# Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Supplementary November 2018, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                             ELKEEN VERTEL 'N STORIE
                                      – Elsabe Pepler

1         In 2015 het ek op Facebook oor die Storieklub van Kaapstad gestruikel. Ek
          het die Facebook-inskrywing opgevolg met 'n besoek aan hierdie Storieklub
          in 'n kerkie in Distrik Ses. Die kerkie was volgepak. Ek het toe besef mense
          hou van stories, veral wanneer dit deur 'n goeie storieverteller oorgedra word.

2         In my latere navorsing oor stories het Jonathan Gottschall se verwysing na              5
          die mens as 'die storievertellende dier' in sy trefferboek, The Storytelling
          Animal: how stories make us human, my getref. Met verbale en nieverbale
          kommunikasie en metafore vertel ons, volgens Gottschall, elke dag vir
          mekaar wat ons voel en dink, hoe die lewe ons raak en hoe uitdagings ons
          karnuffel. Stories is die enigste manier hoe ons sin kan maak oor ons eie           10
          vrae oor waarom ons hier is, waar ons vandaan kom en waarheen ons gaan.
          Sy brein-op-fiksie-navorsing bewys mense se emosie sneller die brein- en
          liggaamsreaksies wanneer hulle na stories luister of na films kyk.

3         Baie van ons dink wanneer die storievertellende dier sterf, is die besittings
          wat hy/sy agterlaat, belangrik. Dit is nié. Die vraag is eerder: Wat was sy/haar    15
          stórie?

4         Die storieverteller werk met hierdie rou materiaal – prima materie – van die
          mens se geskiedenis: sy menslike belewenis, kultuur, gebeure, gevoelens,
          lewenslesse en avonture. Stories word oor geslagte heen oorvertel, hetsy
          deur kampvuurstories oor jagters, films, feëverhale, dierefabels, slaaptyd-,        20
          skinderstories of oorloggeskiedenis.

5         Die invloed van stories is belangrik. In stories kry ons oplossings vir
          probleme; in ander genesing en groter begrip vir onsself wanneer ons anders
          kyk na die storie van ons eie lewe. Die beste is: dit bevry die verteller én die
          luisteraar – veral wanneer die stories persoonlik en waar is.                       25

6         'n Verdere waarde is 'n direkte verband tussen taalontwikkeling en die
          mondelinge storievertelling. In baie kulture is dit die enigste wyse waarop taal
          aan kinders oorgedra word. Deur voortdurend te luister na die ouers se
          tongval en woordeskat, ontwikkel die jong geslag se taalkennis.

7         'n Verstommende onlangse ontdekking oor Westerse stories is dat honderde            30
          bekende stories vertel is vóórdat Engels of Frans bestaan het, en dat die
          stories wat mense vandag nog ken, waarskynlik in 'n uitgestorwe taal op
          rekord geplaas is. Daar word bespiegel dat stories 27 000 jaar gelede die
          enigste leermedium in baie lande was.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         4                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

8         Stories en storievertelling is dus niks nuuts nie. Hoekom is daar steeds 'n            35
          behoefte aan formele storievertelling soos in Distrik Ses? Gilly Southwood
          het die antwoord. Sy het 'n storieverteller geword omdat stories die een
          algemene band is wat alle mense, ongeag kultuur, ouderdom, intelligensie,
          ras en geslag of klas saambind.

9         Sy glo soos, onder andere, die Afrikane van ouds dat dit 'n kuns is waarin jy          40
          opgelei moet word. Sy het hulp gesoek en Doug Lipman raak gegoogle. Hy
          het haar by die Internasionale Skool vir Storievertel in die kuns van
          storievertel opgelei. Daar het sy die Brit, Sue Hollingsworth, 'n internasionale
          storiekundige, wat jaarliks 'n intensiewe storiekursus aanbied, ontmoet. 'Sue
          se kursus het storievertel skielik in my brein van 2D na 3D verander,' sê Gilly.       45

10        Storievertel dwing die luisteraar om sy/haar eie visuele konteks te skep.
          Gottschall se brein-op-fiksie-navorsing toon juis dat ons neurons spesifieke
          sinapse afvuur wanneer ons met Heidi se avonture, Harry Potter se vrese of
          die skrik vir Antjie Somers gekonfronteer word.

11        Hollingworth beklemtoon dat stories nooit enige reëls aan mense moet                   50
          opdwing nie, maar eerder ruimte moet gee vir kreatiwiteit, verbeelding en
          veral emosies soos deernis. Deur stories maak een geslag 'n volgende ook
          touwys in lewenslesse, waardes en karakterontwikkeling. Sy sê sekere
          stories is moeiliker as ander om te vertel, veral persoonlike stories wat 'n
          mens kwesbaar laat, maar dis juis in hierdie kwesbaarheid dat ander mense              55
          déúr jou storie vrede met hul eie stories maak.

12        In Suid-Afrika is die vertel van persoonlike stories 'n bekende gebruik. Voor
          die koms van televisie en die Internet het vorige geslagte hul tyd deurgebring
          deur hulle eie stories, heldedade, slaaptyd- en kampvuurstories te vertel.
          Vandag se stories, in boek- of digitale formaat, verskil nie hiervan nie.              60

13        Ten spyte van al die tegnologiese ontwikkeling is daar steeds talle
          'ongeletterde' mense. Wêreldwyd is storievertel een van die heel oudste
          gedokumenteerde     wetenskappe      en    opvoedingsmetodes      waarmee
          ongeletterde mense opgevoed word. Die taak van storievertelling is 'n
          formele een waarvoor 'n mens oor tyd as storieverteller moet kwalifiseer. Jy           65
          moet vaardighede aanleer en gereeld toetse ondergaan.

14        Of jy 'n opgeleide storieverteller is, of net doodgewoon van stories hou, kom
          ons vertel stories! Elke mens het, na alles, 'n storie. Dit is waarom daar 'n
          Storieklub in Distrik Ses bestaan!

                                                          [Verwerk uit Taalgenoot, Herfs 2016]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         5                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

1                                    Klein-Karoo se kind

2

3                                           askoek • skuinskoek

4         saam te bly • saam kind te kry • lyk mos mode vir my • maar
5         vir my gaan jy nie kry • Bokkie, jy kan maar rol soos ’n bol,
6         maar na my toe sal jy weer kom hol.

7

8         Ribstuk Sy’t mos weggeraak ... my net daar gelos, daar
9         by die kwarriebos.
10                      As jy my trap en skop, wie sal vir jou lap en stop?

11

12                                    Die hond het my beskyt van die tafel afgesmyt.

                                  Ilse Salzwedel
                                                            [Bron: www.maroelamedia.co.za]

VRAE: TEKS A

1.1       Wat bedoel die skrywer met die onderstreepte sin in paragraaf 1, met
          spesifieke verwysing na 'gestruikel'?                                                 (1)

1.2       Op watter wyses kommunikeer die 'storievertellende dier' stories?                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           6                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

1.3       Wat impliseer die skrywer met die woord 'karnuffel' in paragraaf 2?                          (1)

1.4       Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit paragraaf 4 neer wat presies dieselfde
          beteken as 'menslike belewenis, kultuur, gebeure, gevoelens, lewenslesse en
          avonture'.                                                                                   (1)

1.5       Storievertelling en die inhoud van stories is nie altyd positief nie.

          Gee TWEE bewyse uit paragraaf 4 vir hierdie stelling.                                        (2)

1.6       Op watter DRIE maniere het kinders in die verlede taal aangeleer? Dink jy
          vandag se kinders leer taal op dieselfde manier aan? Motiveer jou antwoord
          binne konteks.                                                                               (4)

1.7       Wat het Gilly Southwood gemotiveer om 'n storieverteller te word? Hoe sluit
          haar standpunt oor die kuns van storievertelling by dié van die Afrikane aan?                (2)

1.8       Herlees paragraaf 4 en 8.

          Wat is die TWEE ooreenkomste tussen vandag se stories en die stories van
          'n eeu gelede?                                                                               (2)

1.9       Wat beteken die onderstreepte woorde in paragraaf 9 binne konteks van die
          teks?                                                                                        (1)

1.10      Daar word beweer dat mense voordeel uit stories trek.

          Noem TWEE voordele uit paragraaf 8–10 wat stories bied.                                      (2)

1.11      In paragraaf 11 word uitgebrei op die invloed van stories waarna in
          paragraaf 5 verwys word.

          Motiveer hierdie stelling met DRIE redes.                                                    (3)

1.12      Waaraan skryf jy die bestaan van 'n storieklub in Distrik Ses toe?                           (2)

VRAE: TEKS B

1.13      Watter tegniek gebruik die uitgewer op die boekomslag om die leser se
          aandag te trek?                                                                              (1)

1.14      Dink jy die woordgebruik in reël 8–9 oorreed die leser om hierdie boek se
          stories te lees? Motiveer jou antwoord.                                                      (1)

VRAE: TEKS A EN TEKS B

1.15      Lees reël 5–9 van TEKS B en paragraaf 3 van TEKS A.

          By watter DRIE aspekte van 'prima materie' sluit hierdie reëls op die
          boekomslag aan?                                                                              (3)

1.16      Ondersteun die titel van TEKS A die inhoud van reël 1, 2, 7 en 11 in TEKS B?
          Motiveer jou antwoord.                                                                       (1)
                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            7                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van die SEWE keuses wat ons in
belang van die planeet moet maak.

LET WEL:
 Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
   word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
 Dit is nie nodig om die opsomming 'n titel te gee nie.
 Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

              LEEF 'N GROENER LEWE TER WILLE VAN ONS PLANEET
Om die planeet te red moet ons groener leef. Dit behels dikwels om eenvoudiger te
leef, versigtiger te kies en gemaksug prys te gee. Corné Coetzee het ondersoek
ingestel.
Ter wille van die planeet en ter wille van ons kinders en hul kinders moet ons 'n bietjie
meer dink oor die keuses wat ons maak. Voordat jy iets koop – 'n nuwe yskas aanskaf,
of selfs kitskos eet – dink vooruit wat die uitwerking van jou koop op ons planeet gaan
wees ... en kies dan om in belang van die aarde te koop.
Wanneer jy jou volgende vakansie beplan, vind uit watter vakansieoorde ingestel is op
natuurbewaring en kies jou vakansie eerder by sulke plekke. Beperk die negatiewe
gevolge van duur, gerieflike motors se uitlaatgasse deur werk toe te stap. Is gemaksug
dan nie 'n red-die-aarde-leefstyl se doodsteek nie?
Waterbesparing lyk dikwels onnodig, maar dit is die regte keuse ter wille van ons
sterwende planeet. Deesdae word onder andere waterdigte tydhouers vir die stort
geïnstalleer wat suurstof by die water klits sodat jy minder water gebruik.
Om ter wille van die aarde groener te leef, impliseer dat jy doelbewus moet kies om
bio-afbreekbare skoonmaakmiddels te koop. Koeksoda, boraks, wassoda, wit asyn of
suurlemoensap en suiwer seep kan die basis vorm van byna alles wat in die huis
skoongemaak moet word – boonop is almal bio-afbreekbaar.
Aardverwarming, chaotiese weerpatrone, droogtes of oorstromings en 'n groter-
wordende gat in die osoonlaag is op almal se lippe. Ons vrees dat inheemse woude as
gevolg van ontbossing en die opkoms van industrieë sal verdwyn ... Hierdie situasie
kan nog maklik omgekeer word deur inheemse bome te plant! Ongeag van waar jy bly:
plant gereeld bome!
Hersirkulering is 'n keuse ten gunste van die aarde. Jy kan, byvoorbeeld, 'n eenvoudige
herwinningstelsel ontwerp: plaas vyf houers in of naby die kombuis. Gebruik een vir
afvalkos, een vir plastiek, een vir blikke, een vir skoon papier of kartonverpakking en
jou gewone vullisdrom vir bottels. Sonder veel moeite word jou gemors óf verkoop vir
hergebruik, óf verwerk in nuwe artikels. Deur hierdie eenvoudige proses van
hersirkulering help jy ons planeet.
Ter wille van ons planeet, ons kinders en hulle kinders móét ons groen keuses maak!
                        [Bron: http://showme.co.za/lifestyle/20-wenke-vir-n-eenvoudiger-groener-lewe]

                                                                        TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        8                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D

1

2                              Lees- en leerkliniek
3                                                 Vir leerders wat hulle volle potensiaal
4                                                 wil bereik ... leerders wat sukkel om te
5                                                 lees en te spel ... leerders wat
6                                                 wiskundige vaardighede wil bemeester.
7                                                      Ontwikkel studievaardighede,
8                                                   onthouvermoeë en konsentrasie!

9
10
11

12
13
14

                                                    [Bron: www.kruiners.co.za/advertensie-edublox]

3.1       Vervang die skryfteken in reël 2 met 'n gepaste woord.                                     (1)

3.2       Skryf 'n frase uit reël 3–4 waarmee die adverteerder die leser wil oorreed.                (1)

3.3       Vervang die beletselteken/ellips in reël 4 met 'n gepaste voegwoord.                       (1)

3.4       Gebruik die onvoltooide/teenwoordige deelwoord van 'sukkel' in jou eie sin.                (1)

3.5       Verbeter die spelfout in die vetgedrukte woord in reël 8 deur die woord korrek
          neer te skryf.                                                                             (1)

3.6       Skryf die gesegde in reël 9–11 neer.                                                       (1)

3.7       Waarom is die konnotatiewe gebruik van 'sleutel' in reël 9 gepas?                          (1)

3.8       Dink jy die gebruik van boeke en die woorde 'Lees, Leer en Presteer' is in
          hierdie advertensie gepas? Motiveer jou antwoord.                                          (2)

3.9       Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 13 in 'n verklarende sin.             (1)
                                                                                                     [10]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           9                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 4: SPOTPRENT

Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

                        SPRAAKBORREL 1                        SPRAAKBORREL 2
                        My kind! Kry jy nog enige              Ja ... ek hardloop elke
                        oefening by die skool?                  dag vinnig snoepie
                                                                       toe!

                                                         RAAMPIE 1
                                                         Snoepies maak SA kinders ál
                                                         vetter.

                                                              [Bron: www.netwerk24.com]

4.1       Gebruik 'skool' in SPRAAKBORREL 1 in 'n ander betekenisverband in 'n sin
          van jou eie.                                                                               (1)

4.2       Herskryf die onderstreepte woorde in SPRAAKBORREL 1 in die ontkennende
          vorm.                                                                                      (1)

4.3       Wat is die funksie van die beletselteken in SPRAAKBORREL 2?                                (1)

4.4       Skryf die bywoordelike bepaling van wyse in SPRAAKBORREL 2 neer.                           (1)

4.5       Brei die onderwerp in SPRAAKBORREL 1 met 'n byvoeglike bepaling uit.                       (1)

                                                    EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          10                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

TEKS F

GROEIPYNE
RAAMPIE 1                      RAAMPIE 2                       RAAMPIE 3
                                Daar is nie
                                meer sin in
                                die wêreld
                                nie.

                                                                        Daar is
                                                                        vanjaar
                                                                        meisies in
       Hoe was die                                                      sy span.
       bofbalproewe?

RAAMPIE 4                      RAAMPIE 5                       RAAMPIE 6
Is jy ongelukkig                               Ek kan gooi!     'Ma' is steeds 'n tipe meisie.
                                Dis bofbal!
net omdat daar                   Meisies
meisies in jou                    kan nie
bofbalspan is?                   gooi nie!                     Ek het gesê
                                                               meisies, nie
                                                                ma's nie.

                                                                 [Bron: http://www.netwerk24.com]

4.6       Wat impliseer die seuntjie met sy woorde in RAAMPIE 2?                                   (1)

4.7       Op watter wyse sluit die pa se woorde in RAAMPIE 3 by die seuntjie se
          opmerking in RAAMPIE 2 aan?                                                              (1)

4.8       Is die vooroordeel van die seuntjie in RAAMPIE 5 geregverdig? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                (1)

4.9       Gebruik 'het' in RAAMPIE 6 as 'n oorganklike werkwoord in 'n sin van jou eie.            (1)

4.10      Wat is die doel met die ma se antwoord in RAAMPIE 6?                                     (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

                         GOEIE INHOUD IS DIE ANTWOORD

1         Die bekroonde kosblogger Sam Linsell word beskou as een van die
          invloedrykste Suid-Afrikaanse kosskrywers in die digitale sfeer.

2         Sy het 90 999 volgelinge op Instagram, Twitter, Facebook en Pinterest en
          'n bykomende 162 000 op Tumblr. Sy lewer ook twee blogs per week,
          (5.2) ... gelang van haar ander werk.

3         Nege jaar gelede het sy besluit die korporatiewe wêreld is vir die voëls.
          Sy het haar huis in Johannesburg verkoop, 'n goeie pos as handelsmerk-
          bemarker vaarwel geroep en Kaap toe getrek. Sy wou vir haarself werk en
          meer kreatief wees.

4         Sedertdien span sy as stilis, kosskrywer en -fotograaf haar kosblog in vir
          onder meer bemarking. En sy is nog nie een dag spyt oor haar besluit nie.

5         'Baie min mense kan nét uit hul blog geld maak. Maar dis deur jou blog wat
          mense bewus word van jou vaardighede en vir jou werk aanbied.' Sy werk in
          die gedrukte, digitale en filmmedia.

6         Sam kry baie internasionale werksopdragte en het al vir vier publikasies in
          Amerika en Australië, asook verskeie Suid-Afrikaanse publikasies as
          fotograaf en stilis gewerk.

7         As klein dogtertjie wou Sam 'n soetgebaksjef wees. Op 'n stoeltjie langs haar
          ma het sy (gedagte): 'Ek is gek na eet. Enigiets van 'n goeie hamburger,
          Italiaanse kos en vanieljesponskoek tot 'n varsgebakte Franse baguette met
          botter en 'n wig cheddarkaas.'
                                                           [Verwerk: Sarie, November 2016]

5.1       Verander die onderstreepte lidwoord in paragraaf 1 na 'n aanwysende
          voornaamwoord.                                                                        (1)

5.2       Voltooi die vaste uitdrukking in paragraaf 2 deur die ontbrekende voorsetsel
          in te vul.                                                                            (1)

5.3       Gee die vergrotende trap van vergelyking vir die onderstreepte woord in
          paragraaf 3.                                                                          (1)

5.4       Gebruik die afgeleide werkwoord van 'stilis' in paragraaf 4 in 'n sin van jou
          eie.                                                                                  (1)

5.5       Skryf die leenwoord in paragraaf 5 neer.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            12                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

5.6       Wat is die betekenis van die onderstreepte voorvoegsel in paragraaf 6?                   (1)

5.7       Waarom is die gebruik van die woorde, 'klein dogtertjie', in paragraaf 7
          effektief?                                                                               (1)

5.8       Lei die korrekte vorm van die woord tussen hakies in paragraaf 7 af deur 'n
          metamorfeem/klinkerwisseling te gebruik.                                                 (1)

5.9       Brei die onderstreepte sin in paragraaf 7 deur middel van 'n byvoeglike bysin
          uit.                                                                                     (1)

5.10      Brei die laaste sin van hierdie artikel tot 'n volsin uit.                               (1)
                                                                                                   [10]

                                                                       TOTAAL AFDELING C:          30
                                                                           GROOTTOTAAL:            70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
