# Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the November 2024 NSC, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           2                       DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

          AFDELING A:           Opstel                     (50)
          AFDELING B:           Lang transaksionele teks   (30)
          AFDELING C:           Kort transaksionele teks   (20)

2.        Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

3.        Skryf in die taal wat geassesseer word. Vermy sms-taal.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld 'n
          kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning VOORDAT jy
          die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Jy moet 'n streep
          deur alle beplanning trek.

7.        Beplan jou tyd só:

          AFDELING A:         80 minute
          AFDELING B:         40 minute
          AFDELING C:         30 minute

8.        Nommer die skryfstukke korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.       Die titel word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word
          NIE.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           3                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

     Skryf 'n opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe in
      VRAAG 1.1 tot 1.8.     Nov

     Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
      By VRAAG 1.6, 1.7 of 1.8 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die
      prent verband hou.

1.1       Ek het nie geluister nie en toe ...                                                    [50]

1.2       Ek sal daardie onderwyser altyd onthou!                                                [50]

1.3       Slaggate op my pad                                                                     [50]

1.4       Sukses is net groot huise en duur motors.                                              [50]

1.5       Influencers (Smaakmakers) is die nuwe rolmodelle                                       [50]

1.6

                                                             [Bron: springboks.rugby/news]       [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3        4                 DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

1.7

                                                               [Bron: eurythmia]       [50]

1.8

                                                              [Bron: Vectorstock]      [50]

                                                        TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         5                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jou maat dink daaraan om na matriek 'n brugjaar ('gap year') te neem.
          Hy/Sy vra wat jy van 'n brugjaar dink.

          Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan jou maat en gee jou opinie.                               [30]

2.2       FORMELE BRIEF

          Jy werk by 'n sentrum waar laerskoolkinders ná skool hulle skoolwerk kan
          doen. Jy skryf 'n brief aan die hoof van Hoërskool Blinkklip om te vra of daar
          matriekleerders is wat in die namiddag by die sentrum kan help.

          Skryf die FORMELE BRIEF.                                                               [30]

2.3       HULDEBLYK

          Jou beste maat het by sy/haar ouma grootgeword. Die ouma is onlangs
          oorlede. Jy het die ouma ook baie goed geken. Jou maat het vir jou gevra om
          'n huldeblyk by die ouma se gedenkdiens te lewer.

          Skryf hierdie HULDEBLYK.                                                               [30]

2.4       DIALOOG

          Jou beste maat se kêrel/meisie het haar/hom gelos. Jou maat is baie hartseer
          en praat met jou hieroor. Jy probeer om jou maat te help.

          Skryf die gesprek (DIALOOG) tussen jou en jou maat neer.                               [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3         6                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

     Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1       PLAKKAAT

          Jou skool is hierdie jaar 100 jaar oud en die skool beplan 'n lekker dag om die
          verjaardag te vier. Jy moet 'n plakkaat ontwerp om die mense oor hierdie dag
          in te lig.

          Ontwerp die PLAKKAAT.                                                              [20]

3.2       KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)

          Jou maat het die volgende teksboodskap vir jou gestuur:

          Thando! Ek het na skool vir jou gewag om huis toe te
          stap. Jy het nie gekom nie! Waar was jy???? Is alles
          oukei?                                                                16:00

          Stuur nou vir jou maat 'n boodskap terug om te verduidelik wat gebeur het.

          Skryf hierdie KORT TEKSBOODSKAP neer.                                              [20]

3.3       INSTRUKSIES

          Jou ma sê sy sal jou betaal as jy Saterdag werk binne of buite die huis doen.
          Sy gee vir jou duidelike instruksies oor wat jy alles moet doen.

          Skryf die INSTRUKSIES puntsgewys, onder mekaar en in volsinne neer.                [20]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL Trial 2021 P3 only](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-trial-2021-p3-only/63015d85-4051-4fc4-a389-e69c499c9afd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
