# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2012, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                   NOVEMBER 2012

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                            DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:        Opstel                                         (50)
          AFDELING B:        Langer transaksionele teks                     (30)
          AFDELING C:        Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                             transaksionele tekste                          (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
          beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:          80 minute
          AFDELING B:          40 minute
          AFDELING C:          30 minute

8.        Nommer elke teks soos dit in die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

10.       Dui die getal woorde aan die einde van jou skryfstuk aan.

          LET WEL: Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                   word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             3                       DBE/November 2012
                                                NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•      Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
•      Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
       neer.

1.1                  ’N VAKANSIEDAG WAT EK NOOIT
                           SAL VERGEET NIE!
          Jy hou baie van vakansiedae, want jy en jou gesin doen altyd iets spesiaals
          op so ŉ dag. Daar is egter één spesifieke vakansiedag wat jy nooit sal vergeet
          nie.

          Skryf ŉ opstel waarin jy vertel wat daardie spesifieke dag gebeur het, waar dit
          gebeur het en hoe die gebeurtenis jou en jou gesin se lewens beïnvloed het.           [50]

1.2
                        ‘N GROOT TELEURSTELLING!

                                   [Uit: Huisgenoot, 22 Desember 2011]

          Jy het die mooiste foto’s met jou nuwe digitale kamera geneem. Toe het die
          kamera weggeraak en daarmee saam die foto’s van die spesiale geleentheid.
          Jy was baie teleurgesteld.

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          4                           DBE/November 2012
                                             NSS

1.3
            BEHOORT LEERDERS ’N DERDE TAAL
                  OP SKOOL TE LEER?

                     IsiZulu IsiXhosa                  Setswana

           Engels              Sesotho Xitsonga AFRIKAANS
           IsiNdebele              Sepedi       Tshivenda Siswati
          Suid-Afrika het elf amptelike tale. Om ŉ goeie burger van hierdie land te
          wees, behoort ŉ mens ten minste drie van hierdie elf tale te kan praat. Dit
          beteken dat leerders op skool drie tale behoort te leer. Stem jy saam
          hiermee?

          Skryf ŉ opstel waarin jy jou opinie gee.                                               [50]

1.4

                                          [Uit: http/www.google.com]

      Jy is uiteindelik klaar met matriek. Jy het DRIE doelwitte vir jouself gestel wat jy
      na skool wil bereik.

      Skryf ŉ opstel waarin jy verduidelik watter DRIE doelwitte jy vir jouself vir die
      toekoms gestel het. Vertel ook hoe jy dit gaan bereik, selfs al moet jy sekere
      dinge in die toekoms anders doen.                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            5                                DBE/November 2012
                                               NSS

1.5

                                            [Uit: Vrouekeur, 27 Januarie 2012]

          Is dit so dat tieners deesdae eerder met hulle selfone besig raak as om met
          familie en vriende te kuier of te gesels?

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                      [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
          skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet direk by die prent aansluit.

          1.6.1

                                       [Uit: google http://www.google.com]                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    6                      DBE/November 2012
                                       NSS

          1.6.2

                                                        [Uit: Re a ipela, 2006]        [50]

          1.6.3

                                             [Uit: http://www.google.com]              [50]

                                                    TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        7                               DBE/November 2012
                                           NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk
      neer.

2.1       FORMELE BRIEF

                           Leef groen – leef in harmonie met
                                      die natuur

                                              [Uit: http//www.google.com]

          Die gemeenskap op jou dorp wil hê dat die munisipaliteit hulle moet help om
          groen te leef – hulle gaan water en krag bespaar, bome plant, groentetuine
          maak en die omgewing skoon hou.

          Skryf ŉ formele brief aan die munisipale bestuurder waarin jy hom/haar
          vertel van die gemeenskap se besluit en sê ook hoe die munisipaliteit die
          gemeenskap met hierdie projek kan help.                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            8                          DBE/November 2012
                                               NSS

2.2       TOESPRAAK: FORMEEL

                                       “Leef die liefde uit!
                                          Moet nooit dat
                                         iemand van jou
                                       wegstap sonder dat
                                        hy/sy ŉ gelukkige
                                          mens is nie.”

                                                       Verwerk: Moeder Teresa

                                        [Uit: http//www.google.com]

          Die onderwyser wat die matriekafskeid reël, het jou gevra om die spreker vir
          die aand te wees.

          Skryf ŉ toespraak waarin jy die matriekleerders aanmoedig om volgens
          Moeder Teresa se woorde te leef.                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                     9                     DBE/November 2012
                                                        NSS

2.3       DIALOOG

                                                [Uit: http//www.google.com]

          Jou vriend/vriendin wou onlangs selfmoord pleeg, maar jy kon dit regkry om
          hom/haar van plan te laat verander.

          Skryf die dialoog wat tussen julle twee plaasgevind het.                                    [30]

2.4       SKOOLKOERANTARTIKEL

                                              MATRIEK
                                               2012

                                       [Uit: Huisgenoot, 22 Desember 2011]

          Elke jaar wil matriekleerders spesiale baadjies hê om anders te lyk as die res
          van die skool. Baie ouers kla dat dit te duur geword het.

          Skryf ŉ artikel vir jou skoolkoerant hieroor.

          Gee jou koerantartikel die onderstaande opskrif:

                           Is daardie matriekbaadjie regtig nodig?                                    [30]

                                                                         TOTAAL AFDELING B:           30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                 10                      DBE/November 2012
                                                    NSS

AFDELING C:          KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
                     TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 3

Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.

3.1       ADVERTENSIE

                                       [Uit: Huisgenoot, 22 Januarie 2012]

          As deel van ŉ gemeenskapsprojek het jy en ŉ paar vriende besluit om die
          ouetehuis op julle dorp skoon te maak en te verf. Julle wil graag die ander
          jongmense op die dorp vra om met hierdie projek te kom help.

          Ontwerp ŉ advertensie (A4-grootte) waarin jy die ander jongmense op julle
          dorp oor hierdie projek inlig en hulle uitnooi om betrokke te raak.                      [20]

3.2       POSKAART

          Jy is een van die leerders uit jou provinsie wat gekies is om saam met die
          President van Suid-Afrika ŉ byeenkoms vir jongmense by te woon.

          Skryf ŉ poskaart aan jou beste maat waarin jy vertel van jou ervarings, wat
          julle gedoen het en wie jy ontmoet het.

          Teken die poskaart in jou ANTWOORDEBOEK oor en skryf jou boodskap
          volledig uit.

                                                                             POSSEËL

                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          11                           DBE/November 2012
                                             NSS

3.3       INSTRUKSIES

                                                          [Uit: Clipart]

          Jy het by jou ouers toestemming gekry om ná die matriekafskeid ŉ partytjie by
          julle huis te hou. Hulle het egter duidelike instruksies gegee oor wat jy en jou
          vriende mag doen en nie mag doen nie.

          Skryf die TIEN instruksies neer wat jou ouers vir jou en jou maats gegee het.
                                                                                               [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                      GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NSC 2012 Afrikaans FAL P1 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2012/3f85c035-f152-4594-bcdc-51046b8337e8) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
