# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the November 2024 NSC, 23 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024-mg/48dea35f-c7f8-4ae4-8e96-29e352cce2af
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024-mg/48dea35f-c7f8-4ae4-8e96-29e352cce2af)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                                 NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

              Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye en 3 rubrieke.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                         DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

ALGEMEEN

1.        Gebruik die rubrieke soos volg:

          AFDELING A:           VRAAG 1         OPSTEL
          AFDELING B:           VRAAG 2.1       INFORMELE BRIEF
                                VRAAG 2.2       FORMELE BRIEF
                                VRAAG 2.3       HULDEBLYK
                                VRAAG 2.4       DIALOOG
          AFDELING C:           VRAAG 3.1       PLAKKAAT
                                VRAAG 3.2       KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
                                VRAAG 3.3       INSTRUKSIES

2.        Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
          beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

3.        Indien 'n kandidaat se INHOUD glad nie in ooreenstemming met die
          onderwerp is nie, is die hele skryfstuk ONVOLDOENDE en verdien die
          kandidaat GEEN punte nie; dus ook nie punte vir taal en struktuur nie.

4.        Indien 'n kandidaat se INHOUD vaagweg in ooreenstemming met die
          onderwerp is, maar 'n swak interpretasie met baie min fokus, is die respons
          steeds ONVOLDOENDE en verdien die kandidaat lae punte vir inhoud, taal
          en struktuur.

5.        Indien 'n kandidaat se INHOUD gedeeltelik in ooreenstemming met die
          onderwerp is, maar die fokus word nie goed behou nie, is die idees
          onduidelik en die samehang wisselvallig. Dus is die
          respons ELEMENTÊR.

6.        Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
          moet dit met die senior nasiener bespreek word.

7.        Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
          opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
          punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.

8.        Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van
          'n skryfstuk gebruik.

9.        Vraag 1.6, 1.7 en 1.8:
          • Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
          • Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
             steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
          • Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
             of argumenterend wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3             3                             DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyne

SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

Die volgende simbole/tekens moet deur die onderskeie provinsies gebruik word:

       VERDUIDELIKING                      SIMBOOL                        BESKRYWING
Woordorde                                   (      )           Hakies en pyltjie
Spelfout                                        =              Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse                                      /              Haal met 'n streep deur
Tydfoute                               T (in die kantlyn)      Hoofletter T
Woord(e) weggelaat                              ^              Weglaatteken
Taalfoute                                    _____             Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                               //             Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin                 [              Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/                          X              Trek 'n X bo die verkeerde woord.
nie-funksionele/vreemde woorde:
- Standaardafrikaans bly die
    norm.
- Gebruiksafrikaans moet
    vermy word.
- Aanvaar terminologie
    waarvoor Afrikaans nog nie
    ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies          ✓ (bo die woord)        Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                               idees of uitdrukkings
Herhaling                              hh (in die kantlyn)     Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar               ∫ (in die kantlyn)     Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel               Vr (in die kantlyn)     Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie                                       O             Omkring

NEERSKRYF VAN PUNTE

1.        Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

2.        Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
          VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:

          AFDELING A:         INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                              REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)

          AFDELING B:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)

          AFDELING C:         INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
                              TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            4                         DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

3.        •   Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.
          •   Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
              bv. KNAP hoog.
          •   Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
              neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
              Inhoud en Beplanning.
          •   In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering sowel
              as Struktuur gevolg.
          •   In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
              Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg.

4.        Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
          Dis 'n hulpmiddel.

5.        Let daarop dat by Struktuur in AFDELING A sowel as die kategorieë in
          AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.

6.        Skryf die punte soos volg neer:

     AFDELING A             Kode            Punt        AFDELING B         Kode           Punt
         IB            Knap +                22             IBF          Gemiddeld          9
        TSR            Uitsonderlik -        13             TSR          Elementêr          5
          S            Knap                  4          TOTAAL:                            14
     TOTAAL:                                 39

                                                        AFDELING C         Kode           Punt
                                                            IBF          Gemiddeld          7
                                                            TSR          Elementêr          3
                                                        TOTAAL:                            10

TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.

LET WEL:       Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
               rubrieke maak daarvoor voorsiening.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                         DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: OPSTEL

1.1        EK HET NIE GELUISTER NIE EN TOE ...

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van die dag
         toe hy/sy nie geluister het nie en die gevolge daarvan/wat daarna gebeur het.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die dag toe hy/sy nie geluister
         het nie en die gevolge daarvan/wat daarna gebeur het op 'n lewendige wyse.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

1.2        EK SAL DAARDIE ONDERWYSER ALTYD ONTHOU!

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat 'n onderwyser wat hy/sy altyd
         sal onthou op 'n lewendige wyse.
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat van 'n interessante insident(e)/
         verhouding(s) rondom 'n onderwyser, wat hom/haar laat besef het dat hy/sy die
         onderwyser altyd sal onthou.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die impak wat
         'n onderwyser op sy/haar lewe gehad het.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

1.3        SLAGGATE OP MY PAD

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die kwessie
         van slaggate op 'n mens se pad vanuit 'n letterlike en/of figuurlike oogpunt.
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
         werklike (letterlike) en/of figuurlike slaggate op sy/haar pad, bv. emosionele
         probleme en uitdagings.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat werklike (letterlike) en/of
         figuurlike slaggate op sy/haar pad, bv. emosionele probleme en uitdagings op 'n
         lewendige wyse.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

1.4        SUKSES IS NET GROOT HUISE EN DUUR MOTORS.

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
         standpunt in, nl. dat sukses net gekoppel is aan groot huise en duur motors of
         nie en motiveer die standpunt.
      o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
         opstel of sukses net gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie. Die
         kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
         sy/haar ervaring rondom sukses wat hom/haar laat besef het dat sukses net
         gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar ervaring rondom
         sukses wat net gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie op 'n
         lewendige wyse.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor wat sukses vir
         verskillende mense beteken.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

1.5        INFLUENCERS (SMAAKMAKERS) IS DIE NUWE ROLMODELLE

•     Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
      o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
         opstel of influencers (smaakmakers) wel die nuwe rolmodelle is of nie. Die
         kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
      o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
         standpunt in, nl. dat influencers (smaakmakers) wel die nuwe rolmodelle is of
         nie en motiveer die standpunt.
      o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die kwessie
         van influencers (smaakmakers) as die nuwe rolmodelle.
      o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
         dinge/ervaringe rondom 'n influencer (smaakmaker) wat 'n rolmodel is.
      o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat dinge/ervaringe rondom 'n
         influencer (smaakmaker) wat 'n rolmodel is op 'n lewendige wyse.
•     Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

VISUELE PRIKKELS

•     Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
      onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
      kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer
      dit by die prikkel aansluit.
•     Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
•     'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3            7                          DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

1.6        PRENTJIE: RUGBYLEGENDES WAT SAAMSTAAN

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Letterlike interpretasie: Voorbeelde: rugby; Springbokke; Springbokspan; 2023-
      Wêreldbeker; Springbokke in Frankryk; rugbylegendes (as 'n groep of individue);
      rugbytruie, ens.
•     Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: Trots Suid-Afrikaans; die groen en goud;
      nasiebou; Springbokke wat saamstaan/verenig; die voorreg/verantwoordelikheid
      om 'n Springbok te wees; die Springbokke kry sterstatus in die wêreld; die passie
      vir dit wat jy doen; kapteinskap; broederskap; rolmodelle/mentors; fiksheid/gesonde
      leefstyl; die rol van die media in sport/sportspelers se lewens, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

1.7        PRENTJIE: BOOMPIE IN GLOEILAMP EN SONPANELE

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Letterlike interpretasie: Voorbeelde: elektrisiteit; beurtkrag; nuwe maniere om krag
      op te wek; groen energie; die impak van tegnologie op die natuur, ens.
•     Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: die natuur ly onder die mens se strewe na
      vooruitgang/gevorderde tegnologie; mens vs. natuur; die natuur is besig om te
      versmoor en is vasgevang/gaan aanhou versmoor; korrupsie en die impak daarvan,
      ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

1.8        PRENTJIE: KUNSMATIGE INTELLIGENSIE

•     Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
•     Letterlike interpretasie: Voorbeelde: robotte wat verskillende take in en om die huis
      verrig, ens. Die kandidaat kan op net een van/meer as een van/al die robotte fokus.
•     Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: kunsmatige intelligensie; robotte vervang
      mense; robotte doen mense se werk; mense word al luier/gemakliker; mense
      verloor hulle werk/waarde in die lewe; die negatiewe gevolge van tegnologie; die
      voordele wat dit wel vir mense mag inhou, bv. vir bejaardes wat nie self meer dinge
      kan doen nie, ens.
•     Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
      volgens sy/haar interpretasie.                                                               [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                        DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

2.1       INFORMELE BRIEF

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar maat om sy/haar opinie
          oor 'n brugjaar/gapjaar te gee.

          KENMERKE

          •   Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is informeel.
          •   Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om die kandidaat se opinie
              oor 'n brugjaar/gapjaar aan die maat te gee.
          •   Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
          •   Die brief behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
          •   Gepaste detail brei die idees uit.
          •   'n Gepaste groet.

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees.

          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
          • Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
             Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of
             nie.
          • Die datum word voluit geskryf: 29 November 2024.
          • Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.

          Die aanhef, doel, afsluiting en slot
          • Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
             geskryf.
          • Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
          • Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die
             naam oopgelaat nie.
          • Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se
             naam is opsioneel.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                9                        DBE/November 2024
                                            NSS – Nasienriglyne

          Die paragrawe
          •    'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
          •    Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
               die briefskrywer vir die maat wil vertel wat hy/sy van 'n brugjaar/gapjaar
               dink.
          •    Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
               vertel in detail wat hy/sy van 'n brugjaar/gapjaar dink.
          •    Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.

         Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.

          Voorbeelde van die briefskrywer se adres:

          Kerkstraat 1                    Posbus 88        Huis 342    Plot 588
          Uitbreiding/Voorstad            Pleknaam         Pleknaam    Pleknaam
          Pleknaam                        Kode             Kode        Kode
          Kode

           Rusthof                     Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
           Pleknaam                    Westdene
           Kode                        Kode

          Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
          van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
          en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
          Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017, bl. 173)

          Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
          aanvaar nie.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
          •   Die toon is vriendelik.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat die skryfstuk vereis.
          •   Grammatika:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          10                        DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

2.2       FORMELE BRIEF (VERSOEKBRIEF)

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n formele brief aan die hoof van Hoërskool Blinkklip
          waarin die kandidaat die hoof vra of daar matriekleerders is wat
          laerskoolleerders na skool by die naskoolsentrum kan help.

          KENMERKE

          •    Die formele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
               wees.
          •    Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.
          •    Die opskrif gee 'n aanduiding van die doel.
          •    Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir hulp by die
               naskoolsentrum te vra.
          •    Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
          •    Die brief behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •    Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
          •    'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
          •    Gepaste detail brei die idees uit:
                o Waar die sentrum geleë is
                o Die doel van die sentrum
                o Vereistes waaraan die matriekleerders moet voldoen, bv.
                  karaktereienskappe, sin vir verantwoordelikheid, ens.
                o Die verantwoordelikhede van die matriekleerders
                o Die tye wanneer die hulp benodig word
                o Volledige kontakbesonderhede

          FORMAAT

          Die formaat van die brief moet korrek wees.

          Leestekens
          • Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.

          Die adres en datum
          • Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
          • Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
          • Die datum word voluit geskryf: 29 November 2024.
          • Die adres van die ontvanger word links, teen die kantlyn in blokvorm
             geskryf.
          • 'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger
             oopgelaat.
          • 'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
             brief oopgelaat.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          11                           DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          Die aanhef, doel, afsluiting en slot
          • Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
          • Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
             geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.
          • Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.
          • Die brief word deur die persoon wat die brief skryf, onderteken. Die
             briefskrywer kan ook sy/haar noemnaam en van gee.
          • Die briefskrywer se voorletters en van kan onder die handtekening
             uitgeskryf word.

          Die paragrawe

          •   'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
          •   Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die
              briefskrywer hulp by 'n naskoolsentrum benodig.
          •   Die liggaam van die brief brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail
              verskaf om die versoek te ondersteun.
          •   Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die
              briefskrywer kan die hoop uitspreek om spoedig van die hoof te hoor.

        Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adresse geskryf kan word.

        Voorbeelde van hoe die adresse geskryf word:

         Kerkstraat 1                  Posbus 88             Huis 342      Plot 588
         Uitbreiding/Voorstad          Pleknaam              Pleknaam      Pleknaam
         Kode                          Kode                  Kode          Kode

         Rusthof                Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
         Pleknaam               Westdene
         Kode                   Kode

        Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van
        TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n
        soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia
        Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)

        Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
        aanvaar nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          12                         DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •    Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die skoolhoof word as ''u''
               aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.
          •    Die toon is hoopvol op 'n manier wat die skrywer se versoek ondersteun.
          •    Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
               register wat die skryfstuk vereis.
          •    Grammatika:
               o Sinne word korrek gebou.
               o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
               o Spelling is korrek.                                                              [30]

2.3       HULDEBLYK

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir die maat se ouma se gedenkdiens.

          KENMERKE

          •   Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is formeel en waarderend.
          •   Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan
              die ouma by wie die maat grootgeword het.
          •   Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die
              vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.
          •   Die mense wat die gedenkdiens bywoon, moet 'n geheelbeeld van die
              maat se ouma kry.
          •   Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •    Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
          •    'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
          •    Gepaste detail brei die idees uit:
                o Bekendstelling van die maat se ouma
                o Oorsig oor die ouma se lewe
                o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy die ouma geken het
                o Waardering vir die ouma se liefde en ondersteuning aan die maat en
                    sy/haar vriende
                o Die familie moet bemoedig word.
          •    Kultuurkontekste moet in ag geneem word. In hierdie geval kan dit
               aanvaar word as 'n kandidaat praat van 'n ouma/hulle ouma i.p.v.
               pertinent 'n vriend se ouma.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          13                            DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          •   Opskrif
              Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.

          •   Inleidende paragraaf
              Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet
              ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee
              die rede vir die samekoms.

          •   Paragraaf 2
              Die volgende besonderhede van die maat se ouma kan gegee word: naam
              en van en oorsig oor haar lewe.

          •   Paragraaf 3 en verder
              Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en
              staaltjies van die ouma se lewe bevat. Dit word in verskillende
              daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
              oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die slotparagraaf
              die ouma se familie.

          •   Slotparagraaf
              In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die ouma se liefde en
              ondersteuning oor die jare. Die spreker moet hier of in een van die ander
              paragrawe die ouma se familie bemoedig.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is informeel, vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend,
              bemoedigend en taktvol.
          •   Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat die huldeblyk vereis.
          •   Grammatika:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          14                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

2.4       DIALOOG

          FOKUS
          Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en een van sy/haar vriende
          oor die vriend/vriendin se verbreekte verhouding en hoe die kandidaat
          probeer help.

          KENMERKE
          •   Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
          •   Die aanslag is informeel.
          •   Die doel van die dialoog is om oor die verbreekte verhouding te gesels en
              hulp aan te bied.
          •   Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
          •   Die taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
          •   Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
          •   'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.
          •   Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
              o Hoekom die verhouding verbreek is
              o Hoe die vriend/vriendin daaroor voel
              o Die kandidaat se opinie oor die saak
              o Hoe die kandidaat probeer om te help
          •    Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word.

          FORMAAT
          •   Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan
              die linkerkantlyn.
          •   Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.
          •   Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.
          •   Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
          •   Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.
          •   Spreekbeurte is in blokvorm.
          •   Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.
          •   Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde
              geskryf, waar dit toepaslik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          15                     DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
          •   Die toon getuig van eerlikheid, simpatie en openhartigheid.
          •   Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
              register wat hierdie dialoog vereis.
          •   Grammatika:
               o Sinne word korrek gebou.
               o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
               o Spelling is korrek.
               o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
                    teks.
               o Vermy slordige taal, sleng en sms-taal.                                     [30]

ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.

                                                             TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          16                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

3.1       PLAKKAAT

          FOKUS

          Die kandidaat ontwerp 'n plakkaat om die dag waarop die skool se 100ste
          verjaarsdag gevier word, bekend te stel.

          KENMERKE

          •   Die plakkaat het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
              wees.
          •   Die aanslag is informatief, uitnodigend en oorredend.
          •   Die doel van hierdie plakkaat is om mense in te lig oor die verjaarsdag wat
              gaan plaasvind en hulle te oorreed om die dag by te woon.
          •   Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat graag die 100ste
              bestaansjaar van die skool wil vier.
          •   Die nodige inligting word in die plakkaat gegee.
          •   Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.
          •   Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
          •   Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
              o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en
                 lettergroottes.
              o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
                 interessante inhoud en uitleg.
              o Hierdie plakkaat moet 'n begeerte by die leser wek om die dag by te
                 woon.
              o As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die
                 dag bywoon. Die plakkaat moet hierdie aksie vergemaklik deur
                 volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.
          •   Die plakkaat behoort 80–100 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die plakkaat moet die fokus ondersteun.
          •   Die volgende inligting behoort in die plakkaat gegee te word:
              o Wie is die teikengroep?
              o Wat word gevier?
              o Wanneer is die verjaarsdagviering?
              o Wat gaan alles op die dag gebeur?
              o Hoekom is dit belangrik om die funksie by te woon?
              o Kontakbesonderhede

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          17                             DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          •   Die plakkaat moet die indruk van 'n advertensie skep.
          •   Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
          •   Verskillende lettergroottes word gebruik.
          •   Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
          •   Geen omslagtige paragrawe nie.
          •   Inligting kan puntsgewys gegee word.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is informatief, uitnodigend en oorredend en spreek die leser direk
              aan.
          •   Die taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
              van goeie woordeskat.
          •   Die grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinsbou is funksioneel.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling van woorde is korrek.
              o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.                 [20]

3.2   KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

          FOKUS

          Die kandidaat skryf 'n kort teksboodskap aan die maat waarin die kandidaat
          verduidelik waarom hy/sy die maat nie na skool ontmoet het om saam huis
          toe te stap nie.

          KENMERKE

          •   Die kort teksboodskap het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
              moet wees.
          •   Die aanslag is informeel.
          •   Die doel van die kort teksboodskap moet duidelik wees, nl. om te
              verduidelik waarom hy/sy nie die maat na skool ontmoet het nie.
          •   Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die kort teksboodskap moet die fokus ondersteun.
          •   Die inhoud is persoonlik van aard.
          •   'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Die kandidaat se
              verduideliking moet duidelik wees.
          •   Gevoelens en gedagtes word beskryf.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          18                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          • Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.
          • Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.
          • Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of
            onderaan in die regterkantste hoek geskryf.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is persoonlik.
          •   Die styl is informeel.
          •   Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
              en emosies met min woorde te beskryf.
          •   Beskrywende woorde word fyn gekies.
          •   Die persoon skryf in die teenwoordige/toekomende tyd.
          •   Grammatika:
              o Sinne word korrek gebou.
              o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
              o Spelling is korrek.
              o Vermy sms-taal en afkortings.                                                     [20]

3.3       INSTRUKSIES

          FOKUS

          Die kandidaat skryf die ma se instruksies oor wat die kandidaat Saterdag
          alles binne of buite die huis moet doen.

          KENMERKE

          •   Hierdie instruksies het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
              moet wees.
          •   Die aanslag is informeel en informatief.
          •   Die doel van hierdie instruksies is om opdragte te gee oor dinge wat binne
              of buite die huis gedoen moet word.
          •   Die instruksies se doel is om te sê wat gedoen moet word.
          •   Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
          •   In hierdie instruksies kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
              stelsinne afgewissel word.
          •   Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê.

          INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL

          •   Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.
          •   'n Reeks verskillende idees word gegee.
          •   Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3          19                         DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

          FORMAAT

          •   Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs
              as sinne geskryf word. LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is
              dat kandidate die instruksies puntsgewys, onder mekaar en in volsinne
              moet neerskryf.
          •   Die instruksies moet in volsinne aangebied word.

          TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER

          •   Die toon is verduidelikend/informatief.
          •   Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
          •   Instruksies word in die teenwoordige tyd geskryf.
          •   Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
              van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
              word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
              bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
          •   Grammatika en spelling geniet aandag:
              o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of ''Jy moet ...'' of
                  ''Onthou om ...''
              o Persoonlike voornaamwoorde word in plaas van eiename gebruik.
              o Lydende vorm mag gebruik word.
              o Spelling moet korrek wees.
              o Taalstrukture en -konvensies moet korrek wees.                                    [20]

          ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

          Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
          onderwerp van die kandidaat verwag word.

                                                                TOTAAL AFDELING C:                20
                                                                    GROOTTOTAAL:                  100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                         20                                                            DBE/November 2024
                                                                      NSS – Nasienriglyne

LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]

      Kriteria                              Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD EN                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                           -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                      uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 Respons en idees                     en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees               -Idees is intelligent,   relevant, baie           oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning                       volwasse en              interessant en lewer     -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                           Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                 stem leser tot           bewys van                en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                    nadenke                  volwassenheid            samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                      -Uitsonderlike           -Organisasie baie        insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                             organisasie en           goed en                  liggaam en
                                      samehang, insluitend     samehangend,             samevatting/slot
                                      inleiding, liggaam en    insluitend inleiding,
                                      samevatting/slot         liggaam en
                                                               samevatting/slot
                                               25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                      -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                      maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                      treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                      van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                           Lae vlak
                                      -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant en
                                      volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van     ontoepaslik
                                      -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                      samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                 fokus nie
                                      inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                      samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                        inleiding, liggaam en
                                                                                        samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                            21                                                             DBE/November 2024
                                                                         NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)

        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                  Gemiddeld               Elementêr                Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                  14–15                      11–12                      8–9                    5–6                       0–3
 REDIGERING                            -Toon, register, styl      -Toon, styl, register    -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl en
                                       en woordeskat hoogs        en woordeskat baie       en woordeskat gepas     en woordeskat minder     woordeskat nie gepas
 Toon, register, styl en               gepas vir doel,            gepas vir doel,          vir doel, gehoor en     gepas vir doel, gehoor   vir doel, gehoor en
 woordeskat is geskik vir              gehoor en konteks          gehoor en konteks        konteks                 en konteks               konteks nie

                            Hoë vlak
 doel/effek en konteks                 -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief   -Gepaste taalgebruik    -Taalgebruik baie        -Taal onverstaanbaar
 Woordkeuse                            van vertroue,              -Grammatika en           om betekenis oor te     basies                   -Woordeskat so beperk
 Taalgebruik en                        indrukwekkend              spelling grootliks       dra                     -Woordkeuse skaars       dat dit onmoontlik is om
 konvensies, punktuasie,               -Grammatika en             foutvry                  -Retoriese middele      toepaslik                sin te maak
 grammatika en spelling                spelling feitlik foutvry   -Baie goed gedoen        gebruik om betekenis    -Baie beperkte
                                       -Knap gedaan                                        te versterk             woordeskat
 15 PUNTE
                                                  13                        10                        7                      4
                                       -Toon, register, styl      -Toon gepas en           -Toon oor die           -Taalgebruik
                                       en woordeskat is           effektief                algemeen gepas en       onvoldoende
                                       effektief                  -Taalgebruik toepaslik   beperkte gebruik van    -Weinig indien enige

                            Lae vlak
                                       -Taalgebruik               en oor die algemeen      retoriese middele       sinsverskeidenheid
                                       uitstekend                 effektief                -Voldoende              -Woordeskat baie
                                       -Grammatika en             -Enkele foute in         taalgebruik, maar       beperk
                                       spelling feitlik foutvry   grammatika en            teenstrydighede word
                                       -Baie goed tot knap        spelling                 opgemerk
                                       gedaan                     -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                         5                         4                       3                        2                        0–1
                                       -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling    -Relevante detail       -Sommige detail          -Noodsaaklike detail
 Kenmerke van teks                     ontwikkeling van           van relevante detail     ontwikkel               relevant                 ontbreek
 Paragraafontwikkeling                 onderwerp                  -Samehangend             -Sinne en paragrawe     -Sommige sinne en        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                    -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe      goed gekonstrueer       paragrawe foutief        foutief gekonstrueer
                                       -Sinne en paragrawe        logies en toon           -Opstel maak nog sin    gekonstrueer             -Opstel maak nie meer
 5 PUNTE                               uitsonderlik               variasie                                         -Opstel maak nog         sin nie
                                       gekonstrueer                                                                effens sin

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                                   22                                                             DBE/November 2024
                                                                NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]

         Kriteria                    Uitsonderlik               Knap                  Gemiddeld                Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD,                                  15–18                 11–14                    8–10                     5–7                        0–4
 BEPLANNING EN                  -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen kennis
 FORMAAT                        uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      van kenmerke van die soort
                                verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     teks nie
 Respons en idees               -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik met
 Organisering van idees vir     volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          groot afwyking
 beplanning, doel, gehoor,      -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in idees
 kenmerke, konvensies           kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                en inhoud nie
 en konteks                     soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail ondersteun
                                -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        die onderwerp
 18 PUNTE                       fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      -Nodige reëls van formaat
                                -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              nie toegepas nie
                                en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die
                                -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp
                                uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                                wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                                ondersteun                                                              toegepas
                                -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                                formaat
 TAAL, STYL EN                            10–12                   8–9                     6–7                    4–5                         0–3
 REDIGERING                     -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl en
                                en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            woordeskat stem nie
 Toon, register, styl en        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        ooreen met doel, gehoor en
 woordeskat geskik vir doel     gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          konteks nie
 en konteks                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  -Besaai met foute en
 Taalgebruik en konvensies,     akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              verwarrend
 woordkeuse, punktuasie en      gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    -Woordeskat nie geskik vir
 spelling                       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    doel nie
                                                        woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      -Betekenis ernstig
 12 PUNTE                                               -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      belemmer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — Afrikaans FAL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
