# Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 3 Afrikaans question paper from the ANA Exemplars 2012, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-3/ddc28c04-3eef-4c34-8978-91d54259dfa5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans
- Grade: Grade 3
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 3](https://www.hlayiso.com/library/grade-3) › [Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-3/afrikaans) › [Afrikaans Grade 3 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-grade-3/ddc28c04-3eef-4c34-8978-91d54259dfa5)

## About this document

Afrikaans · Grade 3 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 3

      AFRIKAANS HUISTAAL

    STEL 1: 2012 MODELVRAE

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

   Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis
   en vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As
   hulpmiddel vir die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige
   selfvertroue ontwikkel om suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige
   panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die
   voorbeeldvraestelle is op die kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die
   skooljaar. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die
   voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde
   assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die skoolgebaseerde assessering
   nie.

2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae

   Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde
   vaardighede en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan
   byvoorbeeld geassesseer word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste
   antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of
   'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne
   te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of sketse te
   toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend
   gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat dit opsetlik is en leerders moet op
   al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot verskeidenheid
   vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te konfronteer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

   Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke
   verbind. Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale
   Kurrikulumverklaring (NKV) vir graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en
   Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir
   Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as ander dokumente wat deur die skool
   voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in staat stel om lesse te beplan
   en om formele assessering uit te voer (assessering van leer).

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

   Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel
   saamgestel is, beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee
   om binne een sessie af te handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel
   vorm van die beplande les. Kies sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of
   'n hanteerbare hoeveelheid vrae en gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig-
   en leerproses soos volg:

   4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te
         stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet
         ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte
         uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor
         nie.
                                                                                                       1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

   4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde
        kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak
        dat geen leerder agter raak nie.

   4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders
         voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan
         toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel
         of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en
         vaardighede vas te lê.

   4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te
        stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae,
        kortvrae, ens.

   Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die
   summatiewe toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die
   hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak
   dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die
   Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandum of riglyne vir antwoorde

   'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en
   Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou
   dat die memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte
   van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander
   aanvaarbare response van die leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

   Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
   voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is
   slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat
   in die eerste drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere
   kwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en
   Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).

7. Gevolgtrekking

   Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
   grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
   Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of
   leerderprestasie verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om
   onderwysers te ondersteun en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van
   onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse
   gebruik te maak as deel van die onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud
   te raak met verskillende vorms en tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle
   behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom
   om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.
                                                                                                     2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Lees die storie en beantwoord die vrae.

 Lauren en Jane was baie opgewonde om op die plaas te gaan kuier. Lauren
 se oom was ‘n baie gawe man. Hy was ook bly omdat Lauren haar beste
 maatjie saamgebring het om ook op die plaas te kom kuier. Ouma was baie
 bly om haar gunstelingkleindogter te sien.

 Daar was baie dinge om te doen op die plaas, maar na ‘n week was Lauren
 en Jane verveeld. Hulle wou na die rivier gaan waar hulle in die bome kan
 klim en hulle wou ook in die rivier swem, maar Ouma het aan hulle gesê om
 te wag tot Lauren se oom hulle kon neem. Hulle mag nie alleen na die rivier
 toe gaan nie en ongelukkig was haar oom te besig om hulle te neem.

 Een oggend het die twee meisies besluit om op hul eie na die rivier te gaan.
 Hulle het nie eens vir Ouma of hulle oom vertel nie. Hulle het lekker in die
 koue rivier geswem en in die bome geklim en ook op die takke gesit. Hulle kon
 baie ver sien vanuit die bome. Toe hulle moes huis toe gaan, het Jane stadig
 uit die boom geklim, maar Lauren het uit die boom gespring en het haar
 been seergemaak. Sy kon nie loop nie en het heeltyd gehuil.

 Jane het huis toe gehardloop om Lauren se oom te gaan roep. Sy het hom
 vertel wat gebeur het. Hy het baie vinnig na die rivier gehardloop om
 Lauren te gaan help. Hy het haar terug huis toe gedra omdat sy haar
 been gebreek het. Die vakansie het op ‘n baie slegte noot geëindig.

                                                                            3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
1.1   Omkring die regte antwoord.

      A         Lauren en Jane is beste maatjies.

      B         Die storie gaan oor twee slim dogters.

      C         Lauren en Mary kuier op ‘n plaas.

      D         Almal het gelukkig op die plaas gewoon.

1.2   Onderstreep die korrekte antwoord.

      Lauren en Jane woon in die (bus, trein, stad, boot.)

1.3   Voltooi die volgende sin :

      Lauren         se      oom        was        bly      toe       Lauren          haar        beste    maatjie,

      ....................................... vir die vakansie huis toe bring.

1.4   Gee die beste naam vir die storie.

      .........................................................................................

1.5   Wat is die hoofgedagte van die storie. Skryf dit slegs in een sin.

      ..................................................................................................

2.1   Omkring die letter van die regte antwoord.

      A        Lauren en Jane is nie beste maatjies nie.

      B        Hulle wou kerk toe gaan.

      C        Jane se been was gebreek.

      D        Lauren het uit die boom gespring en haar been gebreek.

                                                                                                                  4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

2.2     Rangskik die gebeure in die korrekte volgorde.

        A       Lauren het gespring en haar been seergemaak ........

        B       Sy het heeltyd gehuil. .......

        C       Sy het haar been gebreek. .......

        D       Sy kon nie stap nie. .......

2.3     Pas die karakter by die gebeure.

            KOLOM A                                               KOLOM B
2.3.1     Lauren                        A.      het huis toe gehardloop om Lauren se oom te
                                                gaan roep.
2.3.2     Jane
                                        B.      het geval en het haar been seergemaak.

2.4      Waarheen het die meisies een oggend gegaan?

         ..................................................................................................................

2.5     Waarom het die ongeluk gebeur?

        Die ongeluk het gebeur omdat.........................................

                                                                                                                              5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
3.    Kyk na die foto en beantwoord die vrae.

3.1    Omkring die letter van die regte antwoord.
       Die foto gaan oor ...

       A     sneeu

       B     ys

       C     ‘n rivier

       D     winter

3.2    Gebruik een woord om die sin te voltooi.

       Ek swem in die ............................

3.3    Omkring die letter van die regte antwoord.

       Wanneer is die foto geneem?

       A     Gedurende die somervakansie

       B     Terwyl ons koek gebak het

       C     Tydens inkopies

       D     Terwyl ons geslaap het

                                                     6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

3.4    Onderstreep die regte antwoord.

       Water wat van ‘n berg afvloei, word ‘n (rivier, dam,                                                 poel,
       waterval) genoem.

3.5   Trek ‘n kruis deur die verkeerde woorde.

      Kyk na die prentjie.                    Watter van die volgende kan nie op ‘n rivier
      vaar nie?

      boot,                  skip,                 seiljag,                     kanoe

4.1   Lees weer die storie oor Lauren en Jane en skryf twee woorde
      neer wat moeilik was om te lees.

      ...........................................................................................

4.2   Wat beteken die volgende woorde?

      opgewonde ...........................................................................

      gunsteling ..............................................................................

4.3   In die eerste paragraaf van die storie is daar woorde wat
      tweeklankkombinasies is. Skryf dit neer.

      ..............................................................................................

4.4   Soek woorde in die storie wat dieselfde beteken                                                  as     die
      onderstaande woorde. Skryf die woorde op die lyne.

      vertel ..................................................................................

      ongelukkig ...........................................................................

                                                                                                                7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
4.5   Beantwoord die vraag. Antwoord slegs JA of NEE.

      Ouma het geweet dat die meisies na die rivier gegaan het.
      ..........................................

5.1   Vul die ontbrekende klank in.

      Ek gebruik ‘n ..........as om te verf.

      Kyk die pragtige ri.......... aan jou vinger.

5.2   Kies die regte spelling van die woord.

       A       wska

       B       kwas

       C       kaws

       D       skwa

5.3   Onderstreep die korrekte diagraaf in die onderstaande woorde.

      vrug            rvug

5.4   Bou woorde met die volgende klanke (slegs een woord).

      ei ..........................................................................................

      ui ..........................................................................................

5.5   Gebruik die woorde by VRAAG 5.4 en maak ‘n sin met elke woord.

      ................................................................................................

      ................................................................................................

                                                                                                         8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
6.1   Omkring die korrekte beginklank.

      pen                                   p        b        d      n

      fee                                  t        f        h       g

6.2   Onderstreep die korrekte woord.

      Ek slaap op my ...

      deb,            bed,              bad,              dob

6.3   Maak ‘n sin met die volgende woorde.

      bed                       bad

      ..............................................................................................

      ..............................................................................................

6.4   Omkring die eindklank van elke woord. Verbind die eindklank met die
      prent.

      vet

      tee

6.5   Vul die ontbrekende klanke in.

      Die s......n is warm.

      Sy wil graag op die stoel s......t.

                                                                                                       9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
7.1   Lees die sin en omkring die korrekte antwoord.

      Die seun dra sy swart ...

       A      skoene.

       B      skoone.

       C      skune.

       D      skeene.

7.2   Verbind die regte klank met die regte prent.

              KOLOM A                        KOLOM B

      7.2.1                              A   rk

                                         B sk
      7.2.2

7.3   Lees die sin en omkring die korrekte klank.

      Mamma gaan besoek die ba… om geld te trek.

       A      ng

       B      nk

       C      g

       D      k

                                                       10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
7.4   Lees die sinne en onderstreep die regte woord.

      Ek (wes/wens/weens) ek het ‘n hond.

      Ek het my (tant/tan /tand) verloor.

7.5   Trek ‘n kruisie (X) deur die woorde wat verkeerd gespel is.

      skyfies, skeifies, skyfeis, skyvies

8.1   Skryf die volgendee woorde in lopende skrif.

      gelukkig, gunsteling, kleindogter, Mary, Nana

      ............................................................................................

8.2   Skryf die sin oor in lopende skrif.
      Lauren en Jane was opgewonde om op die plaas te gaan kuier.

      ..........................................................................................

      .........................................................................................

8.3   Omkring die sin met die regte spasiëring.

       A       Sy het haarbeen gebreek.

       B       Sy het haar been gebreek.

       C       Sy het haar been gebreek.

       D       Sy het haarbeen gebreek.

                                                                                                     11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

8.4     Gebruik die korrekte spasiëring vir die volgende sin. Skryf die sin oor.

        LaurenenJanewasbaieopgewondeomopdieplaastegaankuier.

        ...............................................................................................................

        ............................................................................................................

9.1     Skryf die volgende letters van die alfabet in lopende skrif.

        b     f     g

        ....................................................................................................

9.2     Skryf die drie letters in lopende skrif.

        C .......................... H............................ E .............................

9.3     Verbind die drukskrif letters met die lopendeskrif letters.

                           KOLOM A                                                             KOLOM B
9.3.1    F                                                        A.
                                                                          D
9.3.2    D                                                        B
                                                                          F
9.4     Skryf die sin in lopende skrif.

        Hy is ‘n doelwagter. ......................................................................................

9.5     Skryf die sin in drukskrif.

        Sy speel graag netbal.
        
        ................................................................................................................
                                                                                                                           12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

10.1   Die volgende instruksies kon Jane aan haar maatjie Lauren gegee het,
       nadat sy haar been gebreek het. Nommer die instruksies 1 tot 4 in die
       spasies om die korrekte volgorde aan te dui.

       Roep iemand om die beseerde Lauren te help.

       Maak seker Lauren is kalm.

       Sê aan Lauren om nie te beweeg voor daar nie hulp opgedaag het nie.

       Indien daar bloed is, moenie met jou kaal hande aan die wond vat nie.

                                                                          13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

10.2   Dit is jou verjaarsdag. Jy het ‘n paar maats oorgenooi om dit saam

       met jou te kom vier by jou huis. Gee die rigtingaanwysings hoe om

       vanaf die skool tot by jou huis te kom. Gebruik die spasie onder om

       jou rigtingaanwysings neer te skryf.

       Die volgende is woorde wat jou kan help met die aanwysings:

       draai links          draai regs           stap reguit loop verby                         bome af

       ...........................................................................................................................

       ...........................................................................................................................

       ...........................................................................................................................

                                                                                                                             14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
10.3   Kies die kolom met die korrekte instruksie.

                      A                                      B

        Moenie oorsteek nie.                  Kinderoorgang
        Hardloop oor die pad.                 Pasop, skoolkinders voor.

11.1   Onderstreep die werkwoord in die sin.

       Hy skop die bal.

11.2   Kies die korrekte werkwoord.

       Sy (gan, gaan) skool toe.
       Tumi (hardloop, harkloop) skool toe.

11.3   Omkring die werkwoord in die sinne.

       Tumi huil elke oggend oor sy pap.
       Ek eet elke dag lekkers.

11.4   Onderstreep die werkwoord in die sinne.

       Thembi woon naby die skool.
       Die meisie speel graag netbal.

                                                                          15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
11.5   Vul die werkwoord in die oop spasies in om die sinne te voltooi.

       Die seun ................... sy hare elke oggend.
       Ek ................... my kos.

12.1   Lees die storie. Skryf jou eie einde vir die storie. Moenie meer as drie
       sinne skryf nie.

                                    Sipho se teleurstelling

       Sipho hou van sport en veral atletiek. Hy het baie hard geoefen vir
       die 2011-atletiekseisoen en ook om die kompetisie te wen. Hy het
       homself belowe om die beker vir hulle skool te wen. Sy skool het die
       meeste trofeë vir atletiek in die area gewen.

       Michael is die beste atleet in die skool. Hy is ook die beste krieketspeler
       en het die meeste paaltjies vir die afgelope paar wedstryde geneem.
       Hy is ‘n groot, sterk seun en is ook baie fiks.

       By die atletiekbyeenkoms het Sipho so vinnig as wat hy kon
       gehardloop, maar hy kon nie vir Michael wen nie. Michael het die
       trofee vir die beste atleet in die skool gewen.

       Sipho was baie hartseer, maar sy vriend, Brian, het gesê hy moenie
       bekommerd wees nie, want die trofeë behoort aan die hele skool. Hy
       het aan Sipho gesê om ook nie hartseer te wees nie omdat hy baie
       hard geoefen het. Brian het aan Sipho gesê hy moet onthou hy was
       die beste swemmer van die skool.

12.2   Skryf 8 sinne oor jou naweek.

12.3   Op pad na die atletiekbyeenkoms was daar ‘n ongeluk. Skryf 6 tot 8
       sinne oor wat gebeur het.

                                                                              16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
12.4    Skryf ‘n storie oor ‘n seun of meisie wat geld in ‘n kompetisie
        gewen het.

12.5    Skryf ‘n brief aan jou maat en vertel aan hom of haar hoe jy die
        spelkompetisie van julle skool gewen het.

13.1    Skryf die sinne oor en gebruik die nodige leestekens.

        die volgende keer as busi ‘n sak sien sal sy dit oopmaak om te kyk
        wat daarin is

13.2    Skryf die sin oor en gebruik die korrekte leestekens.

        op vrydag was Sandra ‘n 20 jarige meisie van randburg betrokke in
        ‘n motorongeluk in durban

13.3    Skryf ‘n sin en gebruik die volgende leestekens:
        komma, hoofletter, uitroepteken, punt

13.4    Kies die korrekte leesteken vir die onderstaande sin. Vul dit op die
        korrekte plek in.

        , . ? ! “ “

        Hoe laat begin julle skool

13.5 Skryf die sin oor deur die leestekens op die regte plekke te skryf.

       waar sal ons vakansie gaan hou vra, susie net nie op die plek nie “ek hou
       nie van die geraas wat taxi’s maak nie sê john”

14.1    Kies die korrekte antwoord.

                                                                              17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
         Lauren en Jane is ...

         A      mats

         B      maats

         C      maat

         D      maas

14.2     Onderstreep die korrekte woord.

         Die (miesies, meisies, meseis, meiseis) swem.

14.3     Omkring die letter met die korrekte antwoord.

         Een kind, maar baie ...

         A      kinds.

         B      kindes.

         C      kinders.

         D      kinnders.

14.4     Pas die enkelvoudvorm by die meervoudsvorm.

                         KOLOM A                         KOLOM B

14.4.1   storie                            A. vrouens

14.4.2   vrou                              B. stories

                                                                   18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
14.5   Kies die korrekte meervoude om die sin te voltooi.

       Die kinders lees hulle .......................... (boeke, boek).

       Daar is twee .............................. in die stootwa (baba, babas).

15.1   Kies die regte antwoord (verlede tyd) .

       Lauren ... die parkie verlede Saterdag besoek.

        A       het besoek

        B       het gebesoek

        C       het

15.2   Vul die ontbrekende woord in (verlede tyd).

       Sy ................. ongehoorsaam (is, was).

15.3   Skryf die sin in die toekomende tyd.

       Ek eet my kos.
       ...................................................................................

15.4   Skryf die sin in die verlede tyd. Begin met die woord Gister.

       Die meisies swem.
       .......................................................................................

15.5   Omkring die korrekte antwoord.

       Ek maak mamma se koppie ............................

                                                                                                 19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
A   vool.

B   half.

C   volled.

D   vol.

                                     20

## Related documents

- [Grade 3 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-3-afrikaans-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/a85d9df0-b989-401a-9feb-348e04275161) — Afrikaans · QP · 2012 · Afr
- [Grade 3 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-3-afrikaans-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/e7664637-c254-4ea4-985d-e2e2f4a2bc5d) — Afrikaans · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans Graad 3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-graad-3-memo/d0c241a8-05be-4420-b2cb-4ab0a402cb7f) — Afrikaans · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans HL Grade 3 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-grade-3-2012/3cdb4626-a214-412f-88e2-6d532084ea7d) — Afrikaans · QP · 2012 · Afr
- [2013+Grade+3+Afrikaans+HL+Exemplar](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-3-afrikaans-hl-exemplar/6a50ca5d-584d-470c-aab9-8db93b3dd5bf) — Afrikaans · QP · 2013 · Afr
- [Grade 3 Afrikaans HL Memo Deaf](https://www.hlayiso.com/library/grade-3-afrikaans-hl-memo-deaf/f00bce5b-7a65-4377-bb7d-2c16f0a6dcdc) — Afrikaans · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 3 Afrikaans

- [AFR HL GR3 MEMO NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov-2017/22f8c140-851a-489c-a7a4-6798f315b4d6) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS FAL GR3 NOV2017 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gr3-nov2017-memo/25dbbf8a-08bf-43a4-9497-0ca5dd954bd0) — Memo · 2017 · Afr
- [GR3 AFR FAL NOV 2016 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr3-afr-fal-nov-2016-memo/cd371929-13ac-4fe9-ace1-b55ba4cc8d31) — Memo · 2016 · Afr
- [AFR HL GR3 MEMO NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov2016/f14f351a-68f8-4501-9fda-bd1052c37337) — Memo · 2016 · Afr
- [2014 ANA Grade 3 Afrikaans HL memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-3-afrikaans-hl-memo/f171434f-fcb3-4c7f-a6ca-1e1561ceb493) — Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL GR3 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-gr3-memo-nov2014/d82f2bbc-837a-4026-afb2-33c2b44ed49d) — Memo · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 3 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-3/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
