# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exam 2015, 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2015-memo/97d629a4-95ff-4ad8-937e-6c737c60f5ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2015-memo/97d629a4-95ff-4ad8-937e-6c737c60f5ba)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                    NOVEMBER 2015

                                     MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                       DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke soos volg:

          Bylaag A:             Vraag 1        OPSTEL
          Bylaag B:             Vraag 2.1      FORMELE BRIEF
                                Vraag 2.2      HULDEBLYK
                                Vraag 2.3      AGENDA EN NOTULE
                                Vraag 2.4      FORMELE TOESPRAAK
          Bylaag C:             Vraag 3.1      AANWYSINGS
                                Vraag 3.2      UITNODIGING
                                Vraag 3.3      DAGBOEKINSKRYWINGS

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        As ŉ onderwerp misgetas is, word die leerder se antwoordboek na die senior
          nasiener verwys. Die leerder moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
          aangeslaan word.

4.        Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.

5.        Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien
          dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, word hierdie dele
          volgens die laagste kode geassesseer.

6.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die
          nasien van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.

7.        By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ
          streep deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte
          gepenaliseer nie.

8.        Vraag 1.6:
          • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
             steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
             of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            3                                 DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word:

      VERDUIDELIKING                      SIMBOOL                         BESKRYWING
Woordorde                                     (       )         Hakies en pyltjie
Spelfout                                        =               Twee kort strepies onder ŉ woord
Woordkeuse                                      /               Haal met ŉ streep deur
Tydfoute                               T (in die kantlyn)       Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                              ^               Weglaatteken
Taalfoute                                    _____              Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                               //              Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin                 [               Begin van ŉ nuwe sin
Woorde uit ander tale/*nie-                     X               Trek ŉ X bo die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
*Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy
word. Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie. Aanvaar ook
gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/streekuitdrukkings.
Erkenning van taaljuweeltjies           (bo die woord)         Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                                idees of uitdrukkings.
Herhaling                              hh (in die kantlyn)      Dubbele hh
Onduidelik/onverstaanbaar              ∫ (in die kantlyn)       Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel               Vr (in die kantlyn)      Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                      O               Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.        Assesseer die leerder          se       skryfstukke   na   aanleiding    van       die   vyf
          KATEGORIEË volgens:

          Afdeling A:      INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                           REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

          Afdeling B:      INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL,
                           STYL en REDIGERING (12 punte).

          Afdeling C:      INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
                           STYL en REDIGERING (8 punte).

3.        Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens INHOUD EN BEPLANNING
          byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Besluit
          dan of die INHOUD EN BEPLANNING aan die beskrywing van die hoë vlak of
          die lae vlak voldoen. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf
          net EEN punt neer.
          Let Wel: Volg dieselfde werkwyse vir TAAL, STYL EN REDIGERING. Let
          daarop dat, by die bepaling van die punt vir STRUKTUUR, daar nie ŉ hoë en
          ŉ lae vlak is nie.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           4                       DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

4.         Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

5.         Vir Afdeling B en Afdeling C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens
           INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK,
           GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken
           moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN
           REDIGERING.

6.         Skryf die punte soos volg neer:

        AFDELING A             Kode          Punt      AFDELING          Kode             Punt
            I/B           Knap         +      23           B
           T/S/R          Uitsonderlik –      13         I/B/F        Gemiddeld            9
             S            Knap                4          T/S/R        Elementêr            5
        TOTAAL:                               40      TOTAAL:                              14

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

LET WEL: Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.

AFDELING A: OPSTEL

1.1        Wees versigtig waarvoor jy wens.

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld verhalend/beskrywend/
      bespiegelend/beredeneerd/argumenterend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van daardie
         wens/e wat hy/sy gemaak het, wat agterna geblyk het die verkeerde wens/e te
         wees. Die leerder kan in sy/haar vertelling die klem laat val op die verkeerde
         wens/e en dan net noem dat hy/sy verkeerd gewens het. Die leerder kan ook
         ewe veel aandag aan die regte en die verkeerde wens/e skenk. Die leerder kan
         ook konsentreer op die gevolge van die verkeerde wens/e wat dan uiteindelik
         uitgeloop het op die besef dat die verkeerde wens/e gemaak is.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder oor die korrektheid van
         sy/haar wens/e. Die leerder oorweeg/deurdink die situasie waarin sy/haar ŉ
         wens/e gemaak het en wonder of hy/sy nie maar iets anders moes gewens het
         nie. Die leerder kan ook bespiegel hoe anders dinge kon wees indien hy/sy
         anders gewens het. Dis belangrik dat die uiteinde van die bespiegeling by die
         onderwerp aanpas, naamlik dat die leerder besef hy/sy moet besin voor hy/sy
         iets wens.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                       DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse sy/haar
         verkeerde wens/e, maar kan ook konsentreer op ŉ beskrywing van die emosies
         na en gevolge van die verkeerde wens/e.
       Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder of hy/sy reg gewens het. Die
         een wens se gevolge word teen die ander wens s’n opgeweeg. Die leerder
         moet dan egter uitkom by die onderwerp van hierdie opstel, naamlik: “Wees
         versigtig waarvoor jy wens”.
       Argumenterende opstel: Hier neem die leerder reg van die begin af die
         onderwerp van die opstel as standpunt, naamlik: “Wees versigtig waarvoor jy
         wens”. Die leerder gee nou redes vir hierdie standpunt.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

1.2        Ek was daar.

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied: beskrywend of verhalend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         omstandighede/agtergrond/ervarings wat hy/sy beleef het, toe hy/sy op ŉ
         spesifieke plek teenwoordig was.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         insident waar hy/sy teenwoordig was.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

1.3        As ek saans my kamerdeur toemaak ...

•     Die leerder kan die volgende opstel aanbied: verhalend of beskrywend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse wat gebeur
         wanneer hy/sy saans die kamerdeur toemaak.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse wat hy/sy
         ervaar wanneer hy/sy saans die kamerdeur toemaak. Die beskrywing hoef nie
         net op letterlike vlak te bly nie, maar kan ook beweeg na ŉ dieper beskrywing
         van byvoorbeeld emosies/gewoontes/gebeure uit die onlangse of verre verlede,
         ensovoorts.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

1.4        Maak swaarkry ŉ mens sterker? Ja of nee?

•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld argumenterend/
      beredeneerd/verhalend/beskrywend/bespiegelend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                          DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

•     Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Argumenterende opstel:           Hier moet die leerder ŉ standpunt inneem,
         byvoorbeeld “Swaarkry maak ŉ mens sterker” en dan redes aanvoer ten gunste
         van hierdie standpunt of die teendeel. Elke rede moet gemotiveer word.
       Beredeneerde opstel: Hier moet die leerder noem in watter opsig(-te)
         swaarkry ŉ mens sterker maak of nie en dan verskillende
         argumente/voorbeelde noem om beide standpunte te bewys.
       Verhalende opstel: Hier vertel die leerder op ŉ interessante wyse van ŉ
         gebeurtenis waarin hy/sy/iemand ervaar het dat swaarkry ŉ mens sterker maak
         of nie.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse die
         emosies en gevoelens tydens ŉ swaarkry-ervaring en hoe dit lei/gelei het tot die
         besef dat dit ŉ mens sterker maak of nie.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die leerder of swaarkry ŉ mens sterker
         maak of nie. Die leerder kan die situasie wat hy/sy skep, deurdink en
         verskillende opsies oorweeg.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                      [50]

1.5        Ek mag sê wat ek dink!
•     Die leerder kan enige tipe opstel aanbied, byvoorbeeld beredeneerd
      argumenterend/bespiegelend/verhalend/beskrywend.
•     ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
      persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
       Beredeneerde opstel: Hier redeneer die leerder in ŉ gebalanseerde opstel of ŉ
         mens mag sê wat jy dink en wat die voordele of nadele daarvan is. Die leerder
         mag uiteindelik ŉ standpunt inneem.
       Argumenterende opstel:          Hier neem die leerder reg van die begin af ŉ
         standpunt in, naamlik: “Ek mag sê wat ek dink” of “Ek mag nie sê wat ek dink
         nie” en gee grondige redes en motivering vir sy/haar standpunt.
       Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder/oorweeg die leerder of ŉ mens
         mag sê wat jy dink.
       Verhalende opstel: In ŉ verhalende opstel vertel die leerder op ŉ interessante
         wyse van ŉ gebeurtenis waarin hy/sy geleer het dat ŉ mens wel mag sê wat jy
         dink of nie mag sê wat jy dink nie.
       Beskrywende opstel: Hier beskryf die leerder op ŉ lewendige wyse hoe hy/sy
         tot die besef gekom het dat ŉ mens wel mag sê wat jy dink of nie mag sê wat jy
         dink nie.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
      sy/haar interpretasie.                                                                      [50]
1.6        VISUELE PRIKKELS
•      Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
       onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir ŉ verskeidenheid interpretasies. Die
       leerder se perspektief moet by assessering oorweeg word.
•      Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat ŉ persoonlike inkleding van
       die gekose onderwerp/prent van die leerder verwag word.
•      ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. Verskillende
       persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                      DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

1.6.1     Prentjie: Maskers

•   Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
•   Letterlike interpretasie: Maskers van toneelspelers/maskerbal, ens. Die leerder
    kan ook oor die emosies wat die maskers uitbeeld, skryf.
•   Figuurlike interpretasie: Die mens dra ŉ masker/is oneerlik oor emosies/gee
    voor/kultuur/tradisies, ens.
•   Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
    sy/haar interpretasie.                                                                   [50]

1.6.2     Prentjie: Ouer mense

•   Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
•   Letterlike interpretasie: Ouer mense/my ouma of my oupa.
•   Figuurlike interpretasie: Verantwoordelikheid om ouer mense te beskerm/op te
    pas/te versorg/die samelewing se verantwoordelikheid teenoor oumense.
•   Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en
    volgens sy/haar interpretasie.                                                           [50]

1.6.3     Prentjie: Die veld met windpomp, watertenk en wolke

•    Die leerder kan enige tipe opstel aanbied.
•    Letterlike interpretasie: Waterverskaffing/die noodsaaklikheid van damme vir
     boere/droë dele van die land/die vreugde van reën vir boere tydens droogte, ens.
•    Figuurlike interpretasie: Die mens kan verligting/troos bring vir ander wat
     swaarkry/dit simboliseer inherente krag/hoop/geduld wat jou in moeilike tye laat
     voortgaan, ens.
•    Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die leerder se oogpunt en volgens
     sy/haar interpretasie.                                                                  [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                      DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

2.1       FORMELE BRIEF

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ formele brief aan die bestuurder van Checkers
          Supermark op sy/haar dorp waarin hy/sy geld vra om ŉ kinderhuis te
          ondersteun.

          KENMERKE

          •   Die sakebrief word aan die bestuurder van Checkers Supermark gerig.
          •   Die taal en styl van die brief is formeel en saaklik.
          •   Die inleidingsparagraaf stel die versoek om ŉ donasie duidelik.
          •   Die liggaam brei uit waarvoor die geld gebruik sal word.
          •   Die toon en register is respekvol, maar oorredend.

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees:

          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer word regs boaan in blokvorm geskryf.
          • Daar behoort nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te
              word nie.
              Toegewing: ŉ Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.
          • Die datum word voluit geskryf: 20 November 2015.
          • ŉ Reël word tussen die adres van die sender en ontvanger oopgelaat.
          • Die bestuurder se naam en adres word links teen die kantlyn in
              blokvorm geskryf.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
              Verwys na bl. 10.

          Die aanhef, afsluiting en slot
          • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
          • Die bestuurder kan byvoorbeeld aangespreek word as: Geagte
              Meneer/mnr. Strydom.
          • Opskrif wat die essensie/doel van die brief weergee, volg en word
              onderstreep. Indien die essensie van die brief in hoofletters geskryf
              word, word dit nie onderstreep nie.
          • “Die uwe” en die briefskrywer se handtekening/naam vorm die slot.
          • Die briefskrywer se voorletters en van kan onder uitgeskryf word.
          • ŉ Reël word nie tussen “Die uwe” en die naam/handtekening oopgelaat
               nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           9                        DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          Die paragrawe
         •    ŉ Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
         •    Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik.
         •    Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die
              briefskrywer versoek ŉ donasie vir die kinderhuis en motiveer
              waarvoor die donasie gebruik sal word.
         •    Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk die bestuurder by
              voorbaat bedank vir die donasie of die hoop uitspreek dat hulle moontlik
              in die toekoms weer kan saamwerk.

          VOORBEELD

                                                            Jan Hofmeyer Straat 14
                                                            Pretoria
                                                            0001
                                                            20 November 2015
          XXX
          Die Bestuurder
          Checkers Supermark
          Strubenstraat 108
          Pretoria
          0001
          XXX
          Geagte mnr. Strydom
          XXX
          VERSOEK OM DONASIE/Versoek om donasie
          XXX
          Ek is ŉ gereelde klant by u supermark en weet dat u ŉ hart vir kinders het. Ek
          wil u daarom versoek om ŉ donasie in die vorm van geld, vir die
          verrassingspartytjie wat ek en ŉ groep vriende vir die Oosterland Kinderhuis
          beplan.
          XXX
          Ek en ŉ paar van my klasmaats het gehoor dat die meeste kinders tydens die
          somervakansie nêrens heen gaan nie. Die kinderhuis het nie geld om iets
          spesiaals vir hierdie kinders te reël nie.
          XXX
          Ons het besluit om geld in te samel sodat ons vir hierdie kinders 'n partytjie
          kan hou en vir elkeen ŉ geskenkie kan koop. Ons vra dus die hulp van
          plaaslike besighede in die vorm van donasies.
          XXX
          Ons sal dit waardeer indien u ons kan help.
          XXX
          Die uwe
          Lwazi Mlata
                                                                          (120 woorde)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3               10                             DBE/November 2015
                                           NSS – Memorandum

          Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
          Kerkstraat 1                 Posbus 88      Huis 342       Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad         Pleknaam       Pleknaam       Pleknaam
          Pleknaam                     Kode           Kode           Kode
          Kode

          Rusthof                       Sewende laan 10 of Sewende Laan 10
          Pleknaam                      Westdene
          Kode                          Kode
          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit ŉ samestelling van TWEE
          soortname is. Arcadia Straat is ŉ samestelling tussen ŉ eienaam en ŉ soortnaam en
          daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia straat,
          Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2009 bl.121)

          Geen Engels behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie.               [30]

2.2       HULDEBLYK

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ huldeblyk wat hy/sy by die begrafnisdiens oor sy/haar
          buurman wat onlangs oorlede is, gaan lewer.

          KENMERKE
          •   Die huldeblyk handel oor die buurman wat ŉ belangrike rol in die leerder
              se lewe gespeel het.
          •   Die volgende besonderhede oor die buurman kan gegee word: naam,
              ouderdom, datum van afsterwe, oorsaak van dood, herinneringe of
              hoogtepunte uit die buurman se lewe, staaltjies oor die buurman, die rol
              wat die buurman in die leerder se lewe gespeel het.
          •   Die doel van die huldeblyk is om die buurman se lewe te vereer en om die
              betekenisvolle bydrae wat hy/sy gelewer het, uit te lig.
          •   Die lesers moet ŉ geheelbeeld van die buurman kry.
          •   Die huldeblyk word in die verlede tyd geskryf wanneer daar na die
              buurman verwys word.
          •   Die toon is versagtend, liefdevol, vertroostend, bemoedigend en taktvol
              van aard.
          •   Die toon, styl en woordkeuse is versagtend, liefdevol, vertroostend,
              bemoedigend en moet by die inhoud pas.
          •   Kultuurkontekste moet in ag geneem word.

          FORMAAT

          •   Opskrif
              Die huldeblyk moet ŉ opskrif hê.
              Die huldeblyk mag ŉ subopskrif insluit.
          •   Inleidende paragraaf
              Die huldeblyk word ingelei met ŉ sin wat die lesers se aandag vasvang.
              Die inleiding moet oor die waardering van die buurman se lewe gaan.
              Die inleidende sin is baie belangrik.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            11                      DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

         •    Paragraaf 2 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende herinnerings en hoogtepunte in wat
              persoonlike gebeure en staaltjies oor die buurman bevat. Dit word in
              verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel
              (verkieslik) oor ŉ nuwe feit/gedagte.
         •    Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker ook vir die res van die gesin sterkte toewens.

          VOORBEELD

                                   Selvan Reddy: Held van Phoenix

          Selvan Reddy, ŉ klein jukskeitjie met ŉ groot kop!

          Geagte Familie en Vriende

          Ons buurman, Selvan Reddy, was geliefd en gerespekteerd. Vir my gesin
          was hy baie spesiaal: ŉ groot broer, ŉ pa en vriend. Sy vrou het altyd gekla
          dat ek en hy te veel videospeletjies gespeel het, in plaas van hul lekkende
          krane te herstel.

          Selvan kon enige probleem oplos: van stukkende motors tot gebroke harte.
          Hy het die eerste rehabilitasiesentrum in ons gemeenskap begin. Hoeveel
          verslaafdes en gebroke gesinne het hy nie gehelp nie?

          Familie en Vriende, ons sal hierdie dierbare man altyd onthou en waardeer.
          Ek wil namens die gemeenskap vir tannie Gerda en haar gesin verseker dat
          ons hulle sal ondersteun soos oom Selvan dit vir ons gedoen het. Rus in
          vrede, oom Selvan!
                                                                        (128 woorde)            [30]

2.3       AGENDA EN NOTULE

          FOKUS

          Die leerder skryf ŉ gedeelte van die notule wat oor “Nuwe Sake” handel.

          KENMERKE

          •   Die inhoud van die notule is opsommend en saaklik en lewer verslag van
              alles wat onder “Nuwe Sake” bespreek is.
          •   Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf.
          •   Die styl en register is kort, bondig en objektief.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           12                      DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          FORMAAT

          •    Die notule volg presies dieselfde verloop as die agenda.
          •    Alle besluite word korrek en objektief genotuleer.
          •    Die subopskrifte kan onderstreep word of in hoofletters geskryf word om
               uit te staan.

          LET WEL:
          • Getal woorde:
               o Die getal woorde vir die gedeelte van die notule moet altesaam
                  100-150 woorde wees.

          VOORBEELD

          5. Nuwe sake:
          5.1 ŉ Laaste poging om geld vir die skool in te samel
          Die komitee wil geld insamel om graad 12-leerders wat nie vir die
          matriekafskeid kan betaal nie, te help. Llewellyn stel voor dat die komitee
          pouses eetgoed verkoop. Die graad 12’s kan ook die onderwysers se motors
          was en Simphiwe sê hy sal dit reël.

          5.2 Ons laaste talentaand
          Mandisa stel ŉ talentaand soos Idols voor. Die komitee moet vir pryse by
          besighede op die dorp gaan vra.

          5.3 Ons laaste skooldag
          Marilyn sal ŉ opname onder die matriekleerders maak om uit te vind wat die
          groep op die laaste skooldag wil doen. Daar is ma’s wat aangebied het om ŉ
          ontbyt vir die graad 12’s voor te berei. Elke jaar gaan die graad 12’s na die
          tyd met ŉ bus see toe en Andi stel voor dat hulle vanjaar vir oulaas saam
          gaan fliek.
                                                                          (141 woorde)         [30]

2.4       FORMELE TOESPRAAK

          FOKUS
          Die leerder lewer ŉ formele toespraak tydens die graad 11-oueraand om die
          geheim vir akademiese sukses met die leerders en ouers te deel.

          KENMERKE

          •   Die toespraak word gelewer as motivering aan leerders en ouers.
          •   Die formele toespraak begin met die groet van die aanwesiges op ŉ
              gepaste wyse, byvoorbeeld: Goeienaand Leerders en Ouers.
          •   Die inhoud van die formele toespraak se taalgebruik en styl is formeel.
          •   Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
          •   Samehang is baie belangrik.
          •   Styl, toon en woordkeuse is respekvol en bemoedigend.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           13                       DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          FORMAAT
          • Opskrif
             Dit is ŉ bondige weergawe van die inhoud van die toespraak, bv.
             akademiese sukses verg harde werk.
          • Aanhef
             Die gehoor, nl. die leerders en hul ouers word gegroet, bv. Goeienaand
             Leerders en Ouers.
          • Inleidende paragraaf
             In die inleidingsparagraaf word die onderwerp ingelei en die gehoor se
             aandag word getrek. Die openingsin is baie belangrik.
          • Paragraaf 2 en verder
             Die liggaam word in verskillende hoofpunte verdeel en dit word in die
            verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek.
          • Slotparagraaf
             ŉ Treffende slot som die toespraak op.

          VOORBEELD

                                Akademiese sukses verg harde werk

          Goeienaand Leerders en Ouers

          Mense vra gereeld: “Wat is jou geheim vir sukses?” Winston Churchill het
          my suksesresep opgesom met drie woorde: werk, werk, werk.

          Werk elke dag getrou. Moenie wag tot môre as jy iets nie verstaan nie, môre
          bring nog meer nuwe werk.

          Tweedens, doen jou tuiswerk. Tuiswerk word nie gegee as straf nie. Dit
          word gegee om elke dag se nuwe insigte in te oefen. Hoe weet jy of jy die
          werk verstaan as jy dit nie eers prakties probeer doen nie?

          Uiteindelik is die groot toorwoord: ekstra werk. Is jy bereid om, as jou maats
          partytjie hou, daardie ekstra twee uur vir ŉ toets voor te berei? Dít is die
          vraag.

          As jy wil presteer, moet jy opofferings maak, getrou bly aan jou doelwitte en
          nie omgee om anders as die hoofstroom te wees nie.

          Om ŉ ideaal te verwesenlik, moet jy werk!
                                                                          (144 woorde)

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde
word in ag geneem.
                                                               TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            14                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1       AANWYSINGS

          FOKUS
              Die leerder skryf aanwysings neer oor hoe sy/haar maat, wat nog nooit
              voorheen by sy/haar huis was nie, van Brandstraat af tot by sy/haar huis in
              Cohenstraat 10 kan kom. Die leerder noem ŉ paar bekende straatname en
              bakens op pad na sy/haar huis toe.

          KENMERKE

          •     Dit is baie belangrik dat die leerder die rigtingaanwysings van Brandstraat
                af na sy/haar huis beskryf.
          •     Die aanwysings moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •     ŉ Paar straatname en bakens langs die roete moet genoem word.
          •     Die inhoud is bondig en die taal informeel.
          •     Die leerder spreek die maat direk aan.
          •     Vermy slordige taal en slengwoorde.
          •     Styl, toon en woordkeuse moet by die ontwikkelingsvlak van die maat en
                by die inhoud pas.

          FORMAAT
          •     Aanwysings begin gewoonlik met werkwoorde.
          •     Die aanwysings kan in paragraafvorm, puntsgewys of met ander
                aanduiders soos koeëlpunte aangebied word.
          •     Bakens kan die volgende insluit: straatname, geboue, winkels, parke, ens.

          VOORBEELD

          RIGTINGAANWYSINGS (puntsgewys of in paragraafvorm)

          1. Jy moet by die Thanda-balletskool en die biblioteek in Brandstraat
             verbyry.
          2. Draai regs in Koelstraat waar jy die Shezi-winkelsentrum aan jou
             regterkant sal sien.
          3. Daarna moet jy regs in Shezastraat draai. Jy sal by die Madiba-
             Technikon wat aan jou linkerkant is, verbyry.
          4. Draai links in Kortstraat. Aan jou regterkant sal jy die Shifa-hospitaal sien.
          5. Na 500m draai jy weer regs in Cohenstraat.
          6. Ry verby die Caltex-garage.
          7. My huis is langs die garage. Dit is Cohenstraat 10.
                                                                              (84 woorde)

             Let op die volgende: Koelstraat, Hofstraat en Kortstraat is een woord. Brandstraat,
          Shezastraat en Cohenstraat is ŉ samestelling tussen ŉ eienaam en ŉ soortnaam en
          daarom kan dit ook soos volg geskryf word: Brand Straat, Brand straat, Brand-straat,
          Brand-Straat.
                                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3              15                               DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

3.2       UITNODIGING

          FOKUS

          Die leerder ontwerp ŉ uitnodigingskaartjie om sy/haar ma na die ontbyt uit
          te nooi.

          KENMERKE

          •   Die uitnodigingskaartjie moet die ma uitnooi om die ontbytgeleentheid by
              te woon.
          •   Die uitnodigingskaartjie noem waar en wanneer die geleentheid gaan
              plaasvind, wat die kleredragkode is en die doel van die geleentheid.
          •   Die uitnodigingskaartjie moet ook ŉ sperdatum noem.
          •   Ekstra inligting soos padaanwysings mag verskaf word.
          •   Die inhoud is kort en die taal is formeel/informeel.
          •   Die styl, toon en woordkeuse moet pas by die formele/informele aard van
              die uitnodigingskaartjie.

          FORMAAT

          •   Die volgende inligting moet in die uitnodigingskaartjie verskyn:
               Wie word uitgenooi?
               Wat word aangebied?
               Wanneer vind die geleentheid plaas?
               Hoe laat vind die geleentheid plaas?
               Waar vind die geleentheid plaas?
               Wat is die doel van die geleentheid?
               Wat is die kleredragkode?
               Hoe moet jy antwoord en teen watter datum?
               Kontakbesonderhede

          Let wel: Opskrifte soos datums, tyd, plek en telefoonnommers word nie getel nie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           16                         DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          VOORBEELD

                                       Mev. S. de Witt                            Wie?
                                    word hartlik uitgenooi
                                           na die
                                    Eer-ons-ma’s Ontbyt                           Wat?
                                 Sondag 17 Augustus 2015
                                                                                  Wanneer?
                                         om 08.30
                                                                                  Hoe laat?
                            in die Bloemfonteinse Biblioteeksaal
                                                                                  Waar?
                       (Nelson Mandelarylaan, langs die Burgersaal)

                                      Reëlings:
               Almal kom om 8.00 by Rouxstraat 24, Proteapark bymekaar
                            en ry dan daarvandaan saam.

                                Doel van die geleentheid:
                                 Om ons ma’s te vereer vir
                     hulle opoffering, ondersteuning, geduld en liefde.

                               Kleredrag: Deftig, dog gemaklik                    Kleredrag

                        Antwoord asseblief voor 1 Augustus 2015.                  Wanneer en
                                                                                  hoe moet jy
                             Skakel vir Lerato by 084 274 8856                    antwoord?
                  of stuur u antwoord per e-pos aan: lerato@gmail.com
                                                                 (80 woorde)
                                                                                                 [20]

3.3   DAGBOEKINSKRYWINGS

          FOKUS

           Die leerder maak TWEE dagboekinskrywings, een die dag VOOR die
           matriekafskeid en een die dag NA die matriekafskeid.

          KENMERKE

          • Die dagboek is ŉ informele skryfstuk wat spreek van die leerder se
            afwagting/opgewondenheid/dalk vrees oor die matriekafskeid van die
            volgende dag asook die verligting/dankbaarheid/teleurstelling die dag na
            die matriekafskeid.
          • Gevoelens/gedagtes wat beleef is, word beskryf.
          • Die dagboekinskrywings word in die eerste persoon geskryf.
          • Plekke, familie en vriende word op die naam genoem.
          • Die inhoud ondersteun die leerder se gevoelens/gedagtes oor die
            komende matriekafskeid en die gevoelens/gedagtes na die tyd.
          • Toon, styl en woordkeuse moet die inhoud ondersteun.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           17                             DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

          FORMAAT

          • Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf
            word.
          • Die leerder moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
          • Die leerder hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
          • Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.

          Let wel:
          • Getal woorde:
                   o In die dagboekinskrywing word slegs die getal woorde in die inhoud getel.
                   o Die getal woorde vir albei inskrywings moet altesaam 80-100 woorde wees.
          • Assessering:
                   o Assessering moet albei inskrywings as EEN taak in ag neem en moet dus as ŉ
                     geheel geassesseer word.
                   o Indien een van die inskrywings ontbreek, word die leerder by die kategorie
                     inhoud, beplanning en formaat gepenaliseer. Die leerder kan ŉ maksimum van
                     7/12 punte behaal.

          VOORBEELD

          3 Oktober (2015) (of aan regterkant van die bladsy)
                                               OF
          Woensdag
                                               OF
          Woensdag, 3 Oktober (2015)
          XXX
          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Môre is die GROOT dag - die dag waarvoor so baie geld uitgegee is. Sê nou
          net ek val voor die mense met my nuwe skoene of my hande sweet as ons
          dans? En gaan Pa regtig eers met Pietro in die studeerkamer “gesels”?
          XXX
          5 Oktober 2015 (of aan regterkant van die bladsy)
          XXX
          Liewe Dagboek (opsioneel)
          XXX
          Dit was heeeeerlik! Pietro het my soos ŉ prinses behandel! (En my na die
          tyd gesoen! Moenie vir Ma sê nie.) Sorato het my wel heelaand aangegluur,
          maar ek het my nie daaraan gesteur nie. Dit is nie my skuld as Pietro dink ek
          is ouliker as sy nie.
                                                                          (94 woorde)                [20]

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
          en belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                                    TOTAAL AFDELING C:               20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                       Downloaded from hlayiso.com             18                                                          DBE/November 2015
                                                                        NSS – Memorandum

LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
  punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]

      Kriteria                               Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD &                                       28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                            -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                       uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                    en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees                -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                            Hoë vlak
 vir beplanning;                       volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                  stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                     nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                       -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                              organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                       samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                       inleiding, liggaam en    liggaam en
                                       samevatting/slot         samevatting/slot
                                                25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                       -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                       maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                       treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                       van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                            Lae vlak
                                       -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                       volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                       -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                       samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                       inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                       samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                         inleiding, liggaam en
                                                                                         samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                19                                                                DBE/November 2015
                                                                          NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)

       Kriteria                             Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer
 VERSPREIDING VAN PUNTE                       43–50                      33–40                      23–30                      13–20                       0–10

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                     20                                                          DBE/November 2015
                                                                  NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]

         Kriteria                    Uitsonderlik               Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                  15–18                 11–14                    8–10                     5–7                     0–4
 BEPLANNING &                   -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                        uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                                verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;              -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir     volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                    -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                  kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies            soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                     -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                                fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 18 PUNTE                       -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                                en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                                -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                                uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                                wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                                ondersteun                                                              toegepas
                                -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                                formaat
 TAAL, STYL &                             10–12                   8–9                     6–7                    4–5                       0–3
 REDIGERING                     -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                                en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,          geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en          gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                       -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;     akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                    gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling         -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                        woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 12 PUNTE                                               -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                                 belemmer
 VERSPREIDING VAN PUNTE                25–30                   19–23                   14–17                    9–12                       0–7

Kopiereg voorbehou                                                                                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-memo/ca24bb31-11e6-4414-ae1c-e2738b16f840) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2015-memo/87abdf2e-dd1a-40b6-a25d-76969b064173) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
