# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2013 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2013, 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2013-memo/5f809465-0cf0-42eb-9ff2-0105fa114c14
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2013-memo/5f809465-0cf0-42eb-9ff2-0105fa114c14)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                            DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.

          Bylaag A:             Vraag 1        Opstel
          Bylaag B:             Vraag 2.1      Vriendskaplike brief
                                Vraag 2.2      Verslag
                                Vraag 2.3      Huldeblyk
                                Vraag 2.4      Pamflet
          Bylaag C:             Vraag 3.1      Dagboekinskrywing
                                Vraag 3.2      Advertensie
                                Vraag 3.3      Instruksies

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordeboek na die senior
          nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
          inhoud aangeslaan word.

4.        Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, assesseer hierdie dele
          volgens die laagste kode.

6.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek, is ONAANVAARBAAR.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek. Dan word die kandidaat nie verder per kategorie
          by struktuur gepenaliseer nie.

8.        Riglyn by die afwyking van die voorgeskrewe lengte by skryfstukke.

                             Amper korrek     Te kort/te lank         Heeltemal te kort/te lank
     AFDELING
Afd. A: Opstel                   240–249         230–239                   Minder as 230
250–300 woorde                   301–310                                   Meer as 320
                                                 311–320
Afd. B: Langer
transaksionele teks              113–119         106–112                   Minder as 106
120–150 woorde                   151–157         158–164                   Meer as 164
Afd. C: Korter
transaksionele teks               75–79           69–74                     Minder as 69
80–100 woorde                    101–105         106–111                    Meer as 111

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              3                              DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

9.         Vraag 1.6:
           •     Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
           •     Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud
                 spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
           •     Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend,
                 beredenerend of argumenterend wees. Die prente dien slegs as
                 prikkels.

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.

     VERDUIDELIKING                       SIMBOOL                      BESKRYWING
Woordorde                                    (...)           Hakies/pyltjie
Spelfout                                        =            Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                      /            Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                               T (in die kantlyn)    Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                              ^            Weglaatteken
Taalfoute                                    _____           Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                               //           Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp                     [            Begin van ŉ nuwe sin
sin
Woorde uit ander tale/nie-                     X             Trek ŉ X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde*
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans
nog nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde
Afrikaanse streekswoorde/
streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies          (bo die woord)       Regmerkie bokant goeie
                                                             taalgebruik, idees of uitdrukkings.
Herhaling                              hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar              ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel               Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                      O            Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.         Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.         Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die sewe KODES
           volgens:

           Afdeling A:       INHOUD en BEPLANNING (32 punte), TAAL, STYL en
                             REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (6 punte).

           Afdeling B:       INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (20 punte) en TAAL,
                             STYL en REDIGERING (10 punte).

           Afdeling C:       INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (13 punte) en TAAL,
                             STYL en REDIGERING (7 punte).
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           4                        DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

3.        Evalueer eers hoe goed, gemiddeld of swak die kandidaat binne daardie kode
          tussen die gegewe punte is, byvoorbeeld: uit ŉ gegewe punt van 16–19 uit
          50, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Skryf
          net EEN punt neer.

4.        Hou die persentasies by die kodes in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.        Skryf die punte soos volg neer:

       AFDELING A           Kode         Punt         AFDELING        Kode               Punt
           I/B               5           19½           B en C
          T/S/R              2             4            I/B/F           5                 12
            S                5             5            T/S/R           6                  7
                                         28½                                              19
      TOTAAL:                             29         TOTAAL:                              19

6.        Halwe punte word per afdeling afgerond.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                         DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

LEERUITKOMS 3: SKRYF EN AANBIED

AFDELING A: OPSTELTIPES

Assesseer die opstelle sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Die soort opstel wat die leerder aanbied, word deur die onderwerp
gelei.

VERHALENDE OPSTEL

•   Dis ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(se) (gewoonlik uit die verlede).
•   Dit kan vanuit die leerder se perspektief geskryf word.
•   Die inleiding moet die leser se aandag vasvang.
•   Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig die leser.
•   Die leser se belangstelling moet deurgaans behou word.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde (retoriese stylmiddele) word op so ŉ manier
    gebruik dat die leser graag verder wil lees.
•   Chronologiese of a-chronologiese opbou tot by die hoogtepunt en die daaropvolgende
    afloop van gebeure behoort voor te kom.
•   Die verhaal word realisties en met entoesiasme geskryf.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   ŉ Buitengewone slot rond dit finaal af.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

BESKRYWENDE OPSTEL

•   Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
    wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
    beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
•   ŉ Suksesvolle beskrywende opstel konsentreer op sintuiglike besonderhede soos sig,
    klank, smaak, reuk en sensasie.
•   ŉ Goeie woordeskat is nodig vir ŉ raak beskrywing.
•   Die opstel is meer as net die opnoem van waarnemings. Insig, begrip, eie belewing
    en sinvolheid geniet aandag.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

BESPIEGELENDE OPSTEL

•   Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid/ŉ herinnering en gee sy/haar
    emosionele reaksies en gevoelens weer.
•   Bespiegel oor/dink terug aan daardie moontlikheid, herinnering of lewenswaarheid.
•   ŉ Bespiegelende opstel sal subjektief wees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                       DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

•   Gevoelens en emosies speel ŉ baie belangrike rol.
•   ŉ Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
•   Hierdie beskrywings behoort realisties te wees en moet daarop gemik wees om die
    gevoelens van die skrywer weer te gee.
•   Die gedagtes/idees/gevoelens wat uitgedruk word, behoort opregte en persoonlike
    betrokkenheid te toon.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar
    opgeweeg en ŉ slotsom word gevorm (logies en sistematies).
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
    gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

•   Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
    standpunt te motiveer.
•   Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees.
•   Dit is ŉ subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om
    sy/haar gesigspunt te deel.
•   NB: Hierdie opstel verskil van die beredenerende opstel waar daar NIE van die begin
    af stelling ingeneem word vir of teen ŉ argument NIE.
•   Die skrywer gee ŉ subjektiewe mening oor die onderwerp.
•   ŉ Reeks argumente word gegee om die mening te motiveer.
•   Die skrywer konsentreer gewoonlik op argumente vir of teen die standpunt. Die
    teenoorgestelde gesigspunt kan genoem word om meer steun aan ŉ eie mening te
    gee.
•   ŉ Verskeidenheid retoriese stylfigure sal die gehalte van die opstel verbeter.
•   Die kandidaat moet van oorredingstegnieke gebruik maak.
•   Sterk gevoelstaal sal gebruik word, maar mag nooit kru wees nie.
•   Die slot moet ŉ sterk, duidelike en oortuigende stelling wees wat die skrywer se
    gesigspunt bevestig.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

BEREDENERENDE OPSTEL

•   Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van albei kante van ŉ
    argument te gee.
•   Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en gee
    dan argumente vir of teen die stelling. Dit word altyd onpartydig aangebied.
•   Die skrywer mag ŉ spesifieke standpunt inneem aan die einde van die opstel, maar
    die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.
•   Die skrywer moet BEIDE kante van die argument verstaan, daaroor nadink en op ŉ
    onpartydige en goed ingeligte manier daaroor redeneer.
•   Die styl moet duidelik, rasioneel en objektief wees.
•   Ondersteunende stellings moet behoorlik deurdink word.
•   Die toon is nie emosioneel nie.
•   Die toon is oortuigend sonder om neerhalend te wees.
•   Die skrywer mag aan die einde ŉ aanduiding van sy/haar gesigspunt gee, maar dit
    mag slegs in die slot wees.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                          DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

•     Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•     ŉ Gevolgtrekking kan in die slot gegee word.
•     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
•     Kru taal word nie toegelaat nie. Die rubriek maak voorsiening dat die kandidaat vir
      gebrek aan kritiese taalbewustheid gepenaliseer word.

VISUELE PRIKKELS

•     Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Die nasiener moet onthou dat
      alhoewel hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid interpretasies, die
      opstel direk by die kern van elke prent moet aansluit. Die agtergrond kan in ag
      geneem word om die kern toe te lig. Die kandidaat se perspektief op die kern
      van die prent moet oorweeg word by assessering.

ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG

•     Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike inkleding van
      die gekose onderwerp/kern van die prent van die kandidaat verwag word.
•     Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
      maar nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
      opstelle bevat. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in
      ag geneem.

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

2.1        VRIENDSKAPLIKE BRIEF

FOKUS:

ŉ Graad 12-leerder gee aan sy/haar maat raad oor die keuse tussen Wiskunde en
Wiskundige Geletterdheid.

VEREISTES:
•  Getal woorde: 120-150.
•  Die aanhef van die brief moet informeel wees.
•  ŉ Goeie inleiding voorsien die rede vir die brief.
•  Die paragrawe wat volg, brei uit op die fokus van die brief.
•  Die vriendskaplike brief hanteer die inhoud m.b.t. taalgebruik en styl informeel en
   gemaklik.
•  Die brief neem die teikenpersoon, naamlik die maat, in aanmerking – dit is
   persoonlik, openhartig en vriendelik.
•  Die briefskrywer moet definitiewe raad gee om die keuse tussen Wiskunde en
   Wiskundige Geletterdheid makliker te maak.
•  Die toon en register moet by die vriendskap tussen die briefskrywer en die
   ontvanger van die brief aansluit.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                       DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

•    Vermy slordige taal, slengwoorde en sms-taal.
•    Indien ŉ Engelse woord onvermydelik is, moet aanhalingstekens gebruik word.
•    Die briefskrywer sluit die brief gepas af.
•    Die briefskrywer mag groete oordra aan die maat se familie.

FORMAAT:
Die formaat van die brief moet korrek wees:

Leestekens:
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

Die adres en datum:
• Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
• Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
    (Toegewing: ŉ Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.)
• Die datum word voluit geskryf: 25 November 2013.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. (Bl. 9)

Die aanhef, afsluiting en slot:
• Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
• Groete/Liefdegroete kan aan die einde gebruik word.
• Daar word nie ŉ reël tussen Jou maat en die naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing Jou maat voor die briefskrywer se naam is opsioneel.

Die paragrawe:
•    ŉ Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
•   Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. om raad te gee.
•   Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief, naamlik om ŉ maat te
    help met sy/haar vakkeuse.
•   Die slotparagraaf moet die inhoud van die brief saamvat.

STYL:
• Hierdie brief is persoonlik en vriendskaplik van aard.
• Die briefskrywer is openhartig.
• Die toon van die brief is vriendelik, informeel, raadgewend en simpatiek.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           9                         DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

         VOORBEELD

                                                                     Posbus 795
                                                                     Johannesburg
                                                                     2000
                                                                     25 November 2013
         XXX
         Liewe Marie
         XXX
         Inleidingsparagraaf: Gee die rede vir die brief duidelik; die ontvanger word
         alreeds in hierdie paragraaf ingelig waaroor die inhoud van die brief gaan
         handel.
         XXX
         Paragraaf 2: Gee raad oor die keuse tussen Wiskunde en Wiskundige
         Geletterdheid.
         XXX
         Paragraaf 3: Brei verder uit op die redes vir die keuse.
         XXX
         Slotparagraaf: Vat die inhoud van die brief saam.
         XXX
         Liefdegroete./Beste wense.
         XXX
         Jou maat
         Naam (geen punktuasie nie)

         Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

         Kerkstraat 1                  Posbus 88          Huis 342       Plot 588
         Uitbreiding/Voorstad          Pleknaam           Pleknaam       Pleknaam
         Pleknaam                      Kode               Kode           Kode
         Kode

         Rusthof                       Sewendelaan 10 OF Sewende Laan 10
         Pleknaam                      Westdene
         Kode                          Kode

        Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ samestelling
        van TWEE soortname is. Arcadia straat is ŉ samestelling tussen ŉ
        eienaam en ŉ soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word:
        Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat.

         Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
         aanvaar nie.

         MEMORANDUMBESPREKING: Die voorstad/uitbreiding/pleknaam sal
         bespreek word na gelang van die geografiese ligging.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          10                       DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

2.2       VERSLAG

FOKUS:
•  ŉ Graad 12-leerder skryf ŉ verslag aan ŉ skoolhoof.
•  Gebeure rondom ŉ leerder wat oneerlik in die eksamen was, word beskryf.

VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Die verslag is kort en bondig. Detail moet egter nie uitgelaat word nie.
• Die paragrawe volg logies opmekaar, volgens die gebeure wat in die eksamen-
   lokaal waargeneem is.
• Die inligting moet korrek en verifieerbaar wees. Dit is op feite gebaseer wat self
   waargeneem is.
• Besonderhede oor tyd, datum, plek en insident is deel van die detail. (Wie? Wat?
   Wanneer? Waar? Hoe?)
• Die slot vat alles saam.
• Die taalgebruik pas by die gedagte van inligting verskaf/oordra.
• Die verslag word in die verlede tyd aangebied.
• Geen emosionele taal of persoonlike oordeel word aanvaar nie.

 FORMAAT:
• Daar is ŉ opskrif wat by die res van die verslag se inhoud pas.
• Die leerder mag met persoonlike besonderhede begin.
• Die inleidende paragraaf spreek die doel van die verslag direk aan.
• In die volgende paragrawe word eerstehandse inligting oor waar, wanneer, wie
   betrokke was en hoe die insident plaasgevind het, gegee.
• Die inligting mag onder subopskrifte gegee word.
• Die slotparagraaf mag ŉ gevolgtrekking insluit.
• Die verslag mag onderteken en gedateer word.

 STYL:
• ŉ Gepaste styl vir die verslaggewing aan die skoolhoof.
• ŉ Nugter weergawe van die gebeure word gegee.
• Saaklik en direk.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          11                           DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

         VOORBEELD

        OPSKRIF:           VERSLAG OOR INSIDENT IN DIE EKSAMENLOKAAL

        Inleidingsparagraaf:
        Verduidelik die doel van die verslag. Leerder mag met persoonlike besonderhede
        begin.
        Ek, Andrew Johnson, skryf hierdie verslag oor wat ek in die eksamenlokaal gesien
        het toe ons Geskiedenis geskryf het.
           X
        Paragraaf 2 en verder:
           • Die feite word duidelik en stap vir stap uiteengesit.
           • Tyd, datum en plek word gegee.
           • Taal is eenvoudig en duidelik, maar formeel.
        Donovan Jeffreys het voor my in die eksamenlokaal gesit toe ons Donderdag, 12
        November Geskiedenis Vraestel 1 geskryf het. Die eksamen het om 9:00 begin.

        Donovan se baadjie het agter oor sy stoelleuning gehang. Sowat 30 minute nadat
        ons begin het, het ek gesien hoe hy ŉ wit papier versigtig uit sy baadjiesak gehaal
        het. Hy het hierdie papier onder sy eksamenboek ingedruk.

        Ek het my hand opgesteek om die toesighouer te roep. Die toesighouer het die
        papier met notas op, onder sy eksamenboek uitgehaal. Dit was definitief die
        papier wat hy uit sy baadjiesak gehaal het.
          X
        Slotparagraaf:
        Vat die verslag saam en kom tot ŉ gevolgtrekking (opsioneel).
        Ek verklaar dat alles wat ek hier geskryf het die waarheid is. Ek is bly as ek die
        skool kan help om sy stem dik te maak teen korrupsie.
           X
        Handtekening: (opsioneel) __________ Datum: (opsioneel)____________

2.3       HULDEBLYK

FOKUS:
•  ŉ Leerder wat tydens die begrafnis/gedenkdiens van ŉ medeleerder ŉ huldeblyk
   lewer.

VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• ŉ Huldeblyk word gewoonlik gelewer by meer formele/georganiseerde
   samekomste, bv. begrafnisse.
• Die huldeblyk begin met die groet van die aanwesiges op ŉ gepaste wyse, bv.
   Geagte ...
• Die volgende besonderhede van die oorledene kan gegee word: naam en van,
   ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, prestasies of hoogtepunte van
   die oorledene se lewe, staaltjies oor die oorledene en persoonlike herinneringe.
•   Die doel van hierdie huldeblyk is om die oorledene se lewe te vereer en om
   die betekenisvolle bydrae wat die persoon gelewer het, uit te lig. Die gehoor moet
   ŉ geheelbeeld van die oorledene kry.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          12                       DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

•   Die familie word ook vertroos. Hierdie gedeelte word in die teenwoordige of
    toekomende tyd geskryf.
•   Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die oorledene
    verwys word.
•   Die taal, styl en register moet by die gehoor en die onderwerp pas.
•   Maak gebruik van formele spreektaal. Kort en kragtige sinne het trefkrag.

FORMAAT:
• Inleidende paragraaf
  Die huldeblyk word met die groet ingelei en die begrafnisgangers se aandag word
  vasgevang.
  Die inleiding moet oor die verering van die persoon se lewe handel. Die inleidende
  sin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
  Die huldeblyk sluit verskillende hoofpunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies
  van die persoon se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe
  bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor ŉ nuwe feit/gedagte.
• Slotparagraaf
   ŉ Treffende slot. Die slot kan ook vir die familie sterkte toewens.
• Die huldeblyk hoef nie in paragrawe te wees nie, maar die aanhef, liggaam en slot
  moet duidelik blyk.

 STYL:
• Die styl is formeel.
• Die sinne is kort en bondig.
• Die gehoor word met respek aangespreek.
• Die huldeblyk is vertroostend/bemoedigend van aard.
• Vermy eufemisme of sentimentaliteit.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          13                        DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

 VOORBEELD

Geagte Ouers, Familie en Vriende
(Die spreker groet die begrafnisgangers).

Dit is vir my ŉ voorreg om vandag hulde te bring aan ŉ vriend, sielsgenoot en
mentor.
XXX
Inleidende paragraaf: Die inleidende sin is interessant, boeiend.
(Naam van oorledene) was ŉ persoon wat ŉ impak gemaak het op elkeen se lewe
met wie hy/sy te doen gekry het. Hy/Sy was ŉ inspirasie vir jonk en oud. Ons sal
hom/haar mis.
XXX
Paragraaf 2: Begin met bekende gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene.
                Noem die nalatenskap van die oorledene vir die gehoor.
                Hou sinne kort en kragtig.
                Laat gedagtes mooi saamhang.
Wie sal ooit die dag vergeet toe ons meneer Gouws in sy kantoor toegesluit het en
 ŉ heerlike partytjie in sy klas gehou het? (Naam) was die brein agter hierdie
 besluit. Hy/sy het ook agterna die straf namens almal gedra. My maat was ŉ goeie
 luisteraar, ŉ vriend deur dik en dun.
XXX
Paragraaf 3 en verder: Elke paragraaf (verkieslik) ŉ nuwe feit/gedagte.
(Naam van oorledene) se jong lewe is tragies deur kanker beëindig, maar in sy/haar
 swaarkry, het hy/sy ons vertroos en baie geleer.
XXX
Slot: Sterkte word vir die familie toegewens. Dit vorm die slotparagraaf.
Ek weet julle harte is nou seer en ek bid dat julle krag sal ontvang om deur hierdie
 moeilike tyd te kom.

2.4       PAMFLET

FOKUS:
ŉ Pamflet stel ŉ sangkompetisie (Idols) aan leerders bekend.

VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Inligting moet duidelik uiteengesit word om aandag te behou.
• Daar word onderskei tussen algemene inligting en reëls.
• Die pamflet moet eenvoudig dog effektief wees.
• Die pamflet is gerig op ŉ spesifieke teikengroep, nl. tieners.
• Verskaf die volgende inligting: wat, waar, wanneer die kompetisie gaan plaasvind
   en kontakbesonderhede van die organiseerders.
• Noodsaaklike reëls moet gegee word.
• Die kandidaat hoef nie ewe veel op albei aspekte (inligting en reëls) te konsentreer
   nie.
• Woordspeling en alliterasie kan effektief gebruik word.
• Hooftyd word deur die onderwerp bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          14                        DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

FORMAAT:
• Die pamflet kan volgens die formaat op die vraestel aangebied word.
• Die inligting word onder twee onderafdelings aangebied: algemene inligting en
  reëls.
• Gebruik kort sinne.
• Verskillende lettertipes word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik.
• Prente (opsioneel).
• Effektiewe leestekengebruik.

 STYL:
• Die styl is informatief van aard.
• Ekonomiese woordgebruik.
• Die inligting op die pamflet kan puntsgewys aangebied word.

          VOORBEELD

         Algemene inligting                                       Reëls

                                                     •    Die sluitingsdatum vir hierdie
 •   Hierdie kompetisie is ideaal vir leerders            kompetisie is 1 Desember
     wat die talent het om te sing.                       2013.
 •   Die kompetisie vind op 26 Desember              •    Geen laat inskrywings word
     2013 in die Burgersentrum in Bisho plaas.            aanvaar nie.
 •   Daar is wonderlike pryse om te wen,             •    Slegs een inskrywing per
                                                          leerder.
     naamlik CD-kontrakte en kontantpryse.
                                                     •    Elke inskrywing kos R10.00.
     Daar is ook gelukkige trekkings.
                                                     •    Jy mag net inskryf as jy nog op
 •   Toegang vir toeskouers is gratis.                    skool is.
 •   Die kompetisie begin om 19:00.                  •    Liedjies mag in enige taal
 •   Vir verdere inligting kan jy vir Martha              gesing word.
     Ndabeni by 041 996 2485 skakel.                 •    Eie komposisies is ook
                                                          welkom.
 •   Elke deelnemer moet vir sy/haar eie             •    Geen musiekinstrument mag
     vervoer en verblyf betaal.                           gebruik word nie.
                                                     •    Die beoordelaars se beslissing
                                                          is finaal.

ONTLEDING VAN LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
                                                              TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          15                        DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING C: KORTER TEKS

NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 3

3.1   DAGBOEKINSKRYWING

FOKUS:
Die skrywer verwoord sy/haar gevoel oor sy/haar ouers se besluit om te weier dat
hy/sy ná die eindeksamen saam met matriekmaats vakansie kan gaan hou.

VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die dagboekinskrywing word in die eerste persoon geskryf.
• Persone word op die naam genoem. Daar kan na ouers as Ma/Pa/my ouers
   verwys word.
• Gebruik gepaste hooftye.
• Gebruik adjektiewe funksioneel.
• Die dagboekinskrywing moet ŉ dag en/of datum hê.
• Dit is ŉ informele skryfstuk gerig op die persoon se eie ervaring(s), gevoelens wat
  ervaar is oor die ouers se besluit.
• Sinne kan kort en kragtig geformuleer word.
• Gemotiveerde eenwoordbeskrywings is aanvaarbaar.
• Sinne ondersteun die kerngedagte van die opdrag, naamlik die skrywer se
  gevoelens oor die ouers se besluit.

FORMAAT:
• Die kandidaat hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
• Die dagboekinskrywing moet ŉ dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.
• Die datum kan aan die linkerkant, regterkant of in die middel geskryf word.
• Die uiteensetting is in paragraafvorm of meer as een paragraaf.
• Gebruik leestekens en hoofletters funksioneel.

 STYL:
• Die styl is persoonlik van aard.
• Emosiebelaaide taal kan gebruik word.
• Die inhoud moet getuig van die skrywer se gevoelens.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          16                         DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

          VOORBEELD

                                                                  15 November 2013
                                                                  (Links, middel of regs)

          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Paragraaf 1:
          (Verwoord gevoelens oor ouers se besluit oor die matriekvakansie.)
          Die lewe is onregverdig! Hoekom is Ma en Pa so onregverdig? Nou word ek
          verbied om saam met my maats te gaan vakansie hou. Genugtig! Ek is nie meer
          ŉ baba nie. Ek is agtien jaar oud.
          XXX
          Paragraaf 2:
          (Bespiegel oor die rede vir die ouers se weiering/brei uit oor gevoelens. Hierdie
          inligting is slegs ŉ voorbeeld van moontlike uitbreiding.)
          Hulle het my mos goed grootgemaak. Nou is hulle bekommerd dat ek my te buite
          sal gaan met drank en dwelms en wie weet wat nog! Vertrou hulle my dan nie?
          Al wat ek vra, is die geleentheid om vir oulaas saam met my vriende ŉ sorgvrye
          vakansie deur te bring. Ek dink ek verdien dit na TWAALF jaar se harde werk.

          (Kan ook net in een paragraaf aangebied word).

3.2       ADVERTENSIE

FOKUS:
Die leerder moet ŉ advertensie vir tekkies ontwerp wat in ŉ tienertydskrif geadverteer
word.

VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die advertensie word vir ŉ spesifieke groep mense geskep, nl. tieners.
• Die krag van ŉ advertensie lê in eenvoud.
• Dit moet onmiddellik die tiener se aandag trek.
• Moenie te veel woorde gebruik nie.
• Die advertensie moet maklik verstaanbaar wees.
• Die volgende inligting moet in die advertensie verskyn:
      - Wie die tekkies kan koop
      - Die plekke waar die tekkies gekoop kan word
      - Die prys van die tekkies
      - Hoe die tieners daarby kan baat vind deur hierdie tekkies te koop
      - ŉ Goeie slagspreuk wat tieners se aandag sal trek, is opsioneel
      - Kontakbesonderhede van die maatskappy wat die tekkies verkoop
• ’n Advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
  -’n Advertensie moet ŉ leser se aandag trek.
  - Die leser se belangstelling moet gewek word.
  - Die advertensie moet ŉ begeerte by die leser wek.
  - As die advertensie in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           17                           DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

FORMAAT:
• Lettergroottes en lettertipes is baie belangrik. (Uitleg is belangrik)
• Prente (opsioneel).
• Effektiewe leestekengebruik.

 STYL:
• Die styl is oorredend van aard.
• Ekonomiese woordgebruik.
• Effektiewe woordkeuse.
• Die advertensie kan puntsgewys aangebied word.
• Beperk die gebruik van volsinne.
VOORBEELD

               Jy móét hierdie tekkies koop om “in” te
                       wees en modern te lyk!                                           Wat?

      As jy een van daardie tieners is wat glo in styl en om in die mode te
               wees, mag jy nie by hierdie tekkies verbystap nie.                       Wie?

                STOP! KOOP DIT! DRA DIT! WEES IN!

      DIE TEKKIES IS NOU BESKIKBAAR! KOM RAAP DIT
                           OP!

        PLEKKE WAAR JY JOU BLITSTEKKIES KAN KOOP:
                                                                                        Waar?
            PickŉPay, Game, Checkers, Edgars of
            uitgesoekte winkels van Total Sports

      TE KOOP TEEN                     R339,99          PER PAAR.
                                                                                        Prys?
          Dink nuut!            K   oop jou blitstekkies              NOU   !

           Bel Blitsverkopers (082 715 1371) vir verdere
           besonderhede of lees Huisgenoot en Jip van
                        18 November 2013

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          18                           DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

3.3       INSTRUKSIES

FOKUS:
Die leerder gee aan sy/haar broer wenke in die vorm van instruksies sodat hy ŉ goeie
indruk by sy meisie se ouers, wat hy vir die eerste keer gaan ontmoet, skep.

VEREISTES:
• Getal woorde: 80-100.
• Die instruksies moet logies, saaklik en duidelik uiteengesit word.
• Die inligting is bedoel om leiding te gee oor hoe om ŉ indruk op jou meisie/kêrel se
  ouers te maak.
• Dit kan ŉ opskrif hê.
• Sinne word kort en kragtig geformuleer.
• Die instruksies hoef nie met werkwoorde te begin nie.

FORMAAT:
• Dit kan ŉ opskrif hê.
• Die uiteensetting: puntsgewys/reëls oopgelaat/ander aanduiders kan gebruik word.
• Die instruksies is kort en bondig, maar moet in volsinne aangebied word.
• Daar mag meer as een sin per instruksie wees.

 STYL:
• Die styl is persoonlik van aard.
• Die sinne is in die vorm van instruksies.
          VOORBEELD

          INSTRUKSIES

          1. Trek netjies aan vir die besoek.
             XXX
          2. Jy moet vriendelik wees. Dit skep ŉ goeie indruk.
             XXX
          3. Wees betyds vir jou afspraak omdat dit reeds iets van jou karakter sê.
             XXX
          4. Kyk almal in die oë as jy groet en hou jou handdruk ferm.
             XXX
          5. Neem ŉ klein geskenkie saam om dankie te sê vir die ete/kuier.
              XXX
          6. Gesels met almal.
             XXX
          7. Moenie te veel oor jouself praat nie.
             XXX
          8. Onthou jou maniere: sê dankie en asseblief. Staan op as die grootmense
             die vertrek inkom.
             XXX
          9. Vermy fisiese kontak met jou meisie/kêrel; dit hoort nie in ŉ geselskap nie.
             XXX
          10. Vra die familie uit oor waarin hulle belangstel.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          19                      DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

          ONTLEDING VAN KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN
          TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die kandidaat verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
          en belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                             TOTAAL AFDELING C:              20
                                                                 GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal /V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                        20                                                                                    DBE/November 2011
                                                                                  NSS – Memorandum
AFDELING A: OPSTEL – EERSTE ADDISIONELE TAAL
                       Baie goed - Puik                 Goed                   Bo-gemid.                   Gemiddeld                 Ondergemid.           Swak, maar slaag          Te swak om te slaag
       50                KODE 7                    KODE 6                     KODE 5                      KODE 4                       KODE 3                  KODE 2                   KODE 1
     PUNTE             Uitmuntend                Verdienstelik               Beduidend                   Voldoende                      Matig                  Basies                 Ontoereikend
                        80-100%                    70-79%                     60-69%                      50-59%                       40-49%                  30-39%                    0-29%
                            26-32                   22½-25½                    19½-22                        16-19                     13-15½                  10-12½                       0-9½
                     -Inhoud toon uit-          -Inhoud toon goeie        -Inhoud toon bo-          -Inhoud toon ’n             -Inhoud toon              -Inhoud dikwels            -Inhoud nie ter sake
 INHOUD EN            stekende inter-            interpretasie van        gemiddelde                 gemiddelde                  ondergemiddelde           onverstaanbaar.            nie. Geen
                      pretasie van onder-        onderwerp.                interpretasie van         interpretasie van           interpretasie.            Gebrek aan                 samehang nie.
BEPLANNING            werp.                     -Idees interessant en      onderwerp.                onderwerp.                  Leemtes in samehang.      samehang.                 -Idees herhaal.
                     -Idees uitdagend en         verbeeldingryk.          -Idees interessant en     -Idees gewoon en            -Idees meestal            -Idees is min en           -Beplanning en/of
                      volwasse.                 -Beplanning en/of          oortuigend.               diepte ontbreek.            relevant, herhalend.      dikwels herhalend.         eerste poging
   32 PUNTE          -Beplanning en/of           eerste poging lei tot    -Beplanning en/of         -Beplanning en/of           -Beplanning en/of         -Beplanning en/of           ontbreek heeltemal.
                      eerste poging lei tot      goedsaamgestelde,         eerste poging lei tot     eerste poging lei tot       eerste poging lei tot     eerste poging lei tot      Swak opstel/
                      ŉ feitlik foutlose,        gepaste opstel.           ŉ goeie, gepaste          ŉ bevredigende              ondergemiddelde,          opstel wat nie goed        aanbieding.
                      gepaste opstel.                                      opstel.                   opstel/ aanbieding.         dog redelik               aangebied is nie.
                                                                                                                                 verstaanbare opstel.
                            10-12                     8½-9½                      7½-8                          6-7                       5-5½                       4                       0-3½
                     -Toon kritiese             -Toon kritiese            -Daar is bewyse van       -ŉ Aanduiding van           -Beperkte kritiese        -Geen kritiese             -Geen kritiese
 TAAL, STYL           taalbewustheid.            taalbewustheid.           kritiese taalbewust-      kritiese taalbewustheid.    taalbewustheid.           taalbewustheid nie.        Taalbewustheid nie.
                     -Effektiewe gebruik        -Korrekte gebruik van      heid.                    -Taal baie eenvoudig        -Taal gewoon en           -Gebrekkige taal en        -Ernstige gebrek aan
     EN               van taal en                taal en punktuasie.      -Taal en punktuasie:       en punktuasie               punktuasie dikwels        punktuasie.                taal en punktuasie.
 REDIGERING           punktuasie. Maak           Kan figuurlike taal       meestal korrek.          gemiddeld.                   foutiewelik gebruik.     -Woordkeuse                -Woordkeuse
                      van figuurlike taal        gebruik in korrekte      -Woordkeuse is            -Woordkeuse                 -Woordkeuse                beperk.                    ontoepaslik.
                      gebruik.                   konteks.                  gepas vir opstel.         gemiddeld.                  basies.                  -Styl, toon en register    -Styl, toon en register
   12 PUNTE          -Woordkeuse hoogs          -ŉ Variasie in            -Styl, toon en register   -Styl, toon en register     -Styl, toon en register    gebrekkig.                 is baie gebrekkig.
                      toepaslik/                 woordekeuse en            is meestal toepaslik      oor die algemeen in         toon gebrek aan          -Opstel is besaai met      -Opstel is besaai met
                      uitmuntend.                word korrek gebruik.      vir die onderwerp.        ooreenstemming met          samehang.                 foute ten spyte van        foute en verwarrend
                     -Styl, toon en register    -Styl, toon en register   -Opstel oor die            vereistes vir die          -Opstel het steeds         proeflees en               ten spyte van proef-
                      is hoogs gepas.            is toepaslik vir die      algemeen foutloos         onderwerp.                  baie foute na             redigering.                lees en redigering.
                     -Opstel feitlik foutloos    onderwerp.                na proeflees en          -Opstel het steeds           proeflees en
                      na proeflees en           -Opstel meestal            redigering.               foute na proeflees en       redigering.
                      redigering.                foutloos na proeflees                               redigering.
                                                 en redigering.
                              5-6                        4½                         4                            3                        2½                        2                       0-1½
                     -Ontwikkeling van          -Ontwikkeling van         -Ontwikkeling van         -Onderwerp bevat            -Daar is bewyse van       -Dwaal soms van die        -Afgedwaal van die
 STRUKTUUR            onderwerp                  onderwerp is              onderwerp                 sommige idees,              ontwikkeling van          onderwerp af.              onderwerp.
                      samehangend met            samehangend met           samehangend en            noodsaaklike details        sommige noodsaak-         Algemene gedagte-         -Sinskonstruksie en
                      verbeeldingryke            goeie details.            logiese ontwikkeling      ingesluit.                  like idees.               gang moeilik om te         paragrafering:
   6 PUNTE            details.                  -Sinne en                  van details.             -Sinskonstruksie en         -Sinskonstruksie en        volg.                      deurmekaar en
                     -Sinne en paragrawe         paragrafering:           -ŉ Verskeidenheid          paragrafering mag           paragrafering foutief,   -Sinskonstruksie en         ondeurdag.
                      samehangend                samehangend, goed         tipes sinne en            foute bevat, maar           maar idees is             paragrafering baie        -Lengte is heeltemal
                      saamgestel.                gekonstrueer/             paragrawe skakel          opstel maak nog sin.        verstaanbaar.             elementêr                  te kort/te lank.
                     -Lengte is in               saamgestel.               logies.                  -Lengte is amper            -Lengte is te kort/        saamgestel.
                      ooreenstemming met        -Lengte is korrek.        -Lengte is korrek.         korrek.                     te lank.                 -Lengte is te kort/
                      vereistes.                                                                                                                           te lank.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2013-memo/f2c59dc0-47f2-47b1-9662-b5b6b041a380) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
