# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2013 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2013, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2013/05e9b980-fafe-4b37-bc57-f85eb1fc158d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2013/05e9b980-fafe-4b37-bc57-f85eb1fc158d)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                            DBE/November 2013
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:        Opstel                                         (50)
          AFDELING B:        Langer transaksionele teks                     (30)
          AFDELING C:        Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                             transaksionele tekste                          (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart, ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
          beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:          80 minute
          AFDELING B:          40 minute
          AFDELING C:          30 minute

8.        Nommer elke teks soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

10.       LET WEL:        Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                          word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                              DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.
1

1.1

          Julle bure het julle gehelp toe julle ŉ probleem gehad het.

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                       [50]

1.2                        Jongmense het hulle eie kultuur

                                                    [Uit: http://www.google.com]

          Jongmense het hulle eie idees oor byvoorbeeld:
          •   Kleredrag
          •   Musiek
          •   Kos
          •   Vriendskap

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                       [50]
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         4                           DBE/November 2013
                                            NSS

1.3                         ŉ NAWEEK SONDER MY SELFOON

                                          [Uit: http://www.google.com]

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                              [50]

1.4

                           VOEL LEERDERS VEILIG
                            IN SUID-AFRIKAANSE
                                  SKOLE?

          Geweld in skole is wêreldwyd in die nuus. Ons hoor van:
          •   Dwelmgebruik
          •   Bendes
          •   Vuurwapens
          •   Boelies

          Kan leerders in Suid-Afrikaanse skole veilig voel?

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            5                               DBE/November 2013
                                               NSS

1.5

                                                     [Uit: http://www.google.com]

          Baie leerders sê dat hulle te veel huiswerk kry.

          Stem jy saam met hierdie stelling?

          Skryf ŉ opstel hieroor.                                                                        [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
          skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet direk by die kern van die prent aansluit.

          1.6.1

                                                                [Uit: http://www.google.com]             [50]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    6                            DBE/November 2013
                                       NSS

          1.6.2

                                                          [Uit: http://www.google.com]       [50]

          1.6.3

                                             [Uit: http://www.google.com]                    [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                               DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk
      neer.

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

                                                    [Uit: http://www.google.com]

          Jou maat in graad 10 moet tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid
          kies en hy/sy vra jou raad.

          Skryf ŉ brief aan jou maat waarin jy vir hom/haar hieroor raad gee.                           [30]

2.2       VERSLAG

          Jy het gesien hoe een van die graad 12-leerders oneerlik in die eksamen-
          lokaal was.

          Skryf ŉ verslag aan die skoolhoof waarin jy verduidelik wat jy gesien het.                    [30]

2.3       HULDEBLYK

          Een van jou klasmaats is oorlede.

          Skryf die huldeblyk wat jy by sy/haar begrafnis gaan voorlees, volledig uit.                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        8                              DBE/November 2013
                                           NSS

2.4       PAMFLET

          Só lyk die voorblad van ŉ pamflet wat julle skool saamgestel het om ŉ
          Idolskompetisie wat julle gaan aanbied, bekend te stel.

                                  ONS EIE IDOLSKOMPETISIE

                                                   [Foto uit: http://www.google.com]

          Jy moet die pamflet voltooi deur meer inligting oor die kompetisie te gee.
          Skryf ook die reëls van die kompetisie neer.

          Gebruik die formaat hieronder om jou pamflet saam te stel.

                  ALGEMENE INLIGTING                             REËLS

                                                                                                  [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          9                              DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING C: KORTER TEKS: NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE
            TEKSTE

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk
      neer.

3.1       DAGBOEKINSKRYWING

          Jou ouers wou nie toelaat dat jy ná die eindeksamen saam met jou matriek-
          maats gaan vakansie hou nie.

          Skryf in jou dagboek hoe jy oor jou ouers se besluit gevoel het.                             [20]

3.2       ADVERTENSIE

                                                   [Uit: http://www.google.com]

          ŉ Tienertydskrif het jou gevra om ŉ advertensie vir hierdie tekkies te ontwerp.

          Ontwerp hierdie advertensie.                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        10                                DBE/November 2013
                                           NSS

3.3       INSTRUKSIES

                                               [Uit: http://www.google.com]

          Jou broer gaan vir die eerste keer sy meisie se ouers ontmoet.

          Skryf 8–10 wenke in die vorm van instruksies neer om jou broer te help
          sodat hy ŉ goeie indruk by sy meisie se ouers skep.                                     [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              20
                                                                      GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
