# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June 2022, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                         2022

                                                                  PUNTE: 100

                                                                  TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             2                                DBE/2022
                                              SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            3                                     DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Dit was moeilik om te groet                                                               [50]

1.2       Die mense by die verkeerslig                                                              [50]

1.3       Hoe steek ek dit weg?                                                                     [50]

1.4       As jy dit kan droom, kan jy dit doen. Is dit waar?                                        [50]

1.5       Maskers                                                                                   [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                               [Bron: Rapport, 20 Junie 2021]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3      4                            DBE/2022
                                       SS/NSS

          1.6.2

                                                         [Bron: openclipart.org]     [50]

          1.6.3

                                                [Bron: Beeld, 13 Augustus 2021]      [50]

                                                   TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Een van jou maats speel 'n belangrike rol in jou lewe. Hierdie maat stel 'n
          goeie voorbeeld vir jou. Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat om hiervoor
          dankie te sê.

          Skryf die VRIENDSKAPLIKE BRIEF.                                                          [30]

2.2       E-POS

          Jy het 'n duur paar tekkies aanlyn gekoop. Dit het baie lank geneem om
          afgelewer te word. Toe jy dit uiteindelik kry, was dit nie wat jy bestel het nie.

          Stuur 'n E-POS aan die bestuurder van die maatskappy en kla oor hierdie
          swak diens.

          Teken die FORMAAT hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en gebruik dit
          vir jou e-pos.

           AAN

           AA(CC)

           ONDERWERP

                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         6                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

2.3       HULDEBLYK

          Jou buurman het 'n beter werk op 'n ander dorp gekry en gaan soontoe trek.
          Die mense in jou straat het jou gevra om 'n huldeblyk by sy afskeidspartytjie
          te lewer.

          Skryf die HULDEBLYK.                                                                  [30]

2.4       DIALOOG

          Jy het nie jou ekstra klasse bygewoon nie. Die onderwyser bel jou om te hoor
          hoekom jy nie by die klasse was nie.

          Skryf die telefoongesprek tussen jou en die onderwyser in die vorm van 'n
          DIALOOG neer.                                                                         [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       UITNODIGINGSKAARTJIE

          Jou suster gaan trou. Sy het vir jou gevra om die uitnodigingskaartjie te skryf.

          Skryf die UITNODIGINGSKAARTJIE om gaste na die troue uit te nooi.                    [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          Toe Covid-19 begin het, was ons land eers op Vlak 5-inperking. Na 'n paar
          maande het die president gesê dit gaan verander.

          Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS oor hoe jy gevoel
          het ...

              die aand vόόrdat die president weer met die land sou praat.
              die aand nádat die president Vlak 5 verander het.                               [20]

3.3       INSTRUKSIES

          Jou broer wil begin om gesonder te leef. Gee instruksies om hom te help om
          'n gesonde leefstyl te volg.

          Skryf die INSTRUKSIES puntsgewys en onder mekaar neer.                               [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                     GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
