# Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2018 QP

> Grade 10 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the North West June 2018, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-2/adfd751a-9591-4620-99dc-a88df1b95804
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: North West June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 10 P1 North West June 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-2/adfd751a-9591-4620-99dc-a88df1b95804)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 10 · North West June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      GRAAD 10

        GEMEENSKAPLIKE TAAK

             AFRIKAANS
       EERSTE ADDISIONELE TAAL

                          Taak 7

                      Vraestel 1

             DATUM: JUNIE 2018

Punte: 80                                         Tyd: 2 ure
            Demo

                   NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

AFRIKAANS EAT GR. 10                              TAAK 7                                       2018

                                      INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A: LEESBEGRIP                     (30 PUNTE)

         AFDELING B: OPSOMMING                      (10 PUNTE)

         AFDELING C: TAAL                           (40 PUNTE)

   2. Beantwoord AL die vrae.

   3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy.

   4. Trek ’n lyn na elke Afdeling.

   5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

   6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.

   7. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksies.

   8. Voorgestelde tye:

        AFDELING A: 50 minute

        AFDELING B: 30 minute

        AFDELING C: 40 minute

   9. Skryf netjies en leesbaar.

                               Demo

                                        NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                  2018

AFDELING A – LEESBEGRIP

VRAAG 1 - ARTIKEL

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

                               Wilde diere van Afrika
1   In ons land kry ons baie soorte wilde diere. Wilde diere se habitat gaan verlore
    weens menslike indringing en as gevolg van wilddiewery. Die boslande en
    grasvelde is die gebiede waar talle olifante, renosters, buffels en kameelperde
    aangetref word. Karnivore sluit die leeu, luiperd, jakkals en die meerkat in.

2   Die olifant is die grootste lewende soogdier op land.
    Een van die olifant se merkwaardigste eienaardighede
    is sy beenlose, gespierde slurp, wat ‘n verlenging van
    sy bolip en neus is. Die olifant gebruik die slurp soos
    ‘n hand om grasse, blare, vrugte en selfs water na sy
    mond te bring. Die kenmerkende en sensitiewe slurp
    kan selfs water wat onder die grond is, uitwys. Die ivoortande
    is eintlik enorme snytande wat reg deur die dier se lewe aanhou groei. Ons sê
    ook soms dat ‘n mens ‘n geheue soos ‘n olifant het.

3   Die renosterfamilie bestaan uit vyf spesies. Die swartrenoster van Afrika wat in
    savannes en berghange voorkom, het twee neushorings en ‘n lang, gepunte
    bolip. Van die witrenoster van Afrika lewe daar nog net ‘n paar duisend. Die wyfie
    kry een kalfie na ‘n dragtyd van vyftien tot agtien maande.

4   Die arme buffel is blykbaar ‘n dier met ‘n reputasie! ‘n Onbeskofte mens word ‘n
    buffel genoem. Maar eintlik is die buffel ‘n nefie van die doodgewone melkbees.
    Die buffel is sterker en meer formidabel. Die Kaapse buffel is bekend vir sy
    horings wat ‘n helm oor sy voorkop vorm.

5   Die leeu, die “koning van die diere”, word ook in die Krugerwildtuin aangetref. Die
    leeus word ook minder as gevolg van menslike indringing. Omdat leeus van oop
    gebiede hou, word hulle maklik deur jagters en veewagters doodgeskiet. Leeus
    se prooi wissel van insekte tot kameelperde. Dis hoofsaaklik die wyfies wat jag,
    en wel saans, as ‘n trop. Eers nadat ‘n prooidier platgetrek is, maak die
    mannetjie sy verskyning om vir die maal aan te sit. Leeus teel elke 18 tot 26
    maande in die vrye natuur aan, maar een maal per jaar in gevangeneskap.

6   Die kameelperd of giraf word in droë streke met verspreide bome aangetref. Hy
    is die langeraad van die diere. Die mannetjie kan byna 5,5 meter lank word, om
    verder met sy 40 cm lange tong die blare hoog in die takke van die akasiabome
    by te kom. Soos die meeste soogdiere het die kameelperd net sewe nekwerwels,
    wat egter grootliks “gerek” is om sy lang en gespierde nek te steun. Soos ‘n
    mens se vingerafdrukke het elke kameelperd ‘n eiesoortige kolle-patroon. Elke
    koei kry een kalfie, wat tot twee meter hoog word. Die kalfie kan twintig minute
    na sy geboorte reeds staan.

                        Demo

                                NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                         TAAK 7                                     2018

7     Party wilde diere word net gesien in wildbewaringsgebiede. Die wilde diere wat
      daar nog is moet teen uitwissing beskerm word. Anders sal ons net in die
      museums na die diere kan kyk.
                                                 [Verwerk uit Huisgenoot 28 Junie 2001]

1.1      Skryf EEN woord uit die hoofopskrif neer wat aandui dat die diere nie
         mak is nie.                                                                    (1)

1.2      Noem TWEE redes waarom die wild se habitat verlore gaan.                       (2)

1.3      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.3 en die
         antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.3 D

         Karnivore is diere wat … vreet.

         A      blare

         B      vleis

         C      saad

         D      vrugte                                                                  (1)

1.4      Watter dier is die grootste soogdier?                                          (1)

1.5      Wat gebruik die olifant om water te vind?                                      (1)

1.6      Voltooi die sin deur ‘n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die
         vraagnommer (1.6) en die ontbrekende woord neer.

                    groot                    kort                 dik

        Die woord “enorme” word gebruik om die olifant se snytande te beskryf.
        Enorme beteken …                                                                (1)

1.7      Verduidelik in jou EIE woorde wat die volgende uitdrukking beteken:

         Hy het ‘n geheue soos ‘n olifant.                                              (1)

1.8      Hoeveel renosterspesies bestaan daar?                                          (1)

1.9      Noem TWEE gebiede waar die swartrenoster voorkom.                              (2)

1.10     Watter renoster is die skaarste?                                               (1)

                            Demo

                                   NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******         4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                 2018

1.11   Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer 1.11 en die
       antwoord (A-D) neer, byvoorbeeld 1.11 D

       ‘n Mens word soms ‘n buffel genoem. Die uitdrukking: Hy is ‘n regte
       buffel beteken: Hy is …

       A     gelukkig.

       B     nors.

       C     vervelig.

       D     dierbaar.                                                           (1)

1.12   Kies die KORREKTE antwoord.

       Die (buffel/bees) is die sterkste van die twee diere.                     (1)

1.13   Watter dier word die koning van die diere genoem?                         (1)

1.14   Die volgende stelling is ONWAAR.

       Die leeumannetjie jag die prooi.

       Skryf ‘n rede uit paragraaf 5 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is.   (1)

1.15   Waarom word leeus maklik in oop gebiede gejag?                            (1)

1.16   Die volgende stelling is ONWAAR.

       Die leeus kan net in die vrye natuur aanteel.

       Skryf ‘n rede uit paragraaf 5 neer as bewys dat die stelling ONWAAR is.   (1)

1.17   Waarom dink jy maak mense die leeus dood?                                 (1)

1.18   Hoe lank word die kameelperd se tong?                                     (1)

1.19   Waarom word kameelperde aangetref in gebiede waar bome groei?             (1)

1.20   Wat beteken dit as ons sê die kameelperd is die “langeraad” van
       alle diere?                                                               (1)

1.21 Hoe lank nadat ‘n kameelperdkalfie gebore is, kan hy staan?                 (1)

1.22 Dink jy dit sal goed wees as ons net na diere in die museums kan kyk?
     Motiveer jou antwoord                                                       (1)

                                                                                 [24]

                         Demo

                                NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                       TAAK 7                                        2018

TEKS B: PRENT

Bestudeer die prent en die teks en beantwoord die vrae wat volg.

   Naam:              Foto:         Gewig:       Spoed:         Ouderdom:   Voeding:

                                                  Km/h

   Olifant                         6 000 kg      40 km/h         70 jaar    Blare, gras

       Leeu                         238 kg       56 km/h         25 jaar        Vleis

  Renoster                         1 000 kg      55 km/h         50 jaar        Blare

 Kameelperd                         828 kg       56 km/h         25 jaar        Blare

   Seekoei                         1490 kg       45 km/h         50 jaar        Gras

                                         [Verwerk uit Google & PicknPay SA Super animals]

1.23      Watter dier vreet ander diere?                                           (1)

1.24      Wat word gebruik om die foto’s van die diere te neem?                    (1)

1.25      Watter dier weeg swaarder as die seekoei?                                (1)

1.26      Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

          Die           - simbool stel die (hartklop/gewig) van die diere voor.    (1)

1.27      Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.27)
          en die letter (A - D) neer, byvoorbeeld 1.27D.
          Die doel van die visuele teks is om vir ons te wys dat verskillende
          wilde diere …

          A   verskillende eienskappe het.
          B   almal dieselfde kenmerke het.
          C   sekere dinge baie goed kan doen.
          D   almal swart en wit velle het.                                        (1)
1.28      Waarom noem ons hierdie teks ‘n visuele teks? Gee EEN rede.              (1)
                                                   TOTAAL AFDELING A:              30

                          Demo

                                 NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******       6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                     TAAK 7                                       2018

VRAAG 2

AFDELING B - OPSOMMING

In die artikel word die reëls van die Bos bespreek. Lees die artikel aandagtig deur.
Voer dan die instruksies hieronder uit.

INSTRUKSIES
   1. Som die REëLS IN DIE BOS in SEWE sinne op.
   2. Skryf die feite PUNTSGEWYS neer.
   3. Nommer die sinne van 1 tot 7
   4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
   5. Dui die regte getal woorde aan die einde van die opsomming aan .

Hoe gedra ek my in die bos? Reëls wat jy in die bos moet volg.

Jou gids ken die natuur. Loop altyd agter jou gids. Hy weet wat die gevare is. Hy
kan aan die diere se spore sien of hulle onlangs op ‘n plek was.

Moet nooit hardloop nie, al wil jy hoe graag. Partykeer is jy bang vir wilde diere. Dit
voel of jy moet wegkom.

Gehoorsaam te alle tye jou gids se handseine. Van hulle is ‘stop’, ‘kom’, ‘hurk af’
en ‘luister’. Diere kan jou maklik ruik en storm dan.

Sommige diere pof hulleself op sodat hulle groter lyk. Party gebruik kleure om
roofvyande te waarsku dat hul giftig is. Moenie aan vreemde goed raak nie tensy
jou gids vir jou sê dat dit veilig is nie.

Diere gebruik plante as kos en skuilplek. Diere se mis bemes die grond. Nuwe
plantjies kan daar groei. Moenie plante beskadig deur dit te pluk of vertrap nie.

Moenie diere bangmaak sodat hul skrik nie. Jy moet in harmonie met die natuur
leef. Diere kan gevaarlik wees as jy hul skrikmaak of seermaak. Hulle kan jou
aanval.

Respekteer die wildernis. Stropers verkoop dooie diere se velle en ivoor. Die
natuur is net wreed teenoor diegene wat nie probeer om dit te verstaan nie.

                                        [Verwerk uit ‘n Bosveldsafarie – Nadine Clarke]

                        Demo

                               NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******    7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                    TAAK 7                               2018

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

●     Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.
●     Opsetlike taalfoute kom voor.

Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Datum: 15 Julie
                                 Plek: Leeuland
                                 Tyd:   9:00 – 17:00
                                  INGANG – R20

                 Etekaartjies (3.3 )@ R100 per persoon
               Kom geniet heerlike lip-lek-lekker eetgoed!!!!
                           Wildspotjie
                            Vlakvarkrib

    (3.4) (Hy/Jy) kan jouself geniet by die PRETDRAF vir oud en jonk!!!

                   Kom dans op (3.5) bekende musiek
                    JY KAN HOP, SKOP EN DANS

                      Proe-en-raai potjiekoskompetisie
      As jy reg raai is die pryse (3.6) groot en beter as verlede jaar!!!!
             GROOT PRYSE: VERSKEIE JAGPAKKETTE

       (3.8) Sê vir jou vriende om die dag te kom geniet!!!

                       Demo

                              NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                        2018

3.1    Hoe vestig die adverteerder ons aandag op die opskrif?                           (1)

3.2.                                                                                    (1)
       Waarom pas die prentjie                          by die advertensie?

3.3    Voltooi die sin deur ‘n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die
       vraagnommer (3.3) en die ontbrekende woord neer.

                                     @

                  teen                   voor                  by

       Die @-teken in die prys van die etekaartjies staan vir: …
                                                                                        (1)
3.4    Kies die korrekte VOORNAAMWOORD.

       (Hy/Jy) kan jouself geniet … .                                                   (1)

3.5    Kies die KORREKTE woord.

       Die woord “bekende” beteken dat ons die musiek (ken/weet).                       (1)

3.6    Gee die VERGROTENDE TRAP van groot.

       As jy reg raai is die pryse (groot) en beter as verlede jaar!!!!                 (1)

3.7    Waarmee word die leser gelok na die potjiekoskompetisie?                         (1)

3.8    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.8) en die
       letter (A – D) neer.

       Watter skryfteken word in die woord “sê” gebruik?

       A   Deelteken
       B   Koppelteken
       C   Aksentteken
       D   Kappie                                                                       (1)

3.9    Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD

       Die wildsfees is baie gewild.                                                    (1)

3.10 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.

       Elke jongman skiet ‘n bok.                                                       (1)

                                                                              Totaal:   [10]

                         Demo

                                NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******        9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                    TAAK 7                                   2018

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

●     Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.
●     Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                                                 Verwerk vanuit Google

4.1   Hoe kry die tekenaar dit reg om te wys dat die mense bang is vir die
      olifante? (raampie 1)                                                       (1)

4.2   Kies die ANTWOORD. Skryf slegs die vraagnommer (4.2) en die antwoord
       (A - D) neer.

      Watter SKRYFTEKEN word in die woord “vegetariër” gebruik? (raampie 2)

      A   Deelteken

      B   Kappie

      C   Aksentteken

      D   Koppelteken                                                             (1)

                      Demo

                             NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                  2018

4.3    Skryf die syfer “16” uit in ‘n woord/woorde. (raampie 3)

       Olifante eet ongeveer 16 ure per dag.                                          (1)

4.4    Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD “gevaarlik”.
       (raampie 4)

       Olifante is (gevaarlik) diere.                                                 (1)

4.5    Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       (Siestog/Hoera), die olifant gooi die man in die lug! (raampie 5)              (1)

4.6    Kies die KORREKTE WOORD.

       Hulle kan plantasies ruïneer en mense doodtrap. (raampie 5)
       Ruïneer beteken (reinig/vernietig).                                            (1)

4.7    Verander die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

       Boere sê: “Olifante kan plantasies in woestyne verander.”
       Begin so: Boere sê dat olifante …                                              (1)

4.8    Olifante lewer probleme vir die boere. (Raampie 6)

       Gebruik die woord “lewer” in ‘n sin sodat dit ‘n ANDER BETEKENIS
       (homoniem) het.                                                                (1)

4.9    Gee die INTENSIEWE VORM van die woord “dood”.

       Die olifante trap die mense “dood”.                                            (1)

4.10   Skryf die VERSAMELNAAM van bome soos in raampie 6.                             (1)

                                                                           Totaal: [10]

VRAAG 5: TEKS EN PRENT

5.1 TEKS F

                        Kameelperde en hul lang nekke.
Het jy iemand nodig om die toppe van die hoogste bome by te kom (5.1.1)?
Kameelperde se nekke is lank. Hulle kan blare tot vyf meter hoog afvreet. (5.1.2)
(daarom) Hulle gunstelingkos is die blare van die aksiaboom. Sy lang, (5.1.4)
leeragtig tong, (5.1.5) (wie/wat) tot 60 cm lank kan word, stroop die blare van die
boom af.

                        Demo

                               NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                      2018

Dit is (5.1.6) (verwys/bewys) dat die kameelperd net soveel nekbeentjies soos ek en
(5.1.7) (jou/ jy) het. Die kameelperd is die (5.1.8) lank dier in die diereryk. Jy sou dus
verwag dat hy heelwat ekstra nekbeentjies moet hê, maar hy het (5.1.9) … . Hy het
sewe nekwerwels, net soos ek en jy – en net soos die kleinste (5.1.10) muis.

Kameelperde is goed aangepas (5.1.11) …kos … vind. Baie jare gelede het die
(5.1.12) kameelperd se (5.1.13) voorvader waarskynlik korter nekke gehad as
vandag. In ‘n habitat het alle kameerperde om kos meegeding. Die kameelperde met
effens langer nekke kon meer blare kry omdat hulle hoër kon bykom.

                                              [Verwerk uit: Natuurwetenskappe VANDAG gr 8]

5.1.1 Kies die korrekte antwoord. Die LEESTEKEN aan die einde van die sin is ‘n
      (vraagteken/uitroepteken)

       Het jy iemand nodig om die toppe van die hoogste bome by te kom?                 (1)

5.1.2 Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

       Kameelperde se nekke is lank. Hulle kan blare tot vyf meter hoog afvreet.
       (daarom)                                                                  (1)

5.1.3 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM.

       Hulle gunsteling kos is die blare van die akasiaboom.                            (1)

5.1.4 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD.

       Sy lang, leeragtig tong, …                                                       (1)

5.1.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       … (wie/wat) tot 60 cm lank kan word, …                                           (1)

5.1.6 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

       Dit is (verwys/bewys) dat die kameelperd net soveel nekbeentjies …               (1)

5.1.7 Kies die regte VOORNAAMWOORD .

       … soveel nekbeentjies soos ek en (jou/ jy) het.                                  (1)

5.1.8 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van lank.                                             (1)

5.1.9 Voltooi die volgende sin in die ONTKENNENDE vorm deur EEN
      woord in te vul.

       Jy sou dus verwag dat hy heelwat ekstra nekbeentjies moet hê, maar
       hy het … .                                                                       (1)
                        Demo

                               NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******     12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS EAT GR. 10                      TAAK 7                                    2018

5.1.10 Gee die VERKLEININGSVORM van muis.                                           (1)

5.1.11 Voltooi die sin deur die INFINITIEF in te vul.
        Kameelperde is goed aangepas … kos … vind.                                  (1)

5.1.12 Verdeel die woord in LETTERGREPE, bv. Katoliek + Ka-to-liek.
        Baie jare gelede het die kameelperd se …                                    (1)

5.1.13 Gee die MEERVOUD van voorvader.                                              (1)

5.1.14 Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE.
        Die bewaarder het hom (in die veld) (uitasem) gewaarsku (een middag). (1)

TEKS G
   Die vrae wat volg is op die prent gebasseer.

Gebruik die woorde in die lys hieronder om die sinne (5.2.1 – 5.2.6) te voltooi.
beste      hardklop      jyg      ken           vinnig        beter        stadig

    voor          hartklop        weet             juig            agter

5.2.1 ________ jy die storie van die haas en die skilpad?                           (1)
5.2.2 Die kameelperd staan _________ die seekoei.                                   (1)
5.2.3 Skilpad is ____________ as haas want hy is eerste oor die streep.             (1)
5.2.4 Skilpad se _____________ versnel van al die oefening.                         (1)
5.2.5 Die toeskouers _____________ terwyl die deelnemers hardloop.                  (1)
5.2.6 Haas hardloop soos die wind. Haas hardloop baie ________ .      (1)
                                                  TOTAAL AFDELING C: [20]
                                                        GROOTTOTAAL: 80

                       Demo

                               NW/JUNE/AFFAL/ EMIS/6*******   13

## Related documents

- [Afrikaans GR 10 FAL Vraestel 1](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1/306a7f97-1fbe-481d-b2f8-2344a1129d88) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans-GR-10-FAL-Vraestel-1 -1](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-vraestel-1-1/48b10ff1-e2c9-4c23-b0b0-6ea725db9dac) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans-GR-10-FAL-MEMO -1](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-memo-1/2db7655a-c65d-41eb-9514-d252bebfb71b) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans GR 10 FAL MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-fal-memo/16838aa2-84e2-485a-8989-71a0793bddf6) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans GR 10 MEMO FAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-gr-10-memo-fal/2c182942-2872-4e38-a34c-982b4fb74487) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/327a9f12-8e5c-4a27-b1c2-4ad2a3089637) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr

## More from Grade 10 Afrikaans FAL

- [Gr10-AFR-EAT-OG-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-afr-eat-og-sg-lr/e42cb3be-2665-4c5f-85d6-1b0171570a06) — Guide · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5ae67020-2853-44e1-b91d-2452ffcd4511) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/9dfa5fbb-a88f-4ea4-9c5c-343302147ead) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/254e73a2-54e3-4b84-901d-5dc08c2ff628) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/137cbc45-9e32-452b-a2ef-b7f217034784) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-3-afrikaans/28f922b3-96f2-4248-9987-79656a900c44) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
