# Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-final/b8975cb4-c8eb-4f2d-8097-7d6325770b32
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-final/b8975cb4-c8eb-4f2d-8097-7d6325770b32)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2022

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:       Opstel                        (50)
      AFDELING B:       Langer transaksionele teks    (30)
      AFDELING C:       Kort transaksionele teks      (20)

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal wat jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ŉ
      kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
      VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ŉ streep
      deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.    Beplan jou tyd só:

      AFDELING A:      80 minute
      AFDELING B:      40 minute
      AFDELING C:      30 minute

8.    Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is.

9.    Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.   Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2022)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                3

 AFDELING A: OPSTEL

 VRAAG 1

 • Skryf ŉ opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
 • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou
   skryfstuk neer.

 1.1     Ek glo in tweede kanse.                                                        [50]

 1.2     My Tik Tok-droom!                                                              [50]

 1.3     Is dit die moeite werd om verder te studeer?                                   [50]

 1.4     Sondag is vir my die beste dag van die week.                                   [50]

 1.5     Ek is die mens agter die masker.                                               [50]

 1.6     Kies EEN van die volgende prente en skryf ŉ OPSTEL daaroor. Skryf die
         vraagnommer (bv. 1.6.1) en die titel van die opstel neer.

         LET WEL:     Daar moet ŉ duidelike verband wees tussen die opstel en die
                      prent wat jy gekies het.

         1.6.1

                                                               [Bron: Pinterest 2022]   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3         (EC/SEPTEMBER 2022)

         1.6.2

                                                        [Bron: Pinterest 2022]    [50]

         1.6.3

                                                   [Bron: Google Images 2022]     [50]

                                                   TOTAAL AFDELING A:               50
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2022)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                5

 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

 VRAAG 2

 •     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
 •     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

 2.1    FORMELE BRIEF

        Jou skool het ŉ 100 % slaagsyfer in die vorige jaar se matriekeksamen
        behaal en jy wil die skoolhoof en personeel gelukwens.

        Skryf ŉ formele brief aan die skoolhoof waarin jy hom en die personeel op
        hul prestasie gelukwens.                                                        [30]

 2.2    AGENDA EN NOTULE

        Die leerlingraad hou vergadering oor die dissiplinêre probleme in die skool
        en oor wat gedoen kan word om die probleme te oorkom.

        Gebruik die agenda hieronder en skryf die NOTULE van die vergadering.

        AGENDA VAN LEERLINGRAAD SE VERGADERING GEHOU OP
        30 SEPTEMBER 2022

        1. Opening
        2. Verwelkoming
        3. Presensie
        4. Sake om te bespreek
           4.1 Leerlinge op detensielys
           4.2 Strafmaatreëls
           4.3 Voorstelle om probleme te oorkom
        5. Ander sake
        6. Afsluiting                                                                   [30]

 2.3    RESENSIE
        Daar het ŉ nuwe eetplek in julle omgewing oopgemaak. Jy en jou
        vriend/in het die plek besoek.
        Skryf ŉ RESENSIE vir die eetplek.                                               [30]

 2.4    DIALOOG

        Een van jou skool se matrikulante het sewe onderskeidings behaal in die
        vorige jaar se matriekeksamen. Jy is in gesprek met die leerder en vra uit
        oor hoe hy/sy dit reggekry het.

        Skryf die gesprek tussen julle in DIALOOGVORM neer.                             [30]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3             (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

 VRAAG 3

 • Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
 • Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou
   skryfstuk neer.

 3.1   UITNODIGING

       Die matrikulante hou ŉ fondsinsameling om die families wat hul besittings
       in die vloed verloor het, te help. Hulle nooi die gemeenskap uit om items
       soos komberse, klere en kos te bring.

       Ontwerp ŉ UITNODIGING vir die fondsinsameling.                                   [20]

 3.2   DAGBOEKINSKRYWING

       Jy het vir ŉ sangkompetisie ingeskryf en het ŉ oudisie gekry. Jy vertel jou
       dagboek van jou ervaring.

       Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

       •   Die dag voor die oudisie
       •   Die dag na die oudisie                                                       [20]

 3.3   AANWYSINGS

       Jou metgesel vir die matriekafskeid kom vir die eerste keer na julle huis om
       jou vir die afskeid te kom haal. Hy/sy weet nie waar jy bly nie. Gee
       aanwysings vir hom/haar sodat hy/sy jou huis kan vind.

       Skryf die aanwysings puntsgewys neer.                                            [20]

                                                          TOTAAL AFDELING C:             20
                                                              GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2022/4d8fade4-887c-4a0e-9db9-c23f5e6dee66) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2020/bf136b62-bc43-43ce-acfb-1cf8daa9e249) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
