# Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL question paper from the ANA 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 ANA 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-6-2012/2831b23f-e6c6-46ed-9359-b768ebd13cd7)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                                 PUNTE

                     JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
                         GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL
                                    TOETS

PUNTE: 50

TYD: 1½ uur

PROVINSIE _______________________________________________________________________

STREEK _________________________________________________________________________

DISTRIK _________________________________________________________________________

NAAM VAN SKOOL______________________________________________________________

NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)

KLAS (bv. 6A) ____________________________________________________________________

VAN ______________________________________________________________________________

NAAM ____________________________________________________________________________

GESLAG ( )                   SEUN                           DOGTER

GEBOORTEDATUM            C     C    Y   Y    M     M    D    D
                                                                     *6AFHL*

              Hierdie toets bestaan uit 15 bladsye, die voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan leerders

1.   Lees al die instruksies noukeurig deur.
2.   Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3.   Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeeld lei voordat jy met die toets
     begin.
4.   Die toets duur 90 minute.
5.   Skryf netjies en leesbaar.

Praktiese voorbeeld

Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

Bafana Bafana is die sokkerspan van ...

A      Australië.
B      Suid-Afrika.
C      Kameroen.
D      Nigerië.

Jy het die vraag korrek beantwoord as jy B omkring het.

                       Die toets begin op die volgende bladsy.

Graad 6 Afrikaans HT                           1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan Vraag 1 tot 5.

 Musiek is die hartklop van Afrika.                Ons sing ons lied vir Afrika.
 En soos ons tromme slaan                          Ons vier fees, terwyl ons saam neurie.
 word ons geslaan                                  Ons neurie vir Afrika.
 deur die pols van Afrika.                         Halala, Afrika, halala is ons neuriesang.

 Ons vier fees,                                    Musiek is die gom van Afrika,
 soos ons ons voete stamp.                         en soos ons bind
 Ons vier fees,                                    word ons gebind,
 soos ons die ritme stamp.                         Ons eenheid is Afrika-musiek.
 Die ritme van Afrika.

 Musiek is die harmonie van Afrika.
 Soos ons sing,
 word ons besing,
 deur die melodie van Afrika.
                                                   – Onbekend

1.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord om die sin te voltooi.

         1.1   Mense van Afrika “word geslaan” deur die … van Afrika.

               A    ritme
               B    pols
               C    melodie
               D    eenheid                                                               (1)

Graad 6 Afrikaans HT                        2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

        1.2    “Musiek is die gom van Afrika” omdat dit mense …

               A    saambind.
               B    uitmekaar dryf.
               C    depressief maak.
               D    laat dans.                                                   (1)

        1.3    Musiek is die “pols van Afrika”. Dit beteken musiek is die …

               A    hartklop van die mense van Afrika.
               B    lied en trane van Afrika.
               C    hartseer van die mense van Afrika.
               D    geluide van die Afrikatromme.                                (1)

2.      Die tema van die gedig kan die beste beskryf word as die belangrikheid
        van ...

        A      tromme vir die mense van Afrika.
        B      melodieë vir die mense van Afrika.
        C      musiek vir die mense van Afrika.
        D      sangers vir die mense van Afrika.                                 (1)

3.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         3.1   Die liedere van Afrika ...

               A    bring ons bymekaar.
               B    dryf ons uitmekaar.
               C    word vir ons gesing.
               D    is vir ons bedoel.                                           (1)

Graad 6 Afrikaans HT                            3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

        3.2    Die woord “halala” is ŉ voorbeeld van ... taal.

               A      formele
               B      informele
               C      akademiese
               D      godsdienstige                                                   (1)

4.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         4.1    Die beeldspraak wat in die reël “Musiek is die hartklop van Afrika”
                aangetref word, is ŉ voorbeeld van ...

                A       ŉ vergelyking.
                B       alliterasie.
                C       ŉ metafoor.
                D       assonansie.                                                   (1)

         4.2    Watter stelling verduidelik die beeldspraak wat in Vraag 4.1 genoem
                is?

                   “Musiek is die hartklop van Afrika.” Dit beteken musiek is ...

                A       ŉ trom vol gelukkige harte.
                B       die geluid wat ons harte maak.
                C       ŉ lied in ons harte.
                D       ŉ hart wat lewe gee aan sy mense.                             (1)

5.   Dink jy die digter is trots op Afrikamusiek? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

     _____________________________________________________________

     _____________________________________________________________                     (2)

Graad 6 Afrikaans HT                             4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Bestudeer die foto hieronder en beantwoord Vraag 6 en 7.

6.   Hoe, dink jy, voel die leerders in die foto? Noem TWEE verskillende
     emosies wat jy kan sien.

     _______________________________________________________________

     _______________________________________________________________          (2)

7.   Noem TWEE leidrade wat in die foto gevind kan word, wat daarop dui dat
     die leerders moontlik by die skool kan wees.

     ______________________________________________________________

     ______________________________________________________________           (2)

Graad 6 Afrikaans HT                     5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Lees die teks hieronder en beantwoord Vraag 8 tot 10.

                             OPPAS – GEVAAR IN DIE HUIS

Elke jaar gebeur daar baie ongelukke waar kinders per ongeluk paraffien drink en
daarvan sterf. Kinders neem aan dat paraffien veilig is om te drink omdat paraffien soos
water lyk en in koeldrankbottels gegooi word.

Ouers moet daarom die nodige voorsorgmaatreёls tref om te verhoed dat kinders die
paraffien per ongeluk drink. Eerstens moet paraffien in ŉ deursigtige bottel, wat duidelik
gemerk is, gehou word. Tweedens moet dit sover moontlik buite bereik van kinders
gebêre word. Selfs die dampe van paraffien is baie gevaarlik.

Ouers moet seker maak dat die bottel paraffien ver van oop vlamme gehou word, want
dit kan maklik aan die brand slaan. Gedurende die koue maande in Suid-Afrika is daar
baie huise wat vernietig word in brande wat ontstaan as gevolg van paraffien wat per
ongeluk uit lampe of stowe gestort word.
                                                                 [Aangepas uit Wikipedia]

8.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
         Kies die stelling wat die korrekte hoofgedagte van die leesstuk aandui.

          A     Paraffien word in stowe gebruik.
          B     Die gebruike van paraffien.
          C     Die gevaar van paraffien in ons huise.
          D     Paraffien is baie duur.                                                      (1)

Graad 6 Afrikaans HT                            6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

9.       Beantwoord die volgende vrae uit die leesstuk:

         9.1    Noem EEN manier hoe daar verhoed kan word dat ŉ kind per
                ongeluk paraffien drink.

                ______________________________________________________

                ______________________________________________________               (1)

         9.2    Waarom moet paraffien nie naby oop vlamme gehou word nie?

                ______________________________________________________

                ______________________________________________________               (1)

         9.3    Skryf TWEE woorde neer wat langs mekaar in die leesstuk staan, wat
                die teenoorgestelde as opsetlik beteken.

                _____________________________________________________                (1)

10.      Skryf ŉ sin om die betekenis van die onderstreepte woorde te verduidelik.

         10.1   Gebruik die woord deursigtig in ŉ sin van jou eie om die betekenis
                daarvan aan te dui.

                _______________________________________________________

                _______________________________________________________              (1)

        10.2    Gebruik die woord voltooi in ŉ sin van jou eie om die betekenis
                daarvan aan te dui.

                _____________________________________________________

                _____________________________________________________                (1)

Graad 6 Afrikaans HT                         7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

Lees die inligting in die uittreksel hieronder en beantwoord Vraag 11.

Soos alle insekte het miere ses pote. Elke poot het drie litte. Die pote van ŉ mier is
baie sterk sodat dit vinnig kan hardloop. As ŉ man so vinnig soos ŉ mier kon hardloop,
sou die spoed gelykstaande wees aan dié van ŉ resiesperd. Miere kan 20 keer hulle
eie gewig optel. ŉ Mier se brein het ongeveer 250 000 breinselle. Die menslike brein
het 10 000 miljoen, so ŉ kolonie van 40 000 miere het gesamentlik dieselfde grootte
brein as die menslike brein.

Die gemiddelde leeftyd van ŉ mier is 45 tot 60 dae. Miere gebruik hulle voelers nie net
om mee te voel nie, maar ook om mee te ruik. Die kop van ŉ mier het ŉ paar groot,
sterk kake. Hierdie kake maak oop en toe soos ŉ skêr. Volwasse miere kan nie vaste
kos kou of sluk nie. In plaas daarvan sluk hulle die sap van die stukke kos wat hulle
met hul sterk kake uitdruk. Miere gooi dan die uitgedroogde deel wat oorbly, weg. 'n
Mier het twee oё, wat saamgestelde oё genoem word. Elke oog bestaan uit ŉ klomp
kleiner ogies.

Die agterlyf van die mier bevat twee mae. Een maag hou die voedsel vir homself, en
die tweede maag se voedsel word met ander miere gedeel. Net soos by alle insekte, is
die buitekant van die mier met ŉ sterk harnas bedek, wat ŉ eksoskelet genoem word.
Miere het vier duidelike groeistadia: die eier, larwe, papie en die volwassene. Daar is
meer as 10 000 bekende mierspesies.

                                                                [Aangepas uit Wikipedia]

Graad 6 Afrikaans HT                           8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

11.   Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

      11.1    Die frase “leeftyd van ŉ mier” verwys na die ...

              A    kop van ŉ mier met die sterk kake.
              B    manier waarop ŉ mier sap uit sy voedsel kry.
              C    harnas wat die mier se liggaam bedek.
              D    verwagte tyd wat ŉ mier sal leef.                                  (1)

      11.2    Watter EEN van die volgende opsies is nie ŉ kenmerk van ŉ mier nie?

              A    Dit het ses pote met litte aan elke poot.
              B    Dit het twee oё en kan vinnig hardloop.
              C    Die agterlyf het twee mae.
              D    Dit kan vaste kos kou en sluk.                                     (1)

      11.3    Daar is meer as 10 000 mierspesies. Hulle het die volgende in gemeen:

              A    Hulle kan vir 45 tot 60 jaar leef.
              B    Hulle gaan deur 4 stadia van ontwikkeling.
              C    Hulle gebruik hulle voelers om te sien en te hoor.
              D    Hulle kan so vinnig soos mense hardloop.                           (1)

Graad 6 Afrikaans HT                          9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

12.    Skryf ŉ kort storie (6 tot 8 sinne) oor hoe jy ŉ dier of troeteldier, wat in die
        moeilikheid was, gered het.

       Gebruik die korrekte spelling, leestekens en taal.

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________

        ______________________________________________________________                    (6)

Graad 6 Afrikaans HT                       10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

13.    Gebruik ŉ voorvoegsel of agtervoegsel soos hieronder gevra.

       13.1    Gebruik ŉ geskikte voorvoegsel om ŉ woord te vorm wat die
               teenoorgestelde betekenis as die woord tussen hakies het.

               Daar is (orde) _____________________ as ŉ huisvlieg op die kos sit.      (1)

       13.2    Gebruik ŉ geskikte agtervoegsel om ŉ bywoord van die woord tussen
               hakies te vorm.

               Die huisvrou voel (skitter) ________________________ wanneer sy
               die huisvlieg doodslaan.                                                 (1)

14.    Skryf die volgende sinne oor in die verlede tyd:

       14.1    Frikkie hou daarvan om boeke oor huisvlieë te lees, want hy vind hulle
               fassinerend.

               _________________________________________________________________

               _________________________________________________________________        (1)

       14.2    Die vlieë in die kombuis is huisvlieë en hulle het groen oë.

               ______________________________________________________

               __________________________________________________________________       (1)

15.    Voltooi die volgende sin in jou eie woorde:

       Wanneer mense ŉ huisvlieg doodmaak, ____________________________

       ____________________________________________________________

       ____________________________________________________________                     (1)

Graad 6 Afrikaans HT                        11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

16.    Skryf die volgende sin met die korrekte leestekens oor:

       Ekt ŉ huisvlieg gesien skree Frikkie.

       ________________________________________________________                (2)

17.    Skryf die volgende sin oor deur met die onderstreepte woord te begin:

       Volwasse vroulike vlieë lê eiers.

       ________________________________________________________                (2)

Graad 6 Afrikaans HT                           12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

18.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder om die kolomgrafiek te
        voltooi.

        Jy moet besluit watter boeke is fiksie en watter is nie-fiksie. Jy moet dan
        die getal fiksie- en nie-fiksieboeke wat Frikkie en Precious gelees het,
        inkleur. Die kolomme vir Sunita is as voorbeeld voltooi.

 Naam van leerder                   Getal boeke gelees            Soort boeke gelees

                                            3                     Strokiesverhaalboek
 Frikkie Coetzer
                                            1                          Biografie

                                            2                         Biografieë
 Sunita Naidoo
                                            4                          Fantasie

                                            2                     Strokiesverhaalboek
 Precious Mhati
                                            4                       Autobiografieë

                       5

                       4

         Getal boeke
                       3

                       2

                       1
                           Fiksie   Nie-        Fiksie    Nie-     Fiksie   Nie-
                                   fiksie                fiksie            fiksie
                              SUNITA               FRIKKIE           PRECIOUS

                                                                                        (4)

Graad 6 Afrikaans HT                                13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

19.      Gebruik die inligting in die tabel om die volgende vrae te beantwoord:

         19.1     Hoeveel fiksieboeke het Sunita gelees? ___________________                  (1)

        19.2      Hoeveel nie-fiksieboeke het Frikkie gelees? ______________                  (1)

20.      Lees die paragraaf hieronder.

          ŉ Ouma en haar kleinseun, Pieter, is op pad winkel toe. Hulle moet nog besluit
          wat om te koop. Ouma dink aan ŉ lieflike, rooi handsak of ŉ nuwe rok om na
          ŉ troue toe aan te trek. Pieter sal weer mal wees oor ŉ blink, nuwe sokkerbal
          of ŉ krieketkolf. Dit is al amper middagete, en hulle besluit om eers iets te eet
          voordat hulle gaan inkopies doen.

         Voltooi die dialoog, op die volgende bladsy, tussen Pieter en Ouma in
         6 tot 8 sinne. Gebruik die regte dialoogvorm, leestekens, spelling en
         taal.

Graad 6 Afrikaans HT                          14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

         Ouma: Wil jy eers iets eet voor ons gaan inkopies doen?
         Pieter: Ouma, ek is so opgewonde! Ek kan glad nie eers aan kos dink nie.
         Ouma: ________________________________________________________

                ________________________________________________________

         Pieter: ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

                ________________________________________________________

               _________________________________________________________            (6)

                                                                         TOTAAL:    50

Graad 6 Afrikaans HT                      15

## Related documents

- [Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-memo/7eb75c72-9ba0-46aa-9da7-6b2e9e2eb9f2) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL Memo Deaf](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-memo-deaf/f40c4419-7af5-4371-95d3-22e9b530a50b) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL Memo-Braille](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-memo-braille/ac309543-e04e-4099-8f9d-ea993bf013db) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/77578219-50ca-4195-9832-206e50e6abe3) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Grade 6 Afrikaans HL 2012 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2012-test/d267fdf5-7da4-440b-ae89-70df02e6b9a1) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — QP · 2017 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
