# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2019, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2019/4248cd17-252c-4dbc-968e-382e4586c716
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2019/4248cd17-252c-4dbc-968e-382e4586c716)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                    NOVEMBER 2019

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                     DBE/November 2019
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:         Opstel                      (50)
          AFDELING B:         Lang transaksionele teks    (30)
          AFDELING C:         Kort transaksionele teks    (20)

2.        Beantwoord EEN vraag in ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          ꞌn kopkaart of ꞌn vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy ꞌn streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:          80 minute
          AFDELING B:          40 minute
          AFDELING C:          30 minute

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
          NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          3                        DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Dit was ꞌn wonderwerk                                                                [50]

1.2       My twee gunstelingfotoꞌs                                                             [50]

1.3       Niks is meer privaat nie                                                             [50]

1.4       Sê jou klere wie jy is?                                                              [50]

1.5       Dankie!                                                                              [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                                    [Bron:fr.pngtree.com]      [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4           DBE/November 2019
                                       NSS

         1.6.2

                                                 [Bron: Google images]      [50]

         1.6.3

                                                       [Bron: RNEWS]        [50]

                                             TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         5                             DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1        INFORMELE BRIEF

           Jou beste maat wil na matriek gaan werk in plaas van studeer.

           Skryf ꞌn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie maat en vertel vir hom/haar
           wat jy daarvan dink.                                                                   [30]

2.2        CV EN DEKBRIEF

           Mnr. Paulus is die bestuurder van die Pik en Proe-restaurant. Hy adverteer ꞌn
           pos vir ꞌn leerling-sjef by die restaurant. Jou naam is Mpho Petersen en jy
           doen aansoek vir hierdie werk.

           Gebruik jou CV hieronder en skryf ꞌn DEKBRIEF aan mnr. Paulus.

            CV van Mpho Petersen
            Volle naam en van: Mpho Petersen
            ID-nommer: 990228 0023 085
            Adres: Impalastraat 33, Musina
            Kontaknommer: 072 123 4567
            Belangstellings: Kosmaak en kyk graag na Master Chef op televisie
            Hoogste graad geslaag: Graad 11
            Vorige werksondervinding: Werk naweke en vakansies vir Sjef Sabrina
            Referente: Mev. Erna Nel (selnommer: 071 876 5432)                                    [30]

2.3        KOERANTBERIG

           Gebruik die opskrif hieronder en skryf 'n KOERANTBERIG wat in julle
           plaaslike koerant gepubliseer gaan word.

           TIENER RED BABA UIT BRANDENDE HUIS                                                     [30]

2.4        INFORMELE TOESPRAAK

           Die graad 11's het ꞌn spesiale ete vir die matriekgroep gereël om vir julle
           totsiens te sê. Jou matriekmaats vra vir jou om tydens hierdie ete ꞌn gepaste
           toespraak te lewer waarin jy die graad 11's bedank.

           Skryf jou TOESPRAAK.                                                                   [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                         DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1        ADVERTENSIE

           Jou ouma maak die lekkerste vetkoeke en samoesas. Sy wil dit graag van
           haar huis af verkoop. Sy vra vir jou om ꞌn advertensie te ontwerp om haar
           eetgoed te adverteer.

           Ontwerp hierdie ADVERTENSIE.                                                      [20]

3.2        DAGBOEKINSKRYWINGS

           Jy het by die plaaslike munisipaliteit om ꞌn studiebeurs aansoek gedoen. Hulle
           moet nou besluit of jy die beurs kan kry.

           Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

              Die dag vόόrdat hulle besluit of jy die beurs kan kry
              Die dag nádat hulle jou van hulle besluit laat weet het                       [20]

3.3        RIGTINGAANWYSINGS

           Dit is oueraand by die skool. Jou ouers wil graag met jou
           Afrikaansonderwyser gaan praat. Hulle weet nie hoe om van die skoolhek af
           tot by die Afrikaansklas te kom nie.

           Skryf SEWE RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys en onder mekaar neer en
           verduidelik vir jou ouers hoe om van die skoolhek af tot by die Afrikaansklas
           te kom.

           Onthou: Jy verduidelik rigting op die skoolterrein en NIE straatlangs NIE.        [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:         20
                                                                      GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2019/e47d275e-1758-490f-82cc-f901024759a5) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
