# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2016, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2016/177c8739-413e-4c21-a7b4-2146951106ff)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                      NOVEMBER 2016

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                       DBE/November 2016
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die
          beplanning VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy ŉ streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                           DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf ŉ opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Daardie dag sal ek nooit vergeet nie.                                                  [50]

1.2       Wintertyd ...                                                                          [50]

1.3       Die laaste skoolklok van my graad 12-jaar het gelui. Wat nou?                          [50]

1.4       Is dit goed om risiko’s te neem?                                                       [50]

1.5       Musiek is ŉ taal wat almal verstaan.                                                   [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf ŉ OPSTEL daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet ŉ duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                                   [Uit: www.jlpp.org]           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3       4                               DBE/November 2016
                                          NSS

          1.6.2

                                       [Uit: www.drpanda-survivior.org.wikia.com]                 [50]

          1.6.3

                                                                   [Uit: www.defenders.org]       [50]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                           DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1        BRIEF AAN DIE PERS

           Hierdie brief het op 15 November 2016 in ŉ tydskrif, Waterwys, verskyn.

                                       EK BETAAL VIR WATER

                            Ek vererg my vreeslik vir mense wat so
                            aangaan oor waterbesparing. Net waar jy gaan,
                            is daar plakkate oor hoe ŉ mens water moet
                            bespaar. Almal wil vir my voorskryf hoe ek
                            water moet gebruik.

                            Solank daar water is as ek die kraan oopdraai,
                            sal ek water gebruik. Solank ek betaal vir water
                            wat ek gebruik, steur ek my nie aan al die
                            wenke om water te bespaar nie.

                            Vissie
                            Humansdorp

           Skryf ŉ FORMELE BRIEF aan hierdie tydskrif waarin jy op hierdie brief
           reageer. Jy mag saamstem of van die briefskrywer verskil.

           Die adres is:
           Die Redakteur
           WATERWYS
           Posbus 110
           Kaapstad
           8000                                                                                     [30]

2.2        HULDEBLYK

           Jy neem al jare lank aan jou gunstelingsportsoort deel. Jou geliefde afrigter is
           oorlede en jy moet namens die span ŉ huldeblyk lewer.

           Skryf die HULDEBLYK.                                                                     [30]

2.3        KOERANTBERIG

           Julle skoolhoof het besluit om elke skooldag ŉ uur langer te maak. Die
           leerders was ontevrede oor hierdie besluit.

           Skryf ŉ KOERANTBERIG vir julle skoolkoerant waarin jy sê waarom jy
           ontevrede met die hoof se besluit is.                                                    [30]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        6                         DBE/November 2016
                                           NSS

2.4       DIALOOG

          Jy studeer die afgelope weke kliphard, want jy wil goed slaag in die
          matriekeindeksamen. Jou kêrel/meisie is nie so gelukkig daaroor nie, want jy
          bring te min tyd saam met hom/haar deur. Julle praat hieroor.

          Skryf die DIALOOG tussen jou en jou kêrel/meisie neer.                              [30]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                           DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        PLAKKAAT

           Suid-Afrika se tieners kry te min oefening. Jy is bekommerd daaroor en
           besluit om ŉ plakkaat by die skool aan te bring met die opskrif: OEFEN
           MEER.

           Ontwerp die PLAKKAAT waarin jy tieners aanmoedig om meer oefening te
           kry.                                                                                [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het onlangs twee baie verskillende dae beleef. Die een dag het alles
           verkeerd geloop, maar die volgende dag het dit sommer weer baie beter
           gegaan.

           Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir die TWEE dae soos volg:

           •   EEN inskrywing oor die slegte dag
           •   EEN inskrywing oor die goeie dag                                                [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Jy en jou beste vriend/vriendin was besig om kos te maak. Jou vriend/vriendin
           het per ongeluk sy/haar vinger met ŉ mes gesny. Gelukkig is die wond nie te
           diep nie.

           Verduidelik stap vir stap hoe jy die wond gaan behandel.                            [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                      GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2016/7d9df0bc-5c9f-4686-ac88-1f7b7a11c2d1) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016/6e1bb291-53c5-4eb7-ba7f-20592d77bed9) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
