# Afrikaans Grade 3 ANA 2011 Question Paper

> Grade 3 Afrikaans question paper from the ANA 2011, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-geletterdheid-graad-3/55e77ce2-3754-4cfc-8050-74beb50821f6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans
- Grade: Grade 3
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 3](https://www.hlayiso.com/library/grade-3) › [Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-3/afrikaans) › [Afrikaans Grade 3 ANA 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-geletterdheid-graad-3/55e77ce2-3754-4cfc-8050-74beb50821f6)

## About this document

Afrikaans · Grade 3 · ANA · 2011 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                       2010 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS
                                          GRAAD 3 GELETTERDHEID: AFRIKAANS

VAN                                               GESLAG (MERK )       SEUN      DOGTER

NAAM                                              PROVINSIE

GEBOORTEDATUM

SKOOL SE NAAM

EMIS NR.                                          DISTRIK / STREEK

Instruksies aan leerders:
   1.   Lees al die instruksies deeglik.
   2.   Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien is.
   3.   Hierdie toets duur 45 minute.
   4.   Jou onderwyser/es gaan jou help om die voorbeeldoefeninge te beantwoord
        voordat die toets begin.
_________________________________________________________
Voorbeeldoefeninge

Voorbeeld 1

Omkring die letter met die regte antwoord.
   Koeie voorsien ons van ...

        a. kaas.
        b. botter.
        c. melk.
        d. roomys.

Jy het die vraag reg geantwoord as jy c omkring het.

Voorbeeld 2

Merk  die regte antwoord in die blokkies.

Die son kom op in die             suide         weste         noorde

Jy het die vraag reg geantwoord as jy die laaste blokkie gemerk
het.
                                           1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Voorbeeld 3

Die volgende sinne gee vir ons aanwysings oor hoe om ’n koppie
tee te maak.

Nommer die sinne van 1 tot 3 om die regte volgorde aan te dui.

                                                                 3
a)     Ek gooi kookwater in die koppie.

                                                                 1
b)     Ek skakel die ketel aan sodat die water kan kook.

                                                                 2
c)     Ek plaas ’n teesakkie in ‘nkoppie.

Jy het die vraag reg geantwoord as jy die blokkies soos bo reg
genommer het.

In hierdie toets sal jy nog meer van hierdie tipe vrae moet
beantwoord. Blaai na die volgende bladsy nadat jy al die vrae op
’n bladsy geantwoord het. Doen jou bes wanneer jy die vrae
antwoord. Skryf jou beste antwoord neer. Gaan na die volgende
vraag as jy onseker is oor ’n antwoord. Kyk slegs na jou eie werk.

            Die toets begin op die volgende bladsy.

                                 3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Lees die storie en beantwoord die vrae.

     Dit is vandag Linda se eerste dag by die skool. Sy is baie
     opgewonde, maar ook ‘nbietjie skrikkerig. Die skoolhoof
     verwelkom al die nuwe leerders in die skoolsaal. Linda se
     beste maatjie, Paula, is ook ‘nnuwe leerder. Na opening bly
     die nuwe leerders agter, terwyl al die ander na hul eie
     klaskamers toe gaan. Die onderwyseres neem die nuwe
     leerders na ‘nklaskamer en vra hulle om te sit.

     Linda en Paula sit langs mekaar. Sy voel op haar gemak,
     want hulle woon in dieselfde buurt. Daar is baie prente en
     kaarte teen die muur. Paula se hondjie, Snoepie, het haar
     skool toe gevolg. Sy probeer hard om die hondjie weg te
     steek. Linda is so bang dat die onderwyseres hulle almal huis
     toe sal stuur. Die seuns geniet dit egter weer om met Snoepie
     te speel. Hulle bly die hondjie roep en maak dit moeilik vir
     arme Paula om die hondjie weg te steek.

     Omdat dit die eerste skooldag is, besluit die onderwyseres om
     nie streng te wees nie. Sy vra Paula om die hondjie neer te sit,
     na vore te kom en almal in die klas van haar hondjie te
     vertel: waar sy Snoepie gekry het en hoe sy hom versorg. Sy
     hou baie van haar troeteldier en om oor hom te praat. Linda
     is nou gelukkig en nie meer bang nie, want haar
     onderwyseres is baie vriendelik met hulle.

1.   Wie is Linda se beste maat?
     ______________________________________

 2. Omkring die letter met die regte antwoord.
        Die storie vertel van …

       a. Linda en haar hondjie.
       b. Paula en haar ma.
       c. Linda se eerste dag by die skool.
       d. Paula en die katjie.

                                   4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

 3.    Skryf ‘nwoord uit die storie neer met dieselfde betekenis as:

 3.1    bang ___________________________ (paragraaf 1)

 3.2    tevrede __________________________ (paragraaf 3)

 4. Beantwoord die volgende vrae:
4.1    Omkring die letter met die regte antwoord.
       Kies ‘nwoord uit die storie wat jou meer van die
       onderwyseres vertel.

        a. deftig
        b. onverskillig
        c. gaaf
        d. pragtig

 4.2 Gee’nrede vir jou antwoord.

 5.     Merk die blokkie met die regte antwoord.
        Wie het probeer om die hondjie weg te steek?

                    Die seuns          Paula

                      Linda       Die onderwyseres

  6.   Skryf die volgende sin oor. Begin met die woord wat gegee
       word.

       Linda is gelukkig.

       Gister

                                   5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

 7.   Begin met die woord wat gegee word.

      Die hondjie het skool toe gehardloop.

      Vandag

 8.   Skryf die volgende sin oor. Begin met die woord wat gegee
      word.

      Die skoolhoof praat met die kinders.

      Môre

 9.   Skryf die volgende sinne met die regte leestekens oor.

9.1   in ons klaskamer is daar kaarte prente en boeke

      wanneer verjaar marie
9.2

10.   Skryf die meervoud van elke onderstreepte woord neer:

10.1 Die onderwyser kan almal huis toe stuur.________________

10.2 Paula geniet die leesklas.       ____________________

10.3 Die onderwyser hou van die kind. _____________________

                                  6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

11.   Die volgende paar sinne vertel ons wat Paula soggens voor
      skool doen.
      Nommer die sinne van 1 tot 4 om die volgorde van gebeure
      aan te dui.

 a)    Paula ontmoet haar maats oppad skool toe.

 b)    Paula word wakker en staan op.

 c)    Sy is gereed om skool toe te gaan.

 d)    Sy was haarself en trek klere aan.

 12. Skryf vyf (5) sinne neer oor wat jy tydens pouse by die
     skool doen. Gebruik die regte leestekens in jou sinne.

                                 7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

13.   Gebruik die onderstaande tabel om vrae 13.1 tot 13.3 te
      beantwoord.

                       Diensrooster vir Graad 3
          Naam             Maandag                Dinsdag
      Helga          Plante natmaak         Vee die vloer
      Linda          Vee die vloer          Bord skoonmaak
      Mimi           Bord skoonmaak         Stof die banke af
      Paula          Stof die banke af      Maak vensters toe
      Anton          Maak vensters toe      Plante natmaak

13.1 Wie moet Dinsdae die plante natmaak?

      _________________________________________________

13.2 Wie moet Maandae die banke afstof?

      _________________________________________________

13.3 Wat is Mimi se taak op ‘nMaandag?

       _________________________________________________

                                8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

 Gebruik hierdie prent en beantwoord vrae 14 en 15.

14. Voltooi die volgende sin. Jy mag nie meer as 3 woorde
    gebruik nie.

     Die prentjie handel oor ____________ ____________________.

15. Skryf twee verskille tussen die somer en die winter neer.
  ___________________________________________________________
  ___________________________________________________________
  ___________________________________________________________
  ___________________________________________________________
  ___________________________________________________________
  ___________________________________________________________

                      Einde van hierdie toets!
                              Dankie

                                9

## Related documents

- [Afrikaans Geletterdheid Graad 3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-geletterdheid-graad-3-memo/5d45468f-1467-4f65-a564-05a435fe4e32) — Afrikaans · Memo · 2011 · Afr
- [Grade 3 Afrikaans HL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-3-afrikaans-hl-2013-test/e2a70661-db5a-445d-9e1e-9bfcbe437fa1) — Afrikaans · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL Grade 3 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-grade-3-2012/3cdb4626-a214-412f-88e2-6d532084ea7d) — Afrikaans · QP · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 3 Afrikaans HL memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-3-afrikaans-hl-memo/f171434f-fcb3-4c7f-a6ca-1e1561ceb493) — Afrikaans · Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+3+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-3-afrikaans-hl-2013-memo/84afd76e-dca2-48d7-927b-533cf5a72ef5) — Afrikaans · Memo · 2013 · Afr
- [Grade 3 Afrikaans HL Memo Deaf](https://www.hlayiso.com/library/grade-3-afrikaans-hl-memo-deaf/f00bce5b-7a65-4377-bb7d-2c16f0a6dcdc) — Afrikaans · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 3 Afrikaans

- [AFR HL GR3 MEMO NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov-2017/22f8c140-851a-489c-a7a4-6798f315b4d6) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS FAL GR3 NOV2017 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gr3-nov2017-memo/25dbbf8a-08bf-43a4-9497-0ca5dd954bd0) — Memo · 2017 · Afr
- [GR3 AFR FAL NOV 2016 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr3-afr-fal-nov-2016-memo/cd371929-13ac-4fe9-ace1-b55ba4cc8d31) — Memo · 2016 · Afr
- [AFR HL GR3 MEMO NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov2016/f14f351a-68f8-4501-9fda-bd1052c37337) — Memo · 2016 · Afr
- [AFR HL GR3 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov2014/d82f2bbc-837a-4026-afb2-33c2b44ed49d) — Memo · 2014 · Afr
- [AFR FAL GR3 NOV2014 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-gr3-nov2014-memo/2f24803a-5838-4fe5-9eaa-3c6a5c593bbf) — Memo · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 3 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-3/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
