# Afrikaans FAL Grade 12 P3 KwaZulu Natal Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the KwaZulu Natal Mock Exam 2021, 4 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-trial-2021-p3-only/63015d85-4051-4fc4-a389-e69c499c9afd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: KwaZulu Natal Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 4

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 KwaZulu Natal Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-trial-2021-p3-only/63015d85-4051-4fc4-a389-e69c499c9afd)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · KwaZulu Natal Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 4 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
                                                Basic Education
                                  Department: Basic Education

                                 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

                GR.12 - SENIORSERTIFIKAAT- Proefeksamens (2021)

PUNTE: 100                                                                      TYD: 2 ½uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

Afdeling A             Opstel                               50
Afdeling B             Langer Transaksionele Teks           30
Afdeling C             Kort Transaksionele Teks             20

Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

Skryf in die taal wat geassesseer word.

Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE blasdsy.

Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees. Gebruik byvoorbeeld ‘n kopkaart of ‘n
vloeidiagraam of sleutelwoorde, ensovoorts. Doen die beplanning VOORDAT jy die finale produk vir
elke afdeling skryf.

Alle beplanning moet duidelik aangedui en ingelewer word. Dit word aanbeveel dat jy ‘n streep deur alle
beplanning trek.

Beplan jou tyd so:
Afdeling A             Opstel                               80 minute
Afdeling B             Langer Transaksionele Teks           40 minute
Afdeling C             Kort Transaksionele Teks             30 minute

Nommer elke skryfstuk soos dit op die vraestel genommer is.

Skryf die titel/opskrif boaan elke skryfstuk.

Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE.

Skryf netjies en leesbaar.

                                                      1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
AFDELING A: OPSTEL

Vraag 1        Skryf ‘n opstel van 250 – 300 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
               Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk.

1.1     ‘n Toekoms om na uit te sien.
1.2     Ons leef in interessante tye.
1.3     Sy/Haar laaste woorde aan my sal ek nooit vergeet nie.
1.4     Moet ons almal help om water te bespaar?
1.5     Gelukkig het ek my selfoon by my gehad.
1.6     Kies EEN van die volgende pente en skryf ‘n OPSTEL daaroor. Skryf die vraagnommer ( bv.
        1.6.1 en die titel van jou opstel neer.)

        LET WEL: Daar moet ‘n duidelike verband tussen die opstel en die prent wat jy gekies het, wees.

1.6.1

1.6.2

                                                    2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
1.6.3

                                                                                                Totaal [50]

AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

Vraag 2

Kies EEN onderwerp en skryf 120 – 150 woorde daaroor.
Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

2.1     BEDANKINGSBRIEF
        Skryf ‘n bedankingsbrief aan ‘n onderwyser(es) wat ‘n belangrike rol in jou lewe gespeel het.

2.2     RESENSIE
        ‘n Nuwe winkelsentrum het onlangs in julle buurt oopgemaak. Jy moet ‘n resensie oor die nuwe
        winkelsentrum vir julle skoolkoerant skryf.

        Skryf nou die resensie neer.

2.3     HULDEBLYK
        Een van jou geliefkoosde onderwyser/onderwyseres het besluit om aan die einde van hierdie
        maand na 40 jaar diens af te tree. Omdat jy die klasleier is, het jou maats voorgestel dat jy ‘n
        huldeblyk lewer.

        Skryf nou die huldeblyk neer.

2.4     DIALOOG
        Jou Afrikaans-onderwyser(es) is baie streng. Jy het nie jou voorbereide toespraak na skool kom
        doen nie. Skryf die gesprek wat tussen jou en die onderwyser(es) plaasgevind het in dialoogvorm
        neer.
                                                                                             Totaal [30]

                                                     3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
AFDELING C: KORTER TEKS:             NASLAAN-, INFORMATIEWE EN TRANSAKSIONELE TEKSTE

Vraag 3

Kies EEN vraag en skryf 80 – 100 woorde oor die onderwerp.
Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan jou skryfstuk neer.

3.1    DAGBOEKINSKRYWINGS
       Jy het by die een of ander maatskappye om ‘n studiebeurs aansoek gedoen. Hulle moet nou
       besluit of jy die beurs kan kry.

       Maak die volgende TWEE DAGBOEKINSKRYWINGS:

       Die dag vóórdat hulle besluit of jy die beurs kan kry.
       Die dag nadat hulle jou van die besluit laat weet het.

3.2    UITNODIGINGSKAARTJIES
       Julle matriekgroep besluit om die oumense om die oumense in julle omgewing na ‘n ontbyt by
       die skool uit te nooi. Die doel van die ontbyt is om die oumense te bederf

       Skryf ‘n uitnodiging om die oumense na hierdie ontbyt uit te nooi.

3.3    INSTRUKSIES
       Jy het vir ‘n kompetisie , genaamd Toptienwenke: hoe om jou matriekpunte te verbeter
       ingeskryf waarin jy groot pryse kan wen.

       Skryf nou die wenke ( 7 -10) in die vorm van instruksies neer

                                                                                         [20]

                                                    4

## Related documents

- [Afrikaans FAL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2021/7956e528-b384-4024-8906-740a6a98a70e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2021/bbc5364e-cfb6-46d8-b4dc-4b064b5d21da) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2021/0a323951-81e2-46a2-adbf-10a4dfc61957) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
