# Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2023, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRADE 12

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                       DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:         Opstel                       (50)
          AFDELING B:         Lang transaksionele teks     (30)
          AFDELING C:         Kort transaksionele teks     (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
          kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
          die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Daar word
          aanbeveel dat jy 'n streep deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:         80 minute
          AFDELING B:         40 minute
          AFDELING C:         30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE.

11.       Moenie in potlood skryf nie.

12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         3                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
      VRAAG 1.1–1.8.
     Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
      By VRAAG 1.6, 1.7 en 1.8 moet jy jou eie titel gee. Jou opstel moet met die prent
      verband hou.

1.1       Dit was 'n lekker vakansie                                                             [50]

1.2       My gunsteling televisieprogram(me)                                                     [50]

1.3       As my skoolskoene kon praat ...                                                        [50]

1.4       Vriende sal jou altyd help                                                             [50]

1.5       Tyd                                                                                    [50]

1.6

                                                              [Bron: www.shutterstock.com]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3    4                            DBE/November 2023
                                       NSS

1.7

                                         [Bron: Die Burger, 31 Desember 2022]                 [50]

1.8

                                                                            [Bron: jpg]       [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          5                          DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2
     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jy sien op Facebook dat jou beste maat baie keer lelike dinge van ander
          mense sê. Jy is bang dat jou maat in die moeilikheid gaan beland.
          Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou maat en praat met hom/haar hieroor.                   [30]

2.2       E-POS

          Jy wil by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) aansoek doen om verder te
          gaan studeer.
          Skryf 'n E-POS aan die registrateur van die universiteit. Doen navraag oor
          alles wat jy graag wil weet omtrent die kursus waarin jy belangstel en die
          registrasieproses.                                                                     [30]

2.3       NOTULE VAN VERGADERING

          Jy is die voorsitter van die komitee van leerders wat die afskeid moet reël van
          onderwysers wat julle skool gaan verlaat. Julle het 'n vergadering gehou om
          reëlings vir die afskeid te bespreek.

          Hieronder volg die AGENDA van hierdie vergadering. Skryf nou die NOTULE
          van die vergadering.
                  AGENDA vir vergadering van die AFSKEIDSKOMITEE

                  1.     Opening en verwelkoming
                  2.     Presensielys
                  3.     Vorige notule
                  4.     Sake uit vorige notule
                  5.     Nuwe sake:
                         5.1 Plek vir die afskeid
                         5.2 Tema vir die afskeid
                         5.3 Finansies
                         5.4 Wie doen wat
                  6.     Algemeen
                  7.     Afsluiting                                                              [30]

2.4       INFORMELE TOESPRAAK

          Jy is 'n suksesvolle gebruiker van TikTok wat mense positief beïnvloed. Die
          skoolhoof wil graag hê jy moet die ander leerders motiveer om 'n verskil te
          maak. Hy het jou gevra om met die leerders oor die volgende onderwerp te
          praat:

                       Ek wil 'n verskil maak ... My pad na TikTok-sukses!
          Skryf jou INFORMELE TOESPRAAK neer.                                                    [30]
                                                                TOTAAL AFDELING B:               30
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         6                         DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       ADVERTENSIE

          Julle klas wil hamburgers en vetkoeke by die skool verkoop om geld in te
          samel vir 'n Kersfeesete vir die oumense in julle gemeenskap. Jy is
          verantwoordelik vir die advertensie. Jy moet ook noem waarom dit so
          belangrik is om die oumense te help.

          Ontwerp die ADVERTENSIE.                                                         [20]

3.2       KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

          Jy het in julle skoolkoerant gelees dat twee van julle
          skool se leerders R5 000 in 'n leeskompetisie gewen
          het. Die redakteur van die skoolkoerant wil weet wat jý
          van hierdie storie dink.

          Skryf jou KORT TEKSBOODSKAP neer.                                                [20]

3.3       RIGTINGAANWYSINGS

          Jou vriende wat op 'n ander dorp woon, kom by jou kuier.

          Gee vir hulle duidelike rigtingaanwysings hoe om van die garage buite jou
          dorp tot by jou huis te kom. Noem 'n paar straatname en bakens.

          Skryf die RIGTINGAANWYSINGS puntsgewys, onder mekaar en in volsinne
          neer.                                                                            [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                   GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2023/7f6db4f4-3355-49ea-8d80-d260b19660e0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2020/0f52f7ae-026f-4f35-971a-77e93eb02a4b) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
