# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1             (EC/SEPTEMBER 2024)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Leesbegrip                     (30)
         AFDELING B:       Opsomming                      (10)
         AFDELING C:       Taalstrukture en -konvensies   (30)

  2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.     Beantwoord AL die vrae.

  4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

  7.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.     Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A:         50 minute
         AFDELING B:         30 minute
         AFDELING C:         40 minute

  10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                            HET MATRIEK WAARDE?
     Meer as 700 000 kandidate het verlede jaar matriekeksamen geskryf en die uitslae word
      Vrydag uitgereik. Maar wat presies behels die hele proses van eksaminering en hoe
          geloofwaardig is die kwalifikasie wat verwerf word? Huw Davies verduidelik.

 1          Derduisende matrikulante, hul ouers en onderwysers wag in spanning op die
            uitslae van die 2023-nasionale seniorsertifikaateksamen.

 2          Dié sertifikaat bepaal in baie opsigte jong mense se geleenthede en
            lewenskanse op die pad vorentoe. Toelating tot verdere studie, geleenthede
            in die wêreld van werk, ŉ lisensie om aspirasies na te jaag – dit is alles in die 5
            weegskaal totdat die eksamenuitslae aangekondig word.

 3          Die nasionale seniorsertifikaat is ŉ gesogte kwalifikasie en die resultaat van 12
            jaar (en in sommige gevalle selfs meer) se harde werk. Oor daardie 12 jaar
            het drie hoofakteurs ŉ rol gespeel in die onderrigproses: die leerling, die skool
            en die ouerhuis.      En met ouerhuis word ingesluit voogde, betrokke 10
            volwassenes wat omgee en gemeenskappe.

 4          Dis belangrik om te besef dat geen kandidaat in die eksamen alleen gestaan
            het nie – agter elke leerling is daar ŉ groep rolspelers wat elkeen ŉ belang by
            die matriekuitslae het. En, soos jaarliks gebeur, gaan twee vrae weer oor die
            uitslae gevra word: Was al die harde werk die moeite werd? En is die 15
            sertifikaat wat verwerf word, geloofwaardig?

 5          Daar is ŉ paar aspekte ter sprake om by die antwoorde op hierdie vrae uit te
            kom. Die nasionale senior sertifikaat wat verwerf word, is dalk die resultaat van
            eksamens wat in gr. 12 afgelê word, maar die voorbereiding begin reeds in ŉ
            kind se eerste skooljaar. As daar in die 12 jaar wat ŉ kind op skool is, iewers 20
            iets skeefloop, gaan dit ŉ uitwerking hê op die gehalte van die kwalifikasie wat
            verwerf word.

 6          Was die onderrigbenadering op peil? Het dit volgens voorskrif geskied?
            Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) is jaarliks by tientalle komitees
            betrokke om te verseker dat onderwysers bemagtig word in onderrigmetodes. 25

 7          Die tweede aspek is die inhoud en peil van die kurrikulum. Die vraag wat hier
            beantwoord moet word, is of die leerplan vergelykbaar is met die inhoud van
            leerplanne wat in ander onderwysstelsels in die wêreld aangebied word.
            Die antwoord op hierdie vraag is dat Suid-Afrika se leerplan in alle opsigte 30
            positief vergelyk met soortgelyke kurrikulums wat oor 12 jaar strek.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

  8         Die derde aspek wat hier te sprake is, is opleidingsvlak en kwalifikasies van
            onderwysers wat vakke in gr. 12 aanbied. Die SAOU fokus op die opleiding
            van onderwysers en help verseker dat hulle op die hoogte is van die jongste
            vakkennis en benaderings. Verteenwoordigers van die SAOU dien landwyd in 35
            komitees en onderwysstrukture wat gemoeid is met die inhoud en samestelling
            van kursusse vir die opleiding van onderwysers.

  9         Die gehalte van onderrig, die inhoud en peil van die leerplan en die
            opleidingsvlak en kwalifikasie van gr.12-onderwysers is die hoekstene wat
            uiteindelik lei tot ŉ kwalifikasie van goeie gehalte.                     40

  10        Vir die opstel van eksterne eksamenvraestelle en die modering daarvan word
            die beste praktisyns gebruik. Daarna word die vraestel aan die departement
            van basiese onderwys voorgelê om uiteindelik aan die raad vir
            gehalteversekering in die onderwys (Umalusi) voorgelê te word. Dit is ŉ hoogs
            vertroulike proses.                                                           45

  11        Gereelde ontmoetings tussen die direkteur-generaal van die departement van
            basiese onderwys, verteenwoordigers van die SAOU, Umalusi en ander
            hoofrolspelers verseker dat die proses so deursigtig moontlik geskied.
            Wat 2023 se eksamen betref, is die SAOU meer as tevrede dat die vraestelle
            van ŉ standaard was wat deur die voorskrifte bepaal word.                  50

  12        Tydens verlede jaar se eksamen het die voorkoms van onreëlmatighede
            beduidend afgeneem en die SAOU se mening is dat die integriteit van die
            eksamen nie gekompromiteer is nie en dat die geloofwaardigheid van die
            kwalifikasie nie in die gedrang kom nie. Nadat die antwoordstelle gemerk is,
            word die punte vir elke vak op rekenaar onder streng toesig aangebring. Dit 55
            word aan Umalusi voorgelê wat volgens wet die magtiging het om punte
            opwaarts of afwaarts aan te pas, sou daar goeie redes wees om dit te doen.
            Hierdie proses word nie aan die publiek bekend gestel nie.

  13        Uiteindelik word die uitslae deur die minister van basiese onderwys
            aangekondig. Dis in die jaarlikse ontleding van die slaagsyfer en ander data 60
            dat die twee vrae wat aan die begin genoem is, telkens opduik. Die antwoord
            op albei vrae is ja. Die harde werk was vir elke kandidaat die moeite werd. En
            die sertifikaat is geloofwaardig.

            *Dr. Davies is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se afdeling
            professionele dienste.

                                                   [Aangepas uit Die Burger, 18 Januarie 2024]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    5

 TEKS B: VISUELE TEKS

                                                             [Aangepas uit Volksblad, 5 Maart 2018]

 VRAE: TEKS A

 1.1      Herlees die opskrif en subopskrif.

          1.1.1   Hoe word die leser by hierdie leesstuk betrek?                               (1)

          1.1.2   Wat is die funksie van die “Maar” in die subopskrif?                         (1)

          1.1.3   Haal uit paragraaf 1 TWEE opeenvolgende woorde aan wat aansluit
                  by die “700 000 kandidate” in die subopskrif.                                (1)

 1.2      Gee VIER redes waarom ŉ matrieksertifikaat van waarde kan wees.                      (4)

 1.3      Sê wat die uitdrukking “in die weegskaal” (paragraaf 2) binne konteks
          beteken.                                                                             (1)

 1.4      Verduidelik wat die skrywer met die woorde tussen hakies in paragraaf 3
          bedoel.                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

  1.5    Dit is nie net ŉ leerder wat tot sy/haar opvoeding bydra nie.

         Bewys die bogenoemde stelling met TWEE feite.                                            (2)

  1.6    Watter implikasie, dink jy, het dit vir die kandidaat as hy/sy weet dat hy/sy nie
         “alleen gestaan” (paragraaf 4) het nie.                                                  (1)

  1.7    Verwys na paragraaf 8 tot 11.

         Waarom kan ŉ onderwyser soms die blaam vir swak uitslae dra? Noem TWEE
         redes.                                                                                   (2)

  1.8    Op grond waarvan glo die SAOU dat SA skole se leerplan wel ŉ plan van
         gehalte is?                                                                              (1)

  1.9    Onderwysers doen slegs vakkennis op deur tersiêre opleiding en ervaring.

         Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Motiveer jou antwoord.                         (1)

  1.10   Noem die DRIE fundamentele beginsels waarop gehaltekwalifikasies gebou
         word.                                                                                    (3)

  1.11   Waarom kan daar gesê word Umalusi se verwysing na deursigtigheid
         (par. 11) in die leesstuk weerspreek word?                                               (1)

  1.12   Verwys na paragraaf 12.

         1.12.1      Waarom is dit nodig dat die invoer van punte “onder streng toesig”
                     gebeur?                                                                      (1)

         1.12.2      Umalusi pas elke jaar graad 12-leerders se punte aan.

                     Is hierdie stelling korrek? Motiveer jou antwoord.                           (1)

  1.13   Verwys na paragraaf 13.

         1.13.1      Motiveer waarom die siening oor matriekeksamens in die berig as
                     geloofwaardig beskou kan word.                                               (1)

         1.13.2      Dink jy dat ŉ matrieksertifikaat vandag werklik waarde het?
                     Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                             7

 VRAE: TEKS B

 1.14     Wat impliseer die pa met sy woorde in die spotprent?                          (1)

 1.15     Verwys na die seun in die spotprent.

          1.15.1 Noem TWEE sigbare bewyse dat die seun ingenome met homself is.
                                                                                        (2)

          1.15.2 Gee ŉ rede vir die seun se ingesteldheid.                              (1)

 VRAE: TEKS A EN TEKS B

 1.16    Herlees paragraaf 11 van TEKS A.

         Hoe verskil die terme “standaard” in TEKS A van die “standaard” waarna
         TEKS B verwys? Verduidelik ook hoe TEKS B by die kernboodskap van TEKS
         A aansluit.                                                                    (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2

  Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van sewe wenke hoe om ŉ stresvolle
  vakansie te geniet.

  LET WEL:       1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
                    paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                    beslaan nie.
                 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
                 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
                 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
  TEKS C

  IS VAKANSIES VIR JOU ʼN BRON VAN STRES? HIER VOLG WENKE HOE OM ʼN
                    STRESVOLLE VAKANSIE TE GENIET!

  Die Desembervakansie lê om die draai en vir sommige mense is dit ŉ groot bron van
  stres ...

  Doen egter waarvan jy hou. Moenie ŉ bestemming kies wat nie by jou voorkeure
  aansluit nie. As jy ŉ hotel-mens is, gaan ŉ tent jou nie laat ontspan nie! Wees eerlik oor
  jou voorkeure. Kies ook jou reisgenote versigtig. Moenie saam met mense vakansie
  hou wat jou irriteer nie. Net omdat julle met vakansie is, beteken nie hulle gaan
  persoonlikheidsveranderinge ondergaan nie. Inteendeel, hulle gaan nog erger word.

  Stel ŉ begroting op voordat julle vertrek. Moenie meer geld spandeer as waarvoor julle
  begroot het nie. Jy gaan nou al begin stres oor die finansiële probleme wat terug by die
  huis vir jou gaan wag. Dit is ook belangrik om deeglik vooruit te beplan. As jy alles
  saamgebring het wat jy nodig gaan kry, hoef jy nie heeltyd noodplanne uit te dink nie.
  Neem foto’s. Vat jou kamera saam, dalk ŉ videokamera en ŉ dagboek. Dit is heerlik
  om agterna, wanneer die stres-duiwel weer kop uitsteek na jou herinnering te kyk en te
  onthou hoe lekker dit was.

  Bederf jouself so ŉ bietjie. Dit is die perfekte verskoning om al daardie boeke te lees
  waarby jy nog nie kon uitkom nie, ŉ lekker wyntjie te teug en dalk meer sjokolade te
  verorber as wat Switserland in ŉ week kan produseer. Kry ŉ tema vir jou vakansie.
  Indien jy ŉ kwaliteit-familietyd vakansie wil hê, maak dit die tema en kies die uitstappies
  en aktiwiteite rondom hierdie tema.

  Moenie alles self doen nie. (Hierdie raad is vir die ma’s!) Probeer om meer te delegeer
  en minder self te doen. Alhoewel jou gesin ook met vakansie is, beteken dit nie jy hoef
  alles te doen nie. Werk ŉ vakansierooster uit sodat almal help.

  Met die regte houding en hierdie nuttige wenke kan jy hierdie jaar gaan vakansie hou
  sonder om te stres!
                                                 [Aangepas uit rondrits.co.za, 11 Desember 2020]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  9

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS D

                                                           [Aangepas uit Sarie, Jan/Feb. 2023]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

  VRAE: TEKS D

  3.1     Hoe word die leser reeds by A (die opskrif) direk by die advertensie betrek?         (1)

  3.2     Waarom is die woordgebruik by A gepas om die leser aan te moedig om die
          produk te koop? Verwys in jou antwoord na TWEE redes.                                (2)

  3.3     Wat is die geïmpliseerde betekenis van die woorde by B ten opsigte van jou
          vel tydens somermaande?                                                              (1)

  3.4     Hoe ondersteun die vrouens in die advertensie se gesigsuitdrukkings die
          woorde in B?                                                                         (1)

  3.5     Verdeel die onderstreepte woord in B in klankgrepe.                                  (1)

  3.6     Is die foto van die velsorgprodukte in die advertensie gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                            (1)

  3.7     Herlees die woorde by C.

          Wie sal hoofsaaklik die teikenmark van hierdie advertensie wees?
          Verwys in jou antwoord na die inligting in C.                                        (2)

  3.8     Gee die funksie van die skryfteken in die onderstreepte woord by D.                 (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      11

  VRAAG 4: STROKIESPRENT

  Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS E

  ZITS

                               TAKE MAAK OUERS SOMS GRYS ...

             RAAMPIE 1                      RAAMPIE 2                        RAAMPIE 3
   IS JY AL KLAAR MET                               MOET ASB.       SCROLL           GEE ASB. ‘N
                                       SCROLL
       JOU LO-TAAK?                                    NIE          SCROLL         EERLIKE OPINIE!
                        JA, KINDER-    SCROLL
                        SPELETJIES!                 TERUGHOU
                                                      NIE…

                                JY KAN GERUS GAAN                             EK PRAAT
                                                                                             DIT IS
                                 STORT, JOU KLERE                             EINTLIK
                                                                                              REG…
                                  IS VUIL EN JOU                              VAN DIE
                                KAMER DEURMEKAAR.                              TAAK?

         RAAMPIE 4                           RAAMPIE 5                        RAAMPIE 6

                                                                [Aangepas uit comicskingdom.com 2024]

  VRAE: TEKS E

  4.1    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.1) en die letter (A–D)
         neer.

         Die eerste woord van die strokie se opskrif is ŉ ...

         A     onderwerp.
         B     voorwerp.
         C     gesegde.
         D     byvoeglike bepaling.                                                                   (1)

  4.2    Skryf Zits se ma se woorde in RAAMPIE 1 oor in die ontkennende vorm.                         (1)

  4.3    Na watter vorm van stereotipering kan daar moontlik in RAAMPIE 1 verwys word
         as ons Zits se antwoord in ag neem?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

  4.4    Verwys na RAAMPIE 2.

         Wat impliseer Zits met sy woorde in RAAMPIE 2 ten opsigte van sy LO-taak?
         Verduidelik ook die funksie daarvan dat sy ma in RAAMPIE 2 niks sê nie.             (2)

  4.5    Kan Zits se woorde in RAAMPIE 3 as manipulerend beskou word as ŉ mens
         sy antwoord in RAAMPIE 1 in gedagte hou? Motiveer waarom jy so sê.                  (1)

  4.6    Wat word deur die stilte in RAAMPIE 4 aangedui?                                     (1)

  4.7    Dink jy Zits se ma se woorde in RAAMPIE 5 het tot Zits deurgedring?
         Verwys in jou antwoord na TWEE visuele bewyse uit RAAMPIE 6.                        (2)

  4.8    Op watter manier dra die ironie in RAAMPIE 6 by tot die humor van die
         strokiesprent?                                                                      (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    13

 VRAAG 5: ARTIKEL

 Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS F

            “LEKKER FEITE OOR SA VIR DIE (5.2) GEMAKSTOELREISIGER!”

 1     Daar is heelwat wêreldlande met twee amptelike hoofstede, maar het jy geweet
       Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld met drie? Dit (5.3) (datum) al die pad
       uit 1910 toe Suid-Afrika sy (5.4) Unie-baadjie aangetrek het. Vandag is Kaapstad
       ons wetgewende hoofstad, Pretoria die administratiewe hoofstad en
       Bloemfontein is ons geregtelike hoofstad.                                                  5

 2     Daar is ŉ rede waarom die (5.5) inwoners van Kaapstad so oor Tafelberg te
       kere gaan. Dit is nie net een van die oudste berge in die wêreld nie, maar het
       meer flora-spesies as Engeland, Wallis, Ierland en Skotland saam!

 3     Suid-Afrika is die enigste land in die (5.6) wêreld wat Mercedes Benz-voertuie
       met ŉ regterstuur vervaardig.                                                             10

 4     Ons volkslied is een van slegs drie ter wêreld wat neo-modaal is – dit beteken
       dat die lied in een toonsoort begin en in ŉ ander eindig. Ons deel hierdie musikale
       eer met Italië en die Fillippyne. (5.7) En die kersie op die koek? Ons sing hom
       in vyf amptelike tale, naamlik Xhosa, Zoeloe, Sotho, Afrikaans en Engels.

 5     Die grootste diamant is op 26 Januarie 1905 in Cullinan, net buite Pretoria ontdek.       15
       Vandag pronk dié diamant (5.8) ... die Verenigde Koninkryk se Kroonjuwele.

 6     Interessant, né? ŉ Mens kan beslis van hierdie lysie gebruik maak om daai
       volgende vakansie na een van dié spesiale besienswaardighede te beplan!

                                                    [Aangepas uit MaroelaMedia, 24 Maart 2020]

 VRAE: TEKS F

 5.1        Skryf die eerste diftong uit die opskrif neer.                                        (1)

 5.2        Motiveer waarom die onderstreepte woord in die opskrif as ŉ
            samestellende afleiding beskou kan word.                                              (1)

 5.3        Vorm ŉ werkwoord van die woord tussen hakies.                                         (1)

 5.4        Verwys na reël 2 tot 3, paragraaf 1.

            5.4.1 Motiveer waarom die onderstreepte woord in hiérdie idiomatiese
                  uitdrukking konnotatief gebruik word.                                           (1)

            5.4.2 Gebruik nou die onderstreepte woord denotatief in ŉ verklarende
                  sin van jou eie.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

  5.5      Vorm ŉ persoonsnaam van die drie vetgedrukte woorde in paragraaf 2.             (1)

  5.6      Verduidelik die gebruik van die skryfteken in die onderstreepte woord in
           paragraaf 3.                                                                    (1)

  5.7      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter
           (A–D) neer.

           Die vetgedrukte sin in paragraaf 4 is ŉ voorbeeld van ...

           A     pleonasme.
           B     anglisisme.
           C     kontaminasie.
           D     analogie.                                                                 (1)

  5.8      Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 5 neer.                           (1)

  5.9      Verbeter die skryftekenfout in paragraaf 6 deur die woord (korrek gespel)
           neer te skryf.                                                                  (1)
                                                                                          [10]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                 GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
