# Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Supplementary November 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B: Opsomming                    (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4.        Trek ’n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ’n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      50 minute
          AFDELING B:      30 minute
          AFDELING C:      40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                        GROEN MAAR GELUKKIG GETROUD
                                                                      Delia Joubert

1       Hoe gouer jy jou reis saam met jou huweliksmaat begin, hoe beter kan julle
        saam groei en die aanslae van die lewe trotseer.

2       Bogenoemde stelling word bevestig deur Rolene Strauss, ons eie Mejuffrou
        Wêreld, wat verlede jaar op 23 aangekondig het dat sy en haar kêrel, D’Niel
        Strauss, gaan trou. Die bekende Springboksenter, Jan Serfontein (22), wat 5
        verlede jaar verloof geraak het aan Lani Scholtz, met wie hy sedert matriek
        uitgaan, het dieselfde besluit geneem.

3       Vir die huidige 30+-generasie lyk dit asof Rolene en Jan vroeg trou, maar
        deesdae is hulle nie meer die uitsondering nie. Dit is asof meer jongmense
        vroeg in hul twintigs die pad kansel toe vat.                              10

4       Hoewel baie paartjies vandag jonk trou, is dit nog nie die norm nie. Oral hoor
        jy van paartjies wat bloedjonk trou, maar in dié stadium is hulle volgens
        die amptelike syfers nog in die minderheid. Volgens Statistiek Suid-Afrika se
        2013-opname trou die gemiddelde man in Suid-Afrika tussen die ouderdom
        van 30 en 34 en die meeste vroue tussen die ouderdom van 25 en 29. 15
        Deon Binneman, ’n sielkundige berader van Durbanville, voeg by:
        “My waarneming is dat mense nou op ’n vroeër ouderdom begin saamwoon,
        wat vanuit ’n verhoudingsperspektief op dieselfde as ’n huwelik neerkom.”

5       Cindy Strydom, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg, sê sy vermoed dis
        omdat die vorige generasie soveel later getrou het dat jongmense nou vroeg 20
        wil trou. “Die nuwe generasie rebelleer in ’n mate teen die norm. Maar net so
        het die vorige generasie, dié mense wat nou 30+ is, gerebelleer teen die
        tradisionele gebruik om vroeg te trou. Hierdie generasie se vroue het nie nodig
        gehad om te trou vir finansiële stabiliteit nie, want hulle was finansieel
        onafhanklik én dit het moontlik geword om later kinders te kry. Daarom wou 25
        hulle byna bewys jy hoef nie meer vroeg te trou nie.”

6       Nicholas Kühne, ’n tendenskenner en besturende direkteur van die
        handelsbestuursmaatskappy Wunderbrand, stem met Strydom saam. “Elke
        generasie het ’n teenreaksie op die trou-ouderdom van vorige generasies.
        Daar is ongelukkig min navorsing oor die onderwerp, maar vanuit ’n tendens- 30
        oogpunt kan jy wel afleidings uit die verskillende generasies se trougewoontes
        maak. Ná die konserwatiewe 1950’s was dwelms, musiekfeeste en vrye liefde
        die in-ding in die 60’s. In die laat 70’s en 80’s het mense weer teruggekeer na

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

        ’n tradisioneler benadering tot trou. Dit is moontlik dat die jonger generasie
        ’n teenreaksie het op die gewoontes van die vorige een, wat weer later wou 35
        trou – of glad nie.”

7       Daar is verskeie redes wat deur jongmense aangevoer word om hulle keuses
        te ondersteun. “Kultuur en geloof speel ’n rol, maar die onderliggende redes is
        gekompliseerd. Dit maak vandag prakties sin om jonk te trou, want dis byna
        onbekostigbaar om voor die ouderdom van 35, op jou eie, ’n huis en ’n motor 40
        te koop,” sê Nicholas. Hy is van mening dat die Internet, en veral sosiale
        media, ook besig is om die tradisionele struktuur van die samelewing te laat
        verbrokkel. “Ons gesels baie meer aanlyn en kuier minder by mekaar as
        voorheen. Dit is dus moontlik dat jonger generasies op ’n vroeër ouderdom
        egte, persoonlike bande met ander jongmense wil vorm – hulle voel dalk 45
        verder van mekaar verwyder as ouer generasies.”

8       Paartjies wat vroeg trou, is nie altyd voorbereid op die eise van die huwelik nie.
        Huwelike van jonggetroudes beland dikwels in onstuimige vaarwaters.
        Gelukkig is daar hulp vir jonggetroudes wat huweliksprobleme ervaar. Luzanne
        Liversage, ’n sielkundige berader van Johannesburg, meen berading is ’n 50
        goeie idee vir jong paartjies. “Paartjies wat voor die ouderdom van 25 trou, se
        kans om te skei is 50% groter as diegene wat later trou. Fisiek is jou
        prefrontale korteks, wat verantwoordelik is vir besluitneming en beplanning,
        eers op 25 ten volle ontwikkel. Dus is jou besluite as jongmens dalk nie so
        goed soos dié van iemand ouer as 25 nie.”                                          55

9       Jonger paartjies is meer geneig om vroeër die handdoek in te gooi as hulle
        ’n verhoudingsprobleem het, sê Deon Binneman. “Dis moeiliker vir jongmense
        om verhoudings bo hulle eie belange te stel. Dis noodsaaklik dat jongmense
        leer om die ander persoon se belange eerste te stel in plaas daarvan om op
        die eie ek te fokus.”                                                      60

10      Om jonk te trou hét voordele, sê Luzanne. “Jy het meer energie vir jou kinders,
        en minder bagasie van vorige verhoudings sodat jy met ’n relatief skoon
        blaadjie jou verhouding kan begin. Wanneer jy in ’n verhouding met die regte
        mens is, en gelukkig genoeg is om hom of haar jonk te ontmoet en te trou, is
        daar iemand wat jou altyd bystaan en help om jou volle potensiaal te bereik. 65
        Dan is die huwelik ’n veilige hawe waar jy jou eie mens kan wees.”

11      Solank jongmense nie ’n sprokiesverhaal verwag nie en ’n realistiese beeld
        van die eie ek, die maat en verhoudings het, is die kans op ’n suksesvolle
        verhouding goed.
                                                           [Verwerk uit: Sarie, Januarie 2016]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         5                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                          [Uit: Beeld, 8 Februarie 2013]

VRAE: TEKS A

1.1       Wat is die voordeel van vroeg trou volgens paragraaf 1?                                    (1)

1.2       Dink jy dit is gepas dat die skrywer van hierdie artikel na bekende persone
          as voorbeelde verwys? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

1.3       “… is hulle nie meer die uitsondering nie.” (Paragraaf 3)

          Haal VYF opeenvolgende woorde uit paragraaf 4 aan wat hierdie woorde
          weerspreek.                                                                                (1)

1.4       Herlees paragraaf 4.

          Hoekom is Deon Binneman se woorde in die laaste twee reëls van hierdie
          paragraaf ’n mening?                                                                       (1)

1.5       Wat is die “norm” waarna Cindy Strydom in paragraaf 5 verwys? Watter
          ooreenkoms bestaan daar tussen vandag se jongmense en vorige generasies
          se ingesteldheid jeens norme?                                                              (2)

1.6       Kühne en Strydom se sienings in paragraaf 5 en 6 stem grootliks ooreen.
          In watter opsig verskil hulle sienings?                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.7      Watter tendense uit die 60’s dra by tot die terugkeer na ’n tradisionele
         benadering van trou?                                                                    (3)

1.8      Noem ’n finansiële en sosiale uitdaging wat volgens paragraaf 7 tot die tendens
         van vroeg trou bydra. Stem jy saam met die skrywer se mening oor dié twee
         uitdagings? Motiveer jou keuse.                                                         (4)

1.9      Hoekom, volgens Luzanne Liversage, is die kanse op ’n onsuksesvolle huwelik
         vir jongmense ’n moontlikheid? Wat kan jongmense doen om te voorkom dat
         hul huwelik op die rotse beland?                                                        (2)

1.10     Watter belangrike voorwaarde in paragraaf 9 is volgens Binneman nodig om
         ’n huwelik te laat slaag?                                                               (1)

1.11     Wat beteken die titel van die artikel? Hoe hou hierdie titel met paragraaf 10
         verband?                                                                                (2)

1.12     In paragraaf 10 gee Liversage die voordele wat aan vroeg trou verbonde is.

         Watter ánder voordele, volgens die teks, is daar aan vroeg trou verbonde?               (3)

VRAE: TEKS B

1.13     Watter TWEE veranderinge sal die vrou in die man wil sien?                              (2)

1.14     Word daar, na jou mening, in hierdie spotprent teen vroue gediskrimineer?
         Motiveer jou antwoord.                                                                  (1)

1.15     Dink jy ’n huwelik, soos dit in dié spotprent gesuggereer word, het ’n goeie kans
         om suksesvol te wees? Motiveer jou antwoord.                                            (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.16     In die lig van die onderstreepte uitsprake in paragraaf 9 én 10 van TEKS A, is
         die voorstelling van die huwelik in TEKS B ironies. Gee redes vir hierdie
         stelling.                                                                               (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           7                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE unieke eienskappe van
Suid-Afrika.
LET WEL:       1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
                  aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
               2. Jou paragraaf moet samehangend geskryf word.
               3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
               4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
                        SUID-AFRIKA IN ’N KLAS VAN SY EIE!
Natuurlik is daar baie redes om oor Suid-Afrika negatief te wees. Waarom dan, te midde
van soveel negatiwiteit, wil ons steeds hier woon en werk?
Suid-Afrika toon positiewe ekonomiese groei teenoor die res van die wêreld wat
ekonomies maar sukkel. Soos die res van die wêreld het ons probleme: armoede,
misdaad en werkloosheid … Desnieteenstaande groei die ekonomie redelik bestendig.
Hierdie groeiende ekonomie is inderdaad ’n veertjie in Suid-Afrika se spreekwoordelike
hoed.
Tim du Plessis, voormalige redakteur van Rapport, sê: “Jy kan in ’n nuwe land gaan
oorleef, bes moontlik gemaklik, maar jy sal altyd bly hunker na Suid-Afrika se eiesoortige
buiteluglewe. Vra gerus vir die meeste Suid-Afrikaners wat geëmigreer en daarna na die
land teruggekeer het, wat hulle die meeste gemis het: braai onder die sterre, voetslaan
in die berge, luier op lang, goue strande – tipiese Suid-Afrikaanse buitelugpret! En dan is
daar nog ons wêreldklassport: rugby, krieket, sokker, hokkie, atletiek … Sport laat ons
bloed bruis!
Suid-Afrika bied aan sy inwoners ’n goue pakket van die mooiste natuurskoon.
Mev. Miems Swanepoel, ’n entoesiastiese natuurkenner van Bellville, beklemtoon dat
hierdie natuurskoon Suid-Afrika inderdaad uniek maak. “Waar in die wêreld sal jy nog
sulke blou berge met voetpaaie vol fynbos, klipwoestyne en waterarm streke, siedende
seestorms en rukkerige bergwinde, skouspelagtige sonsondergange, rooibruin
sandduine en bruisende watervalle, wanneer die reën wel kom, kry? Net hiér is dit
moontlik!”
Suid-Afrikaners is skeppende, innoverende wêreldleiers op die gebied van die weten-
skap. Die Square Kilometre Array (SKA) naby Carnarvon is ’n voorbeeld van ons
innovering. Dis voorwaar genoeg rede om breëbors te wees! Suid-Afrika het boonop,
in ’n onlangse studie oor geslagsgelykheid in die werkplek, uitgeblink! Hier is ons
die meeste lande ver voor.
Vincent Mota, ’n Wimpy-kelner voer roomys vir ’n gestremde kliënt, Nerine Gardiner bak
gereeld koeke en deel dit uit aan mense wat liefde nodig het en ’n polisieman deel sy
middagete met ’n straatvrou. Ons het omgee-in-aksie … Suid-Afrikaners soos dié wys
dat Madiba se droom van ’n omgeenasie nie dood is nie.
Wie wil nou nie deel van só ’n Suid-Afrika wees nie?
                           [Verwerk uit http://www.blynet.co.za en http://www.netwerk24.com/stemme]
                                                                     TOTAAL AFDELING B:                  10
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                    8                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                        NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

1                                                       (3.1) Auto & General Motor- en
                                                               Huisinhoudversekering
     Motor-, huis-, besigheids- en lew ensversekering
                                                                  deur die ATKV

2           Die taal hou tred met die tyd.
3      Kan jy dieselfde van jou versekering sê?
4     Net soos Afrikaans by verandering en nuwe tegnologie moet aanpas, moet jou versekering
5     by die nuwe risiko’s van die hedendaagse lewe kan aanpas. Met Auto & General Motor-
6     en Huisinhoudversekering deur die ATKV kan jy gerus wees dat jy nie net aanpasbare
7     versekering het nie, maar ook waardevolle voordele kry, soos:
8                • Kostevrye Tracker-installasie en gesubsidieerde intekengeld.
9                • Dekking vir jou motor se klankstelsel.
10               • Dekking vir ’n wye reeks huishoudelike risiko’s, soos brand, diefstal en
11                  oorstroming.
12               • Dekking vir kos wat as gevolg van kragtoevoer of gebreekte ys- of vrieskas
13                  bederf.

14          SKAKEL O860 28 28 69
15     VANDAG NOG VIR VERSEKERING WAT IN PAS BLY!
                                                                                          ATKV
                                                                    [Uit: MyTyd Rapport, September 2012]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         9                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAE: TEKS D

3.1       Vervang die koppelteken in reël 1 met die gepaste woorddeel.                                 (1)
3.2       “hou tred met die tyd” (Reël 2)
          Haal opeenvolgende woorde uit reël 8–15 aan wat by dié woorde aansluit.                      (1)
3.3       Wat wil die adverteerder bereik met die insluiting van al die inligting in
          reël 8–13?                                                                                   (1)
3.4       Waarom word die onderstreepte letter in die vetgedrukte woord in reël 8 nie
          met ’n deelteken geskryf nie?                                                                (1)
3.5       Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 8 as bepaler in ’n ander
          woord.                                                                                       (1)
3.6       Skryf jou eie TWEE sinne neer om die verskil in betekenis tussen vir seker
          en verseker duidelik aan te toon.                                                            (2)
3.7       Kyk na die foto.
          Dink jy die gebruik van ’n ouer motor op die voorgrond dra tot die
          ondersteuning van die stelling in reël 15 by? Motiveer jou antwoord.                         (1)
3.8       Noem TWEE maniere waarop hierdie advertensie die verbruiker motiveer om
          tot aksie oor te gaan.                                                                       (2)
                                                                                                       [10]
VRAAG 4: SPOTPRENT
Bestudeer die spotprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E

          RAAMPIE 1                          RAAMPIE 2
          (4.1) Moderne Afrikaanse musiek    Hallo Ma ... luister na klein (4.4) Johantjie, Ma!
          is nie gesofistikeerd en stylvol   Ek vermoed hy’s besig om die (4.6.1) lirieke
          nie – dit is vlak!                 vir ’n nuwe Afrikaanse treffer te komponeer!
          (4.3) Navorsing bewys dit.

           RAAMPIE 3

                RAAMPIE 4: Kan ma’ sê die mannetjie is in die wieg gelê
                om ’n lirieklegende te wees.
                                                                   [Uit: Die Burger, 23 Mei 2015]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           10                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAE: TEKS E

4.1       Gee ’n antoniem vir die kursiefgedrukte woord in RAAMPIE 1.                             (1)

4.2       Skryf die eerste diftong/tweeklank wat in RAAMPIE 1 voorkom, neer.                      (1)

4.3       Brei die tweede sin van RAAMPIE 1 deur middel van ’n byvoeglike bysin uit.              (1)

4.4       Watter gevoelswaarde spreek uit die verkleiningsvorm van die onderstreepte
          woord in RAAMPIE 2?                                                                     (1)

4.5       Skryf die voorwerpsin in RAAMPIE 2 neer.                                                (1)

4.6       Herlees die woorde in RAAMPIE 2.

          4.6.1      Benoem die soort selfstandige naamwoord waartoe die woord lirieke
                     behoort.                                                                     (1)

          4.6.2      Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

                     Die ma is (liriek) oor haar baba se sang.                                    (1)

4.7       Wat is die funksie van die ellips/beletselteken in RAAMPIE 3?                           (1)

4.8       Wat is onderskeidelik die denotatiewe én konnotatiewe betekenis van die
          onderstreepte woorde in RAAMPIE 4?                                                   (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           11                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                                MATRIEK IN TWEE DAE

1         Dit is nie net by ons waar matrieks se senuwees en uithouvermoë in ’n
          eksamenlokaal getoets word nie. Jong Chinese se toekoms hang van hul
          finale eksamen voor universiteitstoelating af.

2         Chinese leerlinge se hele skoolloopbaan het net een doel (5.2) … oë: die
          gaokao. En om dié finale toelatingseksamen te slaag.

3         Dit vind in die middel (5.3) van die jaar oor twee dae plaas.

4         Omdat dit so kort is, (5.4) plaas dit uitermate druk op die kinders.

5         (5.5) Hulle moet vraestelle in Chinees, Wiskunde en Engels aflê (Engels is ’n
          verpligte vak vir almal).

6         Hulle studeer tot 15 ure per dag daarvoor, want hulle (5.6) ding mee om “net”
          6,5 miljoen universiteitsplekke.

7         Sowat 9,8 miljoen leerlinge het vanjaar vir die eksamen ingeskryf – baie van
          hulle van duur private skole. Dit word in (5.7) hoofsentra afgelê en duisende
          van hulle word met spesiale busse na die lokale aangery.

8         Die Hengshui High School in die (5.8) Hebei-Suid se leerlinge vaar reeds die
          afgelope 14 jaar die beste in die (5.9) gaokao.

9         Die skool het twee leuses:

10        “Die lewe is nie ’n kleedrepetisie nie – jy gaan nie kans kry om hom óór te
          lewe nie,” en “As jy nog nie dood is van harde werk nie, werk harder.”

11        Leerlinge word daar met kringtelevisie dopgehou en moet van 05:30 tot
          21:50 studeer.

12        Vertel dít ’n bietjie vir jou Suid-Afrikaanse (5.10) matrieks …
                              [Verwerk uit: http://www.netwerk24.com/Ontspan/Matriek-in-twee-dae]

VRAE: TEKS F

5.1       Skryf ’n woord in paragraaf 1 neer wat dieselfde as “stamina” beteken.                       (1)

5.2       Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 2 neer.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       12                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

5.3       Maak ’n sin van jou eie met die homoniem van die onderstreepte woord.
          (paragraaf 3)                                                                     (1)

5.4       Herskryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 4 in die lydende vorm sodat
          dit binne die konteks van die sin sal pas.                                        (1)

5.5       Gee die voorwerp van die onderstreepte sin in paragraaf 5.                        (1)

5.6       Tot watter woordsoort behoort die onderstreepte woorde in paragraaf 6?            (1)

5.7       Gee ’n ander meervoud wat vir die onderstreepte woord in paragraaf 7
          gebruik kan word.                                                                 (1)

5.8       Gee die spelreël wat die koppeltekengebruik van die onderstreepte woord in
          paragraaf 8 bepaal.                                                               (1)

5.9       Is “gaokao” (paragraaf 8) ’n voorbeeld van ’n leenwoord? Motiveer jou
          antwoord.                                                                         (1)

5.10      Vorm, deur middel van afleiding,        ’n   ander   persoonsnaam vir die
          onderstreepte woord in paragraaf 12.                                              (1)
                                                                                            [10]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                   GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017/773c90b1-cfa7-4a66-b158-b5ebce5dc8d1) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
