# Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Supplementary November 2018, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 70

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             2                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:

     Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
      dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
      word.)
     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
     Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
     Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag  Antwoord                                                                         Punt
1.1    Die skrywer het per ongeluk op die betrokke Facebook-blad afgekom./toevallig die
       inligting raakgesien. √                                                          1

1.2        Verbale/mondelinge kommunikasie √
           Nieverbale kommunikasie √
           Metafore √                                                                                3

1.3        Uitdagings word nie positief ervaar nie./
           Uitdagings maak die lewe moeilik/onaangenaam.
           Uitdagings maak ons seer./gee ons opdraande. √                                            1

1.4        'Prima materie'/'rou materiaal' √                                                         1

1.5        Skinderstories word vertel (versprei)./
           Oorlogsgeskiedenis wat nie altyd positief is nie word vertel./
           Stories word soms met verkeerde feite/onwaarhede oorgedra./
           Stories (bv. films/feëverhale) handel dikwels oor negatiewe aspekte. √√                   2

           Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.6        Hulle het na stories geluister. √
           Hulle het na hulle ouers se tongval geluister. √
           Hulle het na hulle ouers se woordeskat geluister. √                                       3

           Ja
           Taalontwikkeling vind plaas wanneer kinders na ouers/volwassenes luister.

                                                    OF

           Nee
           Ouers vertel nie meer stories aan hulle kinders nie./het nie meer tyd om vir kinders
           stories te vertel nie./Kinders lees self. √                                          1

           Die kandidaat bied enige soortgelyke motivering vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             3                                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

1.7       Stories het 'n saambindende krag./is die algemene band wat mense saambind. √                    1

          Southwood en die Afrikane/Albei            glo   in   opleiding   vir    storievertellers/dat
          storievertelling ’n kunsvorm is. √                                                              1

1.8       Die storieverteller werk steeds met die prima materie./die menslike belewenis./
          kultuur./gebeure./gevoelens./lewenslesse./geskiedenis. √                        1
          Stories word steeds aan ander oorvertel. √                                      1

1.9       Sy kon skielik die stories duidelik voor haar sien afspeel./
          Die stories het skielik lewend/werklik geraak./
          Die stories het meer betekenis/diepte/'n ekstra dimensie gekry. √                               1

1.10      Dit bind mense (ongeag hulle kultuur/ouderdom/intelligensie/ras/geslag/klas) saam. √ 1
          Dit bied aan mense 'n 3D-voorstelling./Mense kan hulle die gebeure makliker visueel
          voorstel./Dit dwing die luisteraar om eie visuele konteks te skep./Stories kan as ’n
          kunsvorm beskou word. √                                                              1

1.11      Paragraaf 11 dui aan dat stories mense touwys maak ten opsigte van lewenslesse. √
          Volgens paragraaf 11 gee stories ruimte vir deernis/begrip vir ander mense. √
          Na aanleiding van paragraaf 11 is dit duidelik dat jy, deur stories, vrede in jou
          (uitdagende) situasies kan vind. √                                                3

          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die invloed waarna in paragraaf 5 verwys word (oplossings vir probleme; genesing;
          groter begrip vir onsself; bevry die verteller en die luisteraar) moet in die antwoord
          wat aangebied word, op paragraaf 11 van toepassing gemaak word.

1.12      Elke mens het 'n storie./
          Mense hou van stories./
          Dis ’n plek waar stories vertel kan word. √√                                                    2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.13      Verskillende lettertipes
          Titel is groter geskryf (as die verduideliking van die inhoud).
          Die uitleg is interessant/anders/in 'n informele register gedoen./
          Uittreksels uit die stories/(volks-)liedjies wat in die boek verskyn./
          Kort, kernagtige inligting./
          Rym √                                                                                           1

1.14      Ja
          Die woordgebruik/woorde soos 'ribstuk'/'kwarriebos' prikkel die leser se
          nuuskierigheid wat oorredend kan wees. √

                                                      OF

          Nee
          Nie almal sal aanklank vind by die tipe taalgebruik nie.                                        1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.15      Die menslike belewenis/kultuur/gebeure/gevoelens. √√√                                           3

          Die kandidaat kan ook belewenis en kultuur in die antwoord omskryf, bv.
          Die (onvertelde) stories van Afrikaans wat in boekvorm vertel word./
          Stories oor die geskiedenis van woorde/die Klein-Karoo se kind word vertel.
          Die kandidaat noem enige DRIE vir EEN punt elk.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                              4                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS – Nasienriglyne

1.16      Ja
          Die titel, Elkeen het 'n storie, word bevestig wanneer selfs die Klein-Karoo se kind 'n
          onvertelde storie vertel./
          Die Klein-Karoo se kind het ook 'n storie wat bewys dat elkeen/alle mense wel 'n
          storie het.

                                                      OF

          Nee
          Daar is baie ander gemeenskappe met/sonder stories wat nie hier vermeld word nie./
          Klein-Karoo se kind kan die onderwerp/titel van 'n storie wees./
          Die titel in TEKS A is “Elkeen vertel ’n storie” terwyl TEKS B die woorde “onvertelde
          stories” noem.
          Die onbekende woorde is verwarrend waarvan die betekenis nie verstaan word nie. √ 1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks aan vir EEN punt.

                                                                      TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

       Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
        voorsien nie.
       Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
       Slegs stadiums wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
       Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die
        eerste opsomming nagesien.
       Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

       Punte word soos volg toegeken:
       o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
       o 3 punte vir taal
       o Puntetotaal: 10

      Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
       o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
       o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
       o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

      Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
       o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:
    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            5                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

       o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as
         die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
      o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
      o Korter opsommings wat die vereiste stadiums bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
     Die kandidaat bied sewe van die keuses in sy/haar antwoord aan. Sien egter die hele
      opsomming na en nie die eerste sewe keuses wat aangebied word nie.

MOONTLIKE PARAGRAAF

As ns die planeet wil red, moet ons groener leef. Kies jou aankope so dat die planeet nie
daardeur skade Iy nie. Jou volgende vakansiebestemming behoort op grand van sy
betrokkenheid by natuurbewaring gekies te word. Ry minder met voertuie - stap is 'n goeie
keuse. Beraam allerhande planne om water te bespaar. Dis 'n slim keuse om bioafbreekbare
middels te koop. Kies ook om die aarde te help deur inheemse bome aan te plant. Om gemors
en afval te hersirkuleer is boonop 'n keuse in belang van die aarde.
                                                                        Getal woorde: 79

                                                  OF
          AANHALING UIT TEKS                              MOONTLIKE BEWOORDING
1   Om die planeet te red, moet ons groener        A    Jy moet kies om groen te leef.
    leef.

2   ... dink vooruit wat die uitwerking van jou    B    Kies jou aankope so dat die planeet nie
    koop op ons planeet gaan wees ... en                daardeur skade Iy nie
    kies dan om in belang van die aarde te
    koop.

3   ... kies jou vakansie eerder by ...            C    Kies jou volgende vakansie-
    vakansieoorde (wat) ingestel is op                  bestemming op grond van sy
    natuurbewaring.                                     betrokkenheid by natuurbewaring.

4   deur werk toe te stap.                         D    Ry minder met voertuie - stap is 'n
                                                        goeie keuse.

5   Waterbesparing Iyk dikwels onnodig,            E    Beraam allerhande planne om water te
    maar is die regte keuse ter wille van ...           bespaar.
    aarde.

6   ... dat jy doelbewus kies om bio-              F    Dis 'n slim keuse om bioafbreekbare
    afbreekbare skoonmaakmidde/s te                     middels te koop.
    koop.

7   ... inheemse bome te plant! Ongeag             G    Kies om die aarde te help deur
    van waar jy bly: plant gereeld bome!                inheemse bome aan te plant.

8   Hersirkulering is 'n keuse ten gunste van      H    Om gemors en afval te hersirkuleer is
    die aarde.                                          'n keuse in belang van die aarde.

                                                                             Getal woorde: 79

                                                                     TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V1                              6                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy
           die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
           geassesseer word.
      o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
           taalstruktuur getoets word.
      o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
     Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
      instruksie aangedui.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag       Antwoord                                                                                      Punt
3.1         -kliniek/kliniek √                                                                            1

3.2         (wat hulle) volle potensiaal (wil) bereik/
            leerders wat sukkel √                                                                         1

3.3         of/en/asook √                                                                                 1

3.4         Die sukkelende leerling benut die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel. √             1

            Die kandidaat bied 'n eie sin met 'sukkelende' aan vir EEN punt.
            Die woord moet korrek gespel word.

3.5         onthouvermoë √                                                                                1

3.6         bied √                                                                                        1

3.7         (Edublox) beklemtoon met die woord 'sleutel' dat hulle prestasie/leer ontsluit./oopsluit./
            Die woord 'sleutel' dui aan dat sukses vir jou oopgaan met behulp van beter lees- en
            leervermoëns. √                                                                               1

            Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan, maar 'oopsluit'/
            'ontsluit'/'moontlik maak' is die kernbegrip.

3.8         Ja
            Boeke is die sleutel tot verbeterde leesvermoë./is noodsaaklik vir die verbetering van
            lees./'n Mens lees gewoonlik uit boeke. √
            Leer/Presteer dui op die progressie wat plaasvind as gevolg van Lees./Die woord
            Presteer is die gevolg van Lees en Leer. √

                                                         OF

            Boeke is die sleutel as jy jou leesvermoë, √ leer/prestasie wil verbeter. √                   2

            Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

    Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                            7                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

3.9      Die pad loop oor die kruin van die berg./
         Hy/Sy kry hierdie erkenning terwyl hy/sy op die kruin van sy/haar beroep is. √            1

         Die kandidaat bied 'n eie sin met 'kruin' aan vir EEN punt.
                                                                                                   [10]

VRAAG 4: STROKIE
Vraag    Antwoord                                                                                  Punt
4.1      Die skool word geverf./het die kinders gestraf./begin om 8:00./het lekker basaar
         gehou./visse het so pas hierlangs geswem. √                                               1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord met 'skool' in 'n ander betekenisverband
         vir EEN punt aan.

4.2      Kry jy nie meer enige oefening by die skool nie?/
         Kry jy nie oefening by die skool nie?/
         Kry jy geen oefening by die skool nie? √                                                  1

         Die vraagteken moet in die sin voorkom om die punt te verdien.

4.3      Dui die seun se aarseling/huiwering aan./Dui onsekerheid aan./aan dat die seun na 'n
         slim antwoord soek./
         Dit beklemtoon die ironie wat volg. √                                                     1

4.4      'vinnig' √                                                                                1

4.5      My arme kind!/
         Kry jy met die lekker magie nog enige oefening by die skool? √                            1

         Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.6      Hy verstaan nie al die veranderinge nie./
         Hy voel onseker/verward oor die verwikkelinge./
         Niks maak meer vir hom sin nie. √                                                         1

4.7      Pa gee die rede vir sy opmerking./onsekerheid./verwarring./onbegrip./verduidelik
         waarom die seun so voel. √                                                       1

4.8      Nee
         Daar is niks wat seuns beter/vinniger/sterker as meisies kan doen nie./
         Deesdae is geslagsgelykheid aan die orde van die dag.

                                                    OF

         Ja
         Dit is eenvoudig so dat seuns se arms sterker is as die meeste meisies s'n./balle
         beter/sterker as meisies kan gooi./                                                       1
         Seuns speel eerder balspeletjies as meisies. √

4.9      Ek het mos twee hande./tien tone./goeie oë./'n liefdevolle ma en pa. √                    1

4.10     Sy wil die seun se vooroordeel verander./
         Sy wil hom bewus maak daarvan dat hy verkeerd is oor meisies./
         Sy wil hom oortuig daarvan dat meisies kan gooi. √                                        1

                                                                                                   [10]

 Kopiereg voorbehou

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                            8                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag    Antwoord                                                                                 Punt
5.1      dié √                                                                                    1

5.2      na √                                                                                     1

5.3      beter √                                                                                  1

5.4      Die sjef stileer sy/haar geregte met die oog op foto's. √                                1

         Die kandidaat bied 'n eie geskikte sin met 'stileer' vir EEN punt aan.

5.5      blog √                                                                                   1

5.6      tussen √                                                                                 1

5.7      Dit dui op die ouderdom van die skrywer toe sy oor haar toekoms besluit het./drome
         wat ’n dogtertjie koester. √                                                       1

5.8      gedink/gedog √                                                                           1

5.9      Ek wat nou koeksisters bak, is gek na eet./
         Ek is gek na eet wat ongesond is. √                                                      1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin as antwoord aan.

5.10     Enigiets van 'n goeie hamburger, Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n vars
         gebakte Franse baguette met botter en 'n wig cheddarkaas is vir my
         onweerstaanbaar./
         Ek hou van enigiets van 'n goeie hamburger, Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n
         vars gebakte Franse baguette met botter en 'n wig cheddarkaas. √                       1

                                                                                                  [10]

                                                                        TOTAAL AFDELING C: 30
                                                                            GROOTTOTAAL: 70

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
