy/haar optrede en sosiale vaardighede gedoen het.
          Die pretdag is met ŉ bring-en-braai afgesluit.

          Na die positiewe terugvoering het die bestuurder besluit om dit ŉ jaarlikse
          instelling te maak.

          Don Mehmood
                                                                         (150 woorde)

2.4       DIALOOG                                                                              [30]

          FOKUS

          Die kandidaat skryf die gesprek tussen hom/haar en ŉ ouer suster in
          dialoogvorm. Die ouer suster is bekommerd oor die kandidaat se vriendskap
          met sy/haar nuwe maat.

          KENMERKE

          •   Die dialoog handel oor die keuse van vriende.
          •   Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
          •   Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel.
          •   Die spreekbeurte volg op mekaar om ŉ aaneenlopende gesprek te vorm.
          •   Toon, styl en woordkeuse is respekvol, maar selfgeldend.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             15                                           DBE/2015
                                          SSE – Memorandum

          FORMAAT
          •     Leerders mag ŉ konteks skets voordat die dialoog geskryf word.
          •     Die sprekers (suster en kandidaat) word netjies onder mekaar teenaan die
                linkerkantlyn aangedui.
          •     Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
          •     Na elke naam is ŉ dubbelpunt.
          •     Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
          •     Laat ŉ reël na elke spreekbeurt oop.
          •     Die spreekbeurte is in blokvorm.
          •     Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf of
                waar dit toepaslik is.
          Let wel: Alle woorde in die inhoud behalwe die name van die sprekers word getel.

          VOORBEELD

          Tania:        Boetie, dis hoog tyd dat ons praat!
          XXX
          Ek:           (Verveeld) Waaroor, Tania?
          XXX
          Tania:        Die regte keuse van vriende is belangrik.
          XXX
          Ek:           Waarvan praat jy? Ons is nie op dieselfde golflengte nie!
          XXX
          Tania:        Ek praat van Katie. Ek dink sy is ŉ slegte invloed. Ek hoor sy
                        gebruik dwelms, besoek klubs en het baie kêrels.
          XXX
          Ek:           (Ergerlik) Skinderpraatjies! Is dit al weer Kandy wat seker by
                        Emily gehoor het ...? Katie is net anders, dis al! As jy hierdie
                        beskuldigings kan bewys, sal ek my vriendskap met Katie
                        heroorweeg.
          XXX
          Tania:        Boetie, ek is net bekommerd oor jou.
          XXX
          Ek:           Ek is volwasse genoeg om te weet wat om te doen. Ek kan self
                        besluit wat reg of verkeerd is en my eie keuses maak. Jy is
                        verniet bekommerd.
          XXX
          Tania:        Ek hoop net dat jy sterk genoeg is om die regte besluite te neem.
          XXX
          Ek:           Sonder goeie rede is ek nie bereid om my vriendskap met Katie
                        te beëindig nie. Dis finaal!
                                                                       (139 woorde)

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.

                                                                         TOTAAL AFDELING B:                30
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          16                                  DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3

3.1       ADVERTENSIE                                                                          [20]

          FOKUS

          Die leerder ontwerp ŉ advertensie om onnodige artikels in sy/haar huis te
          verkoop.

          KENMERKE

          •   Die advertensie moet die mense van die woonbuurt oorreed om die
              verkoping te ondersteun.
          •   Die advertensie teiken die mense wat in winskopies belangstel.
          •   Die advertensie noem waar en wanneer die geleentheid gaan plaasvind
              en die doel van die verkoping.
          •   Die krag van ŉ advertensie lê in sy eenvoud.
          •   Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
          •   Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
               Die advertensie moet ŉ leser se aandag trek deur verskillende
                 lettertipes en lettergroottes.
               Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
                 interessante inhoud en uitleg.
               Hierdie advertensie moet ŉ begeerte by die leser wek om die
                 verkoping te ondersteun deur die verskillende produkte wat te koop is,
                 te noem.
               As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan
                 deur die verkoping te ondersteun.
          •   Toon, styl en woordkeuse moet lesers oorreed om die verkoping by te
              woon.

          FORMAAT

          •   Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
               Wie is die teikengroep?
               Wat word aangebied?
               Wanneer vind die verkoping plaas?
               Waar vind die verkoping plaas?
               Waarom word die goed verkoop?
               Kontakbesonderhede

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              17                                    DBE/2015
                                           SSE – Memorandum

          VOORBEELD

                                                                                             Wat?

                              MOET DIT NIE MISLOOP NIE!
                                       ALMAL IS WELKOM.                                      Teikengroep

                           DAAR IS DEFINITIEF IETSIE VIR ALMAL
                                 - VAN KLERE TOT KOFFIEMASJIENE -
                                       TEEN SAKPASPRYSE!
                                           Kom geniet                                        Ekstra inligting
                                      ŉ gratis koppie tee en
                                   varsgebakte botterbroodjies
                                      terwyl jy kies en keur!
        HET JY ŉ BAKKIE, VRAGMOTOR of ŉ KRUIWA nodig om alles weg te
                                  ry?
                                            Ek kan dit reël!

                                 KOM VROEG EN KIES EERSTE!
                                                                                             Wanneer?
      DATUM:             SATERDAG, 10 APRIL 2015                                             Tyd
      TYD:               08.00 tot alles verkoop is!
      PLEK:              MARIE MALAN SE HUIS                                                 Waar?
                         Suidstraat 20, Kimberley
                                        Net kontant word aanvaar.
                                                                                             Kontak-
                      Skakel Marie (084 1262 101) vir verdere besonderhede.                  besonderhede
                                                                              (95 woorde)

3.2   DAGBOEKINSKRYWINGS                                                                              [20]

          FOKUS

           Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een VOOR die afspraak en
           een NA die afspraak.

          KENMERKE

          • Die dagboek is ŉ informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
            emosies voor die afspraak en die leerder se gevoelens na die afspraak.
          • Gevoelens/ervarings wat beleef word, word beskryf.
          • Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
          • Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
          • Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          18                                   DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

          FORMAAT

          • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
            word.
          • Die leerder moet dagboekinskrywings vir TWEE dae maak.
          • Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
          • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.

          Let wel:
          • Getal woorde:
              o In die dagboekinskrywing word slegs die getal woorde in die inhoud
                   getel.
              o Die getal woorde vir albei inskrywings moet altesaam 80-100 woorde
                   wees.
          • Assessering:
              o Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet
                   dus as ŉ geheel geassesseer word.
              o Indien een van die inskrywings ontbreek, word die leerder by die
                   kategorie inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die leerder
                   kan ŉ maksimum van 7/12 punte behaal.

          VOORBEELD

          07 Februarie (2015) (of aan regterkant van die bladsy)
          OF
          Woensdag
          OF
          Woensdag, 7 Februarie (2015)

          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Ek het jou nou al dae lank vertel van die mooi Jean wat daagliks langs my in
          die bus sit. Sjoe! UITEINDELIK het ek haar uitgevra vir ete môreaand! En raai
          wat? Sy het ingestem. Ek is so opgewonde! Ek kan nie wag nie!

          8 Februarie 2015 (of aan regterkant van die bladsy)
          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Sal Jean my ooit weer wil sien? Alles het vlot verloop: die gehuurde motor,
          die roos ... tot by die restaurant. In my geesdrif om haar te beïndruk, het ek
          my neus teen die glasdeur gestamp. Die gevolg? Ons het die res van die
          aand in die hospitaal deurgebring. Het ek my kanse met haar bederf?
                                                                           (100 woorde)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            19                                       DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

3.3       INSTRUKSIES                                                                               [20]

          FOKUS

              Die leerder skryf instruksies neer oor hoe om frikkadelle voor te berei.

          KENMERKE

          •     Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •     Die inligting is bedoel om instruksies te gee oor hoe om frikkadelle voor te
                berei.
          •     Toon, styl en woordkeuse moet by die ontwikkelingsvlak van die maat wat
                na die instruksies luister en by die inhoud pas.

          FORMAAT

          •     Die uiteensetting kan soos volg aangebied word:
                    Puntsgewys
                    Reëls tussen-in oopgelaat
                    Ander aanduiders soos koeëlpunte
                    Paragraafvorm
          •     Die skryfstuk kan ŉ opskrif hê, bv. Hoe om frikkadelle voor te berei.
          •     Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Die sinne kan met
                werkwoorde begin.

          VOORBEELD

          INSTRUKSIES
          Hoe om frikkadelle voor te berei.
          1. Meng 1 teelepel elk van die volgende: mosterd, fyngedrukte
             knoffelhuisies, fyngekapte brandrissies, tiemie en koljanderblare goed
             met 500 gram maalvleis.
          2. Week 2 snye brood in water en druk die oortollige water uit die brood.
          3. Meng die brood en die maalvleismengsel.
          4. Geur met sout en peper na smaak.
          5. Vorm frikkadelle en verkoel minstens 30 minute.
          6. Verhit olie in ŉ pan en braai die frikkadelle.
          7. Die frikkadelle kan ook vir 25-30 minute lank teen 200°C in die oond
             gebak word.
                                                                          ( 72 woorde)

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
          en belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                       Downloaded from hlayiso.com                 20                                                                              DBE/2015
                                                                            SSE – Memorandum

          OPSOMMING VAN DIE VRAE IN VRAESTEL 3: MEI 2015

                                  TIPE             SPESIFIEKE                                             SPESIFIEKE DOELSTELLINGS
        SKRYF
                               SKRYFSTUK         DOELSTELLINGS
                                                                                 Met hierdie vraestel moet getoets word of die spesifieke doelstellings vir die aanleer van
      AFDELING A                                                                 Eerste Addisionele Taal bereik is.
                                  OPSTEL
       VRAAG 1
1.1                       Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)        Dit toets of die leerders:
1.2                       Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)           i.    Taalvaardighede verwerf het wat nodig is om akkuraat en gepas te
1.3                       Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)          ii.    kommunikeer, met inagneming van die teikengroep, doel en konteks;
1.4                       Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)         iii.    Met vertroue en genot kan skryf/aanbied;
1.5                       Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)        iv.      Eie idees, sienings en emosies, skriftelik en met vertroue kan uitdruk en
1.6.1–1.6.3               Al vyf tipes           (i) (ii) (iii) (iv) (vi)                 regverdig ten einde selfstandige en analitiese denkers te word;
                                     LANG                                          v.     Die addisionele taal en verbeelding kan gebruik om menslike ervarings uit te
      AFDELING B                                                                          beeld en te verken sodat hulle hul eie ervarings en bevindinge oor die wêreld
                           TRANSAKSIONELE
       VRAAG 2                                                                            skriftelik kan uitdruk;
                                    TEKSTE
2.1                       Formele brief          (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)    vi.      Die addisionele taal kan gebruik om inligting te verkry en te bestuur vir leer oor
2.2                       Huldeblyk              (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)             die kurrikulum heen en in ŉ wye verskeidenheid ander kontekste;
                                                                                 vii.     Die addisionele taal kan gebruik as ŉ instrument vir kritiese en kreatiewe denke;
2.3                       Informele verslag      (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)
                                                                                          opinies oor etiese kwessies en waardes kan uitdruk; krities in interaksie kan tree
2.4                       Dialoog                (i) (ii) (iii) (iv) )v) (vi)
                                                                                          met ŉ wye verskeidenheid tekste; perspektiewe, waardes en magsverhoudings in
                                     KORT                                                 tekste kan herken en bevraagteken.
      AFDELING C
                           TRANSAKSIONELE
       VRAAG 3
                                     TEKS
3.1                       Advertensie            (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)
3.2                       Dagboekinskrywings     (i) (ii) (iii) (iv) (vi)
3.3                       Instruksies            (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi)

15 onderwerpe/keuses      12 tipes skryfstukke

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                   21                                                          DBE/2015
                                                                             SSE – Memorandum
                                                                                                                                                    BYLAAG A
LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
      Kriteria                              Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD EN                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                        4–6
 BEPLANNING                           -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                      uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                   en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees               -Idees is intelligent,   relevant, baie           oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp
 vir beplanning;                      volwasse en              interessant en lewer     -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie

                           Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                 stem leser tot           bewys van                en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                    nadenke                  volwassenheid            samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                      -Uitsonderlike           -Organisasie baie        insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                             organisasie en           goed en                  liggaam en
                                      samehang, insluitend     samehangend,             samevatting/slot
                                      inleiding, liggaam en    insluitend inleiding,
                                      samevatting/slot         liggaam en
                                                               samevatting/slot
                                               25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                      -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                      maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                      treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                      van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie

                           Lae vlak
                                      -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant
                                      volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van      en ontoepaslik
                                      -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                      samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                  fokus nie
                                      inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                      samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                        inleiding, liggaam en
                                                                                        samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                       22                                                                DBE/2015
                                                                                 SSE – Memorandum
                                                                                                                                                             BYLAAG A

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
       Kriteria                             Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                 14–15                       11–12                      8–9                         5–6                        0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en    -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas        -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en         woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                 gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie           en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                      -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse         beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik            onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte              te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte              -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                      ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe         -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                     foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog            -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                  nie
                                      gekonstrueer
 VERSPREIDING VAN
 PUNTE                                        43–50                      33–40                      23–30                      13–20                        0–10

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
