# Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A:          Opstel                       (50)
      AFDELING B:          Langer transaksionele teks   (30)
      AFDELING C:          Kort transaksionele teks     (20)

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal wat jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ŉ
      kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde. Doen die beplanning
      VOORDAT jy die finale produk vir elke afdeling skryf.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Trek ŉ streep
      deur jou beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

7.    Beplan jou tyd só:

      AFDELING A: 80 minute
      AFDELING B: 40 minute
      AFDELING C: 30 minute

8.    Nommer elke skryfstuk soos wat dit op die vraestel genommer is.

9.    Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

10.   Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                              3

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

•     Skryf ŉ opstel van 250–300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
•     Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. By
      vraagnommer 1.6–1.7 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die prent
      verband hou.

1.1      Is Suid-Afrika nog die land om in te bly?                                        [50]

1.2      Dis waarom ek vandag hier is ...                                                 [50]

1.3      Beurtkrag is nou deel van ons daaglikse bestaan.                                 [50]

1.4      Ek gaan skool mis.                                                               [50]

1.5      Waarheen na matriek?                                                             [50]

1.6

                                                                [Bron: Pinterest 2023]    [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3         (EC/SEPTEMBER 2023)

1.7

                                                    [Bron: Google Images 2023]   [50]

1.8

                                                   [Bron: Google Images 2023]    [50]

                                                  TOTAAL AFDELING A:              50
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                  5

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 2

•     Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
•     Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1      INFORMELE BRIEF

         Jy het gesien hoe jou beste vriend/vriendin by ŉ partytjie drink en erg dronk
         raak. Jy was geskok en voel jy moet jou vriend/vriendin inlig oor hoe jy oor
         sy/haar gedrag voel.

         Skryf ŉ vriendskaplike brief waarin jy jou teleurstelling en kommer uitspreek.     [30]

2.2      KOERANTARTIKEL

         Daar is ŉ toename in vandalisme en inbrake in jou gemeenskap en dit is ŉ
         groot probleem.

         Skryf ŉ KOERANTARTIKEL oor die toenemende probleem.                                [30]

2.3      E-POS

         Jy het kos by Checkers gekoop en van die 60 minute diens gebruik gemaak.
         Jy is ontevrede oor die diens en hoe lank dit geneem het om die kos af te
         lewer.

         Stuur ŉ E-POS aan Checkers oor die swak diens te kla.                              [30]

2.4      INFORMELE TOESPRAAK

         Dis jou ma en pa se 25ste huweliksherdenking. Jy moet namens die kinders
         ŉ toespraak by die partytjie lewer.

         Skryf die TOESPRAAK neer.                                                          [30]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3              (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

VRAAG 3

• Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk
  neer.

3.1   WHATSAPP BOODSKAP

      Jou onderwyser stuur jou die volgende boodskap:
      Goeiemôre Sikho. Waarom het jy nie die ekstra Afrikaansklasse bygewoon
      nie? Ek let op dat dit nou al die derde klas is wat jy mis.

      Skryf ŉ WhatsApp boodskap aan jou onderwyser om te verduidelik waarom
      jy nie die ekstra klasse bygewoon het nie.                                        [20]

3.2   DAGBOEKINSKRYWING

      Jy was in ŉ geveg/bakleiery by die skool en moet voor die dissiplinêre
      komitee verskyn. Skryf jou gevoelens in jou dagboek neer.

      Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

      •   Die dag voor die dissiplinêre verhoor
      •   Die dag na die dissiplinêre verhoor                                           [20]

3.3   INSTRUKSIES

      Jy het baie vriende en weet hoe belangrik goeie vriendskappe is.
      Skryf SEWE (7) instruksies oor hoe om ŉ goeie vriend te wees puntsgewys
      neer.                                                                             [20]

                                                         TOTAAL AFDELING C:              20
                                                             GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2023/2d9901cd-7eac-47a3-95a4-d19000ec9a60) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2020/bf136b62-bc43-43ce-acfb-1cf8daa9e249) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
