# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2017, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                         2017

                                                                    PUNTE: 100

                                                                    TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                              DBE/2017
                                               SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            3                                   DBE/2017
                                               SSE

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Daardie dag het ek my buurman/buurvrou regtig leer ken                                 [50]

1.2       Die interessante mense in die taxi                                                     [50]

1.3       Ek wil in die mode wees ...                                                            [50]

1.4       Moet daar meer publieke vakansiedae wees?                                              [50]

1.5       Straatkinders is almal se probleem                                                     [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                                [Bron: www.familylife.com]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4                            DBE/2017
                                       SSE

      1.6.2

                                             [Bron: www.popularmechanics.com]      [50]

     1.6.3

                                                   [Bron: www.wallarthd.com]       [50]

                                                 TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        5                                     DBE/2017
                                           SSE

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jou beste maat van laerskooldae het in graad 9 na 'n ander provinsie getrek.
          Hy/Sy wil weet hoe die plek waar julle grootgeword het, verander het.

          Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan dié maat waarin jy hom/haar vertel
          van hierdie veranderinge.                                                            [30]

2.2       HULDEBLYK

          Die skoonmaker by jou skool/werk is oorlede. Jy was baie lief vir hom/haar.
          Omdat jy hom/haar so goed geken het, moet jy 'n huldeblyk by sy/haar
          begrafnis lewer.

          Skryf die HULDEBLYK wat jy by die skoonmaker se begrafnis gaan lewer.                [30]

2.3       KOERANTBERIG

          HOND BYT KIND (3)

          Skryf 'n KOERANTBERIG met hierdie opskrif.                                           [30]

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          'n Paar graad 11-leerders by die plaaslike hoërskool het besluit om die skool
          te verlaat. Die skoolhoof het jou gevra om 'n toespraak te lewer oor hoekom
          dit belangrik is om graad 12 te voltooi.

          Skryf die INFORMELE TOESPRAAK neer.                                                  [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                                   DBE/2017
                                             SSE

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        ADVERTENSIE

           Jy wil tweedehandse klere verkoop om geld te verdien.

           Ontwerp 'n ADVERTENSIE om die klere wat jy wil verkoop, te adverteer.
           Jy gaan hierdie advertensie by een van die winkels opplak.                        [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het 'n baie goeie werk gekry. Jy is baie opgewonde daaroor, maar tog ook
           'n bietjie bang vir hierdie nuwe uitdaging.

           Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae hieroor soos volg:

           •   Dag 1: Die aand nadat jy gehoor het dat jy die werk gekry het
           •   Dag 2: Die aand voordat jy die volgende dag moet begin werk                   [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Jy het by jou ouma op 'n dorp gaan kuier waar dit baie droog is en waar daar
           waterbeperking is. Op die eerste dag het sy vir jou instruksies gegee oor wat
           jy moet doen om minder water te gebruik.

           Skryf SEWE instruksies neer wat jou ouma jou gegee het om water te
           bespaar as jy in die kombuis en die badkamer is.                                  [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2017-memo/1f189951-2b9b-4bdf-9d70-ac0d59452e6f) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
