# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2024/9aa37566-3423-4e30-8bf2-b90fd8bf5ec1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2024/9aa37566-3423-4e30-8bf2-b90fd8bf5ec1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2024

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
              NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

         Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3              (EC/SEPTEMBER 2024)

SKRYF EN AANBIED

ALGEMEEN

1.   Gebruik die rubrieke soos volg:

     AFDELING A:      VRAAG 1           OPSTEL
     AFDELING B:      VRAAG 2.1         INFORMELE BRIEF VAN
                                        GELUKWENSING
                      VRAAG 2.2         HULDEBLYK
                      VRAAG 2.3         INFORMELE TOEPSRAAK
                      VRAAG 2.4         DIALOOG
     AFDELING C:      VRAAG 3.1         ADVERTENSIE
                      VRAAG 3.2         KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
                      VRAAG 3.3         RIGTINGAANWYSINGS

2.   Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
     redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.   As ŉ onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer m.b.t die
     inhoud (ŉ baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.

4.   Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
     opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
     punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
     van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
     volgens die laagste vaardigheidsvlak.

5.   Voorgeskrewe nasiensimbole (bladsy 3) moet by die nasien van ŉ skryfstuk
     gebruik word.

6.   Visuele tekste: VRAAG 1.6–1.8

     •   Die titel en die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
     •   Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
         steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
     •   Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
         of argumenterend wees.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            3

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:

      VERDUIDELIKING                 SIMBOOL                       BESKRYWING
Woordorde                              ( )→             Hakies/pyltjie
Spelfout                                  =             Twee strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                /             Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                            T (in kantlyn)      Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                         Λ            Weglaatteken
Taalfoute                               _____           Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                         //            Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp               [
                                                        Begin van nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/ nie-               X             Trek ŉ X oor die verkeerde woord
funksionele / vreemde
woorde
• Standaardafrikaans bly
    die norm.
 • Gebruiksafrikaans moet
    vermy word.
 • Aanvaar terminologie
    waarvoor Afrikaans nog
    nie ekwivalente het nie.
Erkenning van                      √ (bo die woord)     Regmerkie bokant goeie
taaljuweeltjies                                         taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling                         hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar          ∫ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
Saamgeflans uit die vraestel      Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V en kleinletter r
Punktuasie                                  O           Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.    Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.    Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
      VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:

      AFDELING A:        INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                         REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

      AFDELING B:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte),
                         TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).

      AFDELING C:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte),
                         TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3             (EC/SEPTEMBER 2024)

3.   • Bepaal heel eers in watter hoofvlakomskrywing die skryfstuk val,
       byvoorbeeld KNAP.
     • Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
       byvoorbeeld KNAP hoog.
     • Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer,
       byvoorbeeld uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30
       vir Inhoud en Beplanning.
     • In AFDELING A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering
       sowel as Struktuur gevolg.
     • In AFDELING B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
       Formaat sowel as Taal, Styl en redigering gevolg.

4.   Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
     Dis ŉ hulpmiddel.

5.   Let daarop dat AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke
     nie.

6.   Skryf die punte soos volg neer:

       AFDELING A            Kode             Punt
           I/B              Knap +             22
          T/S/R         Uitsonderlik –         13
            S                Knap               4
        TOTAAL:                                39

       AFDELING B          Kode               Punt
          I/B/F         Gemiddeld (G)           9
          T/S/R         Elementêr (E)           5
        TOTAAL:                                14

     AFDELING C            KODE              PUNT
         I/B/F          Gemiddeld (G)          7
        T/S/R           Elementêr (E)          3
       TOTAAL                                 10

     TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
     Hierdie nasienriglyn moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
     assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

     LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie,
              want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           5

ANALISE VAN VRAESTEL

AFDELING A: OPSTEL

1.1    Ek skaam my dood vir my familie
       • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
         ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ŉ interessante wyse
             van dit wat hy/sy familie doen wat hom/haar skaam maak. Die
             kandidaat kan in sy/haar vertelling die klem laat val op wat die
             familie/familielid doen of hoe hy/sy oor die familie se doen en late
             voel.
         ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ŉ lewendige
             wyse die dinge wat sy/haar familie doen wat hom/haar skaam laat
             voel.

       • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
       • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
         en volgens sy/haar interpretasie.                                             [50]

1.2    Ek moes hom/haar nooit met my geheim vertrou het nie

       •   Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
           ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ŉ lewendige
               wyse hoe iemand sy/haar geheim verklap het. Die kandidaat kan
               ook uitbrei oor die gevolge van die geheim wat verklap is en hoe
               hy/sy daaroor voel.
           ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ŉ interessante,
               lewendige, kreatiewe wyse ŉ storie waar iemand sy/haar geheim
               verklap het. Daar kan uitgebrei word oor die gevolge van die geheim
               wat uitgelaat is en hoe dit die kandidaat laat voel.
           ➢ Bespiegelende opstel: Hier dink die kandidaat oor die situasie van
               die geheim wat verklap is en of dit ŉ goeie ding is, al dan nie. Die
               kandidaat kan ook bespiegel oor of hy/sy hom/haar met die geheim
               moes vertrou het.

       •     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
       •     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
             oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3              (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3     Só ŉ kans kom net een keer

        •   Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:

            ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die eens-in-ŉ-leeftyd
              kans wat hy/sy gekry het en hoe hy/sy daarvan gebruik gemaak het,
              al dan nie. Die kandidaat kan uitbrei oor die impak van die kans wat
              hy aangegryp het of die negatiewe aspekte toe hy/sy tot die besef
              gekom dat die kans wat deur sy/haar vingers geglip het, nie weer sal
              kom nie.
            ➢ Bespiegelende opstel: Hier oordink/bespiegel die kandidaat oor
              kanse wat net een keer in ŉ leeftyd kom. Die kandidaat kan uitbrei oor
              of dit waar is dat die kans nooit weer sal kom nie, wat die betekenis
              van een keer in ŉ leeftyd kans is, ens.
          ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ŉ interessante wyse
            ŉ storie oor ŉ kans wat hy/sy aangegryp het omdat hy/sy besef het dat
            die kans nie weer sal kom nie. Die kandidaat kan ook heeltemal die
            teenoorgestelde skryf bv. ŉ storie waar hy/sy besef het hy/sy moes die
            kans gegryp het, want dis verby en kom nie weer nie.
          ➢ Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin
            af standpunt in, nl. dat só ŉ kans kom net een keer en motiveer jou
            standpunt.
          ➢ Beredenerende opstel: Hier beredeneer die kandidaat in ŉ
            gebalanseerde opstel of só ŉ kans net een keer kom. Die kandidaat
            mag uiteindelik ŉ standpunt inneem.
        • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
        • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se
          oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.                                        [50]

1.4     Matriek is my paspoort tot sukses

        • Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
            ➢ Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op ŉ interessante wyse
              ŉ storie oor hoe iemand deur matriek uit armoede gekom het en
              sukses in die lewe behaal het.
            ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ŉ lewendige
              wyse die waarde van matriek en hoe dit hom/haar suksesvol in die
              lewe gemaak het.
            ➢ Beredenerende opstel: Hier beredeneer die kandidaat of matriek
              /opleiding die sleutel tot sukses is. Die kandidaat kan argumente en
              teenargumente aanvoer om sy/haar opinie te staaf. Albei kante van
              die saak kan genoem word.

            ➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat dat matriek en
              of dit jou uit armoede / tot sukses kán help. Die kandidaat kan
              bespiegel oor of matriek wel die oplossing vir armoede / paspoort tot
              sukses is, al dan nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          7

            ➢ Argumenterende opstel: Hier argumenteer die kandidaat dat
              matriek wel die paspoort tot sukses is, al dan nie. Die kandidaat kan
              van die begin af standpunt inneem en dan argumente aanvoer om
              sy/haar opinie te staaf. Die kandidaat kan ook teenargumente
              aanvoer, m.a.w. albei kante van die argument kan gelug word, maar
              die kandidaat moet tot ŉ slotsom kom.
        • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
        • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
          en volgens sy/haar interpretasie.                                            [50]
1.5     ŉ Dag sonder sosiale media
        •   Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:

            ➢ Verhalende opstel: In ŉ verhalende opstel vertel die kandidaat op
              ŉ interessante wyse wat gebeur het toe hy/sy een dag sonder sosiale
              media moes klaarkom.
            ➢ Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op ŉ lewendige
              wyse wat gebeur het toe hy/sy vir een dag sonder sosiale media
              moes klaarkom.

            ➢ Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die
              kandidaat wat kan gebeur wanneer hy/sy een dag sonder sosiale
              media moet klaarkom. Die kandidaat kan ook bespiegel of dit ŉ goeie
              ding is om sonder sosiale media klaar te kom of nie.

        • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
        • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
          en volgens sy/haar interpretasie.                                            [50]

        VISUELE PRIKKELS

        • Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Daar moet
          onthou word dat hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid
          interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering
          oorweeg word, maar slegs wanneer dit by die prikkel aansluit.
        • Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag
          geneem.
        • ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3               (EC/SEPTEMBER 2024)

1.6   PRENTJIE: MEISIE WAT STEM

      •    Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
      •    Letterlike interpretasie: ons almal het ŉ reg om te kies: politieke partye;
           sosiale lewe; geloof; die invloed van politiek op ons land, Suid-Afrika, Jy
           is agtien en kan uiteindelik stem, is dit die moeite werd om te stem? ens.
      •    Figuurlike interpretasie: keuses/besluite, ens.
      •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
           en volgens sy/haar interpretasie.                                             [50]

1.7   PRENTJIE: MEISIE LEES/STUDEER BO-OP BOEKE EN MENSE WAT
      HAAR HELP

      •    Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
      •    Letterlike interpretasie: Boeke/studies; skool/universiteit ens.
      •    Figuurlike interpretasie: Drome/harde werk betaal; ons het almal
           mense/ondersteuning nodig om ons te help waar ons wil kom,
           toekomsplanne, ens.
      •    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
           en volgens sy/haar interpretasie.                                             [50]

1.8   PRENTJIE: DIE AARDE IN IEMAND SE HANDE

      • Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
      • Letterlike interpretasie: Die aarde en die mens se invloed daarop / Leef
        groen / Neem beheer oor die aarde.
      • Figuurlike interpretasie: Ek het die wêreld oorwin; Reis; Alles is in jou
        hande.
      • Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt
        en volgens sy/haar interpretasie.                                                [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          9

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1     INFORMELE BRIEF VAN GELUKWENSING

        FOKUS
        Die kandidaat skryf ŉ informele brief aan sy/haar maat om hom/haar met
        die sportprestasie en die beurs geluk te wens. Die kandidaat kan oor enige
        toekomsplanne uitbrei/uitvra.

        KENMERKE
        Die informele brief het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar moet wees.
        • Die aanslag is informeel.
        • Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. die kandidaat moet
             sy/haar maat gelukwens met die besondere prestasie en oor die
             toekomsplanne met die beurs uitvra.
        • Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
        • Die brief behoort 120–150 woorde te hê.

        FORMAAT
        Die formaat van die brief moet korrek wees:
        Leestekens
        •     Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
        Die adres en datum
        •     Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm
              geskryf word.
        •     Daar behoort nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
              te word nie.
        Toegewing: ŉ Reël mag tussen die poskode en datum oopgelaat word of
                      nie.
        •     Die datum word voluit geskryf: 28 September 2024.
        •     ŉ Reël word tussen die adres van die sender en aanhef oopgelaat.
        •     Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
              Verwys na bladsy 10.
        Die aanhef, afsluiting en slot
        • Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
             geskryf.
        • Groete/liefdegroete kry ŉ punt aan die einde.
        • Daar word nie ŉ reël tussen Jou maat/vriend(in) en die naam
             oopgelaat nie.
        • Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend(in), voor die briefskrywer se
             naam, is opsioneel.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3               (EC/SEPTEMBER 2024)

        Die paragrawe
        • ŉ Reël word tussen die paragrawe oopgelaat.
        • Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
            die briefskrywer sy/haar maat gelukwens met die sportprestasie en beurs
            en oor die toekoms uitvra.
        • Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
            brei uit oor alles wat die kandidaat moes doen om die sportprestasie te
            behaal en wat die moontlike toekomsplanne is.
        • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.

        Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

        Kerkstraat 1         Posbus 88               Huis 342                Plot 588
        Uitbreiding/Voorstad Pleknaam                Pleknaam                Pleknaam
        Pleknaam             Kode                    Kode                    Kode
        Kode

        Rusthof                Sewende Laan 10 OF Sewendelaan 10
        Pleknaam               Westdene
        Kode                   Kode

        Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ samestelling
        van TWEE soortname is. Arcadia Straat is ŉ samestelling tussen ŉ eienaam
        en ŉ soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
        Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bladsy 173).

        Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
        aanvaar nie.

        TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
        • Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
        • Die toon is vriendelik en waarderend.
        • Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
          register wat die skryfstuk vereis.
        • Grammatika en spelling geniet aandag:
          o Sinne word korrek gebou.
          o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
          o Spelling is korrek.                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           11

2.2    HULDEBLYK

       FOKUS
       Die kandidaat skryf ŉ huldeblyk (oor die bekende rugbykaptein, Gatiep
       Willemse, wat tydens ŉ padongeluk oorlede is.

       KENMERKE
       • Die huldeblyk het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
         wees.
       • Die aanslag is formeel en waarderend.
       • Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan
         die bekende Gatiep Willemse wat tydens ŉ padongeluk gesterf het.
       • Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die
         vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.
       • Die mense wat die begrafnis bywoon, moet ŉ geheelbeeld van die
         rugbykaptein, Gatiep Willemse kry.
       • Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.

       INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
       • Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
       • ŉ Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
       • Gepaste detail brei die idees uit:
          o Bekendstelling van die rugbyspeler, Gatiep Willemse.
          o Oorsig oor die jare wat hy rugby gespeel het.
          o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy bekend was.
          o Waardering vir sy bydra tot rugby en die breë samelewing.
          o Die familie moet bemoedig word.
       • Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

       FORMAAT
       • Opskrif
         Die huldeblyk moet ŉ opskrif hê en dit mag ŉ subopskrif insluit.
       • Inleidende paragraaf
         Die inleidende sin is belangrik. Die huldeblyk word met die groet ingelei
         en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee ŉ rede
         vir die samekoms.
       • Paragraaf 2
         Die volgende besonderhede van Gatiep kan gegee word: naam en van,
         sy gesinslewe, sy rugbyloopbaan van die begin tot einde, sy
         gemeenskapsbetrokkenheid.
       • Paragraaf 3 en verder
         Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure
         en staaltjies van Gatiep se lewe bevat. Dit word in die verskillende
         daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
         oor ŉ nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die
         slotparagraaf Gatiep se familie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3             (EC/SEPTEMBER 2024)

        • Slotparagraaf

        In die slot kan die spreker sy waardering uitspreek vir Gatiep se bydra tot
        rugby en die breë samelewing. Die spreker moet hier of in een van die ander
        paragrawe Gatiep se familie bemoedig.

        TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
        • Die toon is formeel, dog vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend,
          bemoedigend en taktvol.
        • Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
        • Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
          register wat die huldeblyk vereis.
        • Grammatika en spelling geniet aandag:
          o Sinne word korrek gebou.
          o Taalstrukture en konvensies word korrek aangebied.
          o Spelling is korrek.                                                         [30]

 2.3    INFORMELE TOESPRAAK

        FOKUS
        Die kandidaat lewer ŉ toespraak by sy/haar beste vriend/in wat oorsee gaan
        au pair, se afskeidspartytjie.

        KENMERKE
        • Die informele toespraak het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en
          korrek is.
        • Die aanslag is informeel.
        • Die doel van hierdie toespraak os om ŉ afskeidsboodskap aan jou
          vriend/in te lewer.
        • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
        • Die informele toespraak behoort 120–150 woorde te hê.

        INHOUD, INSLUITEND DETAILS EN IDEES
        • Die inhoud van die toespraak moet die fokus ondersteun.
        • Die rede vir die toespraak word reg aan die begin, net na die groet,
          gestel, nl. om die vriendin seënwense vir die pad vorentoe toe te wens.
        • ŉ Verskeidenheid volwasse, gepaste en intelligente idees word gegee.
        • Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die toespraak:
          o Enkele staaltjies oor die vriend/in
          o Dinge wat die vriende saam deurgemaak het.
          o Motivering en voorspoedwense word uitgespreek.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                       13

        FORMAAT
        • Begin die toespraak met die groet.
        • Die toespraak kan in paragrawe aangebied word.
        • Die toespraak bestaan uit 'n inleiding, ŉ liggaam en ŉ slot

        TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
        • Die toon kan getuig van waardering en goeie gesindheid.
        • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
        • Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
          register wat die skryfstuk vereis.
        • Die grammatika en spelling geniet aandag:
          o Sinsbou is funksioneel.
          o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
          o Spelling van woorde is korrek.                                           [30]

 2.4    DIALOOG

        FOKUS
        Die kandidaat skryf die dialoog wat hy/sy met die seun/meisie net nadat
        hy/sy agtergekom het die persoon met wie hy/sy op sosiale media gesels
        het, nie is wie hy/sy voorgegee het om te wees nie.

        KENMERKE
        • Die dialoog het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
        • Die dialoog handel oor die gesprek tussen die kandidaat en die
          seun/meisie wat hy/sy op sosiale media ontmoet het.
        • Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog, nl. om die persoon
          te vra waarom hy die seun/meisie gekatvis het.
        • Die taal en styl is informeel.
        • Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.

        INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
        • Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
        • ŉ Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik
           uiteengesit.
        • Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
           o    Waarom mense voorgee om te wees wie hulle nie is nie (katvis).
           o    Wat lei daartoe om dit te doen?
           o    Die kandidaat se opinie en hoe hy/sy hieroor voel.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2024)

        FORMAAT
        • Kandidaat mag ŉ konteks skep voordat die dialoog geskryf word.
        • Die sprekers (kandidaat en seun/meisie) se name word netjies onder
          mekaar teenaan die linkerklantlyn aangedui.
        • Die naam van die kandidaat kan met “Ek” vervang word.
        • Daar kom ŉ dubbelpunt na elke naam.
        • Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
        • Laat ŉ reël na elke spreekbeurt oop.
        • Spreekbeurte is in blokvorm.
        • Ekstra inligting word tussen hakies voor die spreker se woorde geskryf,
          waar dit toepaslik is.                                                     [30]

        TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
        • Die toon kan getuig van teleurstelling.
        • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.
        • Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
          register wat hierdie dialoog vereis.
        • Grammatika en spelling geniet aandag:
          o Sinne word korrek gebou.
          o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
          o Spelling is korrek.
          o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
             teks.
          o Vermy slordige taal, sleng en SMS-taal.

        ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE

        Die vrae is só geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
        onderwerp van die kandidaat verwag word.

                                                         TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           15

AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

3.1    ADVERTENSIE

       FOKUS
       Die kandidaat ontwerp ŉ advertensie wat leerders moet oortuig om ŉ praatjie
       oor geestesgesondheid by te woon.

       KENMERKE
       • Die advertensie het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
         wees.
       • Die aanslag is oorredend/ manipulerend.
       • Die doel van hierdie advertensie is om mense te oortuig om die praatjie by
         te woon.
       • Dit teikenmark is leerders van die skool sowel as die publiek.
       • Die nodige inligting word in die advertensie gegee.
       • Die krag van die advertensie lê in sy eenvoud.
       • Die leser moet die advertensie maklik verstaan.
       • Hierdie advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
         o Die advertensie moet die leser se aandag trek deur verskillende
              lettertipes en lettergroottes.
         o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
              interessante inhoud en uitleg.
         o Hierdie advertensie moet ŉ begeerte by die leser wek om die
              geleentheid by te woon.
         o As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en
              die geleentheid bywoon.
         o Die advertensie behoort 80–100 woorde te hê.

       INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
       • Die inhoud van die advertensie moet die fokus ondersteun.
       • Die volgende inligting behoort in die advertensie gegee te word:
         o Wat vind plaas?
         o Wie is die teikengroep?
         o Wie is die spreker?
         o Waar vind die geleentheid/praatjie plaas?
         o Wanneer en hoe laat is die geleentheid/praatjie?
         o Wat is die doel van die geleentheid/praatjie.
         o Kontakbesonderhede?

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2024)

      FORMAAT
      • Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
      • Verskillende lettergroottes word gebruik.
      • Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
      • Geen omslagtige paragrawe nie.
      • Inligting kan puntsgewys gegee word.

      TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
      • Die toon is oorredend en spreek die leser direk aan.
      • Die taal en styl is informeel en gemaklik.
      • Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
         van goeie woordeskat.
      • Grammatika en spelling geniet aandag:
         o Sinsbou is funksioneel.
         o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
         o Spelling van woorde is korrek.
         o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.       [20]

3.2   KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

      FOKUS
      Die kandidaat skryf ŉ kort teksboodskap aan sy/haar vriend/in op WhatsApp
      om die waarheid oor die onware plasing oor sy/haar skool op sosiale media
      op te klaar. Die kandidaat noem alle relevante bewyse dat die plasing
      heeltemal onwaar is.

      KENMERKE
      • Die kort teksboodskap het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
        moet wees.
      • Die aanslag is informeel. SMS-taal word nie aanvaar nie.
      • Die doel van die teksboodskap moet duidelik wees, nl. om te verduidelik
        waarom die plasing oor die kandidaat se skool onwaar is.
      • Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê.

      INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
      • Die inhoud moet die fokus ondersteun.
      • Die inhoud is persoonlik van aard.
      • Die kandidaat se redes argumente/opinie moet duidelik wees.
      • Gevoelens en gedagtes word beskryf.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          17

     FORMAAT
     • Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.
     • Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.
     • Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of onderaan
       in die regterkantste hoek geskryf.

     TAAL EN STYL
     • Die toon is persoonlik.
     • Die styl is informeel.
     • Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
        en emosies met min woorde te beskryf.
     • Beskrywende woorde word fyn gekies.
     • Die persoon skryf in die teenwoordige / toekomende tyd.
     • Vermy SMS-taal en afkortings.
     • Grammatika en spelling geniet aandag:
        o    Sinne word korrek gebou.
        o    Spelling is korrek.
        o    Vermy SMS-taal en afkortings.                                             [20]

3.3 RIGTINGAANWYSINGS

     FOKUS
     Die kandidaat gee rigtingaanwysings vir die buurman/vrou wat gevolg moet
     word om vanaf die huis tot by die naaste hospitaal te kom.

     KENMERKE
     • Hierdie teks het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
     • Die aanslag is informeel en informatief.
     • Die doel van hierdie teks is om rigting aan te dui.
     • Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word.
     • In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
       bakenaanwysings in die vorm van stelsinne afgewissel word.
     • Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê.

     INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
      • Die inhoud van die rigtingaanwysings moet die fokus ondersteun.
      • ŉ Reeks verskillende rigtingaanwysings word gegee.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2024)

     FORMAAT
     • Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word of
       slegs as sinne geskryf word.
       LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat die kandidate die
       aanwysings puntgewys, onder mekaar en in volsinne moet neerskryf.
     • Die rigtingaanwysings moet in volsinne aangebied word.

     TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
     • Die toon is verduidelikend/instruktief.
     • Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
     • Die rigtingaanwysings word in die teenwoordige tyd geskryf.
     • Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
        van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
        word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
        bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
     • Die grammatika en spelling geniet aandag:
        o Sinne begin gewoonlik met ŉ werkwoord (bevelsin); “Jy moet ...”
           “Onthou om ...”
        o Sinne word korrek gebou.
        o Persoonlike voornaamwoorde word in plaas van eiename gebruik.
        o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
        o Spelling is korrek

     ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

     Die vrae is só geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
     onderwerp van die kandidaat verwag word.                                       [20]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            20
                                                            GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                             19

LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
   toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                          Uitsonderlik                   Knap                    Gemiddeld                Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD EN                                   28–30                      22–24                      16–18                   10–12                       4–6
 BEPLANNING                         - Respons is             - Respons baie goed;       - Respons bevredigend.    - Wisselvallige            - Respons heeltemal
                                      uitsonderlik/treffend en getuig van               - Idees redelik             samehang in                irrelevant
                                      bo verwagting             vaardigheid               samehangend en            respons.                 - Idees deurmekaar
 (Respons en idees)
 Organisering van                   - Idees is intelligent,   - Idees heeltemal           oortuigend              - Idees onduidelik, nie      en nie op
                                      volwasse en stem          relevant, interessant   - Redelike organisasie en   oorspronklik nie.

                         Hoë vlak
 idees vir beplanning;                                                                                                                         onderwerp
 Bewustheid van                       leser tot nadenke         en lewer bewys van        redelik samehangend,    - Min bewys van              gefokus nie
 doel, gehoor en                    - Uitsonderlike             volwassenheid             insluitend inleiding,     organisasie en           - Vaag en
 konteks                              organisasie en          - Organisasie baie          liggaam en                samehang                   herhalend
                                      samehang,                 goed en                   samevatting/slot                                   - Geen organisasie
                                      insluitend inleiding,     samehangend,                                                                   nie en is
 30 PUNTE                             liggaam en                insluitend inleiding,                                                          onsamehangend
                                      samevatting/slot          liggaam en
                                                                samevatting/slot
                                                25–27                    19–21                      13–15                      7–9                     0–3
                                    - Respons uitmuntend, - Respons goed;               - Respons                  - Respons is              - Geen poging
                                       maar uitsonderlik        getuig van                bevredigend, maar          grootliks                 aangewend om in
                                       treffende eienskappe     vaardigheid               verval soms in             irrelevant                ooreenstemming
                                       van ’n opstel ontbreek - Idees relevant,           onduidelikheid           - Idees begin los           met onderwerp te
                                    - Idees intelligent en                              - Idees redelik              staan en kan

                         Lae vlak
                                                                interessant                                                                    wees nie
                                       volwasse               - Organisasie goed en     - samehangend en             verwarrend wees         - Heeltemal
                                    - Knap organisasie en       samehangend,              oortuigend               - Skaars ’n bewys           irrelevant en
                                       samehang, insluitend     insluitend inleiding,   - ’n Mate van                van organisasie           ontoepaslik
                                       inleiding, liggaam en    liggaam en                organisasie en             en samehang             - Deurmekaar en
                                       samevatting/slot         samevatting/slot          samehang,                                            geen fokus nie
                                                                                          insluitend inleiding,
                                                                                          liggaam en
                                                                                          samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                          Blaai om asseblief
                                                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                                                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                        (EC/SEPTEMBER 2024)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
         Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                    Gemiddeld                  Elementêr               Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                  14–15                        11–12                      8–9                       5–6                         0–3
 REDIGERING                           - Toon, register, styl en    - Toon, styl, register    - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl    - Taal
                                        woordeskat hoogs             en woordeskat baie        woordeskat gepas vir        en woordeskat nie         onverstaanbaar.
 Toon, register, styl en                gepas vir doel, gehoor       gepas vir doel,           doel, gehoor en             gepas vir doel,         - Toon, register,
 woordeskat is geskik                   en konteks                   gehoor en konteks         konteks                     gehoor en konteks         styl en

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    - Taalgebruik getuig         - Taalgebruik effektief   - Gepaste taalgebruik         nie                       woordeskat
 konteks;                               van vertroue,                en ’n deurlopende         om betekenis oor te       - Taalgebruik baie          minder gepas
                                        indrukwekkend                gepaste toon word         dra                         basies                    vir doel, gehoor
 Woordkeuse;
                                      - Toon retories treffend       gebruik                 - Toon is gepas.            - Toon en                   en konteks
 Taalgebruik en
                                        en effektief               - Grammatika en           - Retoriese middele           woordkeuse              - Woordeskat so
 konvensies,
                                      - Grammatika en                spelling grootliks        gebruik om betekenis        skaars toepaslik          beperk dat dit
 punktuasie,
                                        spelling feitlik foutvry     foutvry.                  te versterk               - Baie beperkte             onmoontlik is
 grammatika, spelling                 - Knap gedaan                - Baie goed gedoen                                      woordeskat                om sin te maak
                                                   13                          10                         7                         4
 15 PUNTE                             - Taalgebruik                - Taalgebruik             - Voldoende taalgebruik,    - Taalgebruik
                                        uitstekend en toon is        toepaslik en oor die      maar teenstrydighede        onvoldoende
                                        retories effektief           algemeen effektief        word opgemerk             - Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      - Grammatika en              - Toon gepas en           - Toon oor die algemeen       sinsverskeidenheid.
                                        spelling feitlik foutvry     effektief                 gepas en beperkte         - Woordeskat baie
                                      - Baie goed tot knap         - Enkele foute in           gebruik van retoriese       beperk
                                        gedaan                       grammatika en             middele
                                                                     spelling.
                                                                   - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                         5                          4                           3                         2                         0–1
                                      - Uitstekende                 - Logiese                - Relevante detail          - Sommige punte            - Noodsaaklike
 Kenmerke van teks;                     ontwikkeling van              ontwikkeling van         ontwikkel                   geldig                     punte ontbreek
 Paragraafontwikkeling                  onderwerp                     details                - Sinne en paragrawe        - Sinne en                 - Sinne en
                                      - Uitsonderlike detail        - Samehangend              goed gekonstrueer           paragrawe foutief          paragrawe foutief
 en sinskonstruksie
                                      - Sinne en paragrawe          - Sinne en               - Opstel maak nog           - Opstel maak nog          - Opstel maak nie
                                        uitsonderlik                  paragrawe logies         effens sin                  sin.                       sin nie
 5 PUNTE                                gekonstrueer                  en toon variasie
 VERSPREIDING VAN
                                                 43–50                      33–40                      23–30                     13–20                     0–10
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief
                                                                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                         21

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD,                                15–18                      11–14                     8–10                      5–7                     0–4
 BEPLANNING EN                 - Respons                  - Respons baie goed      - Respons voldoende      - Basiese respons        - Respons toon geen
 FORMAAT                         uitsonderlik, bo           en demonstreer goeie     en toon voldoende        toon geringe kennis      kennis van
                                 verwagting                 kennis van kenmerke      kennis van               van kenmerke van         kenmerke van die
                               - Idees intelligent en       van die soort teks       kenmerke van die         die soort teks           soort teks nie
 Respons en idees;               volwasse                 - Behou fokus – geen       soort teks             - Aanduiding van         - Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir    - Grondige kennis            afwyking nie           - Nie heeltemal            fokus, maar met          met groot afwyking.
 beplanning; doel,               van kenmerke van         - Samehang in inhoud       gefokus nie –            afwykings              - Geen samehang in
 gehoor, kenmerke,               die soort teks             en idees; baie goed      enkele afwykings       - Inhoud en idees nie      idees en inhoud nie
 konvensies en konteks         - Skryfwerk behou            uitgebrei met detail   - Redelike samehang        altyd samehangend      - Baie min detail
                                 fokus                      wat die onderwerp        in inhoud en idees       nie                      ondersteun die
                               - Samehang in                ondersteun             - Sommige detail         - Min detail               onderwerp
                                 inhoud en idees.         - Gepaste formaat met      ondersteun die           ondersteun die         - Nodige reëls van
 18 PUNTE
                               - Idees behoorlik            onbeduidende foute       onderwerp                onderwerp                formaat nie
                                 uitgebrei met detail                              - Formaat oorwegend      - Nodige reëls van         toegepas nie
                                 wat die onderwerp                                   gepas, maar met          formaat vaagweg
                                 ondersteun                                          enkele foute             toegepas
                               - Gepaste en                                                                 - Kritiese foute
                                 akkurate formaat                                                             begaan
 TAAL, STYL EN                          10–12                        8–9                     6–7                       4–5                     0–3
 REDIGERING                   - Toon, register,           - Toon, register, styl   - Toon, register, styl   - Toon, register, styl   - Toon, register, styl
                                 styl en                    en woordeskat baie       en woordeskat is         en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl en         woordeskat                 geskik vir doel,         geskik vir doel,         minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 woordeskat geskik vir doel      hoogs geskik               gehoor en konteks        gehoor en konteks        doel, gehoor en          gehoor en konteks
 en konteks.                     vir doel, gehoor         - Grammatika oor         - Enkele                   konteks.                 nie
                                 en konteks                 die algemeen             grammatikafoute        - Grammatika             - Besaai met foute en
 Taalgebruik en konvensies;   - Grammatika                  korrek en goed         - Voldoende                onakkuraat met           verward
 woordkeuse; punktuasie en
                                 akkuraat en                gekonstrueer             woordeskat               etlike foute.          - Woordeskat nie
 spelling
                                 goed                     - Baie goeie             - Foute belemmer nie     - Basiese                  geskik vir doel nie
                                 gekonstrueer               woordeskat               betekenis nie            woordeskat             - Betekenis ernstig
 12 PUNTE                     - Feitlik foutloos          - Oorwegend                                       - Betekenis                belemmer
                                                            foutloos                                          belemmer
 VERSPREIDING VAN
 PUNTE                                25–30                        19–23                   14–17                    9–12                      0–7

Kopiereg voorbehou                                                                                                                   Blaai om asseblief
                                                            Hosted by www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
