# Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Supplementary November 2016, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                            FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 70

                      Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Nasien van die leesbegrip:

•     Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
•     Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus
      op begrip is.
•     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
      NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
•     Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING/LUG JOU MENING-vrae, word geen
      punte toegeken nie. Die rede/motivering/aanhaling moet oorweeg word.
•     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
•     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
      korrek mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig
      word.
•     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele reeks,
      word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
•     Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
      vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
      sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
      Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
•     Aanvaar dialektiese variasies.

Vraag Antwoord                                                                                     Punt
Sien betekenis na en nie net woorde nie.
1.1     “siektes”/“probleme”/“’n kommerwekkende erfenis”/“’n bedreigde omgewing” √                  (1)
1.2      Sigaretadvertensies het nierokers onbewustelik beïnvloed om te begin rook √ en
         Suid-Afrikaners is ontvanklik vir advertensies met ’n buitelewetema. √                     (2)
1.3      Die stelling is nie wetenskaplik getoets nie. √                                            (1)
1.4      Alkoholmisbruik dra by tot lewenstylsiektes soos epilepsie, hoë bloeddruk, diabetes
         asook mond- en lewerkanker. √√√√                                                           (4)

         Enige VIER van bogenoemde antwoorde kan aangebied word.
1.5      Die woord “Ongelukkig”. √
                                                  EN
         Dis duidelik dat die gesondheid en die voortbestaan van die omgewing/natuur
         (aardverwarming/verstedeliking) hom/haar bekommerd maak./
         Hy/Sy gee om vir die natuur en Suid-Afrikaners se gesondheid./
         Die skrywer ly self as gevolg van foute wat die vaders gemaak het./
         Hy/Sy leef in dié omgewing en indien dit onbewoonbaar word/vergaan, sal hy/sy nie
         meer kan leef nie. √                                                                       (2)
         Die kandidaat kan enige antwoord wat binne konteks op kommer oor bewaring dui, aanbied.
1.6      Dit bevat baie sout/preserveermiddels/kan kolonkanker veroorsaak. √                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                              3                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS – Memorandum

1.7      Die ironie is daarin geleë dat ons voorouers verstedelik het ter wille van ekonomiese
         vooruitgang, √ maar die stedelike lewe het hulle gesondheid nadelig beïnvloed. √              (2)
         Enige soortgelyke ironie binne konteks, maar albei dele van die ironie moet genoem word.
         Om 2 punte te verdien moet albei dele gegee word.

1.8      Ja
         Hulle doen maklik velkanker op. √                                                             (1)

1.9      Ja
         Dit ondersteun die gedagte dat die omgewing ly/swaar kry./
         Dit beklemtoon die omvang van besoedeling. √                                                  (1)
1.10.1   Van die aarde se lewende spesies het baie reeds uitgesterf./
         Niemand doen iets om aardverwarming en/of kweekhuisgasse te stop nie./
         Daar is nie ’n kollektiewe wíl om die planeet te red nie./
         Mense kap bome af./
         Lug-, land- en/of waterbesoedeling duur voort. √√√                                            (3)
         Enige DRIE antwoorde is korrek.

1.10.2   Hulle sal die diereryk respekteer/diere nie uitroei nie/seker maak dat die diereryk
         bewaar word. √                                                                                (1)
         Die kandidaat kan enige antwoord met bogenoemde strekking aanbied.

1.11     “kollektiewe wíl” √                                                                           (1)

1.12     Die rol/voorbeeld van ouers bepaal die nageslag se gesondheid/optrede/houding/
         gesindheid. √                                                                                 (1)

1.13     Ek dink dis ’n goeie/slim/gemotiveerde samevatting/klimaks wat by die titel aan-
         sluit. √
         Dit wys op ouers/voorouers se verantwoordelikhede ten opsigte van gesondheid en
         ons planeet./
         Dit gee raad om die invloed van die sondes van onse vaders te verminder./
         Die gevolge van rook/drank/vetsug/ongesonde eetgewoontes/son/disrespek teenoor
         die planeet verdwyn nie vinnig nie/dit beïnvloed baie mense se lewens vir baie lank./
         Nalatigheid/die verkeerde voorbeeld van voorgeslagte kan kinders se gesondheid
         en/of toekoms vernietig. √√

         Enige TWEE van bogenoemde motiverings verdien punte.

                                               OF
         Dis nie ’n aanvaarbare/gepaste/samevattende slot nie, want die titel diskrimineer
         teen ouers/voorouers. √
         Enige mens kan kies om die voorbeeld van sy ouers/voorouers te verontagsaam./
         Die meeste jongmense is deesdae gesondheidsbewus en doen baie moeite om
         gesonder te leef./
         Daar is “groen” bewegings wat die aarde probeer red./
         Baie mense is bewus van die mens se invloed op die aarde en doen moeite met
         bewaring/herwinning ens. √√                                                                   (3)
         Enige TWEE van bogenoemde motiverings verdien punte.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         4                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

1.14     Ongesonde kos is goedkoper as gesonde kos. √                                           (1)

1.15     Ja
         Aartappelskyfies/brood/geblikte kos/koeldrank/souse is nie gesonde kos nie./
         Daar is geen visuele voorstelling van vars groente en/of vrugte nie. √                 (1)

1.16     Ja, in die voorstelling verskyn slegs ’n vrou terwyl baie mans en kinders ook
         oorgewig is.
                                                 OF
         Nee, die teks handel oor die gevaar verbonde aan ’n ongesonde leefstyl en die skets
         kon net sowel van ’n man gewees het./
         Nee, want in Leesstuk 1 word verwys na 70% van vroue wat oorgewig is, en as ma
         het vroue dus ’n direkte invloed op haar kinders. √                                    (1)

1.17     Daar is meer mense wat oorgewig is as dié wat ondergewig is. √                         (1)

1.18     “Byna 70% van Suid-Afrikaanse vroue is oorgewig.” √                                    (1)

1.19     Om mense bewus te maak van die erns van verkeerde eetgewoontes./te konfronteer
         met die invloed van hulle eetgewoontes. √                                              (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:          [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

•     Opskrif/Titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
      opskrif/titel te voorsien nie.
•     Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde in ’n paragraaf
      skryf.
•     Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
•     Rofwerk/Beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
      word die eerste opsomming nagesien.
•     Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

•     Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt per hoofgedagte)
      o 3 punte vir taal
      o Puntetotaal: 10

•     Verspreiding van punte vir taal indien kandidaat nie verbatim aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

•     Verspreiding van punte vir taal indien kandidaat verbatim aangehaal het:
      o 6–7 aanhalings: ken geen punte toe nie
      o 1–5 aanhalings: ken 1 punt toe

LET WEL:

•     Tel van woorde:
      o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
      o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
          het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
      o Indien die kandidaat die vereiste getal woorde oorskry het, word die
          oorskryding van 5 woorde toegelaat en die res van die opsomming
          geïgnoreer.
      o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word
          nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

                        HOE OORGEHAAL IS JY VIR LEES?

AANHALING UIT TEKS:                    MOONTLIKE BEWOORDING
1 Lees help jou kind om ’n uitgebreide A  Lees brei kinders se woordeskat uit.
  woordeskat te ontwikkel.

2   Verder verbeter lees ’n kind se B             Taalvaardigheid word verder deur
    taalvaardigheid ten opsigte van               lees verbeter.
    sinskonstruksie.

3   ... kinders leer beter fokus sodat hulle C    Lees     verbeter   kinders         se
    konsentrasie verbeter.                        konsentrasie-vermoëns.

4   Lees bied vir hulle brein die nodige D        Kinders se brein kry tyd om stil te
    stilte ...                                    word wanneer hulle lees.

5   Lees en spel gaan hand-aan-hand, E            Lees    ontwikkel      kinders      se
    want die een ontwikkel die ander.             spelvermoë.

6   Vir ouer en kind is leestyd ’n spesiale F     Leestyd      skep      noodsaaklike
    manier om daagliks kwaliteittyd ...           gesinstyd.

7   Lees stimuleer ’n wye algemene          G     Kinders    se   algemene         kennis
    kennis ...                                    ontwikkel danksy lees.

                                                                        Aantal woorde:44

                                          OF

’n Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende
moontlike bewoording gebruik:

Lees ontwikkel ’n kind se woordeskat en dit bevorder taalvaardigheid asook die
vermoë om te fokus. Kinders se brein kry tyd om stil te word wanneer hulle lees. Op
die koop toe verbeter dit kinders se spelling. Leestyd bied vir ouer en kind boonop die
geleentheid om die familieband te verstewig. ‘n Kind se algemene kennis ontwikkel
danksy lees.

                                                                      Aantal woorde: 57

                                                               TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            7                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

AFDELING C: TAAL

Nasien van hierdie afdeling:

•      Spelling:
       o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
       o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in
            die taalstruktuur getoets word.
       o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•      Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos
       in die instruksie aangedui.
•      Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½-punte toegeken
       word.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag      Antwoord                                                                                 Punt
3.1        nóg √                                                                                     (1)

3.2.       Die ruimte word wetenskaplik ondersoek. √                                                 (1)

3.3        Dit wil beklemtoon dat Redefine kan sorg vir meer as wat jy het./
           Dit plaas die klem op die ekstra wat hierdie eiensdomsagentskap kan bied. √               (1)

3.4        Uit die visuele voorstelling kan afgelei word dat die hond swaarky omdat hy sy
           spasie aan ’n kat moes afstaan./omdat sy blyplek vir hom te klein geword het. √           (1)

3.5        Dalk/Miskien/Moontlik √                                                                   (1)

3.6        nommerpas √                                                                               (1)

3.7        sál ons hemel en aarde beweeg./Ons sál hemel en aarde beweeg. √                           (1)

           Indien ’n kandidaat slegs hemel en aarde sou skryf, is dit nie korrek nie.
3.8        Tydens die Skepping is die hemel en die aarde gemaak./
           Die hemel en aarde lê ver uitmekaar./
           Die hemel en aarde is albei kolossaal. √                                                  (1)

3.9        Dit trek onmiddellik aandag en/of prikkel die leser se belangstelling./
           Die leser ervaar dat hy/sy by hierdie agentskap in mense wat omgee se hande is./
           Dit kan die begeerte om ’n geriefliker huis/eiendom aan te skaf stimuleer./
           Dit manipuleer die leser om geen ander eiendomsagentskap te gebruik nie./
           Dit laat die leser spesiaal voel. √                                                       (1)

3.10       Met die suggestie dat ander verhuurders nie mense is nie./
           Huurders word deur suggestie gemanipuleer om ander agentskappe nie te vertrou
           nie./Hulle wil menslike omgee oordra. √                                                   (1)

                                                                                                    [10]

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           8                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 4: STROKIESPRENT: MEESTER

Vraag     Antwoord                                                                                Punt
4.1       Die verwysing na julle s’n beteken julle kinderdae en dit is mos deesdae/vandag./
          Dis woordoortolligheid, want julle s’n en deesdae beteken dieselfde. √                   (1)

4.2       smiddags/smiddae √                                                                       (1)

4.3       Die meneer is (baie) oud./Dit was verskriklik lank gelede. √                             (1)

4.4       My verweer is dat ek daardie aand nie tuis was nie./
          Die vyand se hardnekkige verweer het die soldate se moed gebreek./
          Ek het geen verweer teen jou sjarme nie./
          Wie sal sy verweer in die hof glo?/
          Ek het geen verweer teen jou nie ... Jy het my oortuig! √                                (1)
          Enige soortgelyke sin moet aanvaar word.
4.5       ons/hulle √                                                                              (1)

4.6       onder √                                                                                  (1)

4.7       Neelsie gebruik die woord altemit as ’n selfstandige naamwoord./is onder die indruk
          dat altemit iets aan sy lyf se naam is./gebruik die woord altemit totaal verkeerd./se
          verkeerde gebruik van die woord altemit klink nogal snaaks./Altemit is eintlik ’n
          bywoord. √
                                                                                                   (1)
          Die kandidaat kan enige soortgelyke antwoord gee.
4.8       Hulle argument was heftig./Dit was ’n heftige argument.
          Sy ontkenning was so heftig dat dit my oortuig het./Sy heftige ontkenning ...
          Politieke partye argumenteer heftig in die parlement./Heftige argumentering ...
          Na hulle verset wat eers so heftig was, het hulle die hasepad gekies./
          Na hulle heftige verset ... √                                                            (1)
          Die kandidaat kan enige soortgelyke antwoord gee.

4.9       Hy wil kattekwaad aanvang./Hy doen kennis op hoe om ontploffings te laat
          plaasvind. √                                                                             (1)

4.10      Meester bewys dat hy in ’n gesagsposisie oor Neelsie is deur die gebruik van die
          volgende woorde: Hoekom is jou wiskundehandboek so verweer?/Besef jy dat jy al
          weer wiskunde druip?/Neelsie, hoekom speel jy nie meer rugby nie?/
          Meester se taal dui daarop dat hy Neelsie tot verantwoording roep. √                     (1)

          Die kandidaat se antwoord moet daarop dui dat ’n onderwyser se taalgebruik sy
          magsposisie kan reflekteer.
                                                                                                  [10]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           9                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag    Antwoord                                                                                 Punt
5.1      terapeuties √                                                                             (1)

5.2      Sy/Hy word gou kwaad./vererg haar/hom gou./verloor gou haar/sy humeur. √                  (1)

5.3      byvoeglike naamwoord √                                                                    (1)

5.4      Baie Belangrike Persoon/(B)baie belangrike persoon √                                      (1)

5.5      bloedmin/bloedweinig √                                                                    (1)

5.6      Die man wat niks vir die armes wil gee nie leef so suinig./onmededeelsaam./
         inhalig./spaarsamig./vrekkerig./vrekagtig. √                                              (1)

5.7      Onderwerpsin √                                                                            (1)

5.8      Haar man/Die man/Die spreker het gesê: “Gaan bad, asseblief! Ons moet ry.”/
         Haar man/Die man/Die spreker het gesê: “Gaan bad asseblief sodat ons kan ry.”/
         Haar man/Die man/Die spreker het gesê: “Jy moet gaan bad, asseblief! Ons moet
         ry.” √                                                                                    (1)
         Enige soortgelyke antwoord behoort aanvaar te word.

5.9      My man het my onnodig aangejaag, aangesien ek lankal klaar gebad en geklee
         het./Aangesien ek lankal klaar gebad en geklee het, het my man my onnodig
         aangejaag. √                                                                              (1)

         Die kandidate se antwoorde moet logies wees en woordorde is belangrik.

5.10     Sal dit moontlik wees dat hy nie die verskil kan/sal sien nie?/Is dit moontlik dat hy
         nie die verskil sal kan sien nie?                                                         (1)

                                                                                                  [10]

                                                                        TOTAAL AFDELING C:         30
                                                                            GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
