# Mathematics Grade 2 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 2 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-2/ac3066f9-7e06-4491-bc79-03e8e4f77501
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 2
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-2) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-2/mathematics) › [Mathematics Grade 2 ANA Exemplars 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-2/ac3066f9-7e06-4491-bc79-03e8e4f77501)

## About this document

Mathematics · Grade 2 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 2

           WISKUNDE

    STEL 1: 2012 MODELVRAE

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

   Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en vaardighede
   wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die skoolgebaseerde
   assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan
   eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle ontwikkel wat onderwysers
   vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel, gebaseer op die kurrikulum wat oor
   die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets
   (ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde
   assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering nie.

2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae

   Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of
   kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n
   meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die
   leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe
   woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of
   sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend
   gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n groot
   verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende toetsitems te
   reageer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

   Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die
   voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot 12, die
   Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale
   Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien kan word, sal 'n
   ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om formele assessering uit
   te voer.

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

    Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die
    leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat
    deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare groep vrae
    kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word:

    4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose
          moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee
          aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk
          gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.

                                                                                                                      1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

   4.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
         vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.

   4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende
         begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan
         leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel
         moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.

   4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om
        meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.

   Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets
   heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is
   belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige
   toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandums of nasienriglyne

   'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale
   Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit
   gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede
   ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

   Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle vir
   elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis
   en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het. Die tempo waarteen
   die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en
   Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).

7. Gevolgtrekking

   Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese grondslagvaardighede
   van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets is een instrument
   wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om
   onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in
   skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels
   gebruik te maak, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van
   assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis
   opdoen en vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale
   Assesseringstoetse.

                                                                                                                      2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE

1.        Kyk na die prentjie en beantwoord die volgende vrae.

            a.   Tel die appels en skryf die regte getalsimbool neer.

                 ________

            b.   Hoeveel groepe van vyf (5) appels is daar?

                 ___________

            c.   Hoeveel groepe van tien (10) appels is daar?

                 ____________?

            d.   Hoeveel groepe van twee (2) appels is daar?

                 __________

     2.    Vul die ontbrekende getalle in.
            20,_____,     22 _____ , _____,25

                                                                        3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

3.      Voltooi die volgende getalpatrone

        a. _____ ;        16     ;   18      ; ______ ; ______ ; 24.

        b. 22        ;    _____ ;    _____   ;   19   ; _____   ; 17.

4.

        Pak die boontjies, soos in die prent hierbo aangetoon, in 4
        mandjies sodat daar ewe veel boontjies in elke mandjie is.

        Hoeveel boontjies sal jy in elke mandjie pak?

5.      Skryf die volgende getal in elke getalry neer.

) (a)   a.      5 ; 10 ; 15 ; _____

        b.   4 ;         6 ;   8 ;   _____
1

6.      a.      _____ ; 10 ; 11 ; 12
        b.   _____ ; 20 ; 21 ; 22

        c.   _____ ; 15 ; 20 ; 25

        d.   _____ ; 20 ; 22 ; 24

                                                                        4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

7.   Skryf die getalnaam van elk van die volgende :

     a.        13       ____________________________________

     b.        20 _____________________________________

     c.    23       ______________________________________

8.    Trek ‘n pyltjie om die getalsimbool met sy getalnaam te
      verbind. Kyk na die voorbeeld in die blokkie.

                    25                sestien

                    11            vyf-en-twintig

                    16                elf

          a.        22          agt
          b.        18          twaalf
          c.        8           twee-en-twintig
          d.        12          agtien

                                                                5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

9.         Skryf die getalsimbool vir elk van die volgende getalname

           a.       een-en-twintig _____________________

           b.      nege             _____________________

           c.       dertien         _____________________

           d.       sewe            _____________________

10.   Skryf neer die telgetal wat tussen die gegewe getalle kom.

      a.               19                              21

      b.               23                              25

11.   Skryf die woorde ‘is kleiner as’, ‘is groter as’ of ‘is gelyk aan’
      tussen die volgende pare getalle om die stellings waar te maak.

      a.        22 ______________________________12

      b.        12 ______________________________ 12

      c.        11 ______________________________ 21

                                                                           6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

12.   Skryf die getalle van klein na groot.

      a.   9           25             7          6           13

           ___        ___         ____           ____         ___

      b.     6         17             19         8           12

           ___         ___            ___     ___             ___
      c.       22      20             12         18           24
             ___      ___             ___        ___          _

13.   Skryf die getalle van groot na klein.

      a.   11          23         18        10         15

           ___          ___      ____       ____        ___

      b.   15          20         5         25         10

             ___       ___       ___        ___        ___
      c.     13        18         15        21          12
           ___         ___        ___       ___        __

14.   Skryf die waarde van die onderstreepte syfer in elke getal
      neer

      a.       21   _______________

      b.       18   _______________

                                                                    7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

15.   a.   Wat verteenwoordig die syfer 2 in die getal 24?
           _________

      b.   Wat verteenwoordig die syfer 4 in die getal 24?

           _________

      c.   1 tien en 9 ene maak die getal    ________

16.   Skryf die korrekte antwoord in die blokkie deur die gegewe
       getal af te breek of op te bou.

      a.   22   =            +       2

      b.   17   =   10       +

17.   Vul die blokkies met tiene en ene, om die som te voltooi.

      a.   13   =                +       +

      b.   25   =                +

      c.   5    =                +

                                                                   8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

18.   Tel die volgende getalle bymekaar:

       a. deur vanaf die groter getal aan te tel.

             5 +           13   =   ______________________

      b.     deur naby verdubbeling te gebruik.

             6+            5    =   ______________________

      c.     deur ‘n 10 vol te maak.

             8       + 7        = ______________________

19.   Verdubbel die volgende getalle.

      a. 4       ___________ b. 9 ____________ c. 10_______

20.   Verdubbel elk van die volgende getalle deur ‘n optel getalsin te
      skryf.

      a.         6     :               +   +       =

      b.         8 :                       +           =

                                                                         9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

21.   a.    Watter getal is 10 meer as 9?          ______________.

      b.    Watter getal is 10 meer as 10?       ______________.

      c.     Watter getal is 10 minder as 17? _____________.

      d.     Watter getal is 5 minder as 11? ______________.

PROBLEEMOPLOSSING

1.    a.    Hoeveel meer is 18 as 11? ______________.

      b.    As jy 7 by ‘n sekere getal tel is die antwoord 14.
            Wat is die ander getal? Die ander getal is
            ______________.

      c.    Mary het 19 albasters. Sy het 5 minder albasters as
            John. Hoeveel albasters het John?
            ______________

                                                                   10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

2.   a.    Verdeel 12 roomyse gelykop tussen 2 maats.

     b.    As jy 11 potlode gelykop tussen Mary en Anne deel, sal
           Mary ____________ potlode kry en Anne
           _____________ potlode en _____________ sal oorbly.

     c.    Hoeveel bene het 4 perde? _____________________

     d.    Lisa het 5 perskebome in elk van 4 rye geplant. Hoeveel
           perskebome het sy altesaam geplant?
           _______________________

                                                                     11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

     GELDPROBLEME

     a. Twee       5c   muntstukke   het   dieselfde   waarde   as   een
1.
       ___________muntstuk.

     b. Twee R10 note het dieselfde waarde as een __________.
       noot.

     c. Die totaal van 10c + 10c + 10c is _____________.

     d. Voltooi: R10 + R5 =     _____________.

     Voltooi die volgende table:

      Prys van artikel Betaal met          Kleingeld

      40c                 50c

      35c                 40c

      R1                  R2

2.     a.   Suzy het 20c. Haar ma gee haar 30c. Hoeveel geld het
            Suzy nou? Suzy het ________________ sent.

       b. As R1 gelykop tussen 2 dogters gedeel word, kry elke
            ________.

       c. As 40c gelykop tussen 4 dogters gedeel word, kry elke
            _______.

       d. Die prys van 1 boek is R2. Hoeveel sal 6 van dieselfde boeke
            kos?

                                                                      12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA

1.   a.   Teken die volgende vorms in die patroon.

     b.   Teken die volgende 3 diagramme in die patroon.

           _____________

     c.   Kopieër die volgende patroon.

     d.   Teken die volgende vorms in die onderstaande ‘groeiende’
          patroon..

                                                             13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

2. Voltooi die tabelle.

   a.
                             1       2        3      4       5

                   *5        5                       20

                             1       2        3      4       5
   b.
                   *2        2       4               8

        a.

3. Skryf die volgende 2 getalle in elke getalpatroon.

   a.        20    ;    15       ;   10   ;       ________   ; ________ .

   b.        18    ;    16       ;   14   ;       _______ ; _______.

                                                                            14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

  RUIMTE EN VORM

1. Verbind elke prentjie hieronder met die vorm wat daarby pas,
  deur ‘n reguit lyn te trek.

                                                                  15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

2.       Omkring die voorwerp wat kan gly.

             Prent                           Wiel

         Merk die grootste voorwerp in die onderstaande groepe
         voorwerpe met ‘n kruisie (x) en die kleinste voorwerp met ‘n
         regmerkie ().

     a.

     b.

     c

                                                                        16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

4.        a.     Hoeveel van die 10 voorwerpe in 3a, 3b en 3c het net
                 plat vlakke? _____________________ .

          b.     Hoeveel van 10 voorwerpe in 3a ,3b en 3c het net
                 geboë vlakke _____________________.

          c.     Kan die voorwerpe in 3c gly of rol?______________.

METING

1.   a. Daar is _______ dae in ‘n week.

     b. Die dae van die week is Sondag, _________________ ,
               __________________ , ___________________,
               __________________, __________________, Saterdag.

     c. Maandag, ________ , Woensdag ,__________.

     d. ________________,           Donderdag,   __________________,
               Saterdag.

2.   Hoeveel dae is daar tussen:

     a.        Maandag en Vrydag? ________

     b.        Sondag en Donderdag? ________

                                                                        17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

3.    Skryf die korrekte tyd onder aan elke horlosie

                                                       
     a. __________           b. ____________         c. __________

4.   Bongi gaan om 7-uur in die oggend skool toe. Sy kom om
     3-uur in die middag by die huis. Vir hoeveel ure was sy weg
     van die huis af?
     _______________________________________________

                                                                     18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

5.   Kyk na die lengte van die 4 lyne om te sien hoe lank elkeen is.

     Beantwoord dan die vrae wat volg, sonder om die lyne te meet.

     Lyn A _____________________________________

     Lyn B _________________________________________

     Lyn C ________________

     Lyn D __________

     a.    Lyn _________ is die langste.

     b.    Lyn _________ is die kortste.

     c.    Lyn C is langer as lyn ___________.

     d.    Lyn A is korter as lyn _______ maar langer as lyn ______ en
           lyn   _______ .
            _________________________________________________

     e.   Gebruik die letters wat elke lyn verteenwoordig om hulle van
           die langste na die kortste te rangskik.

           ______________________________________________

     f. Gebruik die letters wat elke lyn verteenwoordig om hulle van die

          kortste tot die langste te rangskik.
          _________________________________________________

                                                                       19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

1.   DATAHANTERING

     Matome vra 18 seuns in sy klas uit oor hul gunsteling
     TV program. Hy maak ‘n lys van hul antwoorde deur die
     volgende te skryf:

     S vir sport, N vir nuus, D vir drama en G vir godsdiens.

          S      N        D      D       G   N   G   D     S

          G      S        N      G       S   S   D   S     G

     Hoeveel seuns het die volgende as hul gunsteling TV
     program gekies?

     a.       Sport?      ________

     b.       Drama           ________

     c.       Godsdiens       ________

     d.       Nuus ________

                                                                20

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

1.   Gebruik die inligting in vraag 1 en teken ‘n piktogram.

     Voltooi dan die sinne wat volg.

     Sleutel: Gebruik (         ) om 1 seun voor te stel.

                                GUNSTELING TV-PROGRAM

     Aantal seuns

                        Sport       Drama      Godsdiens    Nuus

                                     TV-PROGRAM

                                                                   21

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

2.   a.   Die   meeste   seuns   het   ______________________
          gekies.

     b.   Die minste seuns het ___________gekies.

     c.   Die verskil tussen die aantal seuns wat sport gekies
          het en die wat die nuus gekies het, is ______________.

                                                                   22

## Related documents

- [Afrikaans Grade 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-2-memo/1f7fec64-409e-45d8-9b42-b55a432391e0) — Mathematics · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 2 Afrikaans Maths Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-2-mathematics-2012-memos-memorandum-afrikaans/6d632a2a-8572-4d40-9b21-9263892d8ed4) — Mathematics · Memo · 2012 · Afr
- [2013+Grade+2+Afrikaans+Mathematics+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-2-afrikaans-mathematics-exemplar-memo/0e919f1f-3087-44ca-8fc1-42d2fd154cb7) — Mathematics · Memo · 2013 · Afr
- [Sesetho Grade 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/sesetho-grade-2-memo/84061bdf-d6f8-4fb8-85f6-627b598e29be) — Mathematics · Memo · 2012
- [CAPS MATHS AFRIKAANS GR 1-3 FS](https://www.hlayiso.com/library/caps-maths-afrikaans-gr-1-3-fs/dcfa146f-6e66-4862-8113-34bef783a0fa) — Maths · CAPS · Afr
- [2014 ANA Grade 2 Afrikaans Mathematics memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-2-afrikaans-mathematics-memo/7bb84004-4385-4b2b-8977-bf0394cb910e) — Mathematics · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 2 Mathematics

- [ANATest+Grade+2+Afrikaans-Mathematics+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-2-afrikaans-mathematics-2013-memo/ffe41387-33b8-458e-910f-4a6f8b0ff401) — Memo · 2013 · Afr
- [Numeracy Grade 2 Memo All Languages](https://www.hlayiso.com/library/grade-2-mathematics-2011-ana-test-paper-memorandum/a4dc041f-2f1f-43fe-989a-2038c5e39562) — Memo · 2011

## Collection

- [Grade 2 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-2/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
