# Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-sep-2012/3bbc4d67-9f63-4ab2-8833-e1848c7e76e4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-sep-2012/3bbc4d67-9f63-4ab2-8833-e1848c7e76e4)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2012

         AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL V3

PUNTE:    100

TYD:      2½ uur

                             *AFRFA3*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

      AFDELING A:          Opstel                                (50)
      AFDELING B:          Langer Transaksionele Tekste          (30)
      AFDELING C:          Korter Tekste, Transaksionele,
                           Naslaan- en Informatief               (20)

2.    Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

3.    Skryf in die taal wat geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld
      ŉ kopkaart of ŉ vloeidiagram of sleutelwoorde, ens. Doen jou beplanning
      VOORDAT jy die finale produk vir elkeen van die afdelings skryf.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur die
      beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het.

7.    Skryf duidelik die woorde FINALE SKRYFSTUK boaan die skryfstuk wat
      geassesseer moet word.

8.    Nommer die skryfstukke soos wat dit op die vraestel verskyn.

9.    Voorsien elke skryfstuk van ŉ gepaste titel/opskrif.

10.   Tel jou woorde en skryf dit regs onderaan die skryfstuk in hakies. LET
      WEL: die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel
      word nie.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                              3

 AFDELING A: OPSTEL

 INSTRUKSIES

 1.    Kies EEN vraag om te doen.
 2.    Die lengte van jou skryfstuk (opstel) moet tussen 250 en 300 woorde wees.
 3.    Maak seker dat jou skryfstuk ŉ titel het.

 VRAAG 1

 Is jy ook al moeg om altyd te hoor dat jy harder moet werk óf harder moet oefen
 om die beste te kan wees in wat jy doen?

 ŉ Graad 12-leerder het die volgende aan Jip (27/6/2011) geskryf:

 “Jou lewe sal ŉ baie goor (sleg) plek wees as jou wêreld om wen draai, want daar
 is altyd iemand sterker, slimmer en mooier as jy.”

 Vertel jou ouers, onderwysers en vriende hoe jy oor al die druk voel wat hulle op
 jou plaas om te presteer.

 Titel: Wen is nie die alfa en omega nie!                                                [50]

 VRAAG 2

                                 STOKVEL is ŉ geldspaarplan wat jou ouers en
                                 grootouers al vir baie jare gebruik om geld te spaar
                                 vir ŉ vakansie of om skoolgeld te betaal. Jy is
                                 egter nie oortuig daarvan dat dit die beste manier is
                                 om met jou geld te werk nie. Skryf ŉ opstel waarin
                                 jy na die voordele en nadele van ŉ STOKVEL kyk.
                                 Jy moet tot ŉ definitiewe gevolgtrekking kom.

 Titel: STOKVEL                                                                          [50]

                                            OF

 VRAAG 3

 Skielik is daar ŉ nuwe formule, naamlik M3! en dit staan vir:

                         M3: MAAK MATRIEK MAKLIK

 Verduidelik, met voorbeelde, hoe jy dink matriek makliker en interessanter gemaak
 kan word.

 Titel: M3 – dis hoe!                                                                    [50]

                                            OF

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4

                Vertel die storie agter die woorde: “Ag, nie al
                weer nie!” Dis jou keuse of jy jou opstel met dié
                woorde wil begin, of eindig.

                Titel: Ag, nie al weer nie!

                                                                                    [50]

                                        OF

VRAAG 5

Jou skool het met ŉ Leer mekaar ken-dag begin. Dit is ŉ dag waar die
onderwysers en leerders rolle omruil. Die leerders word die onderwysers en die
onderwysers word die leerders. Die leerders mag kies met watter
onderwysers (-esse) hulle die dag wil ruil.

Beskryf aan ons jou dag as onderwyser(-es) in jou skool.

Titel: Die nuwe onderwyser(-es)                                                     [50]

                                        OF

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            5

VRAAG 6

Bestudeer die volgende visuele tekste noukeurig. Laat jou gedagtes gaan en kies
EEN om oor te skryf. Jou skryfstuk moet kreatief wees en ooreenstem met die
boodskap wat die prent uitbeeld.

Titel: Voorsien jou skryfstuk van ŉ gepaste titel.

                    6.1                                   6.2

         [BRON: Huisgenoot, 9 September 2011]            [BRON: Rapport, 15 Mei 2011]

                    6.3                                   6.4

            [BRON: Huisgenoot, 10 Maart 2011]            [BRON: Sake 24, 8 Mei 2011]    [50]

                                                        TOTAAL AFDELING A:               50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

INSTRUKSIES

1.   Kies EEN vraag om te doen.
2.   Die lengte van jou skryfstuk moet tussen 120 en 150 woorde wees EN moet
     aan die einde van jou skryfstuk tussen hakies aangedui word.
3.   Maak seker dat jy die instruksies by elke vraag goed deurlees en volg.

VRAAG 7: FORMELE TOESPRAAK

As bogenoemde name vir jou bekend lyk, is dit omdat dit van die skrywers en
digters is wie se stories of gedigte jy in die klas gelees het. Jou skool het ŉ
Afrikaanse-kultuurweek en een van die skrywers is genooi om die skool toe te
spreek.

Jy is gevra om namens die skool die skrywer of digter welkom te heet en aan die
skool voor te stel. Skryf jou toespraak neer.                                         [30]

                                        OF

VRAAG 8: TYDSKRIFARTIKEL

Daar is op die oomblik groot bekommernis oor die standaard van spelling onder
hoërskoolleerders. Jy het ondersoek gaan instel oor hoekom leerders so swak
spel. Jou bevindinge en aanbevelings gaan in ŉ tydskrif gepubliseer word.

Skryf jou artikel vir die tydskrif.                                                   [30]

                                        OF

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           7

 VRAAG 9: DIALOOG

 Dit is 10 jaar nadat jy gematrikuleer het en jy is deur jou skoolmaats gevra om ŉ
 reünie te reël. Jy moet kontak met jou skool maak om die reëlings daarvoor te
 tref.

 Skryf die telefoniese gesprek tussen jou en die skoolhoof neer.                     [30]

 VRAAG 10: FORMELE BRIEF

 Jou skool is baie betrokke by die plaaslike noodhulpdiens en het ŉ groot
 kompetisie gewen. Die noodhulpbrigade moet oorsee aan die wêreldbeker vir
 noodhulp gaan deelneem.

 Skryf die brief waarin die skoolhoof die ouers van die leerders gelukwens en die
 reëlings vir die oorsese reis gee.                                                  [30]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         30

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            (SEPTEMBER 2012)

AFDELING C: KORTER TEKSTE

INSTRUKSIES

1.   Kies EEN vraag om te doen.
2.   Die lengte van jou skryfstuk moet tussen 80 en 100 woorde wees EN moet
     aan die einde van jou skryfstuk tussen hakies aangedui word.
3.   Volg die instruksies by elke vraag noukeurig.

VRAAG 11: VORM

Maak gebruik van die inskrywingsvorm wat voorsien word. Maak dit los en heg
dit aan jou antwoordeboek.

Bestudeer die inskrywingsvorm vir Mnr. en Mej. Hoërskole. Die vorm is nie
voltooi nie. Jy moet nog die reëls vir die kompetisie in die spasie op die vorm
invul.                                                                                 [20]

                                        OF

VRAAG 12: NOTAS

Julle het eendag in die klas gestry oor watter soort pizza die lekkerste is. Jy en
twee van jou maats het toe besluit om drie verskillende soorte pizzas te koop en
te proe.

Soos julle geproe het, het julle notas gemaak. Skryf hierdie notas neer en
verduidelik dan waarom julle die spesifieke pizza as die wenner aangewys het.          [20]

                                        OF

VRAAG 13: KLEINADVERTENSIE

Een van jou skoolmaats is tragies in ŉ taxi-ongeluk dood. Jy is verantwoordelik
om dit in die koerant bekend te maak.

Skryf die doodsberiggie en plaas dit onder die sub-hofie, Sterfgevalle, in die
koerant.                                                                               [20]

                                        OF

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         9

VRAAG 14: VOORSTELLE

Jou skool maak gebruik van ŉ posbus waarin leerders voorstelle
kan plaas as hulle iets nuuts in die skool wil doen of oor iets in die
skool wil kla.

Noudat jy die skool verlaat, wil jy ook ŉ paar voorstelle maak.
Skryf hierdie voorstelle van jou neer sodat jy dit in die posbussie kan gooi.     [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:    20

                                                                   GROOTTOTAAL: 100

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3              (SEPTEMBER 2012)

         MNR. EN MEJ. HOËRSKOLE
                   OOS-KAAP 2012
                   3 NOVEMBER 2012

         MERK BLOKKIE:   JUNIORS                  SENIORS
                          GR. 8 – 9                GR. 11 – 12

     SKOOL:
     GRAAD:                           OUDERDOM:
     NAAM EN VAN:
     TELEFOONNOMMER:
     SKOOLAKTIWITEITE:

     SPORT:

     SLUITINGSDATUM: 17:00 op Maandag 22 Oktober 2012

     REËLS:

     OUER / VOOG HANDTEKENING:

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2012/190ede23-fea1-42f9-8a0c-bd0d60c85998) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2020/bf136b62-bc43-43ce-acfb-1cf8daa9e249) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2019/1175654c-a72b-4022-82c5-578a071301c9) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
