# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2021, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                          2021

                                                                         PUNTE: 100

                                                                        TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                              DBE/2021
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:        Opstel                       (50)
          AFDELING B:        Lang transaksionele teks     (30)
          AFDELING C:        Kort transaksionele teks     (20)

2.        Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:         80 minute
          AFDELING B:         40 minute
          AFDELING C:         30 minute

8.        Nommer die skryfstukke volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
          NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           3                                 DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Ek het geweet ek kan dit doen!                                                       [50]

1.2       Dit was nou ŉ lekker/nare droom                                                      [50]

1.3       Staan familie altyd saam?                                                            [50]

1.4       Suid-Afrika #ek bly!                                                                 [50]

1.5       Verandering begin by my                                                              [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

         1.6.1

                                                                      [Bron: google.com]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3      4                     DBE/2021
                                       SS/NSS

          1.6.2

                                                      [Bron: places.co.za]   [50]

          1.6.3

                                                 [Bron: resumetarget.com]    [50]

                                                TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         5                                    DBE/2021
                                          SS/NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       FORMELE BRIEF AAN DIE PERS

          Jy was 'n rukkie gelede by 'n kliniek/hospitaal op jou dorp. Jy is ongelukkig
          oor die swak diens wat jy ontvang het.

          Skryf 'n FORMELE BRIEF AAN DIE PERS waarin jy oor hierdie swak diens
          kla.                                                                                 [30]

2.2       HULDEBLYK

          Jou oom is 'n polisieman. Hy tree nou af nadat hy vir 40 jaar in julle
          gemeenskap gewerk het. Daar word 'n funksie gereël om van hom afskeid te
          neem en om hulde aan hom te bring. Jy moet hierdie huldeblyk aan jou oom
          lewer.

          Skryf die HULDEBLYK.                                                                 [30]

2.3       RESENSIE

          Daar het 'n nuwe winkel op julle dorp oopgemaak. Hierdie winkel verkoop
          slegs klere vir jongmense. Jy was daar en het van die winkel gehou/nie gehou
          nie.

          Skryf 'n RESENSIE vir julle skoolkoerant waarin jy die winkel aanbeveel/nie
          aanbeveel nie.                                                                       [30]

2.4       DIALOOG

          Jy het Saterdagaand baie laat by die huis gekom. Jou ma het vir jou gesit en
          wag. Sy was baie kwaad. Sy wou weet waar jy was en jy moes mooi
          verduidelik.

          Skryf die DIALOOG tussen jou en jou ma neer.                                         [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            6                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        UITNODIGINGSKAARTJIE

           Die sportklub of koor waaraan jy behoort, hou 'n funksie aan die einde van die
           jaar.

           Skryf 'n UITNODIGING om die klublede of koorlede na hierdie funksie uit te
           nooi.                                                                                [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het jou beursie, met alles wat daarin was, verloor. Gelukkig het iemand jou
           beursie gevind en dit vir jou teruggegee.

           Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

              Die dag toe jy jou beursie verloor het
              Die dag toe jy jou beursie teruggekry het                                        [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Jou pa wil hê jy moet julle spaza-winkeltjie bestuur terwyl hy weg is. Hy het vir
           jou 'n lys instruksies gegee hoe om die winkeltjie goed te bestuur.

           Skryf jou pa se INSTRUKSIES puntsgewys en onder mekaar neer.                         [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                      GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL Trial 2021 P3 only](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-trial-2021-p3-only/63015d85-4051-4fc4-a389-e69c499c9afd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
