# Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2017 QP

> Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the North West June 2017, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-1/48b10ff1-e2c9-4c23-b0b0-6ea725db9dac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: North West June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-1/48b10ff1-e2c9-4c23-b0b0-6ea725db9dac)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 10 · North West June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                               Onderwys en Sportontwikkeling
                                               Lefapha la Thuto le Tlhabololo ya Metshameko
                                               Dept. Van Onderwys en Sportontwikkeling
                                               Dept. of Education and Sport Development
                                               NOORDWESPROVINSIE

             AFRIKAANS
       EERSTE ADDISIONELE TAAL

                      GRAAD 10

                JUNIE-EKSAMEN

                      Vraestel 1

            DATUM: 01 JUNIE 2017

Punte: 80                                        Tyd: 2 ure

             Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                   JUNIE 2017

                                      INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A: LEESBEGRIP                 (30 PUNTE)

         AFDELING B: OPSOMMING                  (10 PUNTE)

         AFDELING C: TAAL                       (40 PUNTE)

   2. Beantwoord AL die vrae.

   3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

   4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.

   5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

   6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.

   7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.

   8. Voorgestelde tye:

        AFDELING A: 50 minute

        AFDELING B: 30 minute

        AFDELING C: 40 minute

   9. Skryf netjies en leesbaar.

                                                 2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                            VRAESTEL 1                           JUNIE 2017

AFDELING A – LEESBEGRIP

VRAAG 1 - ARTIKEL

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                               Olifante diep in die moeilikheid

                 Sensusinligting oor bosreuse in Afrika ‘ontstellend’.

          Grootvoet, ou gryse. Moenie van ’n muggie ’n olifant maak nie. En jy het die geheue van ’n
          olifant. Die olifant is deel van ons stories, hy is deel van ons taal.

1         Die hartseer nuus is dat olifante in diep moeilikheid is. Die wêreld se
          olifantbevolking het die afgelope 10 jaar met 62% minder geword. Op die lys
          van bedreigde spesies word die Afrika-olifant as kwesbaar geklassifiseer.

Foto: REUTER

2         Daar loop vandag nie meer as 352 271 van die olifante in Afrika rond nie. Dit
          is sowat ’n derde van die meer as 1 miljoen olifante wat aan die begin van die
          20ste eeu in Afrika gewoon het.

3         Dít is die uitslag van die Great Elephant Census (GEC) wat bekend gemaak
          is. Dié sensus het olifante in 16 van die 18 Afrika-lande waar olifante
          voorgekom het, getel. Olifante in Suid-Soedan en die Sentraal-Afrikaanse
          Republiek is nie bygetel nie.
          .
4         Volgens GEC is byna ’n derde van Afrika se olifante tussen 2007 en 2014
          deur stropers uitgewis. Benewens stropery, is olifante ook onder druk weens
          voortdurende konflik met mense veral omdat hul blyplek in Afrika al hoe
          kleiner word. Grootskaalse mynbou in Afrika vernietig ook die diere se habitat.
          Die diere se voortbestaan word ook in ’n groot mate bedreig deur gewapende
          konflik op die vasteland.

5         Angola, Mosambiek en Tanzanië, die suidweste van Zambië, Kameroen en
          die noordooste van die Kongo het die meeste olifante verloor. ’n Verrassende
          bevinding was ’n nuwe bevolking olifante wat in Ethiopië gekry is.

                                                  3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                    VRAESTEL 1                      JUNIE 2017

6     In Suid-Afrika is omtrent 17 433 olifante, in Botswana 130 451, in
      Zimbabwe 82 304, en in Mosambiek 9 605. Conservation Action Trust
      (CAT) het berig die sensus is gefinansier deur die miljardêr-filantroop
      Paul Allen van Microsoft. Hy het ’n vloot van 81 klein vliegtuie tydens die
      sensus gebruik. Die sensus is gedoen in die droë wintertyd wanneer daar
      min blare aan bome is en die olifante makliker sigbaar was.

7     “Ware en ernstige bewaringsinisiatiewe oor grense heen moet nóú begin,”
      het Allen gesê. Mike Chase van Elephants Without Borders, wat uit
      Botswana werk, het gesê die uitslag van dié sensus sal mense hopelik uit
      hul “apatiese houding” skok. Altesaam 286 mense, onder wie 90
      wetenskaplikes en ses nie-regeringsorganisasies, het aan die opname
      deelgeneem.

8     Het jy geweet?

      - Die Afrika-olifant is die wêreld se grootste soogdier op land.
      - Olifante kan tot 70 jaar oud word.
      - ’n Volgroeide bul se tande kan tussen 50 en 60 kg weeg.
      - Die kenmerkende en sensitiewe slurp kan selfs water wat onder die grond
        versteek is, uitwys.
      - Olifante loop eintlik op hul tone.
      - ’n Olifantkoei is vir 22 maande swanger!

 9    Groot, sterk, beskermend en familievas. Kwaliteite wat ek bewonder en wens
      ek self het. Wat sal ons wêreld wees sonder ons olifante – die Dumbo’s, die
      sagte reuse? ’n Gebroke een, as jy my vra.

1.1   Skryf EEN woord uit die hoofopskrif neer wat aandui dat olifante in groot
      moeilikheid is.                                                       (1)

1.2   “Grootvoet, ou gryse…”

      Waarom word hierdie woorde gebruik om die olifant te beskryf?         (1)

                                         4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      VRAESTEL 1                   JUNIE 2017

1.3    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.3 en die
       antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.3 E

       “Moenie van ŉ muggie ŉ olifant maak nie.”

       Die uitdrukking hierbo beteken:

       A      muggies is baie kleiner as olifante.

       B      dat ŉ klein probleem nie groter gemaak moet word nie.

       C      alle probleme is so klein soos muggies.

       D      dat iemand baie probleme het.                                   (1)

1.4    Die volgende stelling is ŉ FEIT.

       Die hartseer nuus is dat olifante diep in die moeilikheid is.

       Haal ŉ SIN aan uit paragraaf 1 as bewys daarvan.                       (1)

1.5    Skryf in woorde wat die volgende simbool beteken: %                    (1)

1.6    Noem TWEE lande in Afrika waar die olifante nie tydens die sensus
       getel is nie.                                                          (2)

1.7    Olifantgetalle in Afrika word al hoe kleiner.

       Gee TWEE redes daarvoor uit paragraaf 4.                               (2)

1.8    Skryf EEN woord uit paragraaf 5 neer as bewys dat die wetenskaplikes
       iets in Ethiopië gevind het wat hulle nie verwag het nie.              (1)

1.9    In watter land is die meeste olifante getel?                           (1)

1.10   Kies die korrekte antwoord tussen die hakies.

       Paul Allen word beskryf as ŉ miljardêr-filantroop.

       Dit beteken dat hy gehelp het met die sensus omdat hy (baie geld het
       en verveeld is/baie geld het en ŉ goeie saak ondersteun).              (1)

1.11   Waarom is die sensus gedurende die droë winter gedoen? (paragraaf 6)   (1)

1.12   Watter versamelnaam word in paragraaf 6 gebruik?                       (1)

1.13   Noem die naam van die kontinent waar hierdie sensus gedoen is.         (1)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      VRAESTEL 1                        JUNIE 2017

1.14   Die volgende stelling is ONWAAR.

       Almal wat aan die sensus deelgeneem het, was wetenskaplikes.

       Skryf ŉ rede uit paragraaf 7 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is.      (1)

1.15   Wat gebruik olifante om water te vind?                                      (1)

1.16   Hoe lank vat dit voor ŉ olifantjie gebore word?                             (1)

1.17   Dink jy die skrywer van die artikel hou van olifante. Motiveer jou
       antwoord.                                                                   (1)

1.18   Waarom dink jy, word olifante deur stropers doodgemaak?                     (1)

1.19   Verduidelik in jou EIE woorde wat die volgende uitdrukking beteken:

       Hy het ‘n geheue soos ŉ olifant.                                            (1)

1.20   Dink jy die opskrif van die artikel pas by die inhoud van die artikel?
       Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                (1)

1.21   Voltooi die volgende sin in jou eie woorde.

       Dit is belangrik dat mense help om olifante te beskerm, omdat …             (1)

1.22   Waarom sê die skrywer dat die olifante familievas is?                       (1)

                                                                                   [24]

                                           6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                              JUNIE 2017

TEKS B: PRENT

Bestudeer die prent en die teks en beantwoord die vrae wat volg.

Dumbo is ‘n bekende Disney sprokieskarakter uit ‘n rolprent wat in 1941 gemaak is.
Hy is ‘n olifantjie sonder ‘n ma en almal spot hom omdat hy anders as die ander
olifante is. Net soos Elmer, die gelapte olifantjie, word Dumbo se karaktertjie gebruik
om die boodskap aan kinders oor te dra dat dit nie saak maak dat jy “anders” is nie.

            Hy is gebore met
            abnormaal groot
                   ore.

                                                      Almal lag vir hom tot
                                                     hulle uitvind sy ore help
                                                         hom om te vlieg.

1.23   Kies die korrekte antwoord. Skryf net vraagnommer (1.23) en die antwoord
       (A-D) neer, byvoorbeeld 1.23 E.

       ŉ Sprokieskarakter is:

       A      ŉ karakter in ware verhaal.
       B      ŉ menslike karakter.
       C      ŉ karakter met menslike eienskappe.
       D      ŉ verbeeldingskarakter wat onmoontlike dinge kan doen.                    (1)

                                          7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                      JUNIE 2017

1.24   Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
       1.24 en die antwoord neer.

       Die feit dat Dumbo groot ore het en daaroor gespot word is ŉ voorbeeld van
       (stereotipering/diskriminasie).                                          (1)

1.25   Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul.

       Die ander diere wou eers niks van Dumbo weet nie totdat hulle uitgevind
       het dat hy kan …                                                        (1)

1.26   Wat was die naam van die gelapte sprokiesolifantjie wat ook anders
       behandel is?                                                              (1)

1.27 Hoe dink jy het Dumbo gevoel toe almal hom so sleg behandel het?
     Skryf EEN woord neer.                                                       (1)

1.28   Dink jy dit is ŉ goeie idee om ŉ sprokieskarakter te gebruik om vir
       kinders lewenslesse te leer. Motiveer jou antwoord.                       (1)

                                                                            [6]
                                                         TOTAAL AFDELING A: 30

                                          8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                        VRAESTEL 1                        JUNIE 2017

VRAAG 2

AFDELING B - OPSOMMING

In die artikel word die waarde van goeie vriende bespreek. Lees die artikel aandagtig deur.
Voer dan die instruksies hieronder uit.

INSTRUKSIES
   1. Som die EIENSKAPPE VAN VRIENDSKAPPE in SEWE sinne op.
   2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
   3. Nommer die sinne van 1 tot 7
   4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
   5. Dui die regte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Tjommas, pêlle of maatjies - noem hulle wat jy wil, maar sonder hulle kan die
meeste van ons nie klaarkom nie …

  Een tiener slaap met haar selfoon onder haar kussing sodat sy nie belangrike SMS’e
  mis nie. ŉ Ander een kry meer as 100 boodskappe terwyl sy in die bed is. Volgens
  tieners is dit belangrik om beskikbaar te wees as jou vriende jou nodig het.

  Van die dinge wat vriendskappe laat werk, is eerlikheid. As jou hare lyk asof ŉ voël
  daarin nes gemaak het, sal ŉ goeie vriend dit vir jou op ŉ mooi manier sê. ŉ Kennis sal
  nie so eerlik wees nie.

  ŉ Vriend is iemand wat die lafste ding op die vreemdste tyd sal sê, net om te keer dat jy
  nie huil nie. Vriende sal mekaar deur dik en dun ondersteun.

  Dikwels is vriende omtrent die hele dag saam. Hulle studeer saam, oefen saam en
  kuier saam. Vriendskappe word versterk deur dinge saam te doen.

  Tieners praat eerder met hulle maats oor emosies, en probleme as met hulle
  gesinslede. Deur te praat word negatiewe emosies verwerk.

  In ons moderne samelewing is veiligheid ŉ absolute prioriteit. Jy moet veilig wees in die
  huis. Op straat en tussen mense. Maats met dieselfde waardes as jy, verskaf ŉ gevoel
  van veiligheid en sekuriteit.

  ŉ Verskeidenheid vriende help om ŉ goeie vriendekring te bou. Deesdae is jy in ŉ
  kliek. Saam met jou in die kliek is jou BFF.

                                                                                       [10]

                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                         JUNIE 2017

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

●     Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
●     Opsetlike taalfoute kom voor.

Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                     JUNIE 2017

3.1    Gee die ENKELFOUT van vliegkaartjies.                                        (1)

3.2    Skryf die volgende sin oor in die TEENWOORDIGE TYD

       Dit was altyd moeilik om met SAA te vlieg.                                   (1)

3.3    Kies die KORREKTE ANTWOORD tussen hakies.

       “Gee jou trollies vleuels” is ŉ voorbeeld van (denotasie/konnotasie)         (1)

3.4    Gebruik die HOMONIEM van geld in ŉ volsin sodat dit ŉ ander betekenis het.

       Bepalings en Voorwaardes Geld.                                               (1)

3.5    Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF (te/om te)

       Jy sal in die wolke wees.
       Begin so: Jy behoort … .                                                     (1)

3.6    Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (3.6) en die antwoord
        (A - D) neer.

       Jy sal in die wolke wees beteken dat …

       A   jy hoog sal vlieg.

       B   jou vlerke sal geknip word.

       C   jy baie gelukkig sal wees.

       D   jy baie sal baklei.                                                      (1)

3.7    Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die vetgedrukte woord.

       Dit was nog nooit maklik om met SAA te vlieg nie.                            (1)

3.8    Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD

       Jy kan jou SAA-vliegkaartjies op die internet bespreek.                      (1)

3.9    Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       Daar is nog baie mense wat nie (weet/ken) hoe om kaartjies op die internet
       te bespreek nie.                                                         (1)

3.10   Hoe vestig die adverteerder ons aandag op die trollie?                       (1)

                                                                              Totaal: 10

                                         11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                       VRAESTEL 1                         JUNIE 2017

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

●      Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.
●      Voer die instruksies by elke vraag uit.

Die Aphrodite van Melos, of die Venus de Milo, is ŉ antieke Griekse beeld. Dit beeld
skoonheid en liefde uit. Die beeld se arms is nie volledig nie.

4.1    Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (4.1) en die antwoord
        (A - D) neer.

       In raampie 2 sien ons dat tant Minnie baie ____________ is.

       A    opgewonde

       B    hartseer

       C    bekommerd

       D    ligsinnig                                                                  (1)

4.2    Gee die VERGROTENDE TRAP van groot.

       Tant Minnie is (groot) as oom Willie.                                           (1)

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      VRAESTEL 1                     JUNIE 2017

4.3    Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       Willie is (beholpe/onbeholpe).                                               (1)

4.4    Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.

       Willie groet vandag vir tant Minnie.                                         (1)

4.5    Verander die volgende sin in ŉ VRAAGSIN.

       Jy het die arms gebreek.
       Begin so: Wie …                                                              (1)

4.6    Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

       Jy kan huis toe gaan. Jy het die glasstukke opgetel. (nadat)                 (1)

4.7    Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.

       Ek het die beeld omgestamp.                                                  (1)

4.8    Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE vorm.

       Tant Minnie het die beeld se arms afgebreek.                                 (1)

4.9    Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

       Willie het die beeld van die (spieël + tafel) afgestamp.                     (1)

4.10   Oom Willie weet nie dat die beeld se arms nie volledig is nie. Motiveer      (1)

                                                                            Totaal: 10

VRAAG 5: TEKS EN PRENT

5.1 TEKS F
                          Hoekom spin katte?

Spin is ŉ natuurlike instink wat katte het. Pasgebore katjies spin nog voor hulle
(5.1.2) oë oop is. Dit klink byna soos ŉ sagdreunende (5.1.1) motor. (5.1.8) Maar
hoekom spin katte?

Die (5.1.4) sag geluid in hul kele lei tot die afskeiding van natuurlike chemiese
stowwe wat endorfiene genoem word. Die stof help die kat ontspan. Die sagte geluid
kan gespanne of (5.1.5) siek katte help om hulself te kalmeer en gesond te laat
word.

Gelukkige katte spin, want hulle is tevrede met hul omgewing en (5.1.6) baie lief vir
jou...

                                           13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     VRAESTEL 1                    JUNIE 2017

5.1.1 Gee die VERKLEININGSVORM van motor.                                     (1)

5.1.2 Gee die ENKELFOUT van oë.                                               (1)

5.1.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

      Party katte (lei / ly) aan ongeneeslike siektes.                        (1)

5.1.4 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.

      Die (sag) geluid in hul kele …                                          (1)

5.1.5 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van siek.                            (1)

5.1.6 Voltooi die sin deur die regte VOORNAAMWOORD in te vul.

      Die mannetjieskat rek _____ uit voordat hy stadig verder stap.          (1)

5.1.7 Kies die korrekte antwoord. Die LEESTEKEN aan die einde van die sin is ŉ
      (vraagteken/uitroepteken)

      Maar hoekom spin katte?                                                 (1)

5.1.8 Gee die INTENSIEWE vorm van die woord tussen hakies.

      ŉ Pasgebore katjie is (blind).                                          (1)

5.1.9 Voltooi die VERGELYKING.

      Hy het ŉ emmer water op hom uitgegooi, nou is hy so nat soos ŉ ________.
                                                                            (1)

5.1.10 Kies die korrekte BETEKENIS van die IDIOOM.

      As die kat weg is, is die muis baas beteken …

      A   die muis is nie bang vir die kat nie.

      B   die muis is baas van die huis as die kat nie daar is nie.

      C    kinders luister nie na hul ouers nie.

      D    as die ouers weg is, maak die kinders soos hul wil.                (1)

5.1.11 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE, bv. Katoliek = Ka-to-liek.

      Die katte slaap in die kattebak van die motor.                          (1)

                                          14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                         VRAESTEL 1                            JUNIE 2017

5.1.12 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

        Die seun sê: “My kat spin tevrede.”                                                 (1)

5.1.13 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

        Die veearts het die kat op sy boud ingespuit.                                       (1)

5.1.14 Dink jy ŉ kat behoort in die huis te slaap? Motiveer jou antwoord.                   (1)

TEKS G
   Die vrae wat volg is op die prent gebaseer.

Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1 – 5.2.6) te voltooi.

ouers      verbaas       skaatsplank     onderstebo       heup     gelukkig        voor

    ski-bord         agterstevoor      grootouers           kop               agter

5.2.1   Frankie se pa kyk na sy rapport. Sy uitdrukking op sy gesig wys dat hy baie
        _________ is.                                                             (1)

5.2.2   Die pa staan ___________ die stoel.                                           (1)

5.2.3   Die ________________ staan teen die stoel.                                    (1)

5.2.4   Die seun hou die boek _________________ vas.                                  (1)

5.2.5   Een woord vir Pa en Ma, is _______________ .                                  (1)

5.2.6   Die ma staan met haar hand op haar __________ .                                     (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                      GROOTTOTAAL: 80

                                              15

## Related documents

- [Afrikaans GR 10 FAL Vraestel 1](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1/306a7f97-1fbe-481d-b2f8-2344a1129d88) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans-GR-10-FAL-Vraestel-1 -2](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-2/adfd751a-9591-4620-99dc-a88df1b95804) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans GR 10 MEMO FAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-memo-fal/2c182942-2872-4e38-a34c-982b4fb74487) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans GR 10 FAL MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-memo/16838aa2-84e2-485a-8989-71a0793bddf6) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans-GR-10-FAL-MEMO -1](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-memo-1/2db7655a-c65d-41eb-9514-d252bebfb71b) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/327a9f12-8e5c-4a27-b1c2-4ad2a3089637) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr

## More from Grade 10 Afrikaans FAL

- [Gr10-AFR-EAT-OG-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-afr-eat-og-sg-lr/e42cb3be-2665-4c5f-85d6-1b0171570a06) — Guide · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5ae67020-2853-44e1-b91d-2452ffcd4511) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/9dfa5fbb-a88f-4ea4-9c5c-343302147ead) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/254e73a2-54e3-4b84-901d-5dc08c2ff628) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/137cbc45-9e32-452b-a2ef-b7f217034784) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-3-afrikaans/28f922b3-96f2-4248-9987-79656a900c44) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
