# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2022, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRADE 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                     NOVEMBER 2022

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                        DBE/November 2022
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                         (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks       (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks       (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
          kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
          die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:           80 minute
          AFDELING B:           40 minute
          AFDELING C:           30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk neer.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word nie.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3               3                 DBE/November 2022
                                                  NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
      VRAAG 1.1 tot 1.8.
     Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
      By vraagnommer 1.6, 1.7 of 1.8 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met
      die prent verband hou.

1.1       Dit was die gelukkigste dag van my lewe                                            [50]

1.2       Dis lekker om 'n tiener te wees                                                    [50]

1.3       Verandering is 'n goeie ding                                                       [50]

1.4       Water is belangriker as elektrisiteit                                              [50]

1.5       Respek                                                                             [50]

1.6

                                                                 [Bron: Google Images]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4               DBE/November 2022
                                       NSS

1.7

                  STOP                 DINK      DOEN

                                                  [Bron: Google Images]          [50]

1.8

                                                [Bron: Clipart.library.com]      [50]

                                              TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         5                           DBE/November 2022
                                            NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jy wil jou beste maat vertel wat jy beplan om ná jou graad 12-jaar te doen.

          Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou maat.                                                 [30]

2.2       INFORMELE VERSLAG

          Een van jou klasmaats het 'n venster van die skoolhoof se motor stukkend
          geslaan. Jy het gesien wat gebeur het. Die skoolhoof het vir jou gevra om 'n
          verslag te skryf oor wat jy gesien het.

          Skryf die INFORMELE VERSLAG.                                                           [30]

2.3       HULDEBLYK

          Die sekuriteitswag by jou skool is onlangs oorlede. Hy/Sy het jare lank vir die
          skool gewerk. Die skool hou 'n gedenkdiens vir die sekuriteitswag. Die
          skoolhoof het vir jou gevra om 'n huldeblyk namens die leerders te lewer.

          Skryf hierdie HULDEBLYK.                                                               [30]

2.4       DIALOOG

          Jou ma het gehoor hoe onderwysers oor party leerders se swak maniere by
          die skool kla. Jy en jou ma gesels oor hierdie probleem.

          Skryf die GESPREK tussen jou en jou ma neer.                                           [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          6                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       PLAKKAAT

          Jy wil gedurende Desember en Januarie mense, wat met vakansie weg is, se
          huise en troeteldiere oppas. Jy wil 'n plakkaat ontwerp om jou dienste te
          adverteer.

          Ontwerp die PLAKKAAT.                                                               [20]

3.2       KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

          Jou beste maat het die volgende teksboodskap vir jou gestuur:

          Goeiemôre! Ek het met my ouers oor ons twee se
          verhouding gepraat. Hulle hou nie baie daarvan nie. Wat
          moet ons nou doen?         20:00

          Jy stuur vir jou maat 'n boodskap terug waarin jy jou opinie gee.

          Skryf hierdie KORT TEKSBOODSKAP neer.                                               [20]

3.3       INSTRUKSIES

          Jy het 'n suksesvolle skoolloopbaan gehad. Die graad 8-leerders vra vir jou
          om vir hulle instruksies te gee oor wat hulle moet doen om jou voorbeeld
          te volg.

          Skryf die INSTRUKSIES puntsgewys en in volsinne neer.                               [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                    GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2022/4a28869c-bdc7-48b3-9f29-cfa7ca31cc7d) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
