# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2021, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal V3            2                    DBE/November 2021
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
          'n kopkaart of 'n vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
          VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
          NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal V3          3                         DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
     Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
      neer.

1.1       Ek het iemand gehelp                                                                 [50]

1.2       Dit laat my lag                                                                      [50]

1.3       Kry mense te maklik rybewyse?                                                        [50]

1.4       Matriek is nie maklik nie                                                            [50]

1.5       Ek is uniek                                                                          [50]

1.6       Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor. Skryf die
          vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van jou opstel neer.

          LET WEL:        Daar moet 'n duidelike verband wees tussen die opstel en die
                          prent wat jy gekies het.

          1.6.1

                                                                     [Bron:clipartlook]        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal V3    4              DBE/November 2021
                                       NSS

          1.6.2

                                             [Bron: africa-animals.com]       [50]

          1.6.3

                                                [Bron: Google Images]         [50]

                                             TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal V3             5                              DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jy het gehoor jou maat wil 'n neusring insit.

          Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou maat waarin jy jou opinie oor neusringe
          gee.                                                                                         [30]

2.2       CV EN DEKBRIEF

          Meneer Johnson, bestuurder van die Klawer Winkelsentrum, is op soek na
          jongmense om gedurende die vakansie kinders by die winkelsentrum op te
          pas terwyl die ouers inkopies doen.

          Jou naam is Nomsa Baatjes. Jy het klaar die aansoekvorm vir die werk
          voltooi. Gebruik nou jou CV hieronder en skryf SLEGS die DEKBRIEF aan
          meneer Johnson.

          Van:                         Baatjes
          Volle name:                  Nomsa
          Geboortedatum:               12 April 1999
          Identiteitsnommer:           9904120050085
          Adres:                       Hoofstraat 29, KOPPIES, 9540
          Kontaknommer:                072 987 6543
          Hoogste graad geslaag:       Graad 11
          Ervaring:                    Kelnerin by Spur
                                       Toesig gehou oor kinders by McDonald's
          Belangstellings:             Lees, netbal en stap
          Tale (wat jy kan praat):     Afrikaans en Engels                                             [30]

2.3       TYDSKRIFARTIKEL

          Skole is deesdae baie in die nuus oor boeliegedrag. Kinders word fisies,
          emosioneel en op sosiale media geboelie.

          Skryf 'n TYDSKRIFARTIKEL oor boelies in skole.                                               [30]

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          Jy was deel van 'n studiegroep wat saam vir hierdie eksamen studeer het.
          Toe julle vir die laaste keer saam studeer het, het jy 'n informele toespraak
          gelewer waarin jy die groep bedank en vir die eksamen gemotiveer het.

          Skryf die INFORMELE TOESPRAAK neer.                                                          [30]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                  30
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal V3          6                          DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       STROOIBILJET

          Jy het begin om motors te was om geld te verdien. Jy wil 'n strooibiljet opstel
          om jou karwasdiens te adverteer.

          Stel die STROOIBILJET op.                                                          [20]

3.2       DAGBOEKINSKRYWINGS

          Jy en jou ouers het 'n argument gehad en praat glad nie met mekaar nie.
          Jy voel jy was verkeerd en jy moet gaan vrede maak.

          Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

              Die dag vóórdat jy vrede gaan maak het
              Die dag nádat julle vrede gemaak het                                          [20]

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

          Jou oupa moet jou by die eksamenlokaal kom haal. Gee vir hom aanwysings
          hoe om van jou huis af tot by die eksamenlokaal te kom.

          Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys en onder mekaar neer.
          Gebruik straatname, bakens, ens.                                                   [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL Trial 2021 P3 only](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-trial-2021-p3-only/63015d85-4051-4fc4-a389-e69c499c9afd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
