# Afrikaans HL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Exemplar November Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-qp-nov2022/5e051ad5-1be1-4608-ba05-076b372ab1d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-qp-nov2022/5e051ad5-1be1-4608-ba05-076b372ab1d9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 GR11 MEMO NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-memo-nov2022/1e04650c-e834-47e3-9aee-a606654beb99) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1             (EC/NOVEMBER 2022)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Leesbegrip                     (30)
         AFDELING B:       Opsomming                      (10)
         AFDELING C:       Taalstrukture en -konvensies   (30)

  2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.     Beantwoord AL die vrae.

  4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

  7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.     Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

  10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                               ’N PRENTJIE = 1 000 WOORDE

 1      Hoe sit jy die emosie terug in teksboodskappe? Laat emoji die praatwerk
        doen.

 2      Die see van emoji wat op net mooi alle platforms voorkom, is die perfekte
        leestekens om jou vreugde, hartseer en skaterlag in ŉ teksboodskap uit te druk.
        Die gesiggie met die spiraaloë is pas goedgekeur deur die Unicode                      5
        Consortium, die organisasie sonder winsoogmerk wat nuwe emoji goedkeur en
        standaardiseer. Dit kan enige iets van o jitte, sjoe, hete, jislaaik, maggies, ek
        kan dit nie glo nie, uitbeeld.

 3      Emoji. Jy kan ŉ koerantartikel daarin skryf (soos iemand in die Wall Street
        Journal gedoen het). Of klassieke werke soos Peter Pan en Alice in                    10
        Wonderland daarin vertaal (soos ook reeds gedoen is). Die Egiptenare sal hulle
        dalk slap lag vir die eenvoud van die karikatuuragtige tekeninge. Maar dis baie
        vinniger as hul hiërogliewe, wat dikwels tydrowend in rots uitgekerf moes word.

 4      Die klein prentjies verklap meer as wat jy dalk besef. Dit kan maatskappye en
        digitale platforms help om ŉ beter idee te kry van hoe jy voel – veral oor            15
        handelsmerke – en selfs gebruik word om jou deur spesifieke advertensies te
        teiken. Deur die gebruik van emoji op ŉ aanlyn platform oorhandig jy as’t ware
        netjies verpakte, sappige inligting oor jou emosies en belangstellings aan
        maatskappye. Terwyl ŉ rekenaar dit moeilik kan vind om die toon van ŉ
        teksboodskap te verstaan, kan emoji ŉ algoritme ŉ lekker wenk gee. Só                 20
        invloedryk is dit, maatskappye ding mee om hul produkte op emoji-sleutelborde
        te laat verskyn. Ford het in 2019 ŉ stille veldtog gevoer om die Unicorn
        Consortium te oorreed om ŉ bakkie-emoji goed te keur. Dis reeds op ons
        toestelle, hoewel sonder die Ford-handelsmerk. Taco Bell, die
        kitskosrestaurant, het sy gewig agter ŉ petisie vir ŉ taco-emoji gegooi, wat          25
        suksesvol was, maar Durex se veldtog vir ŉ kondoom-emoji was nie suksesvol
        nie.

 5      Emoji help ons om tussen die lyne te lees en verryk dus kommunikasie veral
        die dinge wat nie altyd maklik in teks oorgedra word nie. Sowat 72% van jong
        volwassenes druk emosie makliker met behulp van emoji eerder as net in                30
        woorde uit, volgens Vyvyan Evans, Britse linguis* en skrywer van The Emoji
        Code. “Wat ons sê, is dikwels nie wat ons bedoel nie, dus letterlik met ons
        woorde oordra nie.” Dit is die vinnigste groeiende ‘taal’ in die geskiedenis en
        word deur 92% van die aanlyn-bevolking gebruik. Die webtuiste Emojipedia
        word ŉ allemintige 33 miljoen keer per maand besoek. Dit bevat onder meer ŉ           35
        argief wat die visuele evolusie van elke karakter volg. Oxford Dictionaries het
        in 2015 die gesig met vreugdetrane as “woord van die jaar” aangewys.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

  6      Die woord ‘emoji’ is van Japannees afgelei en beteken rofweg “prentjie” en
         “karakter”. Die ooreenkoms met die woord “emosie” is toevallig. Nou leef ons
         egter in ŉ multikulturele samelewing en die interpretasie van ŉ emoji kan van          40
         mens tot mens en kultuur tot kultuur verskil. Een emoji kan letterlik ŉ duisend
         woorde beteken. Dit kan jou in ŉ groot verleentheid plaas, selfs die polisie op
         jou spoor sit. Na gelang van jou eie subjektiewe opvatting kan sommige emoji
         geïnterpreteer word as rassisities, beledigend, kultureel onsensitief en
         homofobies. Só is ‘duim op’ ŉ teken van goedkeuring in Westerse kulture,               45
         maar obseen in Griekeland en die Midde-Ooste. Boonop is emoji nie
         heeltemal universeel nie.

  7      Sal jy dit so vinnig by ŉ teksboodskap voeg as jy weet dit kan as ŉ dreigement
         beskou word? Of ŉ kontrak bindend maak wat jy nooit eens formeel
         onderteken het nie? Glo dit of nie, daar is ŉ groeiende aantal regsake                 50
         wêreldwyd – Brittanje, Nieu-Seeland en Frankryk ingesluit – waar howe emoji
         as getuienis moes interpreteer. Die emoji waaroor die meeste hofsake
         gemaak word, is die gewone ou “smiley”, gevolg deur die “knipogende” en
         “hartseer” gesiggie. Die redes wissel van kindertoesig en teistering by die
         werk tot moord. Dis nog betreklik nuut in die Suid-Afrikaanse-reg, maar daar           55
         is baie internasionale presedente** wat vir ons howe die pad vorentoe belig.

  8      Ons gebruik emoji volgens ons persoonlikheid, volgens Britse navorsing. As
         jy meer tegemoetkomend is, is jy geneig om sosiale en emosionele seine in
         die regte lewe te gebruik om met ander te kommunikeer. Navorsers
         spekuleer*** as jy jouself as tegemoetkomend sien, jy moeite gaan doen                 60
         om daardie deel van jou persoonlikheid oor te dra. Gee jy daarteenoor nie
         eintlik om wat mense van jou dink nie, is jy dalk gemakliker om al jou emosies
         te wys, insluitend hartseer en dus ook die hartseer emoji. Emoji word voorts
         as ontoepaslik in ŉ meer professionele omgewing beskou. Dit verklaar
         waarskynlik waarom respondente sê hulle gebruik dit minder in e-posse as               65
         ander teksboodskappe en op sosiale media, volgens die navorsers.

  9      Sonder enige bemarking, aktivisme en wetgewing, sonder trompetgeskal, het
         hierdie nuwe ‘taal’ stilletjies ons alledaagse lewe ingesluip. Omhels dit maar
         as jy in die toekoms doeltreffend aanlyn wil kommunikeer en ŉ emosionele
         respons wil ontlok. Mense wat emoji in aanlyn-boodskappe gebruik, is meer              70
         suksesvol om ŉ huweliksmaat te vind, volgens peilings op afspraakwebtuistes
         soos match.com.

                                            [Verwerk uit SARIE.com, Januarie/Februarie 2021]

  *linguis:          taalwetenskaplike
  **presedente:      vroeëre beslissings waarop ŉ mens jou kan beroep: voorbeeld:
                     Ons mag nie so ŉ gevaarlike presedent skep nie.
  ***spekuleer:      bespiegel, bepeins, nadink oor

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     5

  TEKS B: VISUELE TEKS

                                                            RAAMPIE 1
                                                            Westerse wêreld:
                                                            bid, pleit, begeerte
                                                            Japan:
                                                            asseblief, dankie

                                 Vroumense is
                                 so kompleks!

                                                            RAAMPIE 2
                                                            Ruimte, maan, die
                      RAAMPIE 3                             magiese
                      Dit beteken nie altyd wat jy dink     Of duiseligheid?
                      dit beteken nie

                                                                 [Verwerk uit af.eyewated.com]

  VRAE: TEKS A

  1.1      Hoe weet ons dat die gebruik van emoji op digitale platforms nie ongewoon
           is nie? Haal ŉ woordgroep uit paragraaf 2 aan.                                  (1)

  1.2      Emoji word nie lukraak ontwerp en geplaas nie. Kan hierdie stelling as ŉ
           feit of ŉ mening beskou word? Motiveer jou keuse. Sê ook waarom ons
           kan aanvaar dat dit nie net ŉ geldmaak foefie is nie.                           (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

  1.3      Noem TWEE redes waarom die gebruik van emoji nie net beperk is tot
           teksboodskappe nie.                                                               (2)

  1.4      Waarin lê die verskil tussen emoji en die Egiptenare se hiërogliewe?              (2)

  1.5      Gee EEN bewys uit paragraaf 4 dat maatskappye suksesvol kompeteer om
           hul produkte te bemark.                                                           (1)

  1.6      Emoji verbeter ons kommunikasievaardighede. Verduidelik kortliks hoe.             (1)

  1.7      Herlees paragraaf 5.

           Verskaf DRIE redes waarom jy dink dat emoji gekom het om te bly.                  (3)

  1.8      Waarom word daar gesê dat die interpretasie van emoji uniek is? Verskaf
           ook ŉ bewys hiervan.                                                              (2)

  1.9      Emoji’s kan nie as volledig universeel beskou word nie vanweë ons
           subjektiwiteit. Motiveer waarom hierdie stelling as korrek beskou kan word.       (4)

  1.10     Noem DRIE redes waarom emoji’s in teksboodskappe nie onnadenkend
           gebruik moet word nie.                                                            (3)

  1.11     Herlees paragraaf 8.

           Benoem die verskille tussen sogenaamde verdraagsame mense teenoor
           mense wat minder bekommerd is oor wat ander van hul dink.                         (2)

  1.12     Herlees paragraaf 9.

           Waaraan kan die onafhanklikheid en invloedrykheid van emoji-taal
           toegeskryf word?                                                                  (3)

  VRAE: TEKS B

  1.13    Watter visuele bewys in die teks dui daarop dat die gebruik van emoji baie
          gewild is?                                                                         (1)

  1.14    Dink jy die woorde, “Vroumense is kompleks” is gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                          (1)

  VRAE: TEKS A en TEKS B

  1.15    Verwys na die verband tussen die onderstreepte sin van paragraaf 6 en die
          eerste sin van paragraaf 8 in TEKS A en die inhoud van TEKS B. Verwys
          afsonderlik in jou antwoord na die verband tussen paragraaf 6 en paragraaf
          8 se sinne met TEKS B.                                                             (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     7

 AFDELING B: OPSOMMING
 VRAAG 2

 Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE ingesteldhede wat tot
 suksesvolle entrepreneurskap bydra.

 LET WEL:
 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
    paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

 TEKS C

                      WORD ’N SUKSESVOLLE ENTREPRENEUR
 Entrepreneurskap is nie net vir mense wat hul eie ondernemings het nie. Groot
 maatskappye waardeer mense wat nuut kan dink, want hulle word leiers en
 innoveerders. Leer só om oopkop en gereed te wees vir die uitdagings van
 entrepreneurskap.

 Entrepreneurskap berus op ŉ raamwerk van gedrag en nie op kennis nie. Verander
 dus jou gedrag, want dan verander jou uitkyk op die lewe ook. Jy moet weet hoe om
 jou kennis toe te pas.

 Sien geleenthede raak. Kyk anders na probleme en sien die geleenthede raak. In
 moeilike omstandighede is daar juis baie geleenthede. Dit help jou ook om nie
 moedeloos te raak nie.

 Soveel keer kla jong entrepreneurs dat hul ouers vra wanneer hulle nou “ŉ regte werk”
 gaan kry. Besef dat entrepreneurskap ŉ volwaardige loopbaan is. Entrepreneurskap
 is dit waarom die ekonomie draai.

 Dit verg deursettingsvermoë om keer op keer op te staan en weer te probeer. Leer
 jou kind hierdie veerkragtigheid van jongs af aan. ŉ Mens leer die beste uit jou foute.
 Dis nie die einde van die wêreld nie.

 Dit is belangrik dat kinders van jongs af take in en om die huis doen. Dit doen wondere
 vir ŉ kind om te weet dat hy of sy dinge self kan doen. Laat kinders toe om huistake
 te doen, want dit bou hul selfvertroue en verantwoordelikheid.

 Kinders benader soms ŉ probleem uit ŉ heel ander hoek as volwassenes omdat hulle
 nie die gewone beperkings sien nie. Moenie hulle kreatiwiteit deur jou denke beperk
 nie. Gee hulle die ruimte en ŉ risikovrye omgewing om oplossings te vind.

 Wees op die uitkyk na geleenthede om werkservaring te kry. Bied aan om gratis te
 werk om te sien hoe ŉ maatskappy funksioneer. Dis waardevolle ervaring wat jy as
 deel van jou studie kan sien. Hierdie werkservaring kan jy op jou CV sit.
                                                         [Verwerk uit Rapport,12 Julie 2020]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/NOVEMBER 2022)

   VRAAG 3: ADVERTENSIE

   Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS D

      1                Beurtkrag onderbreek ŉ haarsny...

      2                          nie koel nie

      3                 Maak ŉ halwe haarsny die mode – jy kan mos!

      4                               KOEL!

      5                       Koel ➔→ koeler ➔ Tropica

      6                            Niks is koeler nie

                                                             [Verwerk uit Tuis, April 2021]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   9

 VRAE: TEKS D

 3.1     Watter boodskap wil die adverteerder met reël 2 oordra?                              (1)

 3.2     Verduidelik watter funksie die emoji (afwaartse duim) in reël 2 verrig.              (1)

 3.3     Is die boonste foto in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord.                 (1)

 3.4     Waarom word daar van hoofletters in reël 4 gebruik gemaak en verduidelik
         die verband met Tropika.                                                             (2)

 3.5     Watter oorredingstegnieke gebruik die adverteerder in reël 4 en 5 om aan te
         dui dat ŉ slegte situasie wel na positief verander kan word?                         (2)

 3.6     Watter tipe diskriminasie kan hier in hierdie advertensie voorkom?                   (1)

 3.7     Verskaf die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord in reël 5.                     (1)

 3.8     Skryf VIER opeenvolgende woorde uit reëls 4–6 neer wat as oorredingstaal
         gebruik word.                                                                       (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  (EC/NOVEMBER 2022)

   VRAAG 4: STROKIESPRENT

   Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS E

   Zits 1
                  Raampie 1                              Raampie 2                         Raampie 3

              Die                           Ek kan nie glo
        matriekafskeid                     ons het tot 04:00                    Hulle lyk baie beter na
                         En die saal het                        Jy was so         ‘n twaalfuur lange
        was ongelooflik!                     gedans nie. c
                         so mooi gelyk.                         ongelooflik     partytjie as ons na ‘n
         Die orkes was Na my mening-
         aan die brand! sprokiesagtig.                                               goeie nagrus
                                               Nee, jy               Nee, jy                           Gmffff....
                                                was                   was

   Zits 2
                 Raampie 4                           Raampie 5                          Raampie 6
       Dit is die beste Kersfees                Ons het saam geskenke
                                                                                 Ek dink ons het ŉ heerlike,
                   ooit!                      oopgemaak en daarna saam
                                                                               gesellige familie-aandjie en kan
                                                        geëet...
                                                                               nou saam aan my legkaart bou.

                                                     Raampie 7

                     Dankie dat jy saam met                    Ja, dankie            Net my plesier,
                       ons kuier, Jeremy                                               Ma en Pa.

                                                               [Verwerk uit https://gocomics.azcentral.com]

   VRAE: TEKS E

   4.1         Wat is die geïmpliseerde betekenis van die onderstreepte woorde in
               RAAMPIE 1?                                                                                              (1)

   4.2         Watter visuele bewys is daar in RAAMPIE 1 wat daarop dui dat hulle die
               aand geniet het?                                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                               11

 4.3     Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 3, die pa en ma se woorde?
         Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

 4.4     Herskryf die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 sodat dit beklemtoon word.        (1)

 4.5     Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit RAAMPIE 6 wat dui op ŉ eie
         opvatting/mening.                                                               (1)

 4.6     Hoe weet ons dat Zits se ma in RAAMPIE 6 haar woorde gebruik om die
         verhouding tussen taal en mag uit te beeld?                                     (1)

 4.7     Waarom het die onderstreepte woord in RAAMPIE 6 ŉ koppelteken?                  (1)

 4.8     Watter afleiding kan van Zits se pa gemaak word?                                (1)

 4.9     Kan Zits se woorde in RAAMPIE 7 as ironies beskou word? Motiveer jou
         antwoord.                                                                      (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS F

                                       JA, LAG MAAR

  1      Humor is sedert die begin van die geskiedenis ŉ sielkundige salf in die
         donkerste tye.

  2      Iets voel oorweldigend, maar sodra jy ŉ grappie daaroor maak raak dit minder
         vreesaanjaend. Jy neem só die angel uit ŉ nuwe, onbekende bedreiging,
         volgens komediant en akteur, Schalk Bezuidenhout. Humor maak dit makliker
         om aan te pas by (5.3) veranderinge.

  3      Suid-Afrikaners het nog altyd ŉ fantastiese sin vir humor gehad, veral in die
         donkerste tye. Natuurlik is dit nie uniek aan ons nasie nie. Dis een van ons
         land se (5.5) beste hanteringsmeganismes en iets wat ons nog altyd deur al
         die moeilike jare gehelp het.

  4      Humor help ook om ŉ gemeenskap te bou. Grappies oor die coronavirus is ŉ
         manier waarop mense sê: “Ons is almal saam in hierdie ding”. (5.6) Dis ook ŉ
         manier van draaksteek met outoriteit en die ondermyning van politici of groot
         maatskappye se mag.

  5      Humor kweek empatie. As ons vir (5.8) onsself kan lag, beteken dit ons kan
         ook kwesbaar voor mekaar wees, wat ons uiteindelik meer menslik maak.
         Humor is soos kos, almal se smaak verskil. As jy ŉ traumatiese ervaring gehad
         het, is jy minder geneig om vir donker humor te grinnik wat jou daaraan
         herinner.

  6      Grappies en satire kan ook (5.9) misleidende inligting versprei. Mense weet
         nie altyd wat om as die waarheid te aanvaar en waaroor om net te lag nie.

  7      Ter afsluiting kan ons sê dat lag ŉ vorm van genesing is. As jy nie in dié dae
         kan lag nie, kry ek jou jammer, want het ons nie almal nou iets warm nodig
         om aan vas te hou nie? Ons durf immers aan niks anders raak nie!

                                                       [Verwerk uit rooi rose, Januarie 2020]

  VRAE: TEKS F

  5.1     Identifiseer die eerste diftong in paragraaf 1. Skryf die woord waarin die
          diftong voorkom, neer en onderstreep die diftong.                                       (1)

  5.2     Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 en voeg die ontbrekende
          leesteken by. Onderstreep die leesteken wat jy ingevoeg het.                            (1)

  5.3     Verskaf die verkleinwoord van die onderstreepte woord.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                              13

 5.4     Skryf die onderstreepte gedeelte van die eerste sin van paragraaf 3 in die
         ontkennende wyse.                                                                (1)

 5.5     Verskaf die stellende trap van die onderstreepte woord in paragraaf 3.           (1)

 5.6     Verduidelik die betekenis van die onderstreepte idioom in die derde sin van
         paragraaf 4.                                                                     (1)

 5.7     Skryf die eerste sin van paragraaf 5 in die lydende vorm.                        (1)

 5.8     5.8.1       Benoem die onderstreepte woordsoort in paragraaf 5.                  (1)

         5.8.2       Gee ŉ duidelik verklarende sin waarin onsself as twee woorde
                     gebruik word.                                                        (1)

 5.9     Wat is die funksie van die agtervoegsel van die onderstreepte woord in
         paragraaf 6?                                                                     (1)
                                                                                         [10]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                 GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2022/2a2b4d80-efc5-40e2-8a57-4a658d180039) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2022/5fbf119f-6607-4787-9b6a-4c83e47918a1) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2022/6cfc7600-b8dc-4065-a528-082976d50971) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov2022/db69133f-90ec-41ee-b649-4f7f8d832779) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Afrikaans HL · Memo · 2026 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-3-afrikaans/afd8a8d0-0e31-4659-8611-7022652d0772) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
