# Mathematics Grade 1 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 1 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-1-1/25a6c4ca-2256-4c10-afd6-8143c611d114
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 1
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-1) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-1/mathematics) › [Mathematics Grade 1 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-1-1/25a6c4ca-2256-4c10-afd6-8143c611d114)

## About this document

Mathematics · Grade 1 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 1

           WISKUNDE

    STEL 1: 2012 MODELVRAE

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

   Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
   vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir
   die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om
   suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste
   voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die voorbeeldvraestelle is op die
   kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die skooljaar. Daar is ook 'n volledige
   Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is
   slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie
   die skoolgebaseerde assessering nie.

2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae

   Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede
   en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer
   word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n
   stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat
   leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om
   hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal
   voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat
   dit opsetlik is en leerders moet op al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot
   verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te
   konfronteer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

   Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind.
   Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir
   graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir
   die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as
   ander dokumente wat deur die skool voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in
   staat stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer (assessering van leer).

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

   Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is,
   beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee om binne een sessie af te
   handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Kies
   sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of 'n hanteerbare hoeveelheid vrae en
   gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg:

   4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
         diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word
         om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die
         diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor nie.

                                                                                                             1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

   4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis
        en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak dat geen
        leerder agter raak nie.

   4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders
         voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
         Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van
         die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.

   4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv.
        hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens.

   Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
   toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die hoeveelheid werk wat
   reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik
   genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale
   Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandum of riglyne vir antwoorde

   'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
   Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die
   memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte
   response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van
   die leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

   Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
   voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n
   voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat in die eerste
   drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere kwartale behandel
   moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).

7. Gevolgtrekking

   Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
   grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
   Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
   verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun
   en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur
   van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse gebruik te maak as deel van die
   onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende vorms en
   tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat
   leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom om effektief te leer en om beter te vaar in
   toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.

                                                                                                               2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

     GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE.

1.     Tel die appels en skryf die getalsimbool neer.

                                      ___________________

2.     Tel die stoeltjies en skryf die getalnaam.

                                             __________________

3.     Skryf die aantal skoene in die blokkie. Die eerste ry is vir jou
       gedoen.

                                                         2

                                                                          3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

4.   Hoeveel sye het hierdie vorm?

                                _____________

5.   Kyk na die aantal sirkels in die eerste raam en teken net soveel
     in die tweede raam.

6.   Vul die ontbrekende getalle in.

     a.

           1            4   5

     b.   1, 2, _______,    _______, 5

     c.   5, 4, _______, ________,     1

     d.
            5       3           1

                                                                        4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

7.   Trek ‘n lyn om die aantal voëls met die ooreenstemmende
     getalsimbool te verbind.

                                                    2

                                                    9

                                                    6

                                                    4

                                                               5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

8.   Kyk na die prentjie.

     Omkring die getal wat by die aantal artikels in elke groep pas.

                                         1   2   3     4    5

                                         1   2   3     4    5

                                         1   2   3     4    5

                                         1   2   3     4    5

                                         1   2   3     4    5

9.   Trek ‘n reguit lyn om die getalsimbole wat dieselfde is te
     verbind.

                8                  7                     5

                5                  8                     7

                                                                       6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

10. Kopieer die gegewe getalsimbole in elke sirkel.

                    5

                    2
11. Skryf die getalsimbool vir die ooreenstemmende getalnaam in
    elke blokkie.

    Vier sterre

    Twee blomme

    Een hasie

                                                                  7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

12. Voltooi die onderstaande tabel.

     Voorwerp                    Getalsimbool    Getalnaam

                                 ________        Vier

                                 2               ________

                                 ________        Vyf

                                 3               ________

                                 1               ________

13. Skryf die getalname vir die volgende getalsimbole.

          5

          1

          3

          4

          2

                                                             8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

14. Verbind die getalsimbool met die regte getalnaam.

               3                            Een

               2                           Twee

               1                            Vier

               4                            Drie

               5                            Vyf

15. Kyk na die kruisies en kolletjies. Voltooi dan die sinne deur die
    woorde “meer” of “minder” in te vul.

    X X X

     

    Daar is _______ kruisies as kolletjies.

    Daar is _______ kolletjies as kruisies.

                                                                        9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

16. Kyk na die prentjies en beantwoord dan die vrae.

    a

         bok                             hen

    Die __________ het meer bene as die ___________.

    b.

          motor                                   fiets

    Die __________ het minder wiele as die _________.

    c.

         vierkant                  driehoek

    Die __________ het meer sye as die ____________.

                                                          10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

17. Rangskik die volgende getalle van die kleinste tot die grootste.

     5, 3, 2, 4, 1

     _______________________________________________

18. Skryf die volgende getalle, van groot na klein, op die vlaggies.

             2, 1, 4, 5, 3

19. Skryf die getalle 3, 2, 1, 4, 5 van klein na groot in die sirkels. Die
     grootte van die getal moet pas by die grootte van die sirkel .

                                                                             11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

20. Skryf die getalle van 1 tot 5 op die regte plekke op die getallelyn.
    Een getal is vir jou ingevul.

       0             3

21. Vul die ontbrekende getal op die getallelyn in.

        0   1    2         4    5

                                                                      12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

      PROBLEEMOPLOSSING

22.   Anna het 3 piesangs en Theo het 2 piesangs.

      Hoeveel piesangs het Anna en Theo altesaam?

      ________________________

23.   Ntombi pluk 2 blomme en Sara pluk 2 blomme.

      Hulle pluk saam _________ blomme.

24.   Phuti het 1 koekie en Pat het 2 koekies.

      Phuti en Pat het _______ koekies altesaam.

25.   2 lemoene en 3 lemoene is altesaam ________ lemoene.

26.   4 wortels neem weg 1 wortel laat ______ wortels.

27.   Thabo het 3 lekkers. Tumi vat vir hom 2 van die lekkers.

      Hoeveel lekkers het Thabo nou?

      ______________________

                                                                 13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

28.   2 appels minder as 4 appels is _____appels.

29.   Chantel het 5 albasters. Sy gee vir Mary 3 albasters.

      Chantel het __________ albasters oor.

30.   ‘n Boer het 4 koeie. Hy verkoop 2 koeie.

      Hy het _______ koeie oor.

                                                              14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

      BEWERKINGS – OPTELLING EN AFTREKKING.

31.   Kyk na die prentjies en beantwoord vrae a tot c.

      a.

      1     en 1            is                  _________ appels.

      2          en 1            is             _________ appels.

      2         en 3                  is        _________ appels.

      b.

      2            en 2                    is   ________ voëls.

      3                   en 1              is _________ voëls.

      2            en 3                          is ________ voëls.

      c.
       4 skoene neem weg 2 skoene is _________ shoes.

      3 skoene neem weg 1 skoen is _________ skoene.

                                                                      15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

      PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA

32.   Voltooi die patroon.

      __________       ______________

33.   Teken die volgende 2 voorwerpe in die patroon.

                                       ________        ________

34.   Teken die volgende 2 stelle kolletjies in die patroon.

                        

                       

                          ___________

                                                                  16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

      RUIMTE EN VORM

35.   Kyk na die prentjie hieronder. Omkring die letter van die
      sin wat die prentjie beskryf.

      A. Die bal is op die boks.

      B. Die bal is onder die boks.

36.   Onderstreep die woord “regs” of “links” om die sin waar te
      maak .

      Die boom is regs/links van die kat.

                                                                   17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

37.   Is die vorm van die gesig ’n bal of ‘n boks?

      Die vorm is ‘n _______________________

38.   Verbind die prentjie met die regte vorm.

                                                     18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

      METING.

39.   Omkring die word wat verband hou met die prentjie.

      oggend/aand

40.   Maak ‘n “X” bokant die langste voorwerp.

41.   Omkring die kortste voorwerp.

                                                           19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

42.   Omkring die swaarste dier.

43.   Maak ‘n “X” bokant die ligste voorwerp.

44.   Onderstreep die swaarste dier

                                                20

## Related documents

- [Grade 1 Afrikaans Maths Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-1-mathematics-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/3829b6cc-331f-421b-a224-294f28b4a3e2) — Mathematics · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans Grade 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-1-memo-1/585ef226-2dc9-48a4-ba4b-a0c54bc555ec) — Mathematics · Memo · 2012 · Afr
- [2013+Grade+1+Afrikaans+Mathematics+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-1-afrikaans-mathematics-exemplar-memo/2a7092c0-71aa-4df6-b7d2-795c67baa486) — Mathematics · Memo · 2013 · Afr
- [Numeracy Afrikaans Grade 1](https://www.hlayiso.com/library/numeracy-afrikaans-grade-1/f8814884-d885-4068-a02e-a95a7954883d) — Mathematics · QP · 2011 · Afr
- [CAPS MATHS AFRIKAANS GR 1-3 FS](https://www.hlayiso.com/library/caps-maths-afrikaans-gr-1-3-fs/dcfa146f-6e66-4862-8113-34bef783a0fa) — Maths · CAPS · Afr
- [2014 ANA Grade 1 Afrikaans Mathematics memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-1-afrikaans-mathematics-memo/76268245-26ee-4a07-9d65-5a7a63c7c31c) — Mathematics · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 1 Mathematics

- [ANATest+Grade+1+Afrikaans-Mathematics+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-1-afrikaans-mathematics-2013-memo/a84870d1-f207-4cce-a397-8e8bebc2a7bb) — Memo · 2013 · Afr
- [Numeracy Grade 1 Memo All Languages](https://www.hlayiso.com/library/numeracy-grade-1-memo-all-languages/0dce8155-1925-4504-83fb-fc00454a7cdf) — Memo · 2011

## Collection

- [Grade 1 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-1/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
