# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2020 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

               AFRIKAANS HUISTAAL V1
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Nasien van die leesbegrip:

      Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
      Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
       fokus op begrip is.
      FEIT/MENING: Feit/mening kry nie ŉ punt nie, maar motivering wel.
      Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
       aanhalingstekens ontbreek nie.
      Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
       korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
       uitgelig word.
      Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele
       reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
      Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
       vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
       sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
       Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
      Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde nie/taalgebruik nie.)
Vraag   Antwoord                                                           Punte
1.1     Mense vel vinnig ’n oordeel oor ander (met vreemde aksente) /
        Mense het vinnig iets te sê oor ander se uitspraak.

            Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.                  1

 1.2        Die persoon met die “vreemde” aksent is nie goed geskool nie /
            Hy/sy is naïef /
            Hy/sy is regtig dom /
            Hy/sy kom uit ’n laer sosio-ekonomiese klas /
            Hy/sy is agter die klip.

            Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.                       3

 1.3        Aksentisme is diskriminasie teenoor iemand met ’n vreemde
            aksent ✓
            Dis net so erg soos rassisme ✓ en seksisme ✓ en diskriminasie op
            grond van seksuele voorkeur, ouderdom en geslag. ✓                            4

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 3

1.4.1      Sy navorsing het getoon dat mense eerder hul aksente sal verander
           as daar teen hul gediskrimineer kan word oor hoe hulle praat / Hulle
           is bang dat hulle nie ’n werk sal kry met hul bepaalde aksent nie.            1

1.4.2      Dis tot nadeel van die individu omdat dit tot spanning kan lei. ✓
           Mense kan ook voel hulle “verkoop uit” wat weer skade aan hul
           selfbeeld veroorsaak. ✓                                                       2

1.5        Beide, Britte en Suid-Afrikaners, gebruik twee taalregisters. ✓
           Hulle dink ’n deftige “Engels” pas meer by hul werksomgewing / wil
           nie teen gediskrimineer word by hul werksomgewing nie. ✓                      2

1.6.1      Dr. Baratta en prof. Anthonissen glo dat daar wel teen persone met
           sg. “vreemde” aksente in werksomgewings gediskrimineer word.                  1

1.6.2      Ja
           Luisteraars het gedink verskillende individue het gepraat terwyl dit
           slegs een begaafde taalgebruiker was wat verskillende registers
           gepraat het.

           Kandidaat kan nie NEE as ’n antwoord aanbied nie.                             1

1.7        Ja
           Elke mens is ’n individu, verskil van mekaar en praat dus op hul eie
           unieke manier.

                                            OF

           Nee
           Kommunikasie is uiters belangrik en daarom moet mense hulself
           verstaanbaar maak en dit kan net plaasvind as almal dieselfde praat.          1

1.8        Ja
           Beide se sienswyses is op navorsing gegrond.                                  1

1.9        In sommige beroepe is daar beperkte werks- of
           bevorderingsgeleenthede. ✓                                                    1
           Die werknemer moet besluit of hy/sy vrede moet maak met sy/haar
           eie aksent en of hy/sy dit moet aanpas. ✓                                     1

1.10       Sy sal nie meer die vooroordeel van verskillende groepe ervaar nie.           1

1.11       Politici / politikusse✓                                                       1
           “Twang” is wanneer ’n swart persoon soos ’n wit persoon praat, dus
           iemand wat die aksentuitwerking van sy eerste taal op sy tweede
           taal afgeleer het. ✓                                                          1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.12      Dis deel van ’n magspel /
           Dis politieke strategie om iets wat as trots / hovaardig / vermetel /
           ergerlik / sleg oorkom te verwerp / ondermyn.

           Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.                      1

 1.13      Ja
           Hulle gebruik dit om mense te laat lag en om selfs politieke en sosiale
           kommentaar te lewer.
                                             OF
           Nee
           As hulle goed genoeg is, is die gebruik van aksente onnodig / ’n mens
           spot nie met ander se aksente nie.                                                1

 1.14      Aksente verskil in elke land ter wêreld van streek tot streek. ✓
           Dit word lankal reeds in die letterkunde aangespreek. ✓                           2

 1.15      Ja
           Die mond wat oop is en lyk asof daar gepraat word /
           Die verskillende “stukke van die legkaart” wat die persoon uitbeeld /
           Die landsvlag met die tipiese Suid-Afrikaanse woorde daarop.

           Die kandidaat kan nie NEE as ’n antwoord aanbied nie.
           Die kandidaat bied enige antwoord vir EEN punt aan.                               1

 1.16      Ja
           Dié woorde is funksioneel aangesien dit tipiese woorde is wat gewone
           landsburgers graag gebruik.
                                           OF
           Nee
           Ek vereenselwig my glad nie met die Afrikaanse woorde op die vlag
           nie.                                                                              1

 1.17      Die persoon se woorde in TEKS B is tipies van diegene wat hul
           skuldig maak aan diskriminasie teenoor dié met vreemde aksente.                   1

 1.18      Takseer                                                                           1

                                                           TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                            5

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming:

Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
uitsluiting van irrelevante feite belangrik.

   Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
    opskrif/titel te voorsien nie.
   Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
   Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
   Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
    word die eerste opsomming nagesien.
   Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
   Punte word soos volg toegeken vir HT:
    o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
    o 3 punte vir taal
    o Puntetotaal: 10

   Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
    het nie:
    o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
    o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
    o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
   Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
    o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
    o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:

 Tel van woorde:
  o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
  o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
      het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
  o As die vereiste getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die
      getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
  o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
      word nie.

LET WEL:       Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
               indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
               volgens die getal woorde wat dit voorstel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

 MOONTLIKE PARAGRAAF
 Tree doelbewus met selfvertroue op. Waardeer dit wat jy het; die positiewe faktore in jou lewe.
 Leef doelgerig deur na bereikbare doelwitte te werk. Maak vrede met ander se kritiek. Stuur
 jou brein doelbewus in die regte rigting. Omring jouself met ondersteunende, opbeurende
 mense met positiewe energie. Leer ander om jou persoonlike grense te respekteer.
                                                                                Getal woorde: 55

         AANHALING UIT TEKS                           MOONTLIKE BEWOORDING

 1   … so tree met selfvertroue op            A Versorg jouself, trek mooi aan en tree
                                                met selfvertroue op

 2   … waardeer wat jy het ...                B Fokus doelbewus op die positiewe en
                                                waardeer dit wat jy het

 3   … doelgerig ... na bereikbare            C Streef na bereikbare doelwitte en werk
     doelwitte te werk                          hard om dit te bereik

 4   … maak vrede met kritiek                 D Jy sal moet vrede maak met kritiek

 5   … jou brein in die regte rigting te      E Jy moet jou brein in die regte rigting stuur
     stuur ...                                  met gesonde motiveringsgewoontes

 6   Omring jouself met                       F Sorg dat jy jou omring met onder-
     ondersteunende, opbeurende                 steunende, opbeurende, positiewe
     mense met positiewe energie                mense

 7   Leer ander om jou persoonlike            G Stel duidelike persoonlike grense en leer
     grense te respekteer...                    ander om dit te respekteer

                                                                            Getal woorde: 72

                                                                  TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Nasien van hierdie afdeling:

     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
      o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
          in die taalstruktuur getoets word.
      o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
      Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
       soos in die instruksie aangedui.
      Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte
       toegeken word.

Vraag        Antwoord                                                                  Punte
3.1          Jou onverwagte geskenk is ’n aangename verrassinkie!                        1
             verras                                                                      1

3.2          Die onderbreekte les het die onderwyser grensloos geïrriteer.                1

3.3          … gaan nié net oor nie drink en bestuur nie.                                 1
             Dit gaan óók oor wakker bly …

3.4          Padveiligheid is ’n breë begrip en is nie net die voorkoming van             1
             alkohol drink en dan wil bestuur nie – dit gaan oor baie meer as
             net dronk bestuurders.

3.5          bietjie                                                                      1

3.6          knip ’n uiltjie beteken om bietjie te slaap                                  1

3.7          Dit mag beter wees om jou bestemming laat te bereik                          1
             Dit kan (moontlik) beter wees om jou bestemming laat te bereik
             Dit sal moontlik/miskien beter wees om jou bestemming laat te
             bereik
             Dit behoort beter te wees om jou bestemming laat te bereik
             Dit mag tog / As dit tog maar beter is om jou bestemming laat te
             bereik

3.8          goed                                                                         1

3.9          Bestuurders van voertuie, selfs alle padgebruikers                          1
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Vraag      Antwoord                                                                Punte

 4.1        Byvoeglike bysin                                                           1

 4.2        ’n Kort, beklemtoonde vokaal vereis ’n verdubbeling van die
            daaropvolgende konsonant.                                                  1

 4.3        R50 / Vyftig rand is daarvoor deur die tandemuis aan my gegee.             1

 4.4        Hy manipuleer die seun deur te sê dat as die seun slim is, hy wel
            die geld sal spaar. Met ander woorde hy sal dom wees indien hy
            dit nie spaar nie. Die seun neem aan dat toffies al sy tande sal           2
            laat uitval en dat hy gou sy hommeltuig sal kan koop. Die seun
            sal nie as “dom” beskou wil word nie. Aanname: Hoe meer tande
            hy verloor, hoe gouer gaan hy genoeg geld hê vir sy hommeltuig.

 4.5        simpel / sotlik / belaglik                                                 1

 4.6        Dit laat my soos ’n paloeka lyk; enige iemand wat daarvan hou, is
            ’n sot. /
            Dit laat my soos ’n paloeka lyk en enige iemand wat daarvan hou,
            is ’n sot.                                                                 1
            Enige iemand wat daarvan hou is ŉ sot, want dit laat my soos ŉ
            paloeka lyk.

 4.7        Ek dink my onderwyseres is vandag verlief op my./
            Ek dink my onderwyseres is in die klaskamer verlief op my.                 1

 4.8        Haar uitroep: WAT! in hoofletters /
            Haar oë lyk geskok / Haar mond dui op skok.                                1

 4.9        Sy bedoel dat hy nie verlig moet voel nie, maar bekommerd oor
            sy swak toetsuitslae en sy ma se optrede daaroor.                           1
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                               9

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag      Antwoord                                                            Punte

5.1        Nou / ou                                                                  1

5.2        Hy/sy kwyt hom /haar goed van sy/haar taak.
                                                                                     1

5.3        ŉ Samestelling wat bestaan uit woorde wat herhaal, vereis ŉ               1
           koppelteken.

5.4        Dit dui op woorde wat op ŉ eie standpunt dui.                             1

5.5        Wat ’n slegte gedagte.                                                    1

5.6        Vokaalreduksie                                                            1

5.7.1      Daar sal ’n betekenisverandering plaasvind./ Daar sal ŉ trae              1
           stemming/gevoel bespeur word.

5.7.2      My lui toon aan my linkervoet wil nie reageer as ek hom stamp nie
           aangesien hy beseer is tydens my motorfietsongeluk. /                     1
           Daar heers ŉ lui toon (stemming) in die klaskamer.

5.8        afleiding                                                                 1

5.9        ’n Attributiewe byvoeglike naamwoord word gevorm / Dit verbuig
           die byvoeglike naamwoord.                                                 1
                                                                                   [10]

                                                     TOTAAL AFDELING C:             30
                                                         GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v1-memo/19b5312b-77b9-4b25-b9b1-34b934b92b83) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
