# Afrikaans HL Grade 5 ANA 2012 Question Paper

> Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA 2012, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-5-2012/6ff5b502-0974-4e84-a7b5-9917e9dd5dd3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 5 ANA 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-5-2012/6ff5b502-0974-4e84-a7b5-9917e9dd5dd3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 5 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                              PUNTE

                       JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
                           GRAAD 5 AFRIKAANS HUISTAAL
                                      TOETS

PUNTE: 40

TYD: 1½ uur

PROVINSIE _______________________________________________________________________

STREEK _________________________________________________________________________

DISTRIK _________________________________________________________________________

NAAM VAN SKOOL______________________________________________________________

NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)

KLAS (bv. 5A) ____________________________________________________________________

VAN ______________________________________________________________________________

NAAM ____________________________________________________________________________

GESLAG (✓)            SEUN                            DOGTER

GEBOORTEDATUM               C    C    Y    Y    M    M    D    D

                                                                     *5AFHL*

                Hierdie toets bestaan uit 11 bladsye, die voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan leerders

1.   Lees alle instruksies noukeurig deur.
2.   Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3.   Hierdie toets duur 90 minute.
4.   Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeeld lei, voor jy met die toets begin.
5.   Skryf netjies en leesbaar.

Praktiese oefening

Omkring die letter voor die regte antwoord.

Koeie gee vir ons ...

A         beesvleis.
B         varkvleis.
C         skaapvleis.
D         wildsvleis.

Jy het die vraag korrek beantwoord indien jy A omkring het.

                           Die toets begin op die volgende bladsy.

Graad 5 Afrikaans HT                         1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Lees die leesstuk hieronder aandagtig deur en beantwoord dan Vraag 1 tot 4.

Yanx was heeltemal té ondeund. Poetse bak was haar spesialiteit. Verlede somer het sy
eendag saam met haar ma na ŉ winkel gegaan nadat sy ŉ paar sulke suksesse gehad het.
Sy het dit op die een of ander manier, sonder dat iemand haar gesien het, reggekry om ŉ
                       groot stuk suurlemoenjellie bo-op die waaier te gooi. Die gevolg hiervan
                       was net so rampspoedig vir haar as vir die mense wat daar naby gesit
                       en eet het. Dit het op al die mense gespat. Haar ma was baie verleë.

                       Eers na vele soortgelyke mislukkings het Yanx haar les geleer. Die
                       volgende dag het hulle dieretuin toe gegaan om na die diere te kyk. Sy
het skaars die olifant gesien, toe kry sy ŉ idee. Sy was vinnig by die koekwinkel en het die
grootste oliebol wat sy kon kry, gekoop. Toe sy by die huis aankom, het sy dit oopgesny en
die binneste gedeelte uitgehaal. Daarna het sy dit met ŉ hele paar lepels mosterd gevul en
op die mosterd soveel peper gegooi as wat daaraan vasgesit het.

Sy het ewe ongemerk met die gestopte oliebol na die dieretuin gegaan en aangebied om die
olifant te voer. Die stomme olifant het verbaas en verskrik gelyk toe hy die bolletjie met sy
slurp na sy mond bring. Hy het skril en donderend gehoes. Yanx was verheug en in haar
noppies.

Baie seker dat sy ŉ goeie ent weg van die olifant was, het sy gebrul van die lag. Intussen
het die olifant water met sy slurp opgesuig en dit in sy mond gespuit. Toe hy ŉ bietjie koeler
van binne was, het hy nog meer koue water opgeslurp en dit hierdie keer reguit langs Yanx
se nek af gespuit. Die gelag het skielik opgehou.
                                         [Verwerk uit: Mischievous Archie deur Ronald Ridout]

Graad 5 Afrikaans HT                            2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Omkring die letter voor die korrekte antwoord in Vraag 1–6.

1.   Kies ŉ gepaste woord om die volgende titel vir die storie te voltooi.

     Yanx, die … meisie.

     A     stoute

     B     astrante

     C     saggeaarde

     D     vervelige                                                                   (1)

2.   Die woord wat die olifant die beste beskryf toe hy die oliebol geproe het, is …

     A     kwaad.

     B     geskok.

     C     verbaas.

     D     dapper.                                                                     (1)

3.   Toe die jellie op die mense gespat het, was Yanx se ma …

     A     verheug.

     B     vreugdevol.

     C     verstom.

     D     verleë.                                                                     (1)

Graad 5 Afrikaans HT                          3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

4.   Waar het Yanx die olifant gesien?

     Sy het die olifant by die … gesien.

     A      dieretuin

     B      sirkus

     C      diereplaas

     D      koekwinkel                                                         (1)

5.   Toe Yanx die jellie op die waaier gooi, …

     A      het die waaier in stukke gebreek.

     B      het dit op die mense gespat.

     C      moes sy die jellie opeet.

     D      moes sy die gemors skoonmaak.                                      (1)

6.   Wanneer het Yanx die idee gekry om ŉ poets by die dieretuin te bak?

     Onmiddellik nadat sy …

     A      haar ma gesien het.

     B      die olifant gesien het.

     C      die oggend opgestaan het.

     D      bed toe gegaan het.                                                (1)

7.   Onderstreep slegs die korrekte antwoord tussen hakies.

      7.1    Die jellie was suur, maar ook (bitter/soet/groen) soos suiker.    (1)

     7.2    Die olifant het so hard soos (weerlig/musiek/donderweer) gehoes.   (1)

Graad 5 Afrikaans HT                            4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

8.    Oorsaak en Gevolg

      Oorsaak en gevolg beteken dat as jy een ding doen, sal iets anders gebeur.

     VOORBEELD: Oorsaak: Jy eet te veel lekkers.

                        Gevolg:   Jy sal siek raak.

      Skryf neer wat jy dink die oorsaak van die gegewe gevolg hieronder sal wees.

      8.1     Oorsaak: Yanx het die olifant ŉ branderige oliebol gegee.

              Gevolg:     _______________________________________________            (1)

      8.2     Oorsaak: Yanx het die jellie op die waaier gegooi.

              Gevolg:     ________________________________________________           (1)

Graad 5 Afrikaans HT                          5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Lees die leesstuk hieronder noukeurig deur en beantwoord dan Vraag 9 tot 12.

                Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 in die dorp, Mthatha, gebore. In 1950 is
                hy tot president van die Jeugliga verkies. Hy is van hoogverraad aangekla.
                In Junie 1964 is hy tronk toe gestuur op Robbeneiland. Daar het hy 27 jaar
                as ŉ politieke gevangene deurgebring. Hy is in 1990 uit die gevangenis
 vrygelaat. Die Nobelprys vir Vrede is in 1993 aan hom toegeken.

 Hy het in 1994, op die ouderdom van 75 jaar, Suid-Afrika se eerste demokraties verkose
 president geword. Hy het baie veranderinge vir die mense van Suid-Afrika meegebring. ŉ
 Huis vir weeskinders is geopen en fondse uit verskillende projekte is deur hom beskikbaar
 gestel. Hy het uit die politiek getree en woon in Gauteng. Hy is op 18 Julie 1998 met
 Graça getroud.

 Hy word wêreldwyd as ŉ ikoon beskou. Ons moet almal van hom leer en geïnspireer word
 deur sy voorbeeld. Elke jaar op 18 Julie, word erkenning aan hom gegee en dit staan as
 “Internasionale Mandeladag” bekend. Ons almal moet hierdie dag gebruik om iets
 inspirerends te doen.

9.     Omkring die letter voor die korrekte antwoord in Vraag 9–12.

       Die teks hierbo leer ons om …

       A      geïnspireer te word.

       B      met ander te baklei.

       C      dankbaar te wees.

       D      beleefd te wees.                                                                (1)

Graad 5 Afrikaans HT                          6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

 10.   Waar is Nelson Mandela gebore?

       A      Gauteng

       B      Mthatha

       C      Robbeneiland
                                                     (1)
       D      Kaapstad

11.    Watter prys het Mandela in 1993 ontvang?

        A     Die Nobelprys vir Vrede

        B     Die Novelprys vir Demokrasie

        C     Die Vredesprys vir Harmonie

        D     Die Nobelprys vir Menslikheid          (1)

 12. Met wie is Nelson Mandela nou getroud?

        A     Zinzi

        B     Graça

        C     Lerato

        D     Thandi                                 (1)

Graad 5 Afrikaans HT                          7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

13.        Plaas die volgende gebeurtenisse in Mandela se lewe in die korrekte volgorde.
           Gebruik nommer 1 tot 6 om die korrekte volgorde van die gebeurtenisse aan te
           dui.

                                    GEBEURTENIS                                  KORREKTE
                                                                                 VOLGORDE
      1.      Nelson Mandela is in 1994 tot president van Suid-Afrika verkies.
      2.      Hy is in 1964 tronk toe gestuur.
      3.      Hy is op 18 Julie 1998 met Graça getroud.
      4.      Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 gebore.
      5.      Hy is in 1990 uit die gevangenis vrygelaat.
      6.      Mandela is tot president van die Jeugliga in 1950 verkies.
                                                                                            (2)

14.    Skryf die volgende sinne oor in die toekomende tyd.

       14.1       Ons mis Nelson Mandela se sterk leierskap.

                  _______________________________________________________________           (2)

       14.2       Die verkiesings was vry en regverdig.

                  _______________________________________________________________           (2)

 Graad 5 Afrikaans HT                              8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

15.    Verbind die volgende twee sinne om een sin te vorm.

       Gebruik “maar” OF “alhoewel”.

      Mandela is baie sleg behandel. Mandela het nie hoop op vryheid verloor nie.

      _____________________________________________________________

      _____________________________________________________________                 (2)

16.   Skryf die sin hieronder oor en gebruik korrekte leestekens.

           biskop tutu het gesê Nelson Mandela is ŉ ware inspirasie vir die hele
           Suid-Afrika

      _____________________________________________________________

      _____________________________________________________________

      _____________________________________________________________                 (3)

17. Skryf die volgende sin in die indirekte rede.

      Nelson Mandela het gesê: “Die stryd is my lewe.”

      ____________________________________________________________                  (2)

 Graad 5 Afrikaans HT                          9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

18. Gebruik die inligting in die tabel hieronder om die paragraaf te voltooi.

                            SPYSKAART VIR DIE LAASTE WEEK VAN DIE KWARTAAL

            DAE VAN DIE WEEK              EERSTE POUSE:               TWEEDE POUSE:
                                             ONTBYT                     MIDDAGETE

           MAANDAG                 Pap met melk              Vis en skyfies
                                   Vrug: Appel

           DINSDAG                 Kaastoebroodjie           Pastei, sous en skyfies
                                   Vrug: Peer

           WOENSDAG                Pap met melk              Hoendersop met ŉ bruin rolletjie
                                   Vrug: Lemoen

           DONDERDAG               Pap met                   Vis en skyfies
                                   melk
                                   Vrug: Piesang

           VRYDAG                  Pap met melk              Verpakte middagete en
                                   Vrug: Appel               een sjokoladestafie

    Die kinders by ons skool ontvang twee maaltye per dag. Gedurende eerste pouse eet ons

     ŉ gesonde (18.1) ______________ en gedurende tweede pouse eet ons middagete.

    Maandae en (18.2) ________________ eet ons dieselfde middagete. Ons eet elke dag ŉ

    (18.3) ____________ met ontbyt. Ons skool moedig gesonde eetgewoontes aan. Ons eet

    (18.4) ____________-sop op Woensdae. Op Vrydae kry ons ŉ (18.5) _________________

    middagete omdat die skool vroeg uitkom. Ons word toegelaat om ons middagete huis toe te
                                                                                                (5)
    neem.

    Graad 5 Afrikaans HT                         10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

19. Skryf TWEE paragrawe van omtrent 8 tot 10 sinne oor watter straf jy dink Yanx se
     ma moontlik vir haar gegee het toe sy by die huis kom.
     Punte sal vir die volgende gegee word:
     a.   As jy oor die onderwerp skryf
     b.   Hoe jy jou sinne saamstel
     c.   Spelling en taal
     d.   As jy twee paragrawe van 8 tot 10 sinne skryf

     Begin jou eerste paragraaf met die volgende sin:

     Toe hulle by die huis aankom, het Yanx se ma besluit om haar te straf vir haar swak
     gedrag by die restaurant.

     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________
     _____________________________________________________________________                 (8)

                                                                                   TOTAAL: 40

 Graad 5 Afrikaans HT                         11

## Related documents

- [Afrikaans HL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-5-2012-memo/c472acc4-4aee-49e5-9e5f-28325f7ce023) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/37419aff-74c7-4e8f-860b-3a79eac84264) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/650fc8f7-9696-4e8f-8c2a-1b871ecf74fb) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-hl-memo/d1f525f4-6ac4-460a-aa19-f6331c66d2c6) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+5+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-5-afrikaans-hl-2013-memo/c86110a1-844e-4436-8073-4c4a3c5aabf2) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5-memo/c26c3fd0-68c0-4095-9181-7f04ace50d75) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans HL

- [Afrikaans Term 4 Eksamen memorandum](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2020-november-exam-memorandum-afrikaans/c44ecd9e-adf9-44bd-ae1b-a3175c89d604) — Memo · 2020 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+HL+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-hl-exemplar-memo/4eb3bc8c-bcc2-41ba-be61-09f61d4c170e) — Memo · 2013 · Afr
- [Gr 5 Afr HL voorbeeld memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-5-afr-hl-voorbeeld-memo/2c35cf65-19e1-4d52-90b8-763cfb64b70b) — Memo · 2012 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
