# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2025

              AFRIKAANS HUISTAAL V1
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

              Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

    Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2025)

 AFDELING A: LEESBEGRIP
 Nasien van die leesbegrip:
 •      Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie
        tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel
        aangetoon word.)
 •      Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
        verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
        woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in
        die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
 •      Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
        SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
 •      Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
        rede/bewys/motivering word oorweeg by die puntetoekenning.
 •      Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
        aanhalingstekens ontbreek nie.
 •      Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit korrek, mits
        die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 •      Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele reeks, word
        slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
 •      Aanvaar dialektiese variasies.
 •      Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte
        antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

 VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
  Vraag                                 Antwoord                               Punte
  1.1     skaad √                                                                1
  1.2.1   Ja, 30% is ŉ hoë persentasie.

                                                 OF

              Nee, die statistiek is op slegs 52 skole gebaseer. √                             1

              Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.2.2       Die nadeel van die damprook wat in paragraaf 1 genoem word, word in
              paragraaf 2 uitgewys. √

              Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.                      1
  1.3         Die statistiek klink meer geloofwaardig. /Die noem van die bron maak dat
              mense dit kan navors. √                                                          1

              Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.4         Die genoemde is nie so baie gewild nie /nie so gewild soos damprook
              nie. √                                                                           1

              Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.5         Mening ‒ Leerders is “waarskynlik” verslaaf. √                                   1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)             AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      3

  1.6        Hulle het ŉ behoefte om te damprook onmiddellik nadat hulle wakker
             geraak het. √
             Daar is ŉ ligte hoofpyn. √
             Hulle voel effens naar. √
             Hulle hande bewe. √                                                                4

             Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
  1.7        Ja, dit kan geglo word, want die spreker is ŉ professor/ (long)spesialis/
             kenner. √                                                                          1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.8        Die gebruik begin om ŉ sekere rede (druk, nuuskierigheid,
             spanningverligting). √

             Daarna ontwikkel dit na afhanklikheid /word dit ŉ meganisme om
             emosioneel goed te voel. √                                                         2

             Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
  1.9        Leerders besef nie hulle is afhanklik nie.
             Daar is nog nie genoeg studies gedoen oor hóé om die probleem aan te
             pak nie. √√                                                                        2

             Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
  1.10       “Armer” skole se leerders ervaar meer sosiale druk /is meer nuuskierig/
             ervaar meer spanning /het ŉ groter behoefte aan emosionele
             welstand. √√√                                                                      3

             Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
  1.11       Dit is hoogs verslawend. /Dit het ŉ groot (tydelike) impak op die
             emosionele welstand van die gebruiker. √                                           1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.12.1     Damprook moet deur wetgewing gereguleer word. √                                    1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.12.2     Dit kan nie by enige plek gekoop word nie/ dit kan nie aan onder-
             ouderdom persone verkoop word nie. √                                               1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.13       Damprook stel dopamien vry en is dus hoogs verslawend/ kan tot
             permanente skade vir die gebruiker lei.
             Dit neem baie vinnig toe.
             Meer tieners kry ŉ nikotien-fix deur damprook as deur tabak.
             Tieners begin op ŉ jong ouderdom (gemiddeld 14).
             Damprookprodukte word nie gereguleer nie / kan aanlyn bestel word/
             kan op byna enige plek gekoop word. √√√                                            3

             Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2025)

  1.14.1     Syfers/statistiek in TEKS A genoem, word in TEKS B grafies voorgestel/
             opgesom. √                                                                         1
  1.14.2     Dit is groter geskryf/ makliker sigbaar /syfers vang die leser se oog
             makliker as die woorde. /syfers word meer kernagtig /opsommend
             aangebied. √                                                                       1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.14.3     Ja, die B-gedeelte het minder syfers/ simboliese voorstellings as die A-
             gedeelte.

                                                 OF

             Nee, in beide gedeeltes kom voorstellings voor, byvoorbeeld prentjies. √           1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.15       Dit is nog nie as waar bewys nie. /kan nie met sekerheid gesê word nie.
             Dalk veroorsaak damprook nie hierdie genoemde nadelige gevolge nie.
             Die stelling is nie meer ŉ feit nie. √                                             1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
  1.16.1     Studies is slegs op 25 000 leerders (by 52 skole) gedoen. √                        1
  1.16.2     Volgens prof. Hoare (paragraaf 9) besef baie gebruikers nie dat hulle
             verslaaf is nie (en sal dit nie tydens ŉ studie erken nie.) √                      1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                             TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)               AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      5

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Nasien van die opsomming
 •       Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in
         die teks wat met die vraag ooreenstem.
 •       Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ opskrif/titel te
         voorsien nie.
 •       Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
 •       Slegs riglyne wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
 •       Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
         die eerste opsomming nagesien.
 •       Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

 •       Punte word soos volg toegeken:
         o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
         o 3 punte vir taal
         o Totale punte: 10
 •       Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
         o    1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
         o    4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
         o    6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

         o   Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
         o   6-7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
         o   4-5 direkte aanhalings: ken ŉ maksimum van 1 taalpunt toe
         o   2-3 direkte aanhalings: ken ŉ maksimum van 2 taalpunte toe

 LET WEL:
 • Tel van woorde:
   o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
   o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as
       die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
   o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
       oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
   o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

 NASIENSIMBOLE

     ^          Onvolledige feit
     V          Onvolledige sin
     F          Feitefout
     A          Aanhaling
     H          Herhaling

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2025)

 MOONTLIKE PARAGRAAF

 Wees ondersteunend teenoor jou kind en probeer om altyd positief oor spanmaats/die
 afrigter en opponente voor jou kind te praat. Wees versigtig om jou eie kind te kritiseer
 en kies ook die regte tyd vir kritiek teenoor jou kind. Stel realistiese verwagtinge aan jou
 kind om sodoende ongesonde druk te vermy. Leer jou kind van goeie sportmanskap en
 respek. Hanteer fisiese beserings reg, maar maak ook seker dat jou kind nie
 emosioneel uitbrand nie. Handhaaf ten alle tye ŉ goeie balans tussen sport en jul
 gesinslewe.
                                                                          [Getal woorde: 87]
                                             OF
           AANHALING UIT TEKS                         MOONTLIKE BEWOORDING
 1    ... wees ŉ ondersteuner. Maak             A    Wees ondersteunend teenoor jou
      seker jou kind weet jy ondersteun              kind (sonder om die afrigter se rol oor
      hulle ongeag wat... moet nie die rol           te vat).
      van die afrigter ens. probeer oorvat
      nie.
 2    Praat ook positief oor spanmaats,         B    Praat positief oor spanmaats / die
      die afrigter en ander ouers. ... wat           afrigter / ander ouers voor jou kind. /
      jy ŉ afrigter of speler voor jou kind          Moenie die spelers of afrigters slegsê
      slegsê ... sukkel om afrigter of speler        voor jou kind nie.
      te vertrou.
 3    Wees versigtig met kritiek op jou         C    Wees versigtig om jou eie kind te
      eie kind ...Tydens deelname is dit             kritiseer. / Kies die regte tyd vir kritiek
      nie nodig nie ... Gesels die volgende          teenoor jou eie kind.
      dag.
 4    Realistiese verwagtinge is ook            D    Stel realistiese verwagtinge aan jou
      belangrik ... ongesonde druk kan               kind. / Vermy ongesonde druk wat jou
      keer dat jou kind sy potensiaal                kind se volle potensiaal moontlik kan
      verwesenlik.                                   belemmer.
 5    Lê eerder klem op hulle veg- en           E    Leer jou kind goeie sportmanskap
      sportmangees. Respekteer die                   (deur die opponente / skeidsregter /
      opponente, skeidsregter en hul eie             hul eie spanmaats ten alle tye te
      spanmaats.                                     respekteer).
 6    Hanteer beserings reg. Gee aandag         F    Behandel beserings reg (deur na
      aan beserings. Luister na                      aanbevelings van spesialiste te
      aanbevelings van die spesialiste.              luister).
 7    ... moet ŉ mens ook uitbranding           G    Maak seker dat jou kind nie
      voorkom. ... sal maak dat ŉ speler             emosioneel uitbrand nie.
      nie meer kompeterend kan wees
      nie.
 8    Balans ... is belangrik. Moenie jou       H    Handhaaf ŉ goeie balans tussen
      gesinslewe inboet vir sport nie.               sport en jou gesinslewe / ander
                                                     belangstellings / ŉ sosiale lewe.
      (Die kandidaat kan enige 7 feite
      neerskryf.)
                                                                   TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                                                 7
                            NASIEN VAN OPSOMMINGS INDIEN DIREKTE AANHALINGS GEBRUIK WORD

  Gewone                               AANTAL DIREKTE AANHALINGS UIT DIE TEKS
 opsomming
   met eie
                   7          6          5            4           3           2      1
                                                                                           TOTAAL
   woorde      AANHALINGS AANHALINGS AANHALINGS AANHALINGS AANHALINGS AANHALINGS AANHALING
 7 feite +3
 pte
                       +0       +0           +1            +1         +2         +2                +3           7
 6 feite + 3
 pte
                                +0           +1            +1         +2         +2                +3           6
 5 feite + 2
 pte
                                             +0            +0         +1         +1                +2           5
 4 feite + 2
 pte
                                                           +0         +1         +1                +2           4
 3 feite + 1
 pt
                                                                      +0         +0                 +1          3
 2 feite + 1
 pt
                                                                                 +0                +1           2
 1 feite + 1
 pt
                                                                                                   +0           1

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

                            Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2025)

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 Nasien van hierdie afdeling:
 • Spelling:
   o Eenwoordantwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie
       korrek nie, tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of
       spelling die aspek is wat geassesseer word.
   o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te
       wees.
 • Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied
    word soos in die instruksie aangedui.
 • By meervoudigekeuse-vrae word die letter van die korrekte antwoord en/of
    die antwoord wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Vraag                                 Antwoord                                        Punte
 3.1.1     DIGI in DIGIPROJEKTE is vetgedruk/donkerder. √                                1
 3.1.2     Die gebruik van die voornaamwoorde jy en jou/die leser word direk
           aangespreek.
           Retoriese vrae word (herhaaldelik) gevra.
           Digi- word herhaal. √√                                                        2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
 3.2       Die inhoud van reël 2 handel oor Afrikaanse gesegdes/ idiome/
           spreekwoorde en vergelykings EN reël 2 se woordgebruik (eerste drie
           woorde) bevat so ŉ uitdrukking (Is jy gekonfyt in ...). √                     1

           Die kandidaat bied BEIDE kante as antwoord vir EEN punt aan.
 3.3       Nie almal kan (goed) spel nie/party mense se spelling benodig aandag.√        1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 3.4.1     Die vrou gebruik haar hande/ beduie met haar hande wat die inhoud van
           reël 4 ondersteun (om ŉ standpunt te verdedig) √                              1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 3.4.2     Akuut √                                                                       1
 3.5       Assimilasie √                                                                 1
 3.6       Jou/mense se stem is hard/ mooi/ duidelik genoeg om ander te
           beïndruk, amper soos met voordrag./
           Mense wil dikwels ander mense (met hul voordragstem) beïndruk. √              1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou
 Blaai om asseblief

         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  9

 3.7       Ja, die advertensie handel oor ŉ digitale platform; daarom is die gebruik
           van die QR-kode funksioneel./ Onder aan die advertensie word daar
           melding gemaak dat jy net toegang tot ŉ rekenaar, tablet of slimfoon en
           ŉ internetverbinding benodig om in te skryf, daarom is die gebruik van
           die QR-kode funksioneel./ Dit is ŉ moderne metode waarvolgens mense
           deesdae inligting verkry. √                                                   1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2025)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT
 Vraag     Antwoord                                                                       Punt
 4.1       geskenkie √                                                                     1

           Die woord moet korrek gespel wees.
 4.2.1     Onsekerheid/ twyfel/ huiwering/ besluiteloosheid √

           EN
                                                                                            2
           Hy gebruik die tussenwerpsel “mmm”/ hy sê “DALK.” √

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan.
 4.2.2     Ellips/ beletselteken/ (aandag)stippels √                                        1
 4.3       Sy oë is groot/ groter oop/ sy wenkbroue is gelig √
           EN
           sy vinger wys/ is gelig na items wat die verkoopsdame beskikbaar het. √          2
 4.4       “vrygewig” / “sjoe”/ “omtrent” √                                                 1
 4.5       C/sarkasme                                                                       1
 4.6       Die verkoopsdame kom as nuuskierig voor/ belangstellend teenoor haar
           klante./
           Sy het (waarskynlik) nie gedink dat die geskenk vir hom is nie. √                1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 4.7       Ja, hy slaag met sy doel.
           Sy rol haar oë/ haar wenkbroue is gelig/ haar arms is gevou teen haar
           bors. √                                                                          1

           Die kandidaat kan nie ŉ NEE-antwoord aanbied nie.
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                               11

 VRAAG 5: ARTIKEL
 Vraag     Antwoord                                                                         Punt
 5.1       Dié/Hierdie/Daardie storie van melktert. √                                        1
 5.2       weergawe √                                                                         1
 5.3       A/paneel √                                                                         1
 5.4       Dit is ŉ (besondere) lang e-(klank) in ŉ oop lettergreep. √                        1
 5.5.1     Soos wat sterre in die Melkweg skitter so staan melktert as ŉ tradisionele
           nagereg/dis/kos uit tussen ander. √                                                1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 5.5.2     Melktert skitter nêrens in die Melkweg van ons tradisionele koshemel nie. √        1
 5.6       Byvoeglike bysin √                                                                 1
 5.7       vasdagreëls √                                                                      1
 5.8       smaaklike √                                                                        1
 5.9       Ter afsluiting √                                                                  1
                                                                                            [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:          30
                                                                     GROOTTOTAAL:            70

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
