# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2017, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            2                       DBE/November 2017
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer elke skryfstuk soos dit in die vraestel genommer is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            3                      DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       ... en toe lui my selfoon.                                                           [50]

1.2       My huis ... die beste plek.                                                          [50]

1.3       Ek wens ouers kon tieners beter verstaan.                                            [50]

1.4       'n Tatoeëermerk – ja of nee?                                                         [50]

1.5       Verandering is nie altyd goed nie.                                                   [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                                 [Bron: www.brabbu.com]        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4                 DBE/November 2017
                                       NSS

          1.6.2

                                             [Bron: google clipart]                [50]

          1.6.3

                                             [Bron: google clipart]                [50]

                                               TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                       DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Iemand in jou familie het jou baie met jou voorbereiding vir die eindeksamen
          gehelp.

          Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie persoon om dankie te sê vir
          sy/haar hulp.                                                                       [30]

2.2       CV EN DEKBRIEF

          Jou naam is Thabo Benade. Jy het die advertensie hieronder in die
          winkelvenster van die Pote en Vlooie-troeteldierwinkel gesien.

            POTE EN VLOOIE-TROETELDIERWINKEL

        Wil jy naweke
        ekstra sakgeld
           verdien?

       Vir meer inligting,                             Kom werk dan
       skakel 073 684 9130                                 by ons
                                       [Eie bron]    troeteldierwinkel!

          Gebruik nou hierdie advertensie en die CV op die volgende bladsy om 'n
          DEKBRIEF te skryf waarin jy aansoek doen vir hierdie naweekwerk. Jy rig die
          brief aan die bestuurder van die troeteldierwinkel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                          DBE/November 2017
                                             NSS

                                       CV VAN THABO BENADE
          Volle naam en van: Thabo Nic Benade
          ID-nommer: 200229 0023 087
          Adres: Vinkstraat 4, Oos-Londen
          Kontaknommer: 071 123 4567
          Belangstellings: Diere, die natuur en fietsry
          Hoogste graad geslaag: Graad 11
          Vorige werksondervinding: Pas gedurende vakansies ander mense se
          troeteldiere op.
          Referente: Mnr. Basil Erlank (Selnommer: 082 765 4321)                                [30]

2.3       RESENSIE

          Die graad 12's het vanjaar nuwe voorgeskrewe boeke gekry.

          Skryf 'n RESENSIE vir julle skoolkoerant oor een van hierdie nuwe
          voorgeskrewe boeke.                                                                   [30]

2.4       ONDERHOUD

          Die bestuurder van 'n winkelsentrum in jou omgewing voer onderhoude met
          mense wat by hierdie winkelsentrum inkopies doen. Hy voer 'n onderhoud
          met jóú en wil weet wat jy van die sentrum dink. Hy vra jou uit oor wat jy dink
          van die winkels wat daar is, parkering, toiletgeriewe, sekuriteit, ensovoorts.

          Skryf die ONDERHOUD tussen jou en die winkelbestuurder neer. Verwys na
          die dinge waaroor die winkelbestuurder jou uitgevra het.                              [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            7                        DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

•     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        PLAKKAAT

           Julle skool wil 'n ''Lees is 'n fees''-dag hou. Die doel van hierdie dag is om
           leerders aan te moedig om meer te lees.

           Maak 'n PLAKKAAT om mense oor hierdie dag in te lig.                              [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het 'n partytjie vir jou beste maat gereël.

           Maak DAGBOEKINSKRYWINGS vir TWEE dae soos volg:

           •   Die dag voor die partytjie
           •   Die dag na die partytjie                                                      [20]

3.3        INSTRUKSIES

           Jou pa is bekommerd dat jy te veel tyd op jou selfoon deurbring. Hy het
           instruksies gegee oor wanneer en waar jy jou selfoon mag of nie mag gebruik
           nie.

           Skryf die SEWE INSTRUKSIES neer wat jou pa vir jou gegee het.                     [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
